English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 555
Total Views: 82 435 109
topics: 4 416
replies: 29 727
views: 17 351 699
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 455
replies: 296
views: 17 254 657
topics: 13
replies: 64
views: 1 441
ATKV Drakensville Holiday Resort
KwaZulu-Natal, Bergville
83
Total Ratings: 83
82   
1
Rated: 06 Nov 2019
Type of Resort:
Family with children: 3
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

ATKV Drakensville kampering

replies: 20
views: 611
26 Sep 2018 @ 19:38:40 pm
Boslaaitie
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Mar 2017
Experience: 30 years

Goeie naand almal

 

Ons gesin van 4 (dogters 1 en 3) gaan volgende jaar middel mei vir 5 nagte die eerste keer gaan kamp by drakensville. Ons was nog nooit daar nie so ek het net so paar vrae asb.

 

1. Hoe is die weer in Mei vir kamp, dag en nag temp?

2. Moet ek liewer al ons vleis en vars goed voor die tyd koop of is die winkel voldoende?

3. Laastens en die heel belangrikste ek ken glad nie die kampterrein nie. Indien daar iemand is wat kan help om n staanplek te kies om vir drakensville voor te kan vra sal dit baie gaaf wees. n' Staanplek nie te ver van die            badkamers en speelplek vir die kinders met dalk n mooi uitsig is altyd lekker. Skaduwee is seker nie so belangrik in mei maand daar nie? Ek het n kaart van hulle af ontvang maar weet nie vir wat om te vra nie. Indien iemand dalk n nommer kan gee van n paar nice staanplekke sal dit nog beter wees. Baie dankie

 

Lekker aand

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2018 @ 22:50:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14171
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek sou vleis saamvat....die vleis wat mens gewoonlik in oorde se winkels koop is meer nood as jy uit voorraad hardloop....nie altyd die lekkerste nie en ook gewoonlik vrek duur 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 09:24:48 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2545
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die staanplekke as sulks is nie juis opwindend nie so daar is nie juis besonderse staanplekke nie- die kamp self en die omgewing wel opwindend.  Die uitsig vanaf al die staanplekke is goed met die ber in die agtergrond. Hulle het onder andere 'n puik put-putbaan waaroor ons gaande is. As julle in Mei gaan, sal die oord nie vol wees nie so daar sal geen probleem wees om te verskuif na 'n ander staanplek as die een wat aan jou toegewys is, jou nie pas nie.  Oor hoe die weer sal wees, kan ek nie defnitief antwoord nie, maar ek sou sê die kans dat die nagte koud sal wees, is waarskynlik.  Ons was al in die winter daar en in die dag was dit heel lekker.  Die warmwaterswembad is ook binneshuis sodat 'n mens gerieflik kan swem- pasop net vir verkoue kry as jy uitgaan.  Ek raai julle ook aan om na die nabygeleë ESKOM hidro-elektriese skema te gaan vir 'n besoek- dis uiters interessant.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 11:19:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14512
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wil ook nog die plekkie eendag besoek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 12:18:11 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5638
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ons persoonlike gunsteling.

Vat maar jou eie vleis saam, tenminste ken jy jou slagter. Bergville is naby genoeg vir ander benodighede. 

Weer is daardie tyd goed.

Daar is "specials"  daardie tyd , buite seisoen. 

Rondtoer in die " ampfitiater"  by ander kampe is beslis aan... asook by Winterton , berge se kant toe is mooi oorde. Baie staproetes oral. Kortes en langes.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 12:59:09 pm
Wegisons
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 07 Dec 2015
Experience: 53 years

Kampplek C7 is reg langs die ablusie blok en ons gunsteling plek as ons daar kamp

Ek beaam  die ander forum lede se kommentaar ....Regtig `n Lekker oord . Vat maar warm goed saam......

Geniet dit

none
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 14:44:22 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1744
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Die staanplekke langs ablusieblok is lekker. Wees maar versigtig vir die middagson wat somtuds baie warm kan wees. Ons was al paar keer daar as ons vir dag of twee oorstaaqn op pad Balito toe. Dit was elke keer hierdie tyd van die jaar en die wind het ons behoorlik karnuffel. Ons ry nou weer die 10de Oktober af Balito toe en ons gaan weer drie aande daar oorslaap. Ons staan maar rugkant na die weste toe. Daar is aan die bokant van die kampterrein nie baie koeltebome nie. Die wins waai baie keer daar deur die kloof van die Sterkfontein dam af. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 20:14:33 pm
Boslaaitie
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Mar 2017
Experience: 30 years

Baie dankie vir al die trugvoering sien rerig baie uit na dit. Gaan sommer vra vir C7 en omdat julle se dit stil gaan wees dalk kan ons maar skuif as ons dalk van n ander staanplek hou. Moet se hulle het baie goeie tariewe vir daardie tyd van die jaar.

 

Ek het nog een vraag as iemand my dalk kan help? Os ry van White Clay resort af by Koffiebaai na drakensville. Wat is die beste roete om te ry en waar is lekker plek om te oornag opad na drakensville?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2018 @ 10:07:22 am
Wegisons
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 07 Dec 2015
Experience: 53 years

Sit ook maar jou stormtoue ens aan en laat jou tent oos  wys...die  wind  kan erg raak .

Ons bly altyd by iLanga karavaan park naby Port Shepstone(Maar daar is  ook ander soos  Voetplaatpark, Umtentweni ) en ek glo dis half pad vir julle tot by Drakensville . As jy so 9 uur in die pad val  van P/Shepstone se wereld is jy so 3 uur die middag by Drakensville ....

Lekker kamp

none
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2018 @ 13:17:50 pm
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 240
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years

Ons wil ook graag nog daar 'n draai gaan maak .

Gaan julle die SW Tourer White Clay toe sleep?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2018 @ 18:32:10 pm
Boslaaitie
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Mar 2017
Experience: 30 years

Ja Kurper ek gaan die Tourer SW white clay toe vat. Het laasweek iemand raak geloop wat met sy Bactrax ook daar was. Ons dink daaraan om dalk van White clay af by Underberg oor te slaap oppad Drakensville toe. Enige iemand onlang daardie pad gery? Sal julle dit aanraai of nie? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2018 @ 05:36:08 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 240
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years

Ek wil net se dit is vrek skuins af na White Clay toe, kan dalk sukkel met die uitkom.

Ons het verlede jaar Oktober die pad gery, geen probleem. Daar was sel slaggate op die pad vanaf die adfdraai op die N2  na Koffiebaai toe. Vat dit maar rustig met die wa.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2018 @ 08:57:18 am
Boslaaitie
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Mar 2017
Experience: 30 years

Dankie kurper. Het gehoor dis nogals skuins daar af, het video ook gesien. Amarok is darm 4x4 so ek glo nie daar sal n probleem wees nie. Ja die pad vanaf die N2 sal ons maar rustig vat. Is dit die moeite werd om Underberg om te ry Drakensville toe?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2018 @ 08:32:14 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 240
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years

Underberg oor is die naaste pad en dit is baie mooi in daai wereld.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2018 @ 16:41:12 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1744
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ons het al van Underberg na Notingham gery maar dit was grondpad al in die berg. Dit was so drie jaar teug en dit was n mooi grondpad. Natuurskoon was baie mooi. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2018 @ 07:59:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14171
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek sien onder nuus op hierdie website dat mens 50% afslag kry op alle verblyf gedurende November as jy 5 dae of langer bly! 

Click op hierdie LINK

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2018 @ 13:13:41 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 469
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Ons het verlede week by Drakensville gekamp. Blok E is baie gewild, volgens my is die beste staanplekke waarskynlik E11, E12 en E13.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2018 @ 13:34:10 pm
Boslaaitie
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Mar 2017
Experience: 30 years

Johan baie dankie vir laatweet. As ek kan vra, vir watter redes se jy E11,12,13 is vir jou die beste? Ons gaan nou n ekstra dag daar wees so sal nou vir 6 nagte daar kamp. Dis ons eerste keer daar so sal nogal n lekker staanplek geniet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2018 @ 14:22:08 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 469
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Die wind is soms erg vanuit die suide of suid-weste. As jy jou karavaan met sy rugkant na die wind laat staan, is dit beskerm sou daar kwaai wind wees.

Die noorde kant van die staanplekke het 'n "precast" muur wat wind van die noorde kant sal keer - die muur is om die ablusieblok. Daar is ook twee of drie bome, nie dat ek dink jy sal baie koelte wil hê in Mei-maand nie.

Vat warm klere saam, dit kan baie koud word!

Ons is pensionarisse en het vir 7 nagte gekamp, die tarief was net meer as R64.00 per nag, maak seker daar is nie ekstra korting as jy vir 7 nage (of langer) bespreek nie. Dalk is 7 nagte bespreking goedkoper as 6 nagte, jy kan mos nog steeds vroeër vertrek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2019 @ 13:27:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14171
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek kom nounet terug vanaf Drakensville....het ons laaste paar dae hier deurgebring. Ek sal beslis warm klere saamvat...soos gister en eergister aand was koud. Maar weer kan ook baie verander...gehoor dat laasweek die temprature naby aan 40° was. Ons het kos gaan koop by die SuperSpar in Winterton....maar sal dit sterk aanbeveel om liewer jou eie goed saam te vat...gesukkel om n lekker stuk vleis daar te kry...hulle lyk my cater meer vir die lokale mark soos hoenderpote, hoender harte en daai tipe disse. Daar is vleis te koop in oord...maar baie duur.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2019 @ 07:45:13 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14171
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Jy kan ook staanplek A05 oorweeg. Hy is baie groot. Hy is skuins oorkant die onderste swembad waar die trampolines, putt-putt, klimraam is. Jy het nie uitsig nie. Op die staanplek is n klein grasdak lapa wat lyk my vir die gebruik is vir hierdie staanplek....mens kan lekker onder hom sit en kuier en eet. Jy gaan nie eintlik n staanplek kry naby aan warm swembad en super tube is nie...vir alle kampeerders is dit maar n entjie se loop (D wel bietjie verder as byvoorbeeld  E...maar niks noemenswaardig nie)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required