English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 119
Total Replies: 227 539
Total Views: 82 271 894
topics: 10 743
replies: 123 346
views: 38 803 606
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

ATKV Booking system - Your opinion

replies: 46
views: 884
01 Nov 2017 @ 10:22:21 am
Cabs
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 264
Joined: 03 Jul 2013
Experience: 6 years
Hello again everyone.

Today for the first time I was privvie to the Hartenbos booking system which is First come first serve.

I must tell you that I had some people assisting me in the calling process and between 7am and 8.30 when I got through we had made more than 1000 collective calls between the 4 of us.

Now my question to you is, do you not think that there could be a better booking system? Maybe like a round robin system or a lotto style system, whereby you pick or reserve a number and the computer spits out numbers and if your number gets chosen you get a stand.

Again this is just a general question because I am still young and I felt the pressure, how do our older folks feel trying to book there for December.??

It will be interesting to hear the different opinions.

Thank you and have a rocking time.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 10:31:42 am
Skonk
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 47
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 36 years
I have been camping at Hartenbos since my childhood during Dec/Jan holidays. Good luck if you get a site after 16 Dec. I find it much easier booking for my annual family holiday from Jan onwards as there are more space available and it gets slightly less hectic. I usually book for the next year just before i finish packing up to go home at the booking office in Hartenbos but your suggestions have merit.....only thing is that they might upset a number of ATKV members who "expects" camping sites during the festive season but good luck!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 10:43:10 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Marco
Ek weet ook nie hoe hulle werk nie.
Ek verstaan dat ATKV lede voorkeur het en op 1 November vir die volgende jaar mag boek. Dan ook hoe regverdig is dit dat een ou, tot tien selfone gebruik om eerste in te kom by die bookings. Gn wonder die personeel is so besig daar nie.
Daars ander oorde soos Morgansbay en Strandfontein (weskus) wat ek verstaan dat jy boek die oomblik as jy uitgaan. Dit klink ook nie vars nie.
Ons is gelukkig nie afhanklik as "ou mense" van in-seisoen nie, alhoewel ons nogtans sukkel om Februarie by hatenbos in te kom.

Eks oortuig daarvan dat met rekenaarhulp n sisteem kan uitgewerk word om dit beter te laat werk. Soos byvoorbeeld dat kampers wat desember daar geboek het en wat daar gekamp het, eers moet wag tot n latere datum vir besprekings, dan sou dit vir my n meer regverdige sisteem wees. Ook dat die rekenaar moet statistieke moet hou daarvan, kinders in die skool of nie.. en totale siele teenwoordig om te bepaal of geriewe die situasie kan hanteer. Ad gevind word dat iemand bedrog pleeg om daar in te boek, so'n persoon sy reg verbeur om daar te kamp.

Dis my mening of my twee sent.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 13:27:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13427
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ge-copy en paste van ATKV Hartenbos se website.....

Klagtes is ontvang oor gaste wat dae voordat die voorkeurbesprekings op 01 November open, voor die ATKV-kantore by Hartenbos kampeer. Daarom is die volgende reëls en regulasies vasgestel wat geld vir die voorkeurbesprekings op 01 November 2017:

1. Gaste wat persoonlik op 01 November wil bespreek, moet nou vooraf hulle name in ’n register laat opteken wat hulle in staat sal stel om op 01 November kampeerplek of huisvesting te bespreek.

2. ’n Tydsduur van 48 uur word aan gaste verleen vir die opteken van hulle name in die register voor die datum van 01 November.

3. Sodra die gas se besonderhede in die register ingevul is, word ’n nommer aan die gas toegeken.

4. Gaste sal op 01 November van omstreeks 07:00 af volgens hulle nommers in die register gehelp word om hulle besprekings te doen.

Let asseblief daarop dat GEEN kampering op die gras voor die ATKV-kantore by Hartenbos voor 01 November toegelaat sal word nie. Daar sal definitief opgetree word teen gaste wat nie hierdie reëls en regulasies gehoorsaam nie.

Maak dit makliker vir jouself, die ander gaste asook vir die personeel deur by die reëls te hou. Baie dankie vir almal se vriendelike samewerking.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 13:30:52 pm

As ek reg verstaan het persone wat daar by Hartenbos self is, reeds opsie voor die 1ste November gekry...jy moes net solank voor die 1ste jou naam in n boek skryf en administrasie is vandag gedoen.....

Of verstaan ek verkeerd?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 15:27:28 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

En dan dink party ouens ATKV Hartenbos is 'n simpel vakansieplek, glo te opmekaar en te besig !  Die gesukkel met besprekings is maar een bewys dat dit 'n uiters populêre vakansie-oord is.

Ek gun mense met skoolkinders die geleentheid om oor Desember daar te kamp, want ons kamp altyd daar in Februarie-maand.  Die dag wanneer ons vertrek besoek ek die kantoor en voltooi my aansoekvorm vir die volgende jaar. Dit word in 'n lêer geplaas en op die dag wat besprekings open, word dit saam ander aansoeke oorweeg.  'n Week of wat daarna kry ek 'n e-pos om my deposito te betaal. Die buite-seisoen besprekings werk vir my probleemvry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 15:29:28 pm
Antony
Gold Member
59% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 08 Jun 2010
Experience: 31 years
If persons are prepared to travel to the resort they want to book for and stand outside the office and wait for it to open on that day then they should have preference at the counter , the rest must carry on trying to phone through and wait for the phone to be answered.
Life is about choices.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 18:29:05 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1839
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Lennie ons volg maar dieselfde prosedure en het nooit n probleem gehad met ons buite seisoen bespreking nie. Daar is ongelukkig reels om by te hou en ek stem saam dat lede eerste opsie moet kry. Ek byvoorbeeld is meer as 30 jaar lid van ATKV en my bydrae oor die jare moet darem vir my punte tel teenoor die res wat nog nooit tot die ATKV se welvaart bygedra het nie. KOES!!!!!!!!!
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 19:36:21 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Piet, dis geensins nodig om te "KOES" nie, dis jou opinie en ek stem daarmee saam.  Ongelukkig is daar ouens wat alleenlik lede van ATKV is/was om die bonus van goedkoper kampering te bekom sonder om die werklike doelwitte van ATKV te ondersteun.  Dit opsigself is nie 'n probleem nie want dit is elke ou se vrye keuse wat hy wil doen en waaraan hy wil behoort en hoekom.

Ek het wel simpatie met ATKV-lede wat sukkel met piek-tyd besprekings, maar dit geld maar vir alle populêre vakansie-oorde waarmee 'n mens maar verlief moet neem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 20:45:29 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Neewat eks nie so desperaat nie, daai duur vakansie laasjaar was great met basies niemand om ons nie.. stilte, rustigheid, see uitsig... lieflik.. ek hou oor algemeen nie van atkv bookings nue, jy moet betaal om n booking te maak..kamma hul admin fooi.. dink nou net, ek vra jou geld om jou toe te laat om by my te kom spandeer...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 06:03:32 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 513
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years
Ek dink ook ATKV is belaglik met hul sogenaamde administrasiefooi. Wil net vir 1 nag oorslaap by Drakensville. Tarief R135 wat baie billik is. U moet plek bespreek en 'n addisionele fooi van R68 admin fooi betaal. Nou verander die tarief na R203 vir die 1 nag.

My vraag is as ek nie plek bespreek het nie en die middag daar opdaag, gaan hulle my dan nogsteeds die addisionele fooi laat betaal of gaan hulle my wegwys omdat ek nie vooraf bespreek het nie?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 06:20:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Yes Hartenbos is the place to be if you are falling in the camping group that like a busy, hussle and buzz holiday.  I have little against the place such as the stands that are so close to one another and the fact that any one walks through the park even if they are not actual campers of that resort. Thus security is probably my main issue.

Fact is first come first serve basis works best for me and if it means standing in a Q. Or waiting by phone in a Q. Thats how the cookie crumbles.  

We also made our advance booking for the next year at another resort during April Holidays.  And the general rule at that resort was if you have left without making your provisional booking you loose your stand for the following year over the relative same period.  Camped at that resort for 9 years in a row.

There are probably more campers out there than actual camping space so sit by your phone and try your best for a spot.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 06:22:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis soos staan in 'n ry by Loftus vir eindstryd Rugby kaartjie.  (Hoopvolle woorde)

Jy hoop teen die tyd wat jy voor kom is daar nog kaartjies oor. Is nou maar hoe die lewe is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 07:09:39 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 398
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Môre Leon,

Dis soos staan in 'n ry by Loftus vir eindstryd Rugby kaartjie. 

Dit was verseker BAIE jare gelede.

Deesdae moet jy versigtig wees om NABY Loftus verby te loop. Daar's makkers wat met sakke vol kaartjies rondloop en jou probeer dwing om seblief net Saterdag te kom kyk hoe kry die Kalfies op hulle se M......

Verlede week wou twee Metro Polisiemanne een van die ouens hier by die werk met twe kaartjies beboet oor hy 'n stopstraat gemis het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 12:32:35 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1977
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Kom dit nou van 'n man wie se span alles deur die jaar wen en dan "CHOKE" in die finaal..coollaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 13:01:41 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek dink ook ATKV is belaglik met hul sogenaamde administrasiefooi. Wil net vir 1 nag oorslaap by Drakensville. Tarief R135 wat baie billik is. U moet plek bespreek en 'n addisionele fooi van R68 admin fooi betaal. Nou verander die tarief na R203 vir die 1 nag.

My vraag is as ek nie plek bespreek het nie en die middag daar opdaag, gaan hulle my dan nogsteeds die addisionele fooi laat betaal of gaan hulle my wegwys omdat ek nie vooraf bespreek het nie?
jip ekt op n sondag aand daar aangekom, hul was redelik leeg... moes nie net admin fooi ook betaal nie, maar n entertainment fee ook... vir oornag? Ja se hulle al oornag jy net...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 13:05:31 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 283
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years
Ons het gelukkig gister om 08h15 deurgekom en die bespreking gedoen vir ons en vriende wat langs ons gaan staan. Die bel proses is frustrerend, maar die belangstelling is so groot dat ek nie dink daar is 'n beter metode nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 13:07:40 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
En as ek bel om te hoor hoe vol n oord is en hul se so 3 of 4 of net 1 oor meneer, dankie maar nee dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 14:27:19 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2682
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Die tyd van die jaar bly ons tuis,
Ongeag hoeveel plek oop is.
Ons laaste kamp gaan seker volgende naweek wees...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 14:52:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13427
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Gaan dit sò dol by Natalia ook op die 1ste November?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Nov 2017 @ 15:13:38 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Piet, dis geensins nodig om te "KOES" nie, dis jou opinie en ek stem daarmee saam.  Ongelukkig is daar ouens wat alleenlik lede van ATKV is/was om die bonus van goedkoper kampering te bekom sonder om die werklike doelwitte van ATKV te ondersteun.  Dit opsigself is nie 'n probleem nie want dit is elke ou se vrye keuse wat hy wil doen en waaraan hy wil behoort en hoekom.

Ek het wel simpatie met ATKV-lede wat sukkel met piek-tyd besprekings, maar dit geld maar vir alle populêre vakansie-oorde waarmee 'n mens maar verlief moet neem.

Stem saam met jou Lennie. Eiland se stelsel bied van volgende jaar af voorkeur aan die kampeerder wat hierdie jaar 'n spesifieke staanplek vir 'n spesifieke tyd benut het. Dit is net billik teenoor daardie persson. Die "nuwe" kampeerder moet maar sy kans afwag om 'n spesifieke staanplek te kry............ons moes dit doen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2017 @ 19:10:53 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Neewat eks nie so desperaat nie, daai duur vakansie laasjaar was great met basies niemand om ons nie.. stilte, rustigheid, see uitsig... lieflik.. ek hou oor algemeen nie van atkv bookings nue, jy moet betaal om n booking te maak..kamma hul admin fooi.. dink nou net, ek vra jou geld om jou toe te laat om by my te kom spandeer...

En solank die mense dit betaal sal hulle aanhou om dit te vra. Belaglik man.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 09:57:43 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1977
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Praat nou net oor my behoeftes. Elke jaar gaan ons en die kinders/kleinkinders wat in Namibie op 'n plaas bly met 'n toer in Namibie/Botswana om die natuur te geniet.

Dan in Desember kom kuier hulle vir ons om by die see te wees saam met ons ander kinders. Ons bly in 'n meenthuis en dit raak rof maar bly lekker om almal om ons te hê. 

Oor Kersfees besoek ons een van die ATKV oorde en betaal met graagte die "entertainment" fooi want hulle hou die kinders besig die heel dag. Dan is daar altyd iemand wat optree en sing wat gratis is. 

Ons ondersteun ook dan die mense wat 'n heerlike Kersmaal voorsit na die Kerkdiens en dan kan ons as 'n groot gesin alles saam rustig geniet.

Vir my werk ATKV en daarom is ons weer in Desember by Drakensville. Belaglik - ek dink nie so nie.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 10:21:53 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek wonder :

Hoekom stry ons vir dae aanmekaar of ATKV, hulle doelstellings, hulle vakansie-oorde, hulle besprekingstelsel en hulle pryse goed of sleg is ?  Dit bring ons mos nêrens nie want daar is eweveel positiewe en negatiewe standpunte.

Dit sal dalk beter wees as die ontevredenes maar elders gaan kamp waar hulle gelukkig sal wees en dan die ATKV-oorde oorlaat aan dié wat die ATKV se doelwitte ondersteun en tevrede is met die afslagtariewe wat as 'n bonus verdien is.

Op hierdie manier sal ons mos almal op die forum gelukkig wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 10:29:25 am
Antony
Gold Member
59% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 08 Jun 2010
Experience: 31 years
If you don't like it don't buy it then you will have no reason to moan about it.
Life is about choices.
Tony
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 14:41:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wonder :

Hoekom stry ons vir dae aanmekaar of ATKV, hulle doelstellings, hulle vakansie-oorde, hulle besprekingstelsel en hulle pryse goed of sleg is ?  Dit bring ons mos nêrens nie want daar is eweveel positiewe en negatiewe standpunte.

Dit sal dalk beter wees as die ontevredenes maar elders gaan kamp waar hulle gelukkig sal wees en dan die ATKV-oorde oorlaat aan dié wat die ATKV se doelwitte ondersteun en tevrede is met die afslagtariewe wat as 'n bonus verdien is.

Op hierdie manier sal ons mos almal op die forum gelukkig wees.

Ek glo nie dis stry nie maar net hoe mens verskil van mekaar. My denke is ook dat as ek net oornag en volgende oggend weer vroeg vertrek en nie van die vermaklikheid gaan gebruik nie hoekom moet mens betaal daarvoor.
Dan ook iemand wat geen kinders het nie soos ou mense wat net rustig kamp. Nou betaal hulle ook vir die vermaak. Hang seker maar af wat beskou elke ou as vermaak. Om iemand te laat betaal vir dit wat hy nie gebruik nie is seker ook vermaak.
If you don't like it don't buy it then you will have no reason to moan about it.
Life is about choices.
Tony

Very important point if you do not like it give it a miss. But you can voice your thoughts on the "vermaak"/"grap"
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 15:18:53 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Leon, ek dink dit gaan bloot oor vergemakliking van administrasie en die koste eerder as om 'n gediversiviseerde prys-stelsel toe te pas en te polisieer. 

In die voorbeeld wat jy noem dat jy nie wil betaal vir vermaaklikheid wat die oord bied nie, as jy sou besluit om nie daardie een aand te stort nie of sê nou maar niks elektrisiteit te gebruik nie of nie jou skottelgoed by die ablusie te gaan was nie, verwag jy ook 'n afslagprys ?  Of in die Kruger Wildtuin, as jy besluit om net in die kamp te sit en geen wildbesigtiging te gaan doen nie, kan jy mos nie aandring op 'n beter dagtarief nie, net omdat jy nie van die aangebode vermaak gebruik maak nie.

(Hier by ons kompleks dek jou "levy" ook die sny van jou grasperk. Vanweë die droogte het ek my grasperk met plaveisel vervang (my keuse) en ek dink dit sal onbillik van my wees om nou daarop aan te dring dat my "levy" verminder moet word.)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 15:34:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13427
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Miskien sou dit die beste wees as hulle dit sommer insluit by hul prys. Hulle kan volgens hul begroting dan sê dat byvoorbeeld 2% van alle gelde afgestaan word vir vermaaklikheids kostes. Dis seker maar hoe die meeste oorde werk...het n budget vir vermaak? (Reeds by verblyfprys ingesluit)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 16:02:39 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13735
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon, ek dink dit gaan bloot oor vergemakliking van administrasie en die koste eerder as om 'n gediversiviseerde prys-stelsel toe te pas en te polisieer. 

In die voorbeeld wat jy noem dat jy nie wil betaal vir vermaaklikheid wat die oord bied nie, as jy sou besluit om nie daardie een aand te stort nie of sê nou maar niks elektrisiteit te gebruik nie of nie jou skottelgoed by die ablusie te gaan was nie, verwag jy ook 'n afslagprys ?  Of in die Kruger Wildtuin, as jy besluit om net in die kamp te sit en geen wildbesigtiging te gaan doen nie, kan jy mos nie aandring op 'n beter dagtarief nie, net omdat jy nie van die aangebode vermaak gebruik maak nie.

(Hier by ons kompleks dek jou "levy" ook die sny van jou grasperk. Vanweë die droogte het ek my grasperk met plaveisel vervang (my keuse) en ek dink dit sal onbillik van my wees om nou daarop aan te dring dat my "levy" verminder moet word.)

Stem saam met jou maar ander manier is dan sluit dit by die prys in. Hoekom dit appart op die rekening sit. Op die manier sou ek dink ek het 'n opsie en wil dit nie gebruik nie.

Ek verwag van niemand om 'n pryslys op te stel van wat hy bied en wat ek gaan gebruik nie.
Bloot die feit dat ATKV dit so spesifiseer het gemaak dat Chris van Centurion gedink het hy het nie nodig om dit te betaal nie wens sy redes wat hy kan aanvoer. Meeste oorde het eenmalige tarief met alles wat hulle bied. En as gevolg van dit word meeste oorde se vermaak tarief nie bespreek nie want dis nie eers gelys nie. So ook nie die bewarings tarief van Dinokeng nie, en die toilet tarief van swak plaas nie. Ens Ens Ens.

Ek dink weer dit is 'n versteekte agenda om fondse te genereer vir 'n hoër instansie. Kom ons noem dit Fondse vir die ATKV Hoof kwartier per individu betaalbaar deur elke ou, persoon of atkv lid wat van die ATKV se goed gebruik maak.

Ons ATKV! ! ! Was dit nie op 'n stadium 'n nie winsgewende organisasie nie. Nee ek het dit nou heeltemal verkeerd sorry.................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 16:32:06 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 179
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Terug by Cabs se oorspronklike vraag

Now my question to you is, do you not think that there could be a better booking system?

Ek dink persoonlik die telefoon booking systeem is verouderd.  Dit laat te veel ruimte vir oneerlikheid.   Vir my is dit eerder 'n Buddy / Buddy systeem wat nie plek het nie want dit skep aantuigings van oneerlikheid en onregverdigheid tussen kampers.  Hoe kan een persoon deurkom met die eerste oproep and ander kom nie deur nie na 1000 oproepe.  Dit laat 'n klokkie vir my lui dat iets verkeerd is.

Ek persoonlik hou nie van al die ekstra tariewesoos vermaak en lewensredders nie.  As ATKV 'n top oord is moet dit deel vorm van een prys.  Ek verwag vermaak en lewensredders as deel van my dagprys.  

As ek 'n drankie bestel wil ek weet dis R50 vir 'n brandewyn.  Ek wil nie 'n detail rekening he van Glas Huur van R10, Brandewyn R20, Coke R10 en Ys nog R10 nie.  Al wat ek wil doen is om my brandewyn te geniet sonder om my calculator uit te haal en uit te werk of ek verneuk word nie.  

R10 vir Ys is darem regtig buitensporig hoog.  Wat dink julle?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 16:53:39 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Dus, lyk dit vir my, ATKV Hartenbos se groot sonde is dat hulle vir jou 'n gespesifiseerde rekening gee !  ATKV, steek liewer die vermaaklikheidskoste weg, die ouens wil dit net betaal en nie sien nie !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 17:06:56 pm
JohanJ
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 174
Joined: 09 Jan 2014
Experience: 30 years
My ondervinding - ATKV lid

1) Het e-pos aansoek vir Hartenbos op 1 November 05h00 gestuur
2) Vanaf 08h00 voortdurend geskakel ...tot 30 minute aangehou maar teen 9h15 toe ek kon deurkom bvestiging gekry dat alle staanplekke teen 09h00 opgeneem was

Maar ek sal aanhou probeer en hoop op moontlike kansellasies... maar in die interim is ek tevrede met met geluk om in desember 2017 in blok J te kampeer

Ek het nie 'n voorstel vir 'n alternatiewe benadering tot besprekings nie...die ATKV oorde is gewild ...ons het egter opsies soos Sanparke en Forever Resorts met hul 11 maande besprekings "window"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 17:17:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13427
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dus, lyk dit vir my, ATKV Hartenbos se groot sonde is dat hulle vir jou 'n gespesifiseerde rekening gee !  ATKV, steek liewer die vermaaklikheidskoste weg, die ouens wil dit net betaal en nie sien nie !

Ek dink dis n goeie idee. Dis nie net Hartenbos wat dit doen nie. Ek was laas jaar vir paar dae by Natalia gewees. Daar was toe plakate in die badkamer ensovoorts opgehang wat aankondig van n bekende sanger wat gaan optree in die saal...met die bewoording by: TOEGANG GRATIS. Opmerkings wat toe daar gemaak was deur oord besoekers: "Dis nie gratis nie...ons betaal n daaglikse entertainment fee" So ek dink daai gevoel is wyer as net hier op die forum.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 17:19:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13427
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
My ondervinding - ATKV lid

1) Het e-pos aansoek vir Hartenbos op 1 November 05h00 gestuur
2) Vanaf 08h00 voortdurend geskakel ...tot 30 minute aangehou maar teen 9h15 toe ek kon deurkom bvestiging gekry dat alle staanplekke teen 09h00 opgeneem was

Maar ek sal aanhou probeer en hoop op moontlike kansellasies... maar in die interim is ek tevrede met met geluk om in desember 2017 in blok J te kampeer

Ek het nie 'n voorstel vir 'n alternatiewe benadering tot besprekings nie...die ATKV oorde is gewild ...ons het egter opsies soos Sanparke en Forever Resorts met hul 11 maande besprekings "window"

Laat hulle dit toe om 2jaar agtermekaar by Hartenbos oor Desember te kampeer?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 17:24:01 pm
JohanJ
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 174
Joined: 09 Jan 2014
Experience: 30 years
Alpha... ek weet ongelukkig nie

Dus my eerste desember daar... in die middel 1980's het ek gesê ...eendag en eendag sal aanbreek op 10 Desember 2017...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 18:27:07 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1839
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Die tarief word na my mening apart op die besprekingslys geplaas omdat dit net makliker is om so te administreer. Daardie gelde word in n aparte fonds gestort en nie net gebruik gedurende vakansietye nie. Dit het nou al by meer as een geleentheid gebeur tydens buite seisoen kamptyd by Hartenbos dat daar boereorkeste ens optree. Ek het ook nie beswaar om my deel by te dra vir die Kersseisoen se vermaaklikhede nie,al is ek nie daar nie. Hulle hou die jongmense met baie vermaak besig. My argument bly dat daardie vermaak se bydrae van my kant af baie goedkoper is as om jongmense te help rehabiliteer of staatsubsidies aan daardie fasiliteite te help betaal. As dit my bydrae is tot die jeug se GESONDE vermaak doen ek dit met liefde. Hulle hoef dit nie vir my weg te steek en by die dagtarief te voeg nie.....die houding van wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie. Kom ons wees trots dat ons so n kultuur bydrae tot ons jeug se opvoeding kan doen.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 19:59:31 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4916
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Dus, lyk dit vir my, ATKV Hartenbos se groot sonde is dat hulle vir jou 'n gespesifiseerde rekening gee !  ATKV, steek liewer die vermaaklikheidskoste weg, die ouens wil dit net betaal en nie sien nie !

ja want as jy bel en vra wat i koste om te oornag is dit dan n "eerlike" antwoord.. want nou dink jy ok R250 per nag is ok, nou kom jy daar en dan kom die verrassingskostes wat nie eers sin maak nie.. in my opinie, is dit skelm, maar dis net my opinie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2017 @ 08:23:03 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 179
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Brommer

Ek stem 100% saam met jou.  Wat al die manne miskyk is die Buddy- Buddy inbel systeem.   As jy iemand ken is jou staanplek verseker, jy hoef nie eers te bel nie.  Ander bel die hele dag en kry geen staanplek nie want Pietie het al sy pelle ingedruk.

Die "Gratis Toegang" kennisgewings van sangers en vermaak by ATKV oorde is genoeg om my siek te maak.  Jy het mos 'n vermaaklikheids fooi betaal.  Dink hulle die kamp publiek of die ATKV lede is stupid deur 'n Gratis Toegang bord op te sit?  

n "Almal Welkom" Bord sal beter gewees het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2017 @ 08:55:46 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Buddy-Buddy inbel sisteem :

Ek is nie seker wat die "Buddy-Buddy" inbel sisteem beteken nie, maar vermoed dit moet wees dat al die duisende kampeerders wat jaarliks by ATKV Hartenbos kamp een van die drie of vier persone in die kantoor moet ken en dan word daar kwansuis vir hulle pêlle plek bespreek.  Hierdie drie of vier persone moet dus duisende pêlle hê !

Now Cabs, here is an answer to your question of an alternative method to ensure a December booking at Hartenbos :-  Familie van my het op 1 November om 05:00 by die Randburgse kantoor van ATKV gaan toustaan (daar was reeds ander mense ook) en het hulle bespreking by Hartenbos in Desember 2018 gemaklik verkry.  Dit wys net weer eens hoe populêr Hartenbos is ten spyte van al die negatiewe kommentare oor "te besig", "te opmekaar", "te duur", "vermaaklikheidsgeld" ens.

Ek kamp nou wel jaarliks buite seisoen en het nog nooit op 'n oneerlike wyse of deur middel van 'n "Buddy-Buddy" metode plek bespreek nie.  Wanneer ek na my vakansie vertrek, besoek ek die kantoor waar ek geen een van die personeel ken nie, voltooi my aansoek vir kampering die volgende jaar en my aansoek word eers oorweeg wanneer die besprekings 'n maand later open. Trouens, ek dink dit is uiters onbillik om sonder bewyse te insinueer dat die paar kantoorpersoneel op 'n oneerlike wyse besprekings toeken.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2017 @ 09:39:19 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 179
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Lennie

Help my gou reg as ek iets miskyk

Daar is 570 staanplekke.  Daar is 3 of 4 dames wat besprekings doen.   Bespreking maak op 1 Nov oop om 07h00.  Om 9h00 was alle bespreking gedoen op 570 staanplekke.

As my somme reg is.   570 staanplekke deur 4 persone geen jou 143 staanplekke wat per persoon bespreek word binne 2 ure.  Dws elke 1.19 Min word 'n bespreking gedoen. Hierdie 4 dames is regtig goed.  Ek persoonlik vat 1.19 minute om net te groet.

Ek wonder of die rekeninge ook gestuur word binne die 1.19 minute?

Ek praat nie eers van kaart betalings van mense wat in die ry staan nie.  Alles onder 1.19 min?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2017 @ 10:17:34 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Zak, ek help jou graag :-  Dis nie net die 4 dames wat besprekings vir Hartenbos doen nie.  Die ATKV Hoofkantoor in Randburg hanteer ook Hartenbos besprekings  -  kyk maar weer na my kommentaar hierbo toe ek vermeld het persone het moeite gedoen om al vanaf 5vm in Randburg tou te staan vir Desember 2018  -  hulle ekstra moeite is met sukses beloon want hierdie is 'n uiters populêre oord in Desember. En dit word sonder kontakte in die kantoor gedoen !

Persone wat hulle aansoeke persoonlik'n jaar vooraf by Hartenbos ingelewer het, se aansoeke word op die dag wanneer besprekings open, rekenaarmatig toegevoer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2017 @ 10:46:13 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 179
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Lennie,  Dankie vir die verduideliking en regstelling

Hartenbos is verseker 'n gewilde oord.   Ek het self mismoedig geword so 4-5 jaar terug oor 'n bespreking en nog nooit weer probeer kamp by 'n ATKV oord nie.   Wat egter duidelik is tussen kampers is dat dit miskien tyd geword het vir 'n ander besprekings opsie.  Nie almal kan in die ry gaan staan nie om 100% 'n plek te verseker nie.

Die ander ding is hoekom eers teen 1 Nov besprekings oopmaak?   Dis makliker om enige tyd deur die jaar besprekings te doen.  As kamper wil ek verseker 12 maande vooruit weet ek het n staanplek vir volgende jaar. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2017 @ 12:18:10 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1977
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Zack, om besprekings net vanaf 'n sekere tydperk te  aanvaar is ook  by baie populêre marathons die tendens. Bv. die Twee Oseane and Comrades open die besprekings en ons sien baie mense dien hulle inskrywing in en gou gou is die beskikbare aantal bereik.  Dan later besluit hulle om watter rede ookal dat hulle nie kan deelneem nie en word die inskrywings verkoop of geruil. 

My vermoede is dat dit miskien ook met ATKV die geval is. Bespreek jou plek, net ingeval, en voor die afsnytyd vir betaling kanselleer dit. 

Weet by Natalia het ons al eenjaar in Oktober 'n kans gevat en plek vir Kersfees gekry. Die probleem kom as jy nie wil wag en miskien 'n ander oord misloop nie. 

Hoop tog dat daar iewers 'n oplossing vir die probleem is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2017 @ 12:45:02 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Lennie,  Dankie vir die verduideliking en regstelling

Hartenbos is verseker 'n gewilde oord.   Ek het self mismoedig geword so 4-5 jaar terug oor 'n bespreking en nog nooit weer probeer kamp by 'n ATKV oord nie.   Wat egter duidelik is tussen kampers is dat dit miskien tyd geword het vir 'n ander besprekings opsie.  Nie almal kan in die ry gaan staan nie om 100% 'n plek te verseker nie.

Die ander ding is hoekom eers teen 1 Nov besprekings oopmaak?   Dis makliker om enige tyd deur die jaar besprekings te doen.  As kamper wil ek verseker 12 maande vooruit weet ek het n staanplek vir volgende jaar. 

Jou laaste paragraaf verwys. 1 november is dit oop vir ATKV lede vir die volgede jaar. m.a.w 1 november 2017 vir desember 2018.
Dis hoe ek dit verstaan. Neem ek is reg ????
Se nog steeds. Jy mag nie vir vriende bespreek nie. Rekenaar foendies kan hierdie probleem oplos.
Kinders op skool.? Kry jou bewyse reg.
Ons het destyds by Yskor sisteem gehad dat jy elke jaar vir twee jaar moet kies. Word dan elke jaar weer oor gedoen. Een jaar in desember, volgende jasr is jy agter in die tou. Geen skool kinders, agter in die tou..
Deesdae is daar rekenaar programm beskikbaar om dit te monitor.
Dit is die meer regverdiger metode.

In elk geval ek was veertig jaar terug laas by hartenbos in desember. Toe my dogter hulle so tien jaar terug daar was het ons vanaf sussie hulle se huis in Albertina een dag gaan kuier.. en dit was n nagmerrie van bedrywighede. Vir die jonger geslag gaan hulle vir die "vibe" en dis oky vir hulle.
Ons Februarie kampers geniet die vol kamp met die ouer geslag sonder kinders. (Ander tye buite seisoen is ook oky vir ons.) Se weer dis altyd moelik om daar in te kom. Februarie is geen uitsondering nie. Dis sekerlik tesame met Natalia van die populerste oorde.
Drakensville in het in maart n hengse goeie tarief vir die ouer geslag. Ongeveer R600 vir 10 dae.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2017 @ 13:01:31 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 283
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

Laat hulle dit toe om 2jaar agtermekaar by Hartenbos oor Desember te kampeer?

Ja ons kamp hierdie jaar en volgende jaar daar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2017 @ 17:14:25 pm
Cabs
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 264
Joined: 03 Jul 2013
Experience: 6 years
Hello Almal,

Weer eens, dankie dat julle allmal so bygedra het.

My post was nie bedoel om enigiemand kwaad te maak nie, ek wou net julle oppinies he op die booking systeem.

Ek is maar net 4 jaar in die kamp so is nog nie heeltemal bloot gestel aan al die verskillende opsies nie, en dis juis hoekom ek die vraag vra. Dink julle nie dat daar n beter metode is nie om te bespreek?

Afterall soos ek gese het die ou oom wat nie 5 chommies het om aanhoudend in te bel nie, word natuurlik benadeel, of soos julle se moet hy voor die ATKV HK gaan staan 5 uur die oggend. Is dit rerig wat ATKV wil. Is dit ook nie gevaarlik vir mense om daar te gaan staan nie.

Ek dink net dat daar n beter systeem is wat toegepas kan word.

Wat van n round robin systeem? of n lottery systeem.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required