English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 300
Total Replies: 230 500
Total Views: 82 401 063
topics: 10 839
replies: 125 181
views: 38 868 096
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

AARTO en E-Tol

replies: 28
views: 819
26 Aug 2019 @ 09:10:57 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Volgens die nuwe AARTO wetsontwerp wat onlangs deur die Parlement goedgekeur is, sal motoriste swaar beboet word as hulle nie e-tol betaal nie.  Ligte voertuie sal R250 beboet word vir elke "gantry" wat hulle verbygaan en nie voor betaal nie.  Dit kan dus beteken dat 'n motoris wat van Pretoria af Johannesburg toe ry om te gaan werk en weer terugry huistoe, 'n paar duisend rand per dag sal beboet word! Vermenigvuldig dit met twintig werksdae en hy gaan meer beboet word as wat sy salaris vir die maand is. Dit is nie duidelik of agterstallige e-tol dieselfde behandel gaan word nie.

Dit klink vir my belaglik.  Motoriste sal nie die boetes betaal nie bloot omdat hulle nie sulke geld het nie.  Dit gaan beteken hulle sal nie hulle voertuiglisensies en dalk ook nie hulle bestuurslisensies kan hernu nie wat beteken hulle sal hulle assuransie verloor.  Dit sal mos algehele chaos veroorsaak en maak dat baie, miskien die meeste, motoriste buite die wet gaan begin leef.  En dit gaan die ekonomie vernietig.  As jy tot so 'n punt gedryf word, gaan dit maklik wees om ook ander wette te verontagsaam.  Het die wetgewers aan al hierdie dinge gedink?

Die wetsontwerp is nog nie deur die president onderteken nie so dit is nog nie van krag nie. Hopelik sal wysheid keer dat dit wel onderteken word anders is ek bevrees die lewe soos ons dit ken, gaan tot 'n einde kom.  Die ministers wat die e-tolstelsel moet ondersoek, moet binne dae terugvoer gee. Miskien sal die terugvoer wees dat e-tol geskrap word dan sal die scenario hom nie uitspeel nie, maar êrens sal iets moet gebeur om 'n stok in hierdie wiel te gooi.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 09:18:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14126
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is regtig 'n riem onder die hart dat "mense" met sulke planne te voorendag kom.

Die E-toll stelsel was van die begin af net iets om mense te verryk.  Want meeste van daai geld gaan na rekeninge toe wat niks te make het met die instand hou of opgradering van daai paaie nie.

Die wets ontwerp rakende die boettes per Gantry gaan die algemene man op straat dwing om later onwettig op te tree deur te bestuur sonder 'n rybewys want dis opgeskort, of on gelisensieerder voertuig gebruik op openbare pad wat hy kan sy lisensie hernu nie.

Ry moet die mense ry want dis hoe hoe mens by jou werk kom om 'n salaris te verdien.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 09:39:28 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1316
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Fred, slegte nuus die President het reeds die wetsontwerp onderteken. Tree in werking sodra dit in die Gazette gepubliseer word. Pla my gelukkig nie, ek het destyds toe die 60% afslag aangekondig was my uitstaande skuld op daai stadium van R5k afgelos deur R2k te betaal en maar etags vir al ons voertuie te kry. Ek was en is steeds nie lus om in 'n skuldeis saak met Sanral betrokke te raak nie, so ek is rustig en boonop is dit nou net 'n plesier om Suidkus toe te ry met al die tolgelde reeds gelaai en skiet bloot deur die "Tags Only" hekke.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 09:39:42 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

My fout: ek was nie bewus die pres het reeds geteken nie.

Jorg, ek woon in Liimpopo en het wel e-tags wat ek betaal omdat dit makliker is om so tol op die N1 te betaal wanneer ons so nou en dan Pretoria toe ry.  Die e-tol is in my geval maar gering so ek kla nie in my eie belang nie.  Maar ek en jy is uitsonderings.  Die meerderheid motoriste, volgens berigte meer as twee derdes, betaal nie e-tol nie.  Dis hulle reaksie wat hier van belang is.

Daar is natuurlik die moontlikheid dat dit wel mense sal oorreed om te begin tol betaal. Ek dink daar is 'n maksimum bedrag van iets soos R500 per maand wat baie minder is as sê R50,000 se boetes per maand. As motoriste so gedwing word om te doen wat hulle nie wil doen nie, gaan dit politieke reperkussies hê in 'n gebied waar die regerende party reeds die twee betrokke stede verloor het en dit kan dalk maak dat hulle ook die provinsie verloor.  Sal hulle dit waag?  Maar kom ons wag vir die ministers se verslag- miskien los dit die probleem op.  Maar op een of ander manier gaan die belastingbetaler vir die Gauteng snelweë betaal- dis 'n feit.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 09:56:54 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7878
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Daar is reeds n klomp geld uit die pensioen fonds en met die begroting vir hulle gegee. 

Dus vat hulle net by almal en gee niks terug nie.

Taxi's betaal nie so ook busse. 

Wat van die arme gesien wat net oorleef en die pad vir n rede moet gebruik. 

Soos die TRANSVAAL WET sê: KšŸ‘¹K en BETAAL.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 10:10:05 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Ek het ook die e-skyfie aangeskaf.  R50 betaal en R49 se krediet gekry.   Die skyfie pas my want daarmee ry ek rustig op die oorspronklike tolpaaie waar ek in elk geval moet betaal.   Ek ry bitter min op die "nuwe" e-tol paaie, die sogenaamde Gauteng Freeway Improvement Plan (GFIP), waarvan die geld meestal in die buiteland beland.

Ek vertrou almal besef dat sou e-tol geskrap word, ons nog steeds by die oorspronklike tolhekke gaan betaal.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 12:12:29 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek is in n 2 stryd hiermee. Eenkant se....laat die Gautengers betaal!!!

As ek Pta toe wil ry vanaf Polokwane kos dit my bykans R400 heen en weer. Waarvoor gaan DIE gelde???? Dis nogsteeds die pad van die dood rondom Kranskop tot by Potties. Om die kostes te bespaar KAN ek die R101 ry.

Gautengers kan OOK ander paaie ry. En JA.....daar was n verbetering aan van hul paaie.

Die ander gedeelte van my se......hel hoeveel korupsie was daar nie met die E Tol stelsel nie....waarom betaal?

Die laaste ding wat my pla is WEL die woord KORRUPSIE. Was daar/is daar enige bewyse van korrupsie? Waarom is niemand vervolg nie??

Neem in gedagte....van Polokwane tot Pta as jy nie n Tag het nie verloor jy soveel as 20 min op 1 rit by die tolhekke. Hulle KON tol hekke opgesit het in plaas van die "Gantries". Dus sou Gautengers maklik 2 ure+ per rit verloor het.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 12:49:25 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Theo, Die tolhekke op die nasionale paaie en die E-Tol op Gauteng se paaie is inderdaad twee verskillende kwessies.  Daar was nog nooit enige openbare optrede oor die N-tol nie, waarom weet ek nie, want dit het ook as 'n nuutjie ingekom.  As ek reg onthou, het oudminister Fanie Botha dit jare gelede ingestel en ons almal het dit maar gelate aanvaar.  Hy het destyds gesê daar moet altyd 'n alternatief wees vir 'n tolpad en ek meen dit is wel die geval.  Die alternatief is uit die aard van die saak minder voordelig as die tolpad waarvoor jy immers betaal.   Om nou beswaar daaroor te maak, glo ek nie het enige kans op sukses nie.  Dit is in elkgeval vir meeste van ons maar 'n periodieke uitgawe en ek kla nie te erg daaroor nie, veral as ek so vinnig deur die tolhek kan gaan terwyl ander ouens in lang toue moet staan.  Dit irriteer my net as mensae nie ""E-tag only" kan lees nie, daar probeer deurglip en dan moet ek agteruit ry sodat die kerel kan uitkom.  Dis veral irriterend as ek  karavaan sleep.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 13:27:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13847
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het vanaf begin van E=tol tot vroeer vanjaar betaal.....R1000e. Ek het toe na etol se kantore gegaan....hulle het daar n vorm wat jy invul as jy jou etol rekening wil sluit. Hulle vra my toe wat is die rede dat ek rekening wil sluit. Ek noem toe dat ek dit nie meer kan bekostig nie, maar dat ek steeds die paaie gaan gebruik. Hulle aanvaar dit toe en sê ek moet net dit wat uitstaande is betaal, dan sluit hulle....so gesê so gedaan.

Regering het voor verkiesing gesê hul gaan nie meer mense vervolg nie....nou draai dit weer.....tipies. 

Ek dink as daar ge toitoi gaan word en klippe gegooi word oor hierdie saak, sal ek agter oproeriges staan.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend šŸ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 14:28:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7878
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Hett nou op nuus gehoor dit staan nog n bietjie vas. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 14:44:54 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Fred, dit was altyd so dat daar 'n alternatiewe roete vir die nasionale tolpaaie moes wees.   Om en by 1999 is die vereiste geskrap - stilletjies en sonder bohaai.  Nie eers die AA het dit toe agtergekom nie.    Jy is reg dat daar nie nou daaroor gekerm kan word nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 14:54:06 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 837
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek is seker maar die ou "poop hall". As Bolander gebruik ek die E-tolhekke in Gauteng maar selde. Maar as ek in ag neem hoe maklik ek met my karavaan op die N1 deur (of verby) Johannesburg en Pretoria sleep - op 5-baan paaie versus voriges - dan betaal ek daardie e-tol met 'n "smile".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 16:02:45 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Is so Chris- vir my ook wat maar so nou en dan in Gauteng kom.  Maar daar is mense wat daagliks op die paaie moet ry.  Dit tref hulle swaarder.  Daar is 'n maksimum bedrag wat per maand met e-tol (nie die tolhekke op die N-paaie) gehef kan word- ek dink iets soos R540, maar afhangende van jou finansiële posisie kan dit nogal 'n verskil maak.  Hoe ookal, die volk het gespreek en hulle sê hulle weier om e-tol te betaal en tot dusver kon die owerhede hulle nog nie tot ander insigte bring nie.  Daar is 'n gesegde dat as jy aanhoudend dieselfde aksie neem en 'n ander uitkoms verwag, is jy 'n gek.  Ons sal maar moet sien wat die owerhede is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 16:24:05 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Weer n klomp wat gesit het en n peace šŸŒæ pipe rook  (dis nou legal)

Suid afrikaners kan nie een meer petrol in hul karre gooi dan praat hulle sulke tjol. Die goed is gerook man. 

Eientlik n goeie ding en moet spoedig gebeur dan sal jy sien wat met e toll, punte stelsel gaan gebeur. En as hul nie eens die etoll administrasie kam behartig hoe de duiwel alles saam. Nog n decoy om lands burgers se aandag af te trek van huidige korrupsie en diefstal. 

Ons behoort nie eens oor die saak te gesels want ons gee hulle die aandag wat hulle nie verdien.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 17:36:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13847
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Seker maklik om te sê ek betaal e-tolgelde met n smile as mens roetes net nou en dan gebruik as jy oppad is na n vakansie bestemming. Ek kla ook nie oor tolgelde na Durban of dergliks nie.

 

Ek het n sekere roete wat ek ry om my werkers op te laai....ek ry steeds daai selfde roete, maar moet nou betaal omdat dit nou skielik tolpad geword het. Mnr Taxi wat ook daai roete gebruik om inkomste te maak word vrygestel van tolgelde. Beide van ons gebruik daai selfde pad vir dieselfde rede....om n inkomste en bestaan te maak....so hoekom moet die een betaal en die ander nie? As jy daai pad help sat ry moet jy ook help om hom weer op standaard te kry....hoekom altyd net "sekeres" wat moet hoes?

 

Die manne wat nie so erg geaffekteer word deur etol nie wat dink dis nice. Hoekom dan kla oor lewenskostes wat so duur raak? Indirek betaal jy wat nie gereeld gebruik (of glad nie)maak van etol paaie ook vir daai etol. N plek soos Pick n pay byvoorbeeld haal nie etol gelde uit n aparte spaar rekening as donasie vir aflewering en vervoer kostes na ander stede nie....daai onkostes word ingesien as uitgawes en word by pryse van produkte geplaas om wins % te behou.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend šŸ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 19:50:11 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5026
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ja nee kyk, die manne wat die ekonomie maak en belasting betaal agv daarvan gaan nog verder gemelk word om vir die wat niks bydra nie te moet sorg.. Dis nou Suid Afrika


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 05:58:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14126
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is voorwaar 'n groot verskil as jy eenkeer 'n jaar die E-toll paaie gebruik teenoor dit daagliks te gebruik.  My Kinders ry daai paaie elkedag om by hul werke uit te kom.

Dan met die klein salarisse wat sommige mense kry is selfs R540 (max tarief per maand) 'n groot hap uit jou budget uit.

Ek volg maar net die nuus en kyk wat gaan gebeur vorentoe.  Ek as individu kan niks doen nie maar ons as Gautengers kan dalk 'n verskil maak.  Die wat tans saam staan moet nou net nie klein koppie trek nie.

Sal maar sien.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:14:35 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2701
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Hulle kan nie die ou boetes op jou AARTO opsit nie, net huidige boetes na AARTO wetgewing geword het.

Die selfde, die nuwe wetgewing is dat jy gehang kan ord vir chocolates steel. Baie ouens leef nou in vrees vir wat hul as kind gedoen het...

Hulle kan jou nog wettelik skuldig kry vir die e-tolle wat nie in die verlede betaal is nie...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 11:02:20 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

As ek iets van AARTO sien , sien ek rooi.

Die storie gaan so:

So ruk terug kry ek `n AARTO papier in die pos om `n fine te gaan haal. Dit was vir my snaaks, maar na ek gelees het dat mens nie jou lisensie en kar belasting kan uitneem as dit nie betaal is gaan ek toe maar na die poskantoor (met my ID boek, hulle maak seker hulle het jou).

By die poskantoor al sien ek dit is nie my kar nie.

Bel AARTO kantore en word gesê om JHB Metro te kontak omdat die sisteem  die skuldige se kar registrasie aangesien het as myne.

JHB Metro is nie tevinde nie. (Ek sou nou nog aangehou het. Dit is nou as mens kon, want die foon sny jou af na `n paar minute)

Kontak weer AARTO en word gesê om vertoeë vorm van web werf aftelaai. Die webverf sê toe dat dit `n ou form is (maar die nuwe bestaan nie)

Ek het toe darem die vorm gekry en ge- e-mail en hoop nou dat my kar ge-clear is.

So AARTO- mooi sisteem vir `n eerste wêreld land in Europa.

Vir Afrika- Eisch!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 12:46:43 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Sal my nie veel steur aan pateet Fikile en sy tjommies nie want om studid te wees is soos om dood te wees, jy weet nie daarvan nie.

Sien OUTA is besig met die manne van AARTO en SANRAL oor die aangeleentheid.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 15:29:08 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 364
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

Once again a bad or idiotic decision but lets not get despondent. it is under debate.

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 23:52:41 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Vreeslike slim mense die Arto, etoll lede. Die publiek het teen e toll geskop hoofsaaklik deur die onbekostigbaarheid daarvan. Nou skuif hulle die tariewe op na R250 per hek. 

Sterkte vir hulle en bewys net meer hoe dun gesaai hul antwoorde op die stelsel is en nog n " i have a dream " wat in werlikheid n nagmerrie is wat nou nog groter vir hulle gaan word. 

Spandeer liewer die geld wat hulle vermors om n dooie jakkals te jaag en spandeer dit op behuising vir haweloses. Maar hul taktiek werk in n mate want daar gaan nou weer n klomp bang gatte die toll kantore storm loop om te betaal. 

Catch a wake up Arto / e-toll daar is miljoene mense wat nie n werk het en die paaie moet en sal gebruik om n lewe te maak. Kry hierdie land in orde waar die meerderheid n werk het en sulke belaglike goed te kan betaal dan praat ons weer. Fokus op om ons volk op te tel na n beter lewens styl in pleks van die armes wat die totale meerderheid is nog meer in die grond in te trap

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 06:12:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14126
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Vreeslike slim mense die Arto, etoll lede. Die publiek het teen e toll geskop hoofsaaklik deur die onbekostigbaarheid daarvan. Nou skuif hulle die tariewe op na R250 per hek. 

Sterkte vir hulle en bewys net meer hoe dun gesaai hul antwoorde op die stelsel is en nog n " i have a dream " wat in werlikheid n nagmerrie is wat nou nog groter vir hulle gaan word. 

Spandeer liewer die geld wat hulle vermors om n dooie jakkals te jaag en spandeer dit op behuising vir haweloses. Maar hul taktiek werk in n mate want daar gaan nou weer n klomp bang gatte die toll kantore storm loop om te betaal. 

Catch a wake up Arto / e-toll daar is miljoene mense wat nie n werk het en die paaie moet en sal gebruik om n lewe te maak. Kry hierdie land in orde waar die meerderheid n werk het en sulke belaglike goed te kan betaal dan praat ons weer. Fokus op om ons volk op te tel na n beter lewens styl in pleks van die armes wat die totale meerderheid is nog meer in die grond in te trap

 

Give that man a Bells............................. dit is so waar wat jy sê.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 12:17:41 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1723
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Kry maar "pay-as-you-go" eTag en betaal maar die tolgeld. Ek dink nie die regering gaan dit afskaf nie. Hulle gaan ons nog leeg melk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 13:35:52 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Daar is gister ontken dat AARTO voorsiening daarvoor gaan maak om mense te beboet wat nie betaal nie en hulle te verhoed om hulle lisensies te hernu.  Sonder die stok glo ek nie motoriste gaan begin betaal nie.  Maar daar word so baie goed gesê en dan weer ontken dat ons nie weet wat regtig aangaan nie. Daar behoort egter binne dae uitsluitsel te kom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 14:03:54 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1316
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Vanoggend my etags gelaai met 'n hele R150, sal my deursien met 3 voertuie tot einde September (OK OK ek weet ons gebruik nie die snelweg baie nie)....vir my 'n winskopie vir rus en vrede...:)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 10:16:24 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dit klink asof die ministers-werkgroep oor e-tol ook maar min opgelewer het.  Daar is die naweek gerapporteer dat daar twee voorstelle geformuleer is.  Die een is dat tol tot 10sent per "gantry" verminder word en dat daar 'n maksimum maandelikse tol van R100 per maand ingestel word in plaas van die huidige R540.  Dit beteken dat die tol per "gantry" met 97% gesny word en die maksimum maandelkiks etolgeld tot nagenoeg 20% van die huidige verminder word.  Laasgenoemde sal beteken dat as daar 100% samewerking van motoriste sal volg, sal daar maar netsoveel as huidig ingesamel word. Daar is naamlik sprake dat slegs 20% van die verskundigde tol op die oomblik betaal word.  Maar aangesien motoriste onwaarskynlik sal begin saamwerk, kan dit aanvaar word die tol gaan daal tot een vyfde van die reeds berige bedrag wat tans betaal word.  Die 10sent per "gantry" beteken waarskynlik dat meeste motorsite dalk nie eers by R100 per maand sal uitkom nie want teen tien sent per keer moet jy een duisend keer aangeslaan word om net R100 op te maak..  Die regering moet instaan vir die res.

Die tweede voorstel is dat e-tol geskrap word en dat die regering na ander maniere moet kyk om die Gautengse snelweë te betaal

Vir my lyk dit of dit 'n diplomatiese manier is om te sê die e-tol moet maar geskrap word.  Hierdie is egter maar gebasseer op koerantberigte terwyl die amptelike verslag nou oor twee weke verwag kan word.  Soos hulle sê  :"The plot thickens!".

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 10:34:32 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13847
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

R100 per maand sal vir my aanvaarbaar wees, maar dan moet dit n stelsel wees waar almal hul deel bydra en nie net sekeres nie. Ek ry elke dag van hierdie tol roetes en moet erken dat dit baie beter is as die jare voor opgradering. Voorheen was trokke wat gebreek het hier by die opdraande by Rigel in Pretoria n groot probleem....trokke is sommer net daar reggemaak en sekere bane was baie keer sommer heeldag versper gewees. Deesdae met Sanral word trok binne half uur verwyder en daai vertragings van vroeer is iets van die verlede

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend šŸ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 11:39:56 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Soos ek gesê het, ek dink nie hierdie voorstel is uitvoerbaar nie.  Teen 10 sent per "Gantry" kan 'n motoris dalk een rand per dag e-tol betaal of twintig rand per maand.  Teen 'n maksimum van R540 per maand ly SANRAL reuse verliese, hoeveel temeer as hulle net R20 per motoris per maand inkry.  Dit beteken 53 addisionele motoriste moet begin betaal net om gelyk te breek met die huidige bedeling.  Hoe prakties is dit? Selfs met 100% motoriste wat betaal sal hulle dit nie maak nie, en waarom sal nie-betalaers nou skielig begin betaal?  Nul rand per maand is nog goedkoper as R20.  Motoriste gaan ook wonder of hierdie maar net 'n voet in die deur is om hulle te oorreed om te betaal en sodra hulle geregistreer is, kom daar weer reuse verhogings.  Dit klink vir my eerder na 'n laat eerste April grappie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required