English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 776
Total Replies: 269 593
Total Views: 83 853 919
topics: 12 297
replies: 149 334
views: 39 664 898
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

60+ en nie mens lus, hoe kamp ons dan?

replies: 58
views: 825
page 1 of 2
04 Apr, 2022 @ 21:44:58 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Hallo, ons is weerskante van 60 en die drywer is deelsgestremd, maar nie in rolstoel.  Mobiliteit is geaffekteer, so ook balans agv CVA's.  

Ons wil een of twee jaar reis, en ek gee die verste punte.  Iewers tussenin.  Agulhas, Ceres, Langebaan, Tietiesbaai, Rooikatroete, Hondeklipbaai, Port en Alex, Union's End, Pilanesberg en Mokala.  En alles tussenin, weg van teerpaaie, groot lorries en mense wat op jou g@t sit en ry, weg van die Kaap se naweekdronkes, vriende het hulle pas in die Sederberg raakgeloop. En die fietsryers met die Volvo wat so jaag by Kromrivier.  

Na baie beroertes, nie lus vir ander se dronknes en rumoer nie.  

Waar kan mens nog wegkom????

Vrae:

- teardrop bv EdgeOut

- Enkulu4, UEV25, MobiLodge 

- Bundutop of iKamper Mini 

- boswa 

Wat is vir ouer mense die beste toerusting, ongeag die prys?  Ons ken swaarkry en droogtes, gerief is onbelangrik. 

Ek het geldige EB rybewys.  

Die hele ding is baie vroeg in 'n beplanningstadium en nog ver van die werklikheid.  

Kan mens bv Namakwa Kusroete by een of meer staanplekke kom sonder die sand? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 00:06:41 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

As ek na jou lys kyk, sou ek seker die Mobilodge gekies het. Teardrop, Bundutop en boswaens is nie lang termyn opsies in my oë nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 07:57:32 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1881
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Kampering, veral karavaan kampering, word altyd uitgebeeld as idilliese, romantiese mooiweerservarings. Die werklikheid met stormbande, onophoudelike reen en die nodigheid van ‘n graaf om die water van jou ingang af weg te hou word hanteer soos familie in die tronk. Ons praat nie daarvan nie. 
Gedoentetjies wat net oor buite kosmaak geriewe beskik en geen of minimale leefruimte binne het is net geskik vir omstandighede waar die weer en omgewingsfaktore soos ape akkuraat voorspel kan word.

Indien ek vir ‘n geruime tyd in ‘n kampeervoertuig moes woon wil ek seker maak dat die gatvol faktor nie my lewenservarings oorheers nie. Dus - hoe geriefliker hoe beter, amper soos om vir ‘n naweek se wegbreek in ‘n bungalow oor te bly teenoor ‘n jaar se verblyf op een plek.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 08:21:48 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Pete daar is n paar dinge wat jy noem wat vir my n probleem is. Jy klink na n ou wat dalk nie baie tolleransie het nie, al sê jy jy ken swaarkry. As jy met n karavaan reis gaan jy mense op jou gat kry. Jy gaan groot vragmotors kry en jy gaan motorfietse kry wat verbyjaag. As jy nie van teerpaaie hou nie moet jy maar vrede maak met die tipe kampe wat jy op grondpaaie kry. Van die lys van sleepgoed wat jy genoem het kan ek jou verseker dat as jy "vele beroertes" gehad het jy maar met n MobiLodge gaan sukkel. Die ding is HOOG en jy gaan hom nie maklik skuif of opslaan nie. n Teardrop is NIE geskik vir enige tipe reis behalwe n naweek-staan nie, glo my maar, jy wil nie elke oggend uit jou bed klim DIREK op die gras of gruis nie. Daar is geen manier hoe jy (weer die beroerte-ding) met n daktent oor die weg gaan kom nie. n Boswa (ek het ook een) verg die opslaan van n tent, maak nie saak watter een jy koop nie.

Jy sê julle is weerskante van SESTIG! Shoe, julle is nog jonk. Dit klink vir my asof jy n motorhome moet kry. Jy sê mos "ongeag die prys."  Dan kan jy al die plekke besoek wat jy noem en n gestremde persoon sal dit gerieflik vind. 

.

You'll never never know if you never never go
👍
1
💔
0
😮
1
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 08:28:32 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Baie welkom hier Pete.

Ek lei af julle het nie ondervinding van kampering nie?  Indien dit die geval is, sou ek dink die regte ding sal wees om met kort wegbreke te begin.  Dit is nie duidelik of julle pensionarisse is of naby daaraan nie.  Indien julle wel met pensioen is, sal dit raadsaam wees om eerder nie oor naweke die pad te vat nie.  Met Kaapstad se paaie soos dit is, is al die uitgangspaaieaan die begin, en toegangspaaie aan die einde van die naweek, maar nagmerries.  Wat die mense wat op jou g@t sit betref, moenie dat dit jou pla nie, dis hulle probleem.  As jy so voel en dis veilig, kan jy links van die geel lyn beweeg om hulle te laat verbykom, maar jy is geensins verplig om dit te doen nie.  Persoonlik pla dit my nie as 'n stadige voertuig nie vir my plek maak nie- daar sal wel vorentoe verbykomkans kom.

Hoe julle 'n karavaan sal kry om mee te ekspesimenteer, is daar opsies.  Eerstens kyk of julle een by vriende of familie kan leen of huur, alternatiewelik soek 'n plek wat karavane verhuur.  Julle kan ook daaraan dink om 'n goedkoop karavaan te koop.  Dit hoef nie julle ideale karavaan te wees nie, net een om die karavaanlewe mee te toets en later te verkoop wanneer julle weet wat julle uiteindelik nodig sal hê.  Julle sal waarskynlik netsoveel vir hom kry as wat julle aanvanklik betaal het. Ek sou ook voorstel dat dit so klein as moontlik begin.  Hoe kleiner die wa, hoe makliker sleep hy.

Daar is 'n hele aantal lede van hierdie Forum in die Kaapstad-omgewing.  Dit sou goed wees om een van hulle te kry om julle te help om 'n moontlike tweedehandse wa te ondersoek.  Houtvrot onder andere by gebruikte karavane kan 'n probleem wees en dit is nie noodwendig maklik sigbaar nie. Vra gerus hier, julle sal sekerlik hulp kry, die ouens hier help mekaar graag. Ek stem met die sentimente hierbo saam dat Teardrop of daktente nie 'n opsie is nie.  Dis net aanvaarbaar vir kort wegbreke en nie vir julle waar een van julle reeds stabiliteitsprobleme ondervind nie.

En laastens, hou ons asseblief op hoogte van hoe julle vorder.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 12:01:21 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5126
Joined: 11 Dec, 2013
Experience: 37 years

Pete toets alles voor jy koop tent,boswa,RTT , gewone wa kyk wat vir jou gaan werk sterkte met besluit

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 13:32:41 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Baie dankie!  

Ons is 60-rig, afgetree, deelsgestremd.  Balansversteurings na beroerte, ens.  

Mediese prosedures moet eers agter die rug kom, dit mag nog lank neem.  

My eie keuse sou EdgeOut wees, met van movers aan.  Alternatiewelik Bundutop, maar daai leertjie.....Vroulief lees oor Oztent, sien ek. 

Ons kamp al van 1962 af, maar het nie sedert 2007 nie. Die lewe het toe gebeur.  Nee, ons sal nie naweke ry nie en regtig ver van die Kaap af penne inslaan.  Ons wil staan tot ons moeg raak van 'n plek. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 16:01:23 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Woonwaens skuif maklik met afstandbeheerde movers wat van sonkrag af werk.  Ek kan 95 wees en dit nog doen, dink ek.  

 Ek en my vrou sal maklik maande kan leef in 'n teardrop.  Ons het, terloops, drie jaar lank in ons vergange vyftienvoet 1962 Gypsey gewoon; ons leef buite en slaap net binne.  Meeste van die tyd stap ons.  Daai ou Gypsey, van daai blink goed met skilpaddop, was ook hoog.  Nadeel, nes daai MobiLodge horsebox.  

Bo-op 'n EdgeOut kan mens 'n Thule box vassit, met sonpanele bo-op.  

Mens hou tekkies naby vir in- en uitklim uit die teardrop of enige ander ding uit.  Ons weet hoe om met nat te werk en die huis kuis te hou.  

Motorhome gaan nie werk nie, die goed is te lomp.  'n Vriend het 'n vloot daarvan verhuur jare gelede en toe die besigheid verkoop. 

Ons het ophou kamp toe uitswaai-awnings nog nie gewild was nie. Het nie ervaring nie en weet nie of dit Struisbaai se Suidooster gaan oorleef nie. Party lyk beter as ander maar nie een is skynbaar 'n handewerk vir die nageslag nie. 

Ek ry eintlik baie rustig en neem nie deel aan padwoede nie, maar vriende was die naweek Sederberg toe en het te doene gehad met intellektueel gekonstipeerdes wat 140 wou ry op daai stadige Kromrivierpad. Volvo met sleepwa vol fietse, kry die prentjie. 

Ek ry, vandat ek grootgeword het, graag 90 of 100 op agterpaaie, of 60 as daar nie verkeer is nie.  Waarheen sou ek haastig wees? En 16km/l by die pomp lyk mooi in my boekie. Met 'n horingou Duite Dieseldonkie.  Ek vermy die N-roetes en ry liewer Middelbergpas as Sir Lowry's. 

Die kortste, vinnigste en reguitste pad tussen die Kasteel en Kleinmond moet dus Clarence Drive wees.  Mens kan op baie plekke stilhou en "kniekniek" maak soos een kind gesê het. :) 

Vars koffie in Tradouwspas met water wat so flussies by die waterval geskep is, of in Michellspas, Bainskloof....of deel koffie en padkos met karretjiemense by Kliprand of Oorlogspoort. 

60 is dalk jonk, as jou lyf wil saamspeel.  Ek het vir my jong doktertjie gesê ek sal glo sy is gekwalifiseer as sy my 'n hele lyfoorplanting kan gee. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 16:09:14 pm
Elanga
Bronze Member
55% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 04 Feb, 2022

Ek  is anderkant 70 en die Baas amper.

Ons wil nie 'n karavaan sleep nie.

Ons sien  ook nie kans vir  bo-op slaap en die trapleër nie, dus is 'n RTT en TTT buite die kwesie.

Ons sien wel kans om op die grond te slaap en 'n tent opteslaan. Ons gebruik dus 'n Tentco  Senior Safari Delux Bow Tent met die Baobab extension. Dit werk vir ons.

Ons pak alles agter in ons bakkie en daar gaan ons.

Solank ons geseënd is met goeie gesondheid sal ons so kan aangaan.πŸ˜€

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 16:49:34 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1881
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Dit is tog jammer dat hierdie webwerf nie ook deelnemers se ouderdomme aantoon nie. Dit sal soveel meer betekenis aan insette gee.

Alhoewel ons karavaan geskik is vir grondpaaie het ons 'n seil 2,5 meter dome tent en 'n seil "diner" net vir Kgalagadi en Namibië. Ek besef egter dat my tent slapery nou einde se kant to staan, want alhoewel ek my verbeel dat ek sterker word aangesien ek nou al R 2000 se kruideniersware met een hand kan dra dink vroulief nie so wanneer dit by swaar goed optel kom nie.

Snaaks hoe die ouderdom jou nederig en geduldig maak noudat jy per maand meer aan medikasie spandeer as op drank toe jy destyds nog vir die eerste span kon drink indien jy wou. 

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 16:52:22 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4676
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Ek  is anderkant 70 en die Baas amper.

Ons wil nie 'n karavaan sleep nie.

Ons sien  ook nie kans vir  bo-op slaap en die trapleër nie, dus is 'n RTT en TTT buite die kwesie.

Ons sien wel kans om op die grond te slaap en 'n tent opteslaan. Ons gebruik dus 'n Tentco  Senior Safari Delux Bow Tent met die Baobab extension. Dit werk vir ons.

Ons pak alles agter in ons bakkie en daar gaan ons.

Solank ons geseënd is met goeie gesondheid sal ons so kan aangaan.πŸ˜€

Hi Rob. Ons het onlangs dieselfde setup gekoop en sover nog net 'n paar dae by Merry Pebbles daarmee gekamp. Dit is nogal 'n missie vir twee mense om die tent en extension op te slaan. Baie gerieflik binne na dit staan.

Het jy enige tips om die opslaan makliker te maak. Sukkel oa om die tent en extension op te lyn vir daai koppel paaltjie.

Terloops, ons val in dieselfde ouderdoms groep as julle.

The Happy Campers.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 17:08:51 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Pete, ek hoop julle mediese omstandighede verbeter vinnig sodat julle julle planne kan uitvoer.  Duidelik het julle reeds goeie kennis en goeie idees sodat julle nie 'die wiel moet uitvind nie'.  Laat weet asseblief hoe julle planne vorder.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 20:13:39 pm
Dave
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 138
Joined: 10 Oct, 2007

Stem saam met Fred. Huur eers en gaan weg vir naweke en daarna langer. Dan kan jy besluit wat vir jou belangrik is en watter tipe kamp julle van hou voordat jy n klomp geld uitgee vir iets wat jou nie pas nie

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 21:31:09 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Dit is tog jammer dat hierdie webwerf nie ook deelnemers se ouderdomme aantoon nie. Dit sal soveel meer betekenis aan insette gee.

Alhoewel ons karavaan geskik is vir grondpaaie het ons 'n seil 2,5 meter dome tent en 'n seil "diner" net vir Kgalagadi en Namibië. Ek besef egter dat my tent slapery nou einde se kant to staan, want alhoewel ek my verbeel dat ek sterker word aangesien ek nou al R 2000 se kruideniersware met een hand kan dra dink vroulief nie so wanneer dit by swaar goed optel kom nie.

Snaaks hoe die ouderdom jou nederig en geduldig maak noudat jy per maand meer aan medikasie spandeer as op drank toe jy destyds nog vir die eerste span kon drink indien jy wou. 

Het ook gedink ek raak sterker. ....... hehehe.

Sal nie die Girl sê nie, net meer loop vir die plakkies in die kar.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 21:33:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Hallo, ons is weerskante van 60 en die drywer is deelsgestremd, maar nie in rolstoel.  Mobiliteit is geaffekteer, so ook balans agv CVA's.  

Ons wil een of twee jaar reis, en ek gee die verste punte.  Iewers tussenin.  Agulhas, Ceres, Langebaan, Tietiesbaai, Rooikatroete, Hondeklipbaai, Port en Alex, Union's End, Pilanesberg en Mokala.  En alles tussenin, weg van teerpaaie, groot lorries en mense wat op jou g@t sit en ry, weg van die Kaap se naweekdronkes, vriende het hulle pas in die Sederberg raakgeloop. En die fietsryers met die Volvo wat so jaag by Kromrivier.  

Na baie beroertes, nie lus vir ander se dronknes en rumoer nie.  

Waar kan mens nog wegkom????

Vrae:

- teardrop bv EdgeOut

- Enkulu4, UEV25, MobiLodge 

- Bundutop of iKamper Mini 

- boswa 

Wat is vir ouer mense die beste toerusting, ongeag die prys?  Ons ken swaarkry en droogtes, gerief is onbelangrik. 

Ek het geldige EB rybewys.  

Die hele ding is baie vroeg in 'n beplanningstadium en nog ver van die werklikheid.  

Kan mens bv Namakwa Kusroete by een of meer staanplekke kom sonder die sand? 

Welkom.

Hoop julle vind n plan.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 22:43:34 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Hi Rob. Ons het onlangs dieselfde setup gekoop en sover nog net 'n paar dae by Merry Pebbles daarmee gekamp. Dit is nogal 'n missie vir twee mense om die tent en extension op te slaan. Baie gerieflik binne na dit staan.

Het jy enige tips om die opslaan makliker te maak. Sukkel oa om die tent en extension op te lyn vir daai koppel paaltjie.

Terloops, ons val in dieselfde ouderdoms groep as julle.

Ouderdom is wat jou liggaam jou toelaat om te wees. Party is baie jonk op 95, ander stokoud op 23. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr, 2022 @ 22:45:05 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Dit is tog jammer dat hierdie webwerf nie ook deelnemers se ouderdomme aantoon nie. Dit sal soveel meer betekenis aan insette gee.

Alhoewel ons karavaan geskik is vir grondpaaie het ons 'n seil 2,5 meter dome tent en 'n seil "diner" net vir Kgalagadi en Namibië. Ek besef egter dat my tent slapery nou einde se kant to staan, want alhoewel ek my verbeel dat ek sterker word aangesien ek nou al R 2000 se kruideniersware met een hand kan dra dink vroulief nie so wanneer dit by swaar goed optel kom nie.

Snaaks hoe die ouderdom jou nederig en geduldig maak noudat jy per maand meer aan medikasie spandeer as op drank toe jy destyds nog vir die eerste span kon drink indien jy wou. 

Hoe maak daai tent β›Ί in die stormwinde? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 00:09:43 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1881
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Hoe maak daai tent β›Ί in die stormwinde? 

Daardie tent met sy boog "spring steel" oorkruis raamwerk sien kans vir enige storm.

By Klein Aus  in Namibië was ons die nag vier voertuie. Drie het nylon tente gehad. Hulle het die nag in hulle voertuie deugebring terwyl ons rustig tot die volgende oggend op ons opblaas matras geslaap het.

By Nossob het die rivier die eerste keer in baie jare afgekom een nag, en teen vieruur die oggend toe vroulief die Porta-pottie wou gebruik maak sy my wakker want toe dryf ons tent wat net op sy vier hoeke vas gekap was. Die kampeer terrein was onder water, Ons ander drie kampgenote met hulle ligte raamwerk tente het die nag in die ablusieblok deugebring terwyl ons rustig verder geslaap het - hoe sag wieg my bootjie ..... Hulle tente het in Nossob agter gebly, en hulle het ook nou ook soortgelyke seil tente.

Die fotos hier onder was geneem voor die rivier afgekom het en nadat die meeste water al  verby was. Die laaste foto was die pad terg Twee Rivieren toe. 'n Regte en onvergeetlike  4x4 ervaring. Bygevoeg, dit was 'n paar jaar gelede. Ons het al voertuie op gegradeer, maar die tent is nog so goed soos nuut.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 00:45:43 am

Dankie, dis regtig goed om te weet.  Ons het een nag in 'n noordwestewind gelê en slaap terwyl ons huistent heen en weer oor ons gewaai het.  Twee weke in 'n sesmankoepeltent, regte seil, het beter gewerk. Het regtig al vergeet daarvan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 07:41:31 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

'n Mens moet jou nie deur ouderdom laat afsit nie. Ek ken 'n omie van 96 jaar wat, saammet 'n tannie van hoog in haar tagtigs, nog die hele wêreld vol ry.  In die winter ry hulle elke jaar- verlede jaar steeds- na Namibië om vriende en familie te besoek.  Die oom bestuur meestal want hy sê hy geniet dit en hy word nie moeg nie. En beide hulle koppe is nog heeltemal helder.  Almal is natuurlik nie so gesond nie maar ek kan maar net hoop ek hou so lank in so 'n toestand.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 07:46:00 am
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

'n Mens moet jou nie deur ouderdom laat afsit nie. Ek ken 'n omie van 96 jaar wat, saammet 'n tannie van hoog in haar tagtigs, nog die hele wêreld vol ry.  In die winter ry hulle elke jaar- verlede jaar steeds- na Namibië om vriende en familie te besoek.  Die oom bestuur meestal want hy sê hy geniet dit en hy word nie moeg nie. En beide hulle koppe is nog heeltemal helder.  Almal is natuurlik nie so gesond nie maar ek kan maar net hoop ek hou so lank in so 'n toestand.

Wonderlik!  Mens is so oud as wat jou lyf jou toelaat, né! πŸ˜‰β›Ί

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 08:30:47 am
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4676
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Ouderdom is wat jou liggaam jou toelaat om te wees. Party is baie jonk op 95, ander stokoud op 23. 

Stem saam met jou stelling Pete. Gelukkig val ek in die eerste groep op die stadium.

Dalk 'n bietjie stadig vanoggend. Ek kan nie jou anwoord op my vraag om 'n Tentco Combo makliker op te rig by mekaar uitbring nie?

The Happy Campers.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 14:52:08 pm
Elanga
Bronze Member
55% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 04 Feb, 2022

Hi Rob. Ons het onlangs dieselfde setup gekoop en sover nog net 'n paar dae by Merry Pebbles daarmee gekamp. Dit is nogal 'n missie vir twee mense om die tent en extension op te slaan. Baie gerieflik binne na dit staan.

Het jy enige tips om die opslaan makliker te maak. Sukkel oa om die tent en extension op te lyn vir daai koppel paaltjie.

Terloops, ons val in dieselfde ouderdoms groep as julle.

Hallo Hendick/HM, Ek weet nie hoe om text te insert nie. Ek het dus die geskryf as 'n photo aangeheg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 15:27:28 pm
Elanga
Bronze Member
55% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 04 Feb, 2022

Hallo Hendick/HM, Ek weet nie hoe om text te insert nie. Ek het dus die geskryf as 'n photo aangeheg.

Hierdie het baie onduidelik uitgekom.

Ek sal wag en kyk of Relaxed Camper(Geert) of Admin miskien kan raad gee hoe om text in te voer.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 15:43:25 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4676
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Hallo Hendick/HM, Ek weet nie hoe om text te insert nie. Ek het dus die geskryf as 'n photo aangeheg.

Baie baie dankie vir die breedvoerige inligting. Jy het sowaar baie moeite gedoen.

As ek gaan sukkel met die koppelpyp tussen die bow en extension gaan ek dit ook uitlos. Solank dit nie 'n plek maak waar die reenwater kan opdam nie, maar ek glo nie.

Wat die uitmekaar val van die extension se pale betref, draai ek duct tape om die lasplekke. Bietjie extra moeite maar spaar frustrasies.

Ons sien uit na ons volgende kamp in Mei maand dan sal ek al jul wenke gebruik.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 15:46:12 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4676
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Hierdie het baie onduidelik uitgekom.

Ek sal wag en kyk of Relaxed Camper(Geert) of Admin miskien kan raad gee hoe om text in te voer.

Ek het dit gelees gekry dankie. Met die hulp van 'n vergroot glas.πŸ˜„

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 16:08:21 pm
Elanga
Bronze Member
55% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 04 Feb, 2022

Hi Rob. Ons het onlangs dieselfde setup gekoop en sover nog net 'n paar dae by Merry Pebbles daarmee gekamp. Dit is nogal 'n missie vir twee mense om die tent en extension op te slaan. Baie gerieflik binne na dit staan.

Het jy enige tips om die opslaan makliker te maak. Sukkel oa om die tent en extension op te lyn vir daai koppel paaltjie.

Terloops, ons val in dieselfde ouderdoms groep as julle.

Hallo Hendrik / HM, met die hulp van Relaxed Camper hiermee my bydrae tot die gebruik van die Bow tent en Baobab extension.

Op- en afslaan van seil tent: ons ondervinding

Die eerste en die laaste reël om ‘n tent maklik op en af te slaan is vou en pak dit reg. As dit nie goed gedoen is nie, is die opslaan baie moeiliker. Ons het verskeie kere na die video gekyk, telkens gedink nóu weet ons, dan weer getwyfel en maar weer gekyk.

Canvas Bow tent:

Kyk na die YouTube video van Travel Gigilo:

https://www.youtube.com/watch?v=UDWyNm6qLf0

Hierdie is werklik baie insiggewend en het baie gehelp. Sit die tent in die sak in so ‘n manier dat jy weet waar die voorkant van die tent is – dit vergemaglik latere opslaan.

Om die tent op die raam maklik te haak swaai en druk ons die raam af na Ε‰ kant toe (“swivel”) sodat ons maklik kan bykom en haak dan die boonste hakkies in. Dan eers laat ons die tent regop staan en haak die laeres verder in.

Senior Baobab Extension:

Albei die Bowtent en die Baobab staan op ‘n grondseil. Om die opslaan te vergemaklik, het ons die verskillende dele van die raam wat bymekaar inpas met spuitverf gemerk. (“colour code”).

Ons sit die raam aanmekaar waar ons hom wil laat staan. Die Baobab skuif nie maklik nie want die pype trek uitmekaar. Daarom is die belangrik om veral hom op die regte plek op te slaan en dan die Bowtent na die Baobab te skuif vir aanhegting. Dit werk beslis makliker as twee persone die opslaan doen – kan eintlik nie anders nie.

Die Baobab is dwars oor die lengte opgevou met die ‘skullcap’ en afdak teruggegooi oor die seil en dan opgerol en in die sak geplaas. Sit die tent in die sak in so ‘n manier dat jy weet waar die voorkant van die tent is – dit vergemaglik latere opslaan.

 Ons sit die raam aanmekaar maar nie die onderste deel van die bene nie. Dan trek ons die seil oor die raam totdat die hoeke min of meer reg is. Dan sit ons die onderste deel van die pale op die raam en heg die een end aan van die seil op die raam met die velcro verbindings. (Dit is die kant waar die bowtent gaan kom)

Stoot dan die Bowtent nader tot teen die Baobab en trek die Baobab se fly sheet (skull-cap) oor die Bow tent en haak die bene van die fly-sheet aan die raam van die Bowtent vas. Binne die Baobab heg ons dan die seil aan die raam van die bowtent met die velcro-verbindings

Ons het gevind dat jy die pote van die Baobab behoorlik met penne moet anker (Elke poot het 2 penne wat deur die seil se ogies gaan).

Ons sit die onderste deel (flap) van die canvasmuur plat op die grondseil en slaan dit vas met ‘n grondseiltipe pen met die plat kop deur die flap om dit plat op die grond te hou.

Ons sit ook ‘n “stormstrap” met Maxcons Max-Storm penne oor die voorste deel van die Baobab vas.

Ons gebruik Tentco “Pole Steady” penne by die drie pale van die afdak  om sodoende te verhoed dat die pote skuif. Soos gebruiklik neem ons die ankertou ‘n ent af, om die paal en dan na die ankerpen.

Ek is onseker van die “connecting rod” waarna jy na verwys. Ons Baobab het nie so ‘n verbinding nie – dit is net die skullcap wat hom aan die Bow Tent vasheg. Ek het met Colin by Tentco hieroor gepraat en hy sê dat die vorige Baobab  só ‘n verbindingspaal gehad het. Hulle het gevind dat kampeerders dit nie gebruik het nie en net uitgelos het. Praat gerus met Colin by Tentco hieroor. (tel 011 397-6451)

Ek kan ook rapporter dat die seil aanvanklik baie styf oor die raam gepas het. Ons kon ook nie die onderste deel (flap) plat op die grond kry nie. Ons het die tent na Tentco teruggeneem en hulle het ongerveer 50mm op die horisontale en verikale pale afgesny. Daarna het die seil mooi gepas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 17:49:19 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4676
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Baie dankie Geert. Dit lees nou lekker.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 17:57:38 pm

Dit klink regtig of 'n teardrop met movers makliker gaan wees. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 18:02:24 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Dit is tog jammer dat hierdie webwerf nie ook deelnemers se ouderdomme aantoon nie. Dit sal soveel meer betekenis aan insette gee.

Alhoewel ons karavaan geskik is vir grondpaaie het ons 'n seil 2,5 meter dome tent en 'n seil "diner" net vir Kgalagadi en Namibië. Ek besef egter dat my tent slapery nou einde se kant to staan, want alhoewel ek my verbeel dat ek sterker word aangesien ek nou al R 2000 se kruideniersware met een hand kan dra dink vroulief nie so wanneer dit by swaar goed optel kom nie.

Snaaks hoe die ouderdom jou nederig en geduldig maak noudat jy per maand meer aan medikasie spandeer as op drank toe jy destyds nog vir die eerste span kon drink indien jy wou. 

Ek het nog nooit vir enige span gedrink nie, nie oor onkoste nie, maar omdat ek nie wou nie.  Maar ja, die laaste bottel Klipdrift wat ek gekoop het, was 'n liter en het R8,25 gekos.  Weet nie wat die prys nou is nie. 

My oupa kon nie eens R10 se inkopies dra nie.  Ons is baie sterker deesdae. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 20:31:55 pm
HM
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4676
Joined: 06 Jan, 2009
Experience: 49 years

Dit klink regtig of 'n teardrop met movers makliker gaan wees. 

Veral as mens in die 2de groep hieronder is.

Ouderdom is wat jou liggaam jou toelaat om te wees. Party is baie jonk op 95, ander stokoud op 23. 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 20:49:49 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Ons weet hoe om te slaap in grotte hoog bo in Bolandse berge, in bome, en ander vreemde plekke.  Ek kan regtig nie sien hoe die gerief van 'n teardrop ons kan verontrief nie.  Die sterk kar, nie ek nie, trek dit op laedrukbande oor die diep sand.  Movers waterpas dit.  Ek klim in en slaap. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 21:36:52 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Veral as mens in die 2de groep hieronder is.

[quote]1012,250203433[/quote]

Sal nie sê stokoud op 23 nie....net donners sleg.

Al weer oppad iewers heen.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr, 2022 @ 22:09:43 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Sal nie sê stokoud op 23 nie....net donners sleg.

Ek is gestremd maar loop op my twee agterpote waar slegluies met 4x4's ry.  Party mense is selfsugtig geriefsugtig. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 08:36:02 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

"Ek het nog nooit vir enige span gedrink nie, nie oor onkoste nie, maar omdat ek nie wou nie.  Maar ja, die laaste bottel Klipdrift wat ek gekoop het, was 'n liter en het R8,25 gekos.  Weet nie wat die prys nou is nie. "

Ek  het 'n bottel 10jaar KWV wat nou al sowat 40 jaar in my kas staan.  Dit is dus nou 50 jaar KWV.  Enige aanbiedings?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 08:56:37 am
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

[quote]1012,250203502[/quote

Ons het 'n bottel met 4 kompartemente en 4 addisionele glasproppe.  Peperment, kersie en twee ander likeurs.  My oupa, wat in 1968 op 85 oorlede is, het dit gewen toe hy 21 geword het. 

Soms drink ek nie eens 'n kelkie wyn by ete vir 'n hele jaar nie, soos bv 2021 en 2022 tot dusver.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 09:07:46 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Hierdie is nou een onderwerp wat gemaak het vir interessante en komieklike leesstof .... (ek moes selfs vir Joanie nadersleep om Kanneman se uitdrukkings - " hanteer die sleg van kamp soos familie in die tronk" en "word sterker omdat hy al R2000 se kruideniersware met een hand kan dra" - saam te geniet. Kostelik, absoluut kostelik!πŸ™Œ

Ai, lekker gelag. 

Maar ja, terug na die onderwerp ... ons het ook maar die kampstorie stukkie vir stukkie geneem - eers tent, toe Bushbaby, toe Sprite SC met die uitslaanbed na buite, en nou die allergemaklikste Sprite SW. Ons het nie "movers" op nie, want sover het ons dit nog nie nodig gehad nie (na 18 maande) maar het darem wel 'n lugreelaar in. Baie makliker om op te slaan sonder veel moeite, en binne 'n halfuur of so is ons reg. Ek sou dus voorstel iets soos hierdie - 'n karavaan wat wel redelik gemaklik is op  redelike slegte paaie, maklik hanteerbaar is en nie 'n plaas se prys kos nie. 

Voorspod met julle keuses!

👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 09:12:25 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek is nie 'n geheelonthouer nie, so ek drink 'n glasie wyn of 'n bier as ek lus het daarvoor.  Ek is net nie baiemaal lus nie.  'n Tweede blikkie bier begin vir my ook bitter smaak so ek kon gewoonlik nie daarby uit nie. Wyn, veral rooi wyn, smaak meestal vir my te sterk so ek drink nie veel daarvan nie.  Sterkdrank is ook nie vir my lekker nie en brandewyn en coke smaak vir my soos hoesmedisyne- hoesmedisyne is net lekkerderπŸ€ͺ.  Ek dink mense gooi die 'mixers' by om die smaak van die brandewyn te verdoesel.  Ek verstaan nie waarom hulle nie maar net die coke drank as hulle nie van die smaak van die brandewyn hou nie.  Dan verstaan ek ook nie hoe mense een na die ander bier kan drink nie.  As ek dors is, drink ek 'n glas water, maar ek is nooit so dors dat ek ses of agt glase in 'n middag wil drink nie. Dis tog seker nie om dronk te word nie? Beleë brandwyn is gewoonlik sagter van smaak en ek kan nogal so nou en dan 'n sopie daarvan waardeer, maar dan skoon en so amper druppel vir druppel sodat ek kan proe hoe dit smaak.  In die Kaap is daar verskeie goeie brandewyne, sogenaamde ketel brandewyn, wat ook heel sag smaak.  Ek koop gewoonlik daarvan vir vriende en familie hier in die noorde.  Ek vra nie hoe hulle dit gebruik nie- ek sal dit haat as hulle coke daarby indons.

Geen kritiek bedoel op mense wat 'n groter dors as ek het nie- dis sy geld en hy spandeer dit maar soos hy goed dink.

Ek het ook terloops 'n bottel 5 jaar White Heather whisky wat ek seker dertig jaar gelede persent gekry het.  Ongelukkig tel by brandewyn en whisky blykbaar nie die jare wat dit in 'n bottel lê nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 09:17:39 am

Vroulief wil binne slaap, agter harde mure.  Ons is lelik beroof twee keer terwyl ons agter seil gekamp het.  Goed soos Bush Lapa is vanoggend summier deur my Resident Vinkwyfie uitmekaar geskeur. πŸ˜‚.   Harde mure, deure wat sluit, andersins bly maar 32 trappies bokant die straat, waar ons nou is.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 14:35:37 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Ek is nie 'n geheelonthouer nie, so ek drink 'n glasie wyn of 'n bier as ek lus het daarvoor.  Ek is net nie baiemaal lus nie.  'n Tweede blikkie bier begin vir my ook bitter smaak so ek kon gewoonlik nie daarby uit nie. Wyn, veral rooi wyn, smaak meestal vir my te sterk so ek drink nie veel daarvan nie.  Sterkdrank is ook nie vir my lekker nie en brandewyn en coke smaak vir my soos hoesmedisyne- hoesmedisyne is net lekkerderπŸ€ͺ.  Ek dink mense gooi die 'mixers' by om die smaak van die brandewyn te verdoesel.  Ek verstaan nie waarom hulle nie maar net die coke drank as hulle nie van die smaak van die brandewyn hou nie.  Dan verstaan ek ook nie hoe mense een na die ander bier kan drink nie.  As ek dors is, drink ek 'n glas water, maar ek is nooit so dors dat ek ses of agt glase in 'n middag wil drink nie. Dis tog seker nie om dronk te word nie? Beleë brandwyn is gewoonlik sagter van smaak en ek kan nogal so nou en dan 'n sopie daarvan waardeer, maar dan skoon en so amper druppel vir druppel sodat ek kan proe hoe dit smaak.  In die Kaap is daar verskeie goeie brandewyne, sogenaamde ketel brandewyn, wat ook heel sag smaak.  Ek koop gewoonlik daarvan vir vriende en familie hier in die noorde.  Ek vra nie hoe hulle dit gebruik nie- ek sal dit haat as hulle coke daarby indons.

Geen kritiek bedoel op mense wat 'n groter dors as ek het nie- dis sy geld en hy spandeer dit maar soos hy goed dink.

Ek het ook terloops 'n bottel 5 jaar White Heather whisky wat ek seker dertig jaar gelede persent gekry het.  Ongelukkig tel by brandewyn en whisky blykbaar nie die jare wat dit in 'n bottel lê nie.

Dit help net as hy op digte Franse eikehout was. Glas is klinies dood en help nie met veroudering nie.  Die grootste stokery onder een dak en die wêreld se grootste potketel is albei by KWV op Worcester.  

Ek het, terloops, nie 'n probleem met alkohol, godsdiens, afval, ateïsme, Toyota of seekospotjies nie, maar dit raak 'n probleem as ander dit in mens se keel wil afdruk. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 17:42:53 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Pete, as jy meen ek druk my siening in ander se keel af- dis nie so bedoel nie.  Ek het gesê hoe dinge vir my lyk en hoe ek daaroor voel en daaroor vra ek nie verskoning nie.  Ek is nie op 'n hervormingsveldtog nie.  Almal dink nie eenders oor 'n saak nie en ek glo baie mense sien die sakie netsoos ek. Met rook voorheen was 'n nie-roker wat gekla het oor rook, die vark in die verhaal en daarmee stem ek nie saam nie. As my mening aanstoot gee, so be it!  Ek glo in matigheid.

Oor die veroudering van drank is ek bewus.  Dis maar tong in die kies genoem.  Dis nogtans interressant dat wyn in bottels verouder maar sterk drank nie.  Dis seker te wyte daaraan dat daar organiese bestanddele in wyn is wat nie die geval is met gestookte drank nie.

Is alle KWV brandewyn dus ketelgestook?  Ek het gedink dis net kleinmaat brandewyn wat so geproduseer kan word.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 20:14:02 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1881
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Blootvoet, na aanleiding van jou kommentaar: "Ek het, terloops, nie 'n probleem met alkohol, godsdiens, afval, ateïsme, Toyota of seekospotjies nie, maar dit raak 'n probleem as ander dit in mens se keel wil afdruk. " wil ek jou ondersteun. Elke mens is bedeel met sy eie vermoëns wat gevolklik sy uitkyk en siening oor die lewe be-invloed. My beskeie mening is dat ons die lekkerste speel op 'n gelyk speelvlak, waar oortuiging, kleur, tradisie, geloof, agtergrond, ras, kultuur, taal of oortuiging nie ter sprake is nie. 

Ek vra myself gereeld die vraag af - hoe sou ek die oortuigings van andere beoordeel het as ek in 'n ander kultuur/godsdiens/oortuigingsgroep gebore was. Sou ek sommige onderskrifte en segswyses anders beoordeel het? 

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 20:16:16 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Pete, as jy meen ek druk my siening in ander se keel af- dis nie so bedoel nie.  Ek het gesê hoe dinge vir my lyk en hoe ek daaroor voel en daaroor vra ek nie verskoning nie.  Ek is nie op 'n hervormingsveldtog nie.  Almal dink nie eenders oor 'n saak nie en ek glo baie mense sien die sakie netsoos ek. Met rook voorheen was 'n nie-roker wat gekla het oor rook, die vark in die verhaal en daarmee stem ek nie saam nie. As my mening aanstoot gee, so be it!  Ek glo in matigheid.

Oor die veroudering van drank is ek bewus.  Dis maar tong in die kies genoem.  Dis nogtans interressant dat wyn in bottels verouder maar sterk drank nie.  Dis seker te wyte daaraan dat daar organiese bestanddele in wyn is wat nie die geval is met gestookte drank nie.

Is alle KWV brandewyn dus ketelgestook?  Ek het gedink dis net kleinmaat brandewyn wat so geproduseer kan word.

Hoegenaamd nie eens aan jou gedink toe ek geskryf het nie, eerder die groot gesuipte Afrikaanse akteur in 2004 op 'n Kulula-vlug.  Toe vra ek hom of sy aarvoeding duur uitwerk, toe die kajuit bemanning al begin moed verloor het.  Hy wil toe weet hoekom, toe seg ek "want met daai vuil bek kan jy nie eet nie. "

Die kaptein het my stilweg bedank toe ons afklim. 

Ek gee nie om as ouens drink nie, maar dan moet hulle nie hulleself ander se probleem maak nie. 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 20:24:49 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Ons saamkuier om die vuur is al twee maal stilgemaak as ons te uitgelate was.  En elke keer was die polisie stomverbaas toe hulle ontdek het dat ons nugter was.  Die geselskap en meesal ware verhale sou maklik 'n TV-konsert kon word.  Dit was dekades gelede, ons is baie rustiger deesdae.  

In daardie dae was almal in die plek vriende, as daar nuwes aangekom het, het ons hulle gehelp kamp opslaan.  Kampeer was toe baie lekkerder as nou, daar is mense wat deesdae op hulle eie eilandjies wil kamp.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr, 2022 @ 20:34:41 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Baie dankie vir die lekker gesels en goeie advies.  Ons gaan vir eers in chalets tuis, dan tente en woonwaens huur soos wat meer as een wyslik voorgestel het.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr, 2022 @ 08:10:56 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dit is waar Pete.  Toe ons klein was, het ons gereeld aan die Natalse Suidkus in 'n vakansiewoonstel gaan vakansie hou.  Saans het al die volwassenes voor die woonstelblok bymekaargekom en tot laat saam gekuier.  Al die kinders het die hele dag, ook saans,  saamgespeel.  Sulke dinge gebeur nie meer nie, selfs nie in karavaanparke nie.  Wel, miskien met langstaners, ek sal nie weet nie.

Ek dink die aard van ons mense, en ek sluit my in, het verander.  Ons raak almeer privaat in in ons eie klein hoekie ingeperk.  Dis seker maar die moderne wêreld

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr, 2022 @ 08:39:19 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1881
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

50 plus jaar gelede kon jy seker wees as jy by jou kampeerplek stilhou kom al wat leef en beef in die omgewing om jou te verwelkom en te help opslaan. Dieselfde wanneer jy oppak. 
Deesdae skuif die bure hulle stoele reg om die petalje met jou kamp opslanery gade te slaan, en niemand verroer ‘n vinger om hand by te sit nie. Inteendeel, ons het vier voertuie saam vir meer as 7000 kilometer oor die grens gaan toer, en dit was elkeen vir homself.

Miskien is dit omdat ons nie meer soos kleintyd interafhanklik is nie. Toe het ons nie suiker of sout gaan leen omdat ons nie kon koop nie, maar omdat die winkel ver was. Vandag is die winkel amper jou spens.

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
08 Apr, 2022 @ 16:31:33 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

..

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr, 2022 @ 07:25:20 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20055
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Dit is waar Pete.  Toe ons klein was, het ons gereeld aan die Natalse Suidkus in 'n vakansiewoonstel gaan vakansie hou.  Saans het al die volwassenes voor die woonstelblok bymekaargekom en tot laat saam gekuier.  Al die kinders het die hele dag, ook saans,  saamgespeel.  Sulke dinge gebeur nie meer nie, selfs nie in karavaanparke nie.  Wel, miskien met langstaners, ek sal nie weet nie.

Ek dink die aard van ons mense, en ek sluit my in, het verander.  Ons raak almeer privaat in in ons eie klein hoekie ingeperk.  Dis seker maar die moderne wêreld

Voor ons begin kamp het, het ons jaar in en jaar uit in Seabrook woonstelle in Margate gaan vakansie hou. Jy mog nie op die balkonne braai nie....so almal het saans saamgekom op die 3de vloer waar hulle  gemeenskaplike braaiers en eetbankies gehad het. Vakansie gangers het sommer gou vriende met mekaar geword en elke aand tot lekker laat gekuier. Dit was heerlike vriendelike en vakansie atmosfeer gewees. Die laaste paar keer het sekere mense die atmosfeer baie onaangenaam begin maak....meeste mense het vuur aangesteek en dan weer in woonstel gaan sit tot kole reg is....vinnig hul vleis gaan braai en dan weer in hul woonstel verdwyn.....so daai pret is ook daarmee heen. Darem lekker memories......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr, 2022 @ 12:59:12 pm
Harv
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 23 Oct, 2008
Experience: 24 years

G'day Blootvoet! Just going by your Agulhas as far as Hondeklipbaai portion of your planned itinerary, and seeing you are off-road sorted, here are a few suggestions to avoid the masses. Weekdays good, weekends a lottery, though most of these have never given us issues....

Strandskloof Gansbaai

Onrus near Hermanus

Miller's Point Simonstown ( only in winter months, the summer south-easter will slaughter you there!)

Ou Skip Melkbos

Leentjiesklip Langebaan

Midwest St Helena Bay

Stywelyne Velddrif

Klein Paradys Piketberg

Laatson 22 Watervalle Porterville

Dwarskersbos

The Baths Citrusdal

Enjoy and good luck!

I miss my baby!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr, 2022 @ 21:23:17 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Ek is gestremd maar loop op my twee agterpote waar slegluies met 4x4's ry.  Party mense is selfsugtig geriefsugtig. 

Met die golf loop die oues en die jonges ry.

Saam n oom gespeel van 78 en een van 80 en sy seun van 50.

Ja ons het gestap en self die waantjie gestoot.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2