Sleepwa nuut gespuit,binne en onder nuut ge-rubberrise,voor op neus en voor modderskerms ook ge-rubberrise met wiele ge-powdercoat sowel as spaarwiel met n staalraam pakplek bo-op deksel ook ge-galvanise en toe ge-powdercoat.
5ft Roadster Challenger sleepwa. Nuut oorgespray, onder,binne en sowel as voor op neus en modderskerms voor ge-stonechip. Rims oor gepowdercoat,spaarwiel oor ge-powdercoat sowel as raamwerk op deksel eers gegalvanise en toe ook ge-powdercoat. R9200.00. Ons in Mosselbaai. Papierwerk in orde.
Beter as oorspronklik. Ek hou van die kleur.
As ek 'n waentjie nodig gehad het, sou ek jou wraggies gekontak het, want volgens die foto's lyk dit baie netjies en teen 'n goeie prys. Dit sou sommer 'n lekker "outing" Mosselbaai toe gewees het hier van Kleinmond af. Maar nou ja - ek het reeds 'n waentjie, wat amper net 'n wit olifant is.
Dis sommer 'n Chapperige waentjie. Netjies oorgedoen
Hi Ben Did you do the job yourself? if not at what cost?
Net 'n bietjie raad Ben: Die gasligters is moontlik verkeerd aangesit. Die silinderdeel moet hoog wees sodat die olie in die eenheid die seël kan nat hou. As dit verkeerd-om gemonteer word, lek die gas mettertyd uit. Dalk sal dit in hierdie geval nie soveel saak maak nie want dit lyk asof the twee punte maar naastenby op dieselfde hoogte sal wees met die deksel toe, maar minstens telkens wanneer die deksel gelig word, sal die olie wel by die seëls uitkom. Ek dink die verwarring kom van skokbrekers waar die silinder onder kom.
Die sleepwa was heeltemal afgeskuur tot op metaal,veral deksel, omrede hy sulke roeserige aartjies gewys het wat my krapperig laat voel het. Die spraywerk alleelik was R4000. die sleepwa was ook onder,binne, voorlangs en op voorkant van modderskerms ge-rubberise en dit was R2100. My goed moet skoon en netjies wees.
Die rede vir verkoop is ek het vir my n ander sleepwa gekoop om ons nuwe twee scooters op te transporteer. Ons kamp nou al 3 jaar in karavaan en ek kan nie al die goed sleep agtermekaar nie. Dit het te veel geword.
Ek sleep eers groot Jurgens Avion XL karavaan en daarna die sleepwaentjie met pakplek en ook die twee scooters op met my Volvo XC 60 T6 AWD.
Net 'n bietjie raad Ben: Die gasligters is moontlik verkeerd aangesit. Die silinderdeel moet hoog wees sodat die olie in die eenheid die seël kan nat hou. As dit verkeerd-om gemonteer word, lek die gas mettertyd uit. Dalk sal dit in hierdie geval nie soveel saak maak nie want dit lyk asof the twee punte maar naastenby op dieselfde hoogte sal wees met die deksel toe, maar minstens telkens wanneer die deksel gelig word, sal die olie wel by die seëls uitkom. Ek dink die verwarring kom van skokbrekers waar die silinder onder kom.
Die vraagie was het jy dit self gedoen. Indien nie kan ek miskien 'n kontak kry asseblief. Ek dink dit was baie goedkoop. Ek sit hier met 'n MKIII wat ook 'n respray makeer.
Sorry,nee nie self gedoen nie. Die stonechip was in mosselbaai gedoen deur "Rhino linings" en spray paint gedoen net so twee shops van hom af. Sy naam het ek ongelukkig vergeet. Eienaar van Rhino linings sal jou na hom verwys,hulle help mekaar so uit met verwysings. Hoop jy kom reg. Diens is goed.

Dankie Ben