English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 775
Total Views: 83 247 359
topics: 11 573
replies: 139 204
views: 39 342 001
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

4x4 TRAX Camper Voertuig

replies: 19
views: 265
12 Aug 2020 @ 16:41:10 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Het iemand hier op die groep n 4x4 TRAX camper voertuig.

Ek weet jy kry hulle in HiLux of Nissan Harbody.

Soos ek verstaan is dit die Oryx Offroad woonwa bakwerk wat basies agter op n 4x4 Single Cab Bakkie gebou is

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2020 @ 16:45:19 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Hier is n paar foto's

Ek oorweeg om so iets te koop vir die veld.

Froggy nie gebou vir grondpaaie nie en beperk my soms.  

Gaan nog steeds Froggy hou, net bykoop

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2020 @ 19:20:49 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Sal dit ook graag wil hê vir n skoon wegbreek.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 10:47:25 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Daai lyk of hy die ding kan doen Harry het nog nie gesien nie wel Bush lapa se bakkie wa

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 12:14:12 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Hy lyk goed toegerus maar darem bitter klein.  Jy gaan seker vir Froggy behou vir ander kampe?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 12:51:55 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Hi Fred

Gaan Froggy hou. Hy is nie regtig gebou vir grondpaaie nie.

Soek iets klein vir grondpad ry en in veld kamp, met bietjie gerief, Lyf wil nie meer in tent slaap wat elle aand opgeslaan moet word as jy toer nie.

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 15:00:32 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Tent ⛺ opslaan is nog okay, dis daai op die kniëe staan Om die penne inte slaan wat my onder kry.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2020 @ 15:09:08 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

@ Jin

Dit is veral Yvonne wat sukkel op die knieë met die tent penne. He He He

Ek sukkel om die bier uit coolerbox te haal terwyl sy tent opslaan. Gewoonlik vat dit my n uur oM bottel "opener" te kry, dan is sy gewioonlik AL klaar met die tent opslaan. He He

KOES !!!!!!

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 06:51:36 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Het jy al gedink aan roof top tent? Dan kan jy bakkie darem nog vir werk of iets anders ook gebruik. As jy camper gaan koop, gaan hy baie staan omdat jou hoof kampeer voertuig Froggy is. Ek het op n tyd n Camplite trailer gekoop met die doel om soms elders te kamp....hy het te veel van n wit olifant geword vir n voertuig en hom verkoop en n lekker tent gekoop. Voertuig wat staan kort meer aandag as n tent wat weggebêre is.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 08:58:12 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het ‘n kwessie met die leertjie klimmery, veral in die nag. Opklim is nog olraait, maar daardie afklimslag, wanneer jy eers op jou boude moet sit en jou voetsole op die tweede sportjie moet kry, en dan hakskene eerste moet afklim, of nog meer skrikwekkend, moet omdraai op daardie klein smal sportjies, sodat jy kan afklim soos ‘n mens met ‘n leer behoort te maak.

Nadat ‘n kennis van ons een nag In die boendoes daar afgeval het, en die gebreekte been deur die vel uitgesteek het, het ek my siening van daktente verander. ‘n Helikopter kon haar eers na daglig kom haal. Nee dankie, ek sal maar verby hou.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 13:07:16 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Het ook geen sin in 'n daktent nie. Slaan liewers dome tent op.

Het in elk geval 'n spinnekop dubbel bed wat klein opvou en met 'n 6mm shutter bord wat ek in drie gedeel het met skaniere, sodat dit ook vervoer kan word,  wat bo op die bed kom. 

Gebruik dan spons matrasse want is lankal genees van opblaas matras. Neem langer as daktent om op te slaan maar ek is meer gemaklik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 13:32:36 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Roof top tent is bietjie hoog met daai leer (dak hoogte).

Ek sal nog klim (het al paarkeer) maar Yonne sal nie.

Die TRAX het klein leertjie wat bak hoogte klim.

Oorweeg ook iets wat op bak gesit kan word en weer afgehaal kan word.

Sonder daktent

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 13:58:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Jy kan daai Jurgens camplite tente los koop en agter op bakkie sit

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 14:17:56 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Geert

Dink jy n "Bakkie Mate" is "tuff" genoeg vir offroad ?

My DC Bakkie is 2x4

My Suzuki is 4x4 maar veels te klein. Gebruik hom vir bergpasse ry en sleep hom agter Froggy.

Werk kry 4x4 Hilux Extra Cab binne kort, wat ek kan gebruik.

Ander opsie is om iets te huur as wil veld kamp ding wil doen. Is nie lief om in n anderman se bed te slaap nie. Veral nie nou nie.

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 14:20:58 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 14:38:22 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek vermoed die Bakkiemate is dalk nog tingeriger gebou as die gewone karavane om hom so lig as moontlik te maak. As dit so is, gaan hy nie hou van die geskommel op 'n swak pad nie.  Miskien is daar lede wat eerstehandse kennis het wat kan raad gee. Ekonomies gesproke is dit waarskynlik 'n goeie keuse mits jy wel 'n bakke het wat gebruik kan word.  Hou ons asseblief op hoogte, dis heel interessant.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 15:24:54 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert

Dink jy n "Bakkie Mate" is "tuff" genoeg vir offroad ?

My DC Bakkie is 2x4

My Suzuki is 4x4 maar veels te klein. Gebruik hom vir bergpasse ry en sleep hom agter Froggy.

Werk kry 4x4 Hilux Extra Cab binne kort, wat ek kan gebruik.

Ander opsie is om iets te huur as wil veld kamp ding wil doen. Is nie lief om in n anderman se bed te slaap nie. Veral nie nou nie.

Ek het nie kennis van bakkie mates nie. Ek sien Stealth karavane maak een vir Double cab

https://www.stealthcaravans.co.za/bakkie-mate/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 08:23:05 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Ek het gesien daar is n Bakkie"Mate Facebook groep. Ek het daar aangesluit en die vraag oor die sterkte gevra.

Volgens n hele klomp mense daar sê hulle hy is sterk. Hulle toer glo die hele Arika deur met hulle op hulle 4x4 bakkies, Foto's ook gewys. 

Hulle beweer ook dat jy nie n goekoper abba gaan kry vir dir "job" nie.

Sal maar nog besluit wat ek gaan doen.

Ek neem maar aan dat mense na die selfde ding as woonwaens moet kyk "hout vrot"

Dankie vir almal se insette sovêr

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 10:57:25 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Julle geselsery oor beddens waarna daar opgeklim moet word, laat my dink aan my (ons) ondervinding ....

Ons het vir "Bosapie" ('n baie lekker Bushbaby) gehad. Was heel in ons noppies daarmee, aangesien ons vantevore met 'n tent gekamp het.

Slaapplek is, soos almal weet, bo, met toegang d.m.v. 'n leertjie. Joanie slaap aan my linkerkant, en moet dus oor my klim vir haar nagtelike toilet besoek. Om terug te klim in die bed in moet sy dan (weer) oor my klim. Slaap ek toe al te lekker op my rug , hande langs my uitgestrek toe sy met haar een knie op my hand te lande kom. Die pyn, a.g.v. my gebreekte vinger, laat my opspring, stamp haar omtrent van my af, en met geluk het sy nie afgeval nie  .........

"Bosapie" het kort daarna verander in "Pophuis"!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2020 @ 13:56:05 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die daktente lyk oulik vir kinders, hulle sal dink dis groot avontuur.  Vir grootmense, en veral ouer mense soos ons, sal ek eerder daarvan wegbly.  Ons het eenmaak op Shark Island in Luderitz gestaan en na 'n nag toe ons gedink het die wind gaan ons die afgrond afwaai tot in die see met ons gewone karavaan,  was die mense in die daktente, waarvan daar 'n hele paar was, maar baie bedremmeld.  Van hulle het gesê hulle kon gladnie slaap nie, so het die voertuig en die tent geruk.  Die vrees om half aan die slaap in die nag af te klim en dalk te val, is vir my 'n sterk nee. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za