English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 685
Total Replies: 237 518
Total Views: 82 725 502
topics: 784
replies: 12 453
views: 4 942 592
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

4x4 Band Druk

replies: 2
views: 12142
15 Jan 2008 @ 22:39:12 pm
Justin
New Member
14% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 10 Jan 2008
Hi, Ek het onlangs 'n Toyota Prado aangeskaf. Voor ek nou 'n lang ent karavaan sleep moet ek eers raad vra oor watter band druk ander mense gebruik met soortgelyke voertuie. Die Toyota handleiding skryf voor dat 1.9KPa gebruik moet word onder alle omstandighede. Ek kry die gevoel dit gaan nie heeltemal genoeg wees nie. Ek sleep 'n Caravette 6 en het voorheen met 'n Audi A4 1.9 TDi gesleep met band druk tussen 2.6KPa en 2.8KPa. Groete, Justin
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2008 @ 12:59:50 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15072
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Eerstens weet die vervaardiger gewoonlik waarvan hulle praat. Die aanduidings wat hulle gewoonlik gee is vir direkte vrag op die voertuig. Sleep is so ietwat 'n ander prentjie. Staan langs jou voertuig en met die hulp van ander skud die voertuig heen en weer (Nie rock die bokant nie) links na regs en vergelyk die beweging van die bande teen oor ander voertuie. Dit sal vir jou se "gut feeling" moet jy harder pomp of nie. As die karavaan maklik swaai of fishtail kyk maar ook na die band druk die is maar trail en error. Weet van 'n persoon wat gesukkel het met stabiliteit, bande is harder gepomp dit het die probleem 40-60% opgelos en die probleem het verdwyn nadat hy die bande vervang het. Aanfanklik glo ek nie jy sal probleme he nie, die Prado is swaar en die Caravette maar lig. Onthou die druk wat die vervaardiger gee is om te verhoed dat die bande onegalig in gewoone omstandighede afloop. Haak hom en sleep hom jy behoort nie probleme te he nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2008 @ 13:16:27 pm
Johan
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 133
Joined: 22 Jul 2007
Justin, wat is die grootte van die bande. Ek het 265/70/16 op my Pajero, en die voorgestelde druk agter as jy sleep is 2.4B en voor 2.0B. Vir gewone gebruik 2.0B rondom. 1.9B Met 'n karavaan gehaak klink vir my bietjie laag. Ek sou dit in elk geval bietjie hoer maak as ek sleep as ek jy was. Johan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required