More mede kampers.
Ek op soek na die klein twintub wasmasjien vir karavaan,wie het een om te verkoop of waar kan ek n nuwe een koop.
Help asb
Ben en soek ook een. Op die stadium sorteer vroutjie vir my die wasgoed dan gaan was ek dit.
Seker iets te doen met my twin tub wat ek voor my rond dra.
Ons het 'n paar jaar terug een gekoop by Home Oddities in die Kaap. Hulle is ook op Facebook. Ons het super diens gekry
My vrou gebruik hom soos ek my ysmasjien gebruik.
.
Hoe effektief is hierdie tipe wasmasjiene?
Baie goed Hennie. Ons was nou nie olie klere as ons kamp nie maar glo my hy was skoon. Ek gebruik 'n dun tuinslang met 'n stop om dit maklik te maak vir die vrou. (Hopelik gaan niemand nou weer huil en kerm oor grys water nie).
Ek dink ons het al duisende rande gespaar deur ons eie wasgoedmasjien te koop. Niks waak weg nie en om wasgoed te was op vakansie is nie regtig straf nie.

Dankie Zack. Ek oorweeg dalk so iets. Dit is nie net vir karavaan gebruik maar ook wanneer mens dalk weggaan vir naweek/week en bly in chalet/woonstel waar daar dalk nie wasmasjien is nie.
Ek het presies so een soos Zack hierbo wys gehad. Hy werk baie lekker en maak mooi skoon. Al waarmee ons soms gesukkel het is met die spin.....jy moet die klere mooi verspreid ingooi....anders is hy ongebalanseerd en ruk die hele masjien rond.

Geert, hoekom se jy "gehad"?
Ons het die een. Hom baie gebruik.
Nou dat daar n stort en was bak in die nuwe wa is sal hy meer gebruik word by lank staan.
Die Girl was meestal die onderklere in hom.
Haar nog nie gehoor kla nie, en sy kan kla.
Ons gaan net 1x per jaar op lang verlof, maar dan kamp ons gewoonlik by groot oorde soos Dolphin, Karridene en daai tipe plekke waar daar wasserette op die perseel self is. Die res van die jaar gaan ons net lang naweke en gewone naweke weg, pak dan genoeg klere vir hele tydperk in sodat nie gewas hoef te word nie. So vir ons was dit sinneloos om hom heeltyd saam te sleep. As ons lang vakansies by meer afgelee plekke was, sou ons hom seker gehou het. Soos genoem, hy het mooi skoon gewas. Hy was ook baie lig om op te tel....het maklik op die vloer gestaan voor yskas tydens vervoer.
Ons het hom altyd bo op daai rakkie gesit....dan het hy lekker dreineer
Ek dreig nou al lank om so wasmasjientjie te kry vir die wa.