English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 316
topics: 11 901
replies: 143 796
views: 39 480 622
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

2de Handse bakkie pryse

replies: 13
views: 360
03 Jun 2021 @ 14:46:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek sien deesdae betaal mense ver bo "trade" pryse vir 2de handse double cab bakkies. Vriend van my verkoop sy 2018 bakkie vir amper dieselfde prys as wat hy hom 3 jaar terug aangekoop het.  Selfs handelaars betaal deesdae ver bo herverkoop waarde waar hulle voorheen gesukkel het om inruil waardes te betaal....nie net R10k meer nie.....sommer 35% + hoër. Hoekom is dit so? Is daar n tekort aan double cab bakkies? Gaan die groot aanvraag so bly teen hoë pryse of gaan pryse weer normaliseer in nabye toekoms?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2021 @ 15:04:58 pm
Nagapie
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 06 Apr 2018
Experience: 18 years

Middag,

Lyk my daar is 'n tekort aan goeie 2de handse bakkies, ek Des 2020 vir my Amarok R487 000 betaal en het hom nou verkoop vir R515 000.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2021 @ 16:09:59 pm
Slaay
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 22 years

Glo dis vraag en aanbod omdat die nuwe bakkies oor die R800k kos. Ek wou laar jaar April n bakkie koop vir R380k, ek kry nie nou dieselfde bakkie vir R500k nie. Bietjie belaglik, dan hou ek wat ek het.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2021 @ 18:49:37 pm
George
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 01 May 2016
Experience: 13 years

That's why i went this route, my colt rodeo 4x4 d/c cost me 60k second hand and i spent almost another 60k rebuilding it myself, i could not buy a bakkie of this caliber neither then or today for that price.

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 09:36:15 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4953
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Ja die bakkie mark is wild die pryse maak nie sin maar ja mense betaal vir dit

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 09:50:55 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1393
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

het gehoor daar is 'n tekort aan silikon vir die ECU komponent en dat Ford en Toyota voorsien tekort aan nuwe voertuie oor die volgende jaar..

Dit kan 2de handse voertuie se prys hupstoot gee

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 10:07:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

het gehoor daar is 'n tekort aan silikon vir die ECU komponent en dat Ford en Toyota voorsien tekort aan nuwe voertuie oor die volgende jaar..

Dit kan 2de handse voertuie se prys hupstoot gee

Ook daai een gehoor. Blykbaar staan daar derduisende Raptors en wag vir daai chip wat daarvan gemaak word. Playstation en Xbox gebruik blykbaar dieselfde materiaal....mense verkoop die nuwe consoles vir rekord pryse....op takelot het ek al gesien oor die R20k vir n xbox. Tekorte blykbaar voorlopig tot middel volgende jaar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 10:41:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Gaan kyk bietjie na die GWM Haval P series Bakkie. Met 400nm krag en 120Kw. Teen amper helfte die koste van die gewilder make.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 11:05:45 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1300
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Interessant! Sien die pryse vir ander2e handse  voertuie is net so hoog ......  my Jimny in 2014 gekoop vir R163k, en dieselfde voertuigie se prys is nou by die R220k! Die nuwe ("Gen 4") Jimny's se pryse is hier by die R350k, so, die manne soek die vorige model met 'n seer hart!

(My "Seuntjie" is nie te koop nie .....)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 12:59:34 pm
Nagapie
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 06 Apr 2018
Experience: 18 years

Hi Leon

Ek het nou my Amarok ingeruil op 'n P-series, en dit is baie bakkie vir die prys

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 13:30:55 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1207
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Hi Leon

Ek het nou my Amarok ingeruil op 'n P-series, en dit is baie bakkie vir die prys

Mag jy vele gelukkige km's met jou nuwe trokkie kry. Gee asb terugvoer na jou eerste sleep ervaring.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2021 @ 07:24:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Hi Leon

Ek het nou my Amarok ingeruil op 'n P-series, en dit is baie bakkie vir die prys

Vriend van my seun het ook een gekoop.  Die 4x4 en hy is baie beindruk met die Tipper.  Met 400Nm krag dink ek hy sal 'n karavaan met groot gemak sleep.

Jy moet asb vir ons ophoogte hou met hoe werk die Tipper vir jou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2021 @ 08:24:51 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1567
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 22 years

Wat die Poer series (blykbaar die regte naam!) aanbetref, sal tyd wel leer. Veral wat beskikbaarheid van onderdele aanbetref. En dan sekerlik ook "staying power" van die FongKong vervaardiger, oor die jare het heelwat hier opgedaag en weer na 'n ruk verdwyn. Feit is egter ook dat vergeleke met die eerste fongKong voertuie wat hier opgedaag het teenoor die wat nou beskikbaar is daai mense groot vordering maak...dink bv hoe die eerste Hyundai's hier was teenoor die wat mens nou kan koop....'n wereld se verskil. Maar ek dink baie mense sal die nuwe bakkie se verkope en dan reputasie oor die volgende jaar of drie fyn dophou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 08:16:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Wat die Poer series (blykbaar die regte naam!) aanbetref, sal tyd wel leer. Veral wat beskikbaarheid van onderdele aanbetref. En dan sekerlik ook "staying power" van die FongKong vervaardiger, oor die jare het heelwat hier opgedaag en weer na 'n ruk verdwyn. Feit is egter ook dat vergeleke met die eerste fongKong voertuie wat hier opgedaag het teenoor die wat nou beskikbaar is daai mense groot vordering maak...dink bv hoe die eerste Hyundai's hier was teenoor die wat mens nou kan koop....'n wereld se verskil. Maar ek dink baie mense sal die nuwe bakkie se verkope en dan reputasie oor die volgende jaar of drie fyn dophou.

My seun het vir my vrou die GWM M4 gekoop. 1.5Lt  Baie lekker ry genot en goeie brandstof verbruik.  Al die ekstras wat standaard saam kom maak die Mini SUV 'n chapperige voertuig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za