English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 224
Total Replies: 248 498
Total Views: 83 105 963
topics: 214
replies: 3 474
views: 86 342
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

2de Handse Karavaan

replies: 21
views: 819
09 Jan 2020 @ 18:21:12 pm
Fanie
Bronze Member
40% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 21 Feb 2011

Hoe maak ek seker dat die karavaan geen hout vrot het nie, watter maatskappy doen a volledige inspeksie met sertifikaat?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2020 @ 19:29:08 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Fanie,

Basies het elke karavaan houtvrot, dis net hoeveel en hoe ver dit gevorder het...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2020 @ 19:59:51 pm
Fanie
Bronze Member
40% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 21 Feb 2011

Ek glo jou nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 07:10:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15956
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Fanie ek dink wat Edge eintlik wil sê is dat om enige tweedehanse wa te koop is daar 'n redelike risiko aan.

My voorstel is dat jy jou naaste handelaar nader en vrae of hulle 'n toestel het wat die vog inhoud binne die wa kan bepaal.  Ek weet daar is so toestel maar het geen idee hoe hy werk nie en ek het dit nog self nie gesien werk nie.  As hulle jou kan help met so iets doen dan die volgende.

Sou jy belangstel in 'n privaat karavaan onder handel met die eienaar dat die karavaan na die handelaar toe gaan vir 'n inspeksie.  Kry hulle vog in die wa se hout of panele betaal die eienaar vir die inspeksie.  Is daar niks....... betaal jy vir die inspeksie.  Dit is 'n klein prys om te betaal vir die gemoedsrus wat met dit kom.

Laat sommer die karavaan meganies nagaan.  Foute wat voorkom kan of die eienaar betaal om te laat regmaak of jy kan die kwotasie gebruik en beding op die prys.  So bou jy elkgeval 'n verhouding met jou naaste handelaar en sorteer jy dinge uit wat jou kan pla.

Rakende 'n sertifikaat ek is jammer niemand gaan jou so iets verskaf nie.  En dit grens aan wat Edge gesê het.  Ek glo nie die vog meter is heeltemal "fool proof" nie.

Dus het jy altyd maar 'n risiko met 'n tweedehanse karavaan.  Die proses wat ek voorstel maak die risiko net kleiner.  Sou 'n privaat verkoper glad nie byt aan so inspeksie nie dink ek hy het iets om weg te steek en is dit klaar rede om daai wa te vermy.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 10:47:07 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Ek glo jou nie

Jy hoef my nie te glo nie, want dit is my opinie.                                                          Ek probeer jou net waaksaam te hou, en jou finansies te beskerm.

Flip (van FlipenTilla) het 'n vogmeter gehad, en hy het blykbaar in 'n Karavaan Park, so te se, elke karavaan in die Park getoets. Elk het 'n presentasie vog getoon, wat tekens van die begin van houtvrot toon.

Hoe die werk is, gedurende die nag, vorm vog op die karavaan langs die nate, vensters en deure. Die volgende oggen, soos die dag se hitte in die karavaan mure opbou, word daar lug deur die kleinste gaaitjies na die binnekabt van die karavaan mure ingetrek. Op die nate, le die water/vog, wat dan saam met die lug ingetrek word. Die vog trek dan in die hout (binne die karavaan mure). 

Vanaand, wanneer alles weer afkoel, blaas die lug weer uit, maar gedeelte van die vog bly binne, en more oggend speel die hele proses af, van voor-af.

Solank daar vog in die lug is, sal die proses voort-duur (daar is altyd 'n mate van vog in die lug - woestyne, natuurlike baie minder). Natuurlik in 'n minder mate, ook waar die karavaan onder 'n dak, gehuisves is, dus is dit altyd beter wanneer 'n karavaan onder dak/garage gestoor word, maar vog sal daar altyd wees. Wel in 'n baie minder mate.

Koop met jou oe oop en toets die gevaar gedeeltes om vensters, deure en nate om die karavaan, deur daarop te druk. Indien dit sponserig voorkop, is dit heelmoontlik dat die gevorderde houtvrot sal wees...

Soos Leon te reg se, is die vogmeter nie heeltemal 'n ware maatband nie, want daar kan hoe vog gemeet word vir enige specifieke dag, veral waar daar baie vog die vorige aand was, en waar die dag daarna lekker warm is, maar, waar daar hoe vog neigings is, bedoel dat die karavaan, nie goed geseel is nie, en baie vog trek die karavaan mure in. Die behoort genoeg die wees om te rooi vlaggies te laat wapper...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 14:01:45 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1545
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Goeie praktiese advies

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 18:37:27 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2168
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek het so n vogmeter en wat Edge se is korrek. Afhangende van die humiditeit buite kry jy op verskillende dae verskillende lesings. My meter wys n lesing wat wissel van groen vir n lae lesing tot rooi vir n hoer lesing. Ek kan nie eers onthou of ek al ooit n nul lesing gemeet het op enige karavaan nie. Edge verduidelik die proses uitstekend. Die mate van vog wat die meter aandui moet jou bekommerd maak en nie noodwendig n lesing wat n totale afwesigheid registreer nie. Elkeen daar buite kan in sy eie motorhuis een van hierdie plastiese houers by Game en ander winkels koop wat vog absorbeer. Sit hom in jou karavaan as hy toe staan en gaan kyk na n paar dae hoeveel water hy net uit die lug getrek het terwyl jou karavaan droog is. Edge se argument dat alle karavane vog het ondersteun ek.......ek dink nie noodwendig houtvrot nie maar vog wel. Ons hier by die kus speel baie met die Game voghouers en dit is opmerklik hoe baie vog binne in jou karavaan binne in n toe motorhuis opbou. Vog is maar oral maar dit is nie noodig om selfmoord te oorweeg as dit binne perke is nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2020 @ 14:18:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16856
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het so n vogmeter en wat Edge se is korrek. Afhangende van die humiditeit buite kry jy op verskillende dae verskillende lesings. My meter wys n lesing wat wissel van groen vir n lae lesing tot rooi vir n hoer lesing. Ek kan nie eers onthou of ek al ooit n nul lesing gemeet het op enige karavaan nie. Edge verduidelik die proses uitstekend. Die mate van vog wat die meter aandui moet jou bekommerd maak en nie noodwendig n lesing wat n totale afwesigheid registreer nie. Elkeen daar buite kan in sy eie motorhuis een van hierdie plastiese houers by Game en ander winkels koop wat vog absorbeer. Sit hom in jou karavaan as hy toe staan en gaan kyk na n paar dae hoeveel water hy net uit die lug getrek het terwyl jou karavaan droog is. Edge se argument dat alle karavane vog het ondersteun ek.......ek dink nie noodwendig houtvrot nie maar vog wel. Ons hier by die kus speel baie met die Game voghouers en dit is opmerklik hoe baie vog binne in jou karavaan binne in n toe motorhuis opbou. Vog is maar oral maar dit is nie noodig om selfmoord te oorweeg as dit binne perke is nie.

Vir wat word daai absorbeer houers eintlik gebruik? By watter afdeling soek mens dit?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2020 @ 19:52:03 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 421
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Edge is heeltemal reg.  Ek het al vrek baie karavane getoets en nog nie een gekry wat geen vog in het nie.

As jy 'n tweedehandse wa privaat koop, koop jy voetstoots en het geen waarborg nie.  Koop liewer by 'n handelaar en kry 'n 6 maande waarborg, soos deur die Verbruikerswet bepaal.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2020 @ 21:31:32 pm
Fanie
Bronze Member
40% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 21 Feb 2011

Dankie vir al die info

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2020 @ 21:50:35 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4270
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

So as ek dit reg verstaan die meter meet net of daar vog teenwoordig is, nie houtvrot nie.

Gestel 'n wa met houtvrot staan 'n paar dae in die warm son met alles oop vir goeie ventelasie. Die voginhoud gaan baie laag wees en die voornemende koper sal dink alles is reg. Na 'n jaar sien hy dinge val uitmekaar en die handelaar trek sy skouers op. Die wa was dan getoets!

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2020 @ 22:01:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16856
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

So as ek dit reg verstaan die meter meet net of daar vog teenwoordig is, nie houtvrot nie.

Gestel 'n wa met houtvrot staan 'n paar dae in die warm son met alles oop vir goeie ventelasie. Die voginhoud gaan baie laag wees en die voornemende koper sal dink alles is reg. Na 'n jaar sien hy dinge val uitmekaar en die handelaar trek sy skouers op. Die wa was dan getoets!

 

Soos ek lees hierbo maak dit sin wat jy noem. Dit klink of meter in die rooi sal wys as humiditeit hoog is....al klim jy in n splinter nuwe wa. Sal seker ook dan n lesing gee al het karavaan nie hout in nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2020 @ 18:58:51 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2168
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Met gewone hoe humuditeit klim die meter nie in die rooi nie dit dui net aan dat daar vog teenwoordig is. Dit is nie om van te skrik nie. As daar wel ernstige houtvrot is klim daardie meter in die rooi en my meter het dan ook n alarmpie wat skree. Jy kan n karavaan wat regte houtvrot het maar in die warm son los , hy gaan steeds baie vog meet. Vog op daardie hout droog nie maklik uit nie. Ek het al op n stuk hout wat slegs deurnat was onder n venster {nog nie vrot nie) een van hierdie waaier verwarmers vir 2 dae aangelos met alles toe in die karavaan. Met die afsit van die verwarmer was die lesing aansienlik beter. Twee ure later toe lees hy weer in die rooi. Ek moes die stuk hout uitsny.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 08:44:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15956
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Goed nou het ons reeds meer kennis oor hoe die meter werk.  Feit is daar is altyd risiko.  Wat wel effe gemoedsrus gee is die feit dat vog in hout frot behoue bly soos wat Piet vir ons verduidelik.

Dus die vog meter sal vir jou 'n mate van gemoeds rus gee.  Waar kan mens die meters koop en hoe lyk die ding.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 09:12:29 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 410
Joined: 28 Feb 2018

Maybe you can always look out for a alternative material (plastic, composite material), caravan, its claimed they have no wood rot 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 17:49:34 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Koop deur n handelaar met waarborg as iets nie reg is nie gaan terug na handelaar sterkte Fanie

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 20:16:20 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2168
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Leon ek het myne as n geskenk gekry n hele aantal verjaardae terug. Dit is n Ryobi maak maar ek het nie n idee waar dit gekoop is nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 20:31:10 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 421
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Builders het dit aangehou.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 20:38:54 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16856
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 08:09:20 am
Hein
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 61
Joined: 16 Nov 2013
Experience: 42 years

Leon,het ook al by Adendorf vogmeters gesien

Groetnis

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 13:47:13 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15956
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dankie julle ek sal so bietjie gaan rond kyk.  Wil maar net meer uitvind oor hoe hy werk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 14:56:03 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

As jy jou aircon baie koud stel as jy in die reen ry met jou voertuig gaan jou voertuig ook muwerig en vogtig ruik vir 'n kort rukkie.   Ek dink hierdie vog meter sal ook in die rooi wees maar die beteken nie jou voertuig val uit mekaar nie.   

As jy 'n week of drie by die see kamp en jy kom terug na die Vrystaat dan vat dit 'n dag of twee in goeie hitte om van die muwerige vogtigheid ontslae te raak in die karavaan.   Ek sal my nou nie steur aan 'n vogmeter wat in die rooi wys en van die karavaan ontslae raak omdat ek bang is vir hotvrot nie.  

Houtvrot vir my is waar die muurpapier lig en die hout begin swel en vrot of sag raak.     

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za