
05 Oct 2015 @ 10:29:47 am
Goeie dag Cindi. Ons kamp al die afgelope ses jaar by Rocky Bay en geniet dit terdee.
Soos jy inkom in die park, aan die regterkant en voor jy die bultjie kry, is meesal mense wat so twee na drie maande kamp en uiteraard ook heelwat ouer mense. dieper in die park is ook kampeerders wat lank staan en dit is ook meer gewild by mense wat korter tye , langnaweke en naweke kamp. Vir party van die ouer kampeerders is die 'dieper deel" bietjie woelig met die kinders, baie ander is nie daardeur gepla nie. Ons gaan weer vanaf 1 Mei 2016 en sien julle hopelik daar.