Welkom by die Forum
glo jy sal gou antwoord kry.
Ek het presies die selfde wa gehad in 1992.
Hom nog in Porch gekoop.
Hom verander binne en die slaap banke omgedraai en n eiland bed gemaak.
Bed se matras kon optel en pakplek onder bed.
Die wasbak uitgehaal en n mikrogolf daar gesit.
Ander gordyne.
Hel dit was n lekker wa.
Al's wat jy vra Kan ek nie meer onthou nie.
Het maar gedoen soos ek goed dink.
Welkom hier op die forum.
Dankie vd terugvoer Swanie & Chuck!
Watt doen Chuck Norris as hy bd see aankom?
Hy swem vier lengtes vir opwarming!!!
Ek het vanogg die sakplaat na die bakkie oorgedra in YSKOUE wind en weer. Kan jouwaarlik nie wag om die nuwe woonwa aan die haak te hê nie!
Groete
Thys
Sê groete daar in Oudtshoorn.
Sal jou bietjie witblits bring as ek weer plaas toe kom.
Ou Herman het mos oor die draad geklim.
Ek en my seun het die'92 Sprite Sport woonwa vanogg in Ashton gaan haak en teruggesleep Oudtshoorn toe, en wat 'n plesier was dit nie!
Die woonwa is lig al was al sy tente en ekstra kamptoerusting ingepak. Sig na agter aan beide kante is ook goed. Was baie tevrede met die Isuzu se sleepvermoë. Ek het nooit gevoel die bakkie "werk" nie.
Sy ratverhoudings is perfek vir sleep. Die roete vanaf Montagu op die R62 tot in Odn het baie variasie en 'n hele paar stywe opdraandes gehad en ons hulle almal gemaklik in 4de rat uit teen 80km/h en vinniger.
Ek kon gemaklik 100-110km/h handhaaf. Brandstofverbr was 11,5km/100km - gegewe die op en af roete verbasend goed.
Sien sommer baie uit na al die naweke en jaarlikse wildtuin vakansies!!
En daar staan hy by die huis, baie geluk.
Geniet hom.
Groete.
Geluk,baie aangename kampe toegewens.
Baie dankie vd gelukwense!
Nou begin die werk.
Kas aan die voetenend van een vd enkelbeddens gaan ek met 12cm inkort/verander sodat ek 1,95m lengte vd bed het.
Die onnodige "lomp" kas tussen die twee enkelbeddens agter in die woonwa gaan ek 26cm in sy lengte korter sny en in breedte 15cm sodat beide bed basis en nuwe matrasse 80cm breed kan wees.
Die voorste dubbelbed basis moet ook aandag kry. Al werk die uitskuif meganisme goed wil ek daar ook 'n modifikasie aanbring.
Hou julle op hoogte.
Ek het vdag met die opknappings in die woonwa begin.
Die kabinet tussen die enkelbeddens is uitgehaal en die woonwa voel reeds aansienlik ruimer binne. Die kas is 660mm lank en 600mm breed. Ek beoog om die kas 230mm korter te maak en in die breedtte 250mm (dws kas nuwe mate 430mm x 350mm). Ook ekstra marine ply aan agter- en sykante in die kas se binneraam vas te sit en dan weer in te bou. Dan is dit steeds bruikbaar maar sal nie meer voorkom asof dit "in die pad" is nie.
Van die 230mm korter maak vd kas gaan ek weer 110mm aan beide kante se enkelbeddens se marine ply basisse byvoeg sodat die matrasse breëer kan wees.
Daarna die hangkas verwyder. Was maar terleurgesteld md gebrek aan vakmanskap deur die siele wat dit tydens vervaardiging aanmekaargesit het. Ek sal egter alle verbeterings met presisie en trots installeer. Die hangkas word ook vernou van 670mm na 500mm maar tegelyk aansienlik aan sy binnebou versterk met 6mm marine ply. Die kas gaan 'n agterkant wat teen die woonwa sy sykant vasheg ook kry.
My dag was een groot plesier alles met vroutjielief se goedkeuring en saambeplan.
Enige tips ouens?
Foto 1: Twee nuwe steunpunte gemaak wat die raam vd bed ondersteun.
Foto 2: Aanvanklike versterking vd steunpunte.
Foto 3: Vollengte 9mm commercial plywood aan binnekant vd voorste steunwand vasgesit.
Foto 4: Bedraam onderbou by voltooiing met vier meranti ribs ingesit in die breedte wat die raam aansienlik versterk.
Foto 5: Nuwe 9mm bedbasis 1,910mm x 785mm, vou soos voorheen wat pakruimte onder die bed bied.