English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 941
topics: 802
replies: 12 856
views: 4 964 062
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

2016 Isuzu 2,5 D-Tec DC sleep 'n '92 Sprite Sport

replies: 13
views: 336
12 Jul 2020 @ 19:29:11 pm
Kampkalm123
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 12 Jul 2020
Experience: 12 years
Goeiedag Almal!
Ek lees al vir jare julle forumgesprekke.  Het voorheen 'n Jurgens Classique XL met 'n effe pap '93 Camry 200Si en Caravette 5 met E46 BMW X5 3,0D gesleep. BMW diesel natuurlik nie sy gelyke in my oë wat sleepgemak betref.
Die Sprite Sport sopas gekoop en gaan hom vlg Sa in Ashton haak.  Ek skuif môre die 4-gat sakplaat wat ons op die Camry 2,4XLi se haak het na die Isuzu. Die bopunt vd bal op die Isuzu sleephaak  sal dan 440mm vd grond af wees. Sal voel hoe hy terugsleep Oudtshoorn toe en daarna besluit of die woonwa se neus nog verder moet sak.
Ek oorweeg reeds die opgradering na 14" allooiwiele en bande weens die bewese voordele daarvan. Wat sê julle manne?
Enige raad van julle slim ouens wat pak vd woonwa, banddruk op sleepvrt en woonwa en sleepspoed betref?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 10:17:08 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 872
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Welkom by die Forum

glo jy sal gou antwoord kry.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 13:51:07 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek het presies die selfde wa gehad in 1992.

Hom nog in Porch gekoop.

Hom verander binne en die slaap banke omgedraai en n eiland bed gemaak.

Bed se matras kon optel en pakplek onder bed.

Die wasbak uitgehaal en n mikrogolf daar gesit.

Ander gordyne. 

Hel dit was n lekker wa.

Al's wat jy vra Kan ek nie meer onthou nie.

Het maar gedoen soos ek goed dink.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 13:52:34 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom hier op die forum.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 18:46:13 pm
Kampkalm123
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 12 Jul 2020
Experience: 12 years

Dankie vd terugvoer Swanie & Chuck!

Watt doen Chuck Norris as hy bd see aankom?  

Hy swem vier lengtes vir opwarming!!!

Ek het vanogg die sakplaat na die bakkie oorgedra in YSKOUE wind en weer. Kan jouwaarlik nie wag om die nuwe woonwa aan die haak te hê nie!

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 19:43:51 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Thys

Sê groete daar in Oudtshoorn.

Sal jou bietjie witblits bring as ek weer plaas toe kom.

Ou Herman het mos oor die draad geklim. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 21:41:01 pm
Kampkalm123
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 12 Jul 2020
Experience: 12 years

Ek en my seun het die'92 Sprite Sport woonwa vanogg in Ashton gaan haak en teruggesleep Oudtshoorn toe, en wat 'n plesier was dit nie!

Die woonwa is lig al was al sy tente en ekstra kamptoerusting ingepak. Sig na agter aan beide kante is ook goed.  Was baie tevrede met die Isuzu se sleepvermoë. Ek het nooit gevoel die bakkie "werk" nie.

Sy ratverhoudings is perfek vir sleep. Die roete vanaf Montagu op die R62 tot in Odn het baie variasie en 'n hele paar stywe opdraandes gehad en ons hulle almal gemaklik in 4de rat uit teen 80km/h en vinniger.

Ek kon gemaklik 100-110km/h handhaaf. Brandstofverbr was 11,5km/100km - gegewe die op en af roete verbasend goed.

Sien sommer baie uit na al die naweke en jaarlikse wildtuin vakansies!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 16:01:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

En daar staan hy by die huis, baie geluk.

Geniet hom.

Groete.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2020 @ 19:55:27 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Geluk,baie aangename kampe toegewens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2020 @ 07:17:33 am
Kampkalm123
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 12 Jul 2020
Experience: 12 years

Baie dankie vd gelukwense!

Nou begin die werk.

Kas aan die voetenend van een vd enkelbeddens gaan ek met 12cm inkort/verander sodat ek 1,95m lengte vd bed het.

Die onnodige "lomp" kas tussen die twee enkelbeddens agter in die woonwa gaan ek 26cm in sy lengte korter sny en in breedte 15cm sodat beide bed basis en nuwe matrasse 80cm breed kan wees.

Die voorste dubbelbed basis moet ook aandag kry. Al werk die uitskuif meganisme goed wil ek daar ook 'n modifikasie aanbring. 

Hou julle op hoogte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2020 @ 20:09:13 pm
Kampkalm123
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 12 Jul 2020
Experience: 12 years

Ek het vdag met die opknappings in die woonwa begin.

Die kabinet tussen die enkelbeddens is uitgehaal en die woonwa voel reeds aansienlik ruimer binne. Die kas is 660mm lank en 600mm breed. Ek beoog om die kas 230mm korter te maak en in die breedtte 250mm (dws kas nuwe mate 430mm x 350mm).  Ook ekstra marine ply aan agter- en sykante in die kas se binneraam vas te sit en dan weer in te bou.  Dan is dit steeds bruikbaar maar sal nie meer voorkom asof dit "in die pad" is nie.

Van die 230mm korter maak vd kas gaan ek weer 110mm aan beide kante se enkelbeddens se marine ply basisse byvoeg sodat die matrasse breëer kan wees.

Daarna die hangkas verwyder.  Was maar terleurgesteld md gebrek aan vakmanskap deur die siele wat dit tydens vervaardiging aanmekaargesit het.  Ek sal egter alle verbeterings met presisie en trots installeer.  Die hangkas word ook vernou van 670mm na 500mm maar tegelyk aansienlik aan sy binnebou versterk met 6mm marine ply.  Die kas gaan 'n agterkant wat teen die woonwa sy sykant vasheg ook kry.

My dag was een groot plesier alles met vroutjielief se goedkeuring en saambeplan.

Enige tips ouens?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2020 @ 20:19:01 pm
Kampkalm123
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 12 Jul 2020
Experience: 12 years
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2020 @ 20:29:59 pm
Kampkalm123
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 12 Jul 2020
Experience: 12 years
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2020 @ 17:20:34 pm
Kampkalm123
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 12 Jul 2020
Experience: 12 years

Foto 1: Twee nuwe steunpunte gemaak wat die raam vd bed ondersteun.

Foto 2: Aanvanklike versterking vd steunpunte.

Foto 3: Vollengte 9mm commercial plywood aan binnekant vd voorste steunwand vasgesit.

Foto 4: Bedraam onderbou by voltooiing met vier meranti ribs ingesit in die breedte wat die raam aansienlik versterk. 

Foto 5: Nuwe 9mm bedbasis 1,910mm x 785mm, vou soos voorheen wat pakruimte onder die bed bied.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za