Om 5 cm te lig klink vir my baie, kan jy nie die probleem oplos deur 'n drop plate op jou sleepvoertuig te sit nie?
Ek verstaan dis so iets, maar as jy die neus van jou karavaan 5cm laer kan laat loop dan is die agterkant ook omtrent 5cm hoër. Wonder net of jy dalk met 'n bakkie sleep en dalk die bal bietjie kan laat sak.
Deur die haak met 'n drop plate te verlaag sal seker die agterkant van die karavaan hoër laat. Ek het ook gesien dat sommige mense "Skateboard wheels" aan die hoek stutte se rondings vasmaak.
Laasgenoemde verhoed dalk net die skuur skade aan die wa se onderkant maar keer nie dat die onderstel dalk seer kry weens die feit dat dit te hard druk nie.
Beste is seker maar dat geen kontak daar agter plaasvind nie.
Wat van lugkussing veerstelsel wat slegs gebruik word om die wa te lig en weer afgeblaas word vir normale sleep.
Sit groter wiele op