English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 108
Total Replies: 227 340
Total Views: 82 264 454
topics: 777
replies: 12 430
views: 4 972 777
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

2013 Qashqai 1.5dCi en karavaan kombinasie

replies: 16
views: 380
09 Dec 2018 @ 15:17:39 pm
Pruis
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 09 Dec 2018

Goeie dag julle.

 

Ons het onlangs (6 maande terug) 'n Qashqai 1.5 diesel aangekoop, en nou vir die laaste ruk juk my agterend om 'n karavaan aan te skaf.

 

My kennis wat karavaan sleep aan betref is min ( Behalwe my ouers wat nog altyd net groot karre en groot karravane sleep). (spelling?)

 

Ek wil vroeg volgende jaar my EB lisensie kry en kyk al solank wat daar buite is om te koop (klein begroting)

 

Opsies is min. 

Dink julle die 1.5 diesel Qashqai sal 'n Expo of 'n Caravette 6 kan sleep?

Enige ander voorstelle vir 'n gemaklikke sleep en kamp karavaan vir 'n familie van 4?

 

Dankie byvoorbaat.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2018 @ 15:33:58 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Welkom hier. 

Nuwe generasie voertuie is kragtig genoeg vir sleep.

Die gewig ding is die issue.

Jou gelaaide karavaan moet net ligter wees as jou tarra van die slerp voertuig. Dis die basis plus nog n paar ander vereistes.

Laat weet wats die tarra van jou Qashqai. Ek dink dit sal voldoende wees vir die grootte karavaan wat jy genoem het.

Tweede handse waens het geweldig in prys toegeneem, maar aangesien jy nuut in die game is, sal ek nogtans aanveveel dat jy die pad deur n goeie handelaar neem.

Privaat koop is oky, maar daars n paar moets en moenies betrokke.

As jy iets raak geloop het, noem dit hier en ek verseker jou hiers genoeg kundiges om te help.

 

I love camping all year round
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2018 @ 17:37:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13395
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As ek dit reg het is dit 78kw.  Ek sou nie sommer meer as 750kg gaan nie. As jy onder dit gaan het jy ook nie EB lisensie nodig nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2018 @ 18:15:03 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1470
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Mike,

Eerstens welkom op die forum.

Hier is baie ouens wat weet en jou uit 'n tegniese hoek uit sal kan help.

Sover my kennis van magte en kragte gaan, het die wringkrag (torque) van die sleepvoertuig baie met sleepvermoeë te doen.

Het iemand dalk al iewers met 'n tabel te doen gekry wat ideale sleepgewig teen kw en nm uitspel?

Ek sien die Qashqai sit 240nm wrinkrag uit wat sekerlik geskik is vir middelslag karavaan.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2018 @ 18:51:22 pm
Pruis
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 09 Dec 2018

Dankie vir almal se input sover.

Die Qashqai se GVM is 1930 en Tare is 1270

 

Die sleepstang se sy maks is 1400kg maar dit klink baie swaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2018 @ 22:49:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13395
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie vir almal se input sover.

Die Qashqai se GVM is 1930 en Tare is 1270

 

Die sleepstang se sy maks is 1400kg maar dit klink baie swaar.

Caravette 6 en Expo val in daai gewig klas. Jy sal sien hoe ouer die waens, hoe ligter word hulle....soos die ouer expo is so 900kg, waar die latere modelle oor 1000kg is....dieselfde met Caravette. Daar is eintlikheelwat oulike waens wat nie so swaer is nie. Gaan kyk bietjie onder "nuus" en dan onder "caravan specs" op hierdie website...daar is dit maklik om te sien watse karavane weeg hoeveel. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 04:59:13 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2946
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek sleep Sprite Swing 2007 model met Suzi Grand Vitara petrol. 225Nm torque.

Met 240Nm torque sal jy him soos n droom sleep,, veral omdat jy n Diesel het wat se torque op later RPM inskop.

Swing en Expo se gewig is min of meer dieselfde. 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 07:40:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13692
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Met die Tara van die voertuig op 1270Kg is jy verseker binne die wet wat die Expo en Caravette 6 betref.

Dit wat op die towbar staan is die spesifikasie van die towbar toe hy vervaardig is.

Jy sal moet kyk na die sleep vermoë "onderstel gewys" van die Qashqai. Om dit te doen is maklik.

Soek die ID plaatjie van die voertuig. Die 'n aliminium plaatjie voor in die enjin kompartement of 'n plakker in een van die deure sal jou diè info gee.

  • Gross Combined Mass (GCM) Dit is die voertuig en dit wat hy mag sleep se gewig saam.
  • Gross Vehicle Mass (GVM) Die totale gewig van jou sleep voertuig as hy gelaai is.
  • Maksimum gewig op voorste as
  • Maksimum gewig op agter as.

Al wat jy moet doen is trek die GVM (2de grootste getal op plaatjie) van die GCM (Grootste getal op die plaatjie) af.  Dit sal jou die vervaardiger (Nissan) se spesifikasie/sleep vermoë van die voertuig gee.

Dus as die GCM 4820Kg is en die GVM is 3620Kg dan kan jou voertuig volgens Nissan net 1200Kg sleep.

LET WEL:

Die som wat ek hier in rooi aangedui het is die berekening wat gebruik word by 'n weegbrug sou jou sleep kombinasie by een afgetrek word en dit geweeg word.

Dus deur net die sommetjie self te maak en daarby te hou behoort jy nie probleme enigsins te hê nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 11:17:15 am
Pruis
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 09 Dec 2018

Dankie almal vir die uitstekende advies sover.

 

Qashqai se specs binne die deur

GCM is 3130

GVM is 1930

Tare is 1270 

 

So dit lyk of ek kan sleep tot en met 1200kg...

Ek het die hak gaan kyk. Sys maks vertikale gewig is 75kg

Om veilig te wees, dalk moet ek kyk na waens van so 1000kg of minder. Wat dink julle?

 

 

On the safe side I will aim for a van where the GVM is <1000 perhaps... any thoughts?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 11:18:28 am
Pruis
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 09 Dec 2018

Ek sleep Sprite Swing 2007 model met Suzi Grand Vitara petrol. 225Nm torque.

Met 240Nm torque sal jy him soos n droom sleep,, veral omdat jy n Diesel het wat se torque op later RPM inskop.

Swing en Expo se gewig is min of meer dieselfde. 

Dit gee my so bietjie hoop :)

Wat is die gewig van die sprite swing?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 11:35:19 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4157
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Welkom hier Mike. Ek kan seker iets noem oor my kombinasie. Ek sleep 'n 1300kg wa en die Freelander het 260Nm. Dit sleep vir my baie lekker en in Gauteng sleep ek bv 80% v d tyd in 5e rat en dan draai die enjin bokant sy maksimum torsie spoed.

Ek glo die 4kW minder en 20Nm minder wat jy het behoort jy met gemak 'n tot 1200kg woonwa te kan sleep. Ten minste baie gemakliker as baie ander petrol voertuie met groter enjins.

Meer inligting kan hier gelees word.   https://towcar.info/GB/

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 17:58:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13692
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Koop vir jou n wa waarvan die GVM 1200KG is. Jy gaan baie lekker sleep en vakansie hou met hom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2018 @ 20:33:08 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2682
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Welcome to the Forum Mike.

Not knowing your age and that of your children,

I would suggest with a 1.5 diesel that you purchase a smaller caravan,

Like a Skipper Clamshell, which has a low towing profile and a Clamshell RTT,

(OR, a ground tent for the children - but I prefer simple, easy up & easy close - as the RTT has matress, blankets/sleeping bag & pillows, closed up inside the tent - open & close in less than 2 mins)

This combination will get you to most campsites, a long way from home,

So you are not limited with your choice.

Easy to put up and easy to take down. 

Using less fuel than most other combinations.

The purchasing costs are very affordable, when compared to a conventional caravan and they are well built and easy to tow.

You will then also be set up for Solo travel, when the rug rats leave the nest, 

and it will not be neccessary to get an EB licence.

When you get long in the tooth, this combination will still be easy to handle, and,

It will easily fit into a standard Garage (unbeatable - Google it & visit their factory, before making a decision)...

If you need further information, contact me at:

edgew60atgmaildotcom

Safe Travels & happy camping...

 

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2018 @ 07:35:52 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13395
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat jy miskien kan doen is.....gaan na Discovery Campworld daar in Waterkloof en noem dat jy belang stel in n woonwa. Sê jy wil net seker maak hy sleep lekker agter jou kar en toetsbestuur n Swing wat n baie gemiddelde gewig het. Jy kan op met daai opdraande uit na hoërskool Waterkloof sleep wat jou n goeie aanduiding gaan gee wat sy verrigting is met opdraandes en of jy tevrede daarmee gaan wees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2018 @ 08:56:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13692
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wat jy miskien kan doen is.....gaan na Discovery Campworld daar in Waterkloof en noem dat jy belang stel in n woonwa. Sê jy wil net seker maak hy sleep lekker agter jou kar en toetsbestuur n Swing wat n baie gemiddelde gewig het. Jy kan op met daai opdraande uit na hoërskool Waterkloof sleep wat jou n goeie aanduiding gaan gee wat sy verrigting is met opdraandes en of jy tevrede daarmee gaan wees

Wel jy gaan beperk wees met die toets sleep tot jy die EB lisensie het.  Maar dis 'n goeie idee sou die lisensie in plek wees.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2018 @ 09:13:08 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4157
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Goeie punt Leon. Of verbeel jou jy is 16 en doen die toets terwyl jy weet jy het nie 'n lisensie nie. Hehehe. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2018 @ 17:24:36 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Pruis, Slaan gerus ag op Campervan se advies.   As jy 'n karavaan sleep van die maksimum toelaatbare massa, sal dit nie so gemaklik wees as om 'n baie ligter een te sleep nie.  As jy dus nog nie 'n gesin van groter as twee het nie, maak dit myns insiens nie sin om groot te gaan nie.  Die Skipper Oyster wat Campervan aanbeveel asook die Sherpa Tiny en ander soos hy, of the verskillende "tent-trailers" kan dalk 'n beter opsie wees.  Hoe makliker jy sleep, hoe meer geredelik sal jy die karavaan gebruik.  As dit egter moeiliker is, is 'n mens geneig om weg te skram daarvan om dit te doen. Ongelukkig is die fabrieke wat die baie ligte karavaantjies maak, ook klein maar die aanvraag, ook tweedehands, is groot, sodat jy nie baie goeie tweedehandse kopies kry nie.  Maar soek gerus- jy is dalk net gelukkig.  Miskien is geld ook nie so 'n groot probleem vir jou niesmile.

Ek sou jou ook aanbeveel om voort te gaan om die EB lisensie te kry.  Al koop jy nou 'n ligte karavaan waarvoor jy dit nie nodig het nie, sal jy sekerlik in die toekoms op beweeg en dit is makliker om 'n lisensie te kry as jy jonk is as later in jou lewe.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required