English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 940
topics: 11 574
replies: 139 205
views: 39 342 251
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

2008 Jurgens Xplorer?

replies: 17
views: 268
14 Jun 2020 @ 10:54:23 am
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 40 years

Hi,

Dink daaraan om die Penta te verkoop en n 2008 Xplorer te kry.

Lyk my hy kan darm bietjie meer grondpad vat as die Penta.

Die vraag is hoe sleep die Xplorer? 

Kan hy regtig n grondpad vat? Ek wil darm nou nie berge gaan klim nie....

Is hy gemaklik vir 4 grootmense?

Ek hou nogal van die 2 deure, een vir slaap plek en een vir stort gedeelte.

Ook die eetplek lyk gemaklik.

Is hy gemaklik genoeg vir naweke se kamp?

Dankie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 08:14:29 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek dink dis n vraag wat jy jouself moet afvra of dit vir jou beter gaan werk of nie. Grondpad sal hy definitief kan doen. Items soos gesellige eetplekkie wat aantreklik lyk, gebruik jy dit baie....of geniet jy meer buite sit? Die 2de deur....ek persoonlik verkies dat daar liewer n kassie in daai area staan. Hoe groot is behoefte vir stort gedeelte?....vir naweek kamp is dit reeds ekstra werk. Min karavane is gerieflik vir 4x grootmense.

Soos ek sê....elkeen se behoeftes verskil....so jy gaan self moet besluit. Om met die oë te loer lyk baie keer meer aantreklik as wat dit regtig prakties in werklikheid is. Ek het byvoorbeeld my verbeel hoe ideaal en gesellig is Swing se buite kombuis en wasbak en eethoekie.....dis van die aantrekkings punte wat my die wa laat koop het. Op die ou einde het ons nie een van die 3 gebruik nie. Ander geniet dit baie....

Voordeel natuurlik om na n Explorer te gaan....jy kan meer oorde gerieflik besoek waar ons padwa manne soms vermy oor slegte grond paaie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 08:18:41 am

Maar Jin {Chuck Norris} sal met jou 1ste hands ervaring kan deel....hy het lank n Explorer gesleep en sleep nou n padwa.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 08:22:36 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

My uitgangspunt is altyd dat ek net krap waar dit jeuk.  Dus moenie iets nuuts koop tensy jy dit regtig nodig het nie.  Maar elke ou spandeer maar sy geld soos hy wil.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 08:26:47 am
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 40 years

Oor die algemeen kamp ek waar daar niks geriewwe of krag is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 11:36:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Oor die algemeen kamp ek waar daar niks geriewwe of krag is nie.

Dit klink of jy dan geniet om op afgelee plekke te kamp? Dan sal ek sê: Gaan vir die Explorer. Afgelee plekke se paaie is baie keer nie geskik vir padwaens nie. Ek lees nounet weer die draad van Paddyandpaul oor Cobham. Dit lyk pragtig daar....sou graag soontoe wou gaan, maar pad is 14km nie regtig geskik vir padwa nie en plek het nie krag nie.....dan sou Explorer ideale opsie wees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 11:58:37 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die explorer het sy voor en nadele.

As jy spasie en gerief soek los.

As jy wil gaan ontdek Jip gaan vir hom.

Hy is swaarder as die classique en tog sleep hy gemaklik.

Ek het op grondpad net so stadig gesleep as wat ek nou doen met die classique.

Ek het spesiaal vir langstaners een sondag gaan kuier en hul opset met n exclusive gaan beleef en my vra gevra.

Dit wat ek wil doen met toere Na Namibia en Botswana Kan ek met die classique doen. 

En hy is meer gerieflik as die explorer.

Vir vier groot mense binne, nee jy gaan moord pleeg as dit reën of koud is buite en jy sit binne. 

Ek het myne binne verander vir meer spasie en maklik slaap.

Sy stort sal jy moet verander dat Al's nie NAT spat nie en iets Om op of inte staan anders is jou voete vol modder. Girls hou nie van dit nie.

Porta potty het ook daar gestaan saam kassie met handoeke en haar mooi maak goed. 

Maar jy moet verander dat dit nie nat word. Dan kan jy van buite die persoon binne sien in die aand as jy stort. So jy moet gordyne binne hang.

Dan die opslaan van die stort is maklik maar die afslaan neem tyd, baie sweet  dow in winter wat eers moet droog word.

Jy sal moet kom kuier dat ek jou my explorer gaan wys, hy is nog nie verkoop nie en het movers ook op. 

Jy skuif hom nie saam die Girl nie, hy is swaar.

Maar dit is jou besluit.

Terug gaan explorer toe van die classique, nee ek bly by my moffie wa ........Girl like homtongue-out

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 12:06:13 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daai bed wat voor opslaan is moer koud in die winter met die koue wind wat onder deur waai. 

Ons het net eenkeer daar geslaap of hom op geslaan.

Het hom gebruik vir pak plek.

Het nie eers diesel in die Jerry Kan gegooi nie, net een het petrol in gekry vir die generator.

Besig met planne vir sonpanele en nog n water tenk. Dis vir die plekke sonder krag.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 12:14:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die explorer het sy voor en nadele.

As jy spasie en gerief soek los.

As jy wil gaan ontdek Jip gaan vir hom.

Hy is swaarder as die classique en tog sleep hy gemaklik.

Ek het op grondpad net so stadig gesleep as wat ek nou doen met die classique.

Ek het spesiaal vir langstaners een sondag gaan kuier en hul opset met n exclusive gaan beleef en my vra gevra.

Dit wat ek wil doen met toere Na Namibia en Botswana Kan ek met die classique doen. 

En hy is meer gerieflik as die explorer.

Vir vier groot mense binne, nee jy gaan moord pleeg as dit reën of koud is buite en jy sit binne. 

Ek het myne binne verander vir meer spasie en maklik slaap.

Sy stort sal jy moet verander dat Al's nie NAT spat nie en iets Om op of inte staan anders is jou voete vol modder. Girls hou nie van dit nie.

Porta potty het ook daar gestaan saam kassie met handoeke en haar mooi maak goed. 

Maar jy moet verander dat dit nie nat word. Dan kan jy van buite die persoon binne sien in die aand as jy stort. So jy moet gordyne binne hang.

Dan die opslaan van die stort is maklik maar die afslaan neem tyd, baie sweet  dow in winter wat eers moet droog word.

Jy sal moet kom kuier dat ek jou my explorer gaan wys, hy is nog nie verkoop nie en het movers ook op. 

Jy skuif hom nie saam die Girl nie, hy is swaar.

Maar dit is jou besluit.

Terug gaan explorer toe van die classique, nee ek bly by my moffie wa ........Girl like homtongue-out

Ek dog jy het hom ingeruil Jin? Moes hulle hom namens jou verkoop het?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 12:17:54 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ja ek het hom ingeruil op die classique.

Hy staan nog daar by hulle onder dak.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 12:32:05 pm
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 40 years

Nou die vrou ook gevat om na die Xplorer te loer.

Sy hou ook nie van die voorste tent nie. Sal maar die kinders daarso laat slaap.

Dan is dit weer vir bed opmaak elke keer....

Jislaaik, dis baie moeilik.

Sy se nou self ons moet dalk maar die Penta hou. Sy sal maar stoei met die parkering.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 14:04:11 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Sit vir hom movers op dan staan sy en kyk met jou bier wat sy vashou.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2020 @ 20:53:24 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 429
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

Dit klink of jy dan geniet om op afgelee plekke te kamp? Dan sal ek sê: Gaan vir die Explorer. Afgelee plekke se paaie is baie keer nie geskik vir padwaens nie. Ek lees nounet weer die draad van Paddyandpaul oor Cobham. Dit lyk pragtig daar....sou graag soontoe wou gaan, maar pad is 14km nie regtig geskik vir padwa nie en plek het nie krag nie.....dan sou Explorer ideale opsie wees

Geert,we camped a few times yearly for 9 years with our Sherpa and that was normal road caravan. Have seen a number of normal road caravans there. Our present van is a Skipper T Lt which is basically a Skipper with 15 inch wheels and truck tyres and it copes just fine. 14km of dust road which is for the most part quite smooth is not so bad. Just avoid the rainy season it can get quite muddy. You really want to try Cobham, you won't be sorry.
 Out of interest, does the Explorer have a gas stove and fridge? I don't think any caravans these days have gas lights like the old days which is quite a pity as you could be off the grid camping completely.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2020 @ 08:26:47 am
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 40 years

I installed a 2kw inverter in the Penta running from a 24V battery. This keeps the microwave and Nespresso machine running.

There is also a 24 to 12V converter to keep the lights going.

Old gas fridge removed and installed an 80L Waco.

Also have a very handy 80L water tank.

All in all, great for off-grid, but not off-road.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 09:29:29 am
FritzF
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 31 May 2018
Experience: 60 years

Ek het lank Explorer gehad.  Hy sleep soos 'n droom, selfs in die satd soos Pretoria, hy is nie so breed soos 'n gewone karavaan nie, wissel bane ens in swaar verkeer, voel asof jy 'n ventertjie sleep.  Kaokoveld, Ruacana, Epupa valle ens getoer.  Sleep soos 'n droom die grond paaie.  Paar plekke baie lelik klippe, op en afdraandes, deur rivier ens om by staan plekke uit te kom.  Die Explorer kan regtig enige plek uit en deur waar jou kar kan.  Het myne gesleep met Land Rover Discovery TD5.  Wat baie lekker was, was die 12V en gas, kan enige plek kamp.  Het 2 Kva generator gehad, het net nodig gehad gehad om hom so 2 ure hier van 10:00 tot 12:00 te hardloop om die battery vol te hou as ons nie die dag ry nie.  Opslaan was 'n droom.  Ek en my vrou het presies 5 minute gevat on die hoof awning op te slaan en 7 minute vir die badkamer.  Afslaan baie dieselfde.  DIe enigste probleem met hom is die min pakplek en leef spasie in die karavaan.  Ook baie swaar, die Discovery het dit nie agter gekom nie, maar as jy hom met die hand wil skuif het jy 'n probleem.  As jy hom wil optel om te haak kry jy maar jou kar se hidroliese domkrag nader, jy tel hom nie op nie.  Gelukkig het het die Discovery self leveling air suspension gehad so level self reg as die karavaan gehaak is.  Het nou sag geraak, soek meer luuksheid. Het 'n 2006 Classique gekoop.  Alles werk met 220V, 12V en gas, insluitend geyser en yskas.  Kan neige plek gaan kamp al is daar nie krag nie, pad moet net nie te sleg wees nie.  Het nou 4.1 Howling Moon awning gekry met sykante en voorkant, hoef dan nie meer te sukkel met tent deur ryg nie.  Gaan ook die karavaan so 50 mm lig van die as af.  Ek en vroulief hou van die vol badkamer.  Gee dan nie om wat die situasie is met ablusie nie.  Ook goeie backup by huis as krag af is, gas geyser ens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 16:33:08 pm
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 40 years

Dankie FritzF, maar die vrou het gepraat!

Vir 2 mense dink ek hy werk baie lekker, veral met die 2 deure en sy nouer lyf.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 17:06:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wetkit....miskien kan jy oorweeg om jou huidige karavaan op te gradeer na n gravel roader

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 19:09:15 pm
Wielie
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 47
Joined: 26 Apr 2014

Ons gebruik die Explorer se badkamer meestal net vir tandeborsel en ekstra stoorplek wat natuurlik baie handig is! Ook lekker om warm water daar te hê.  

Stem saam, is bietjie swaar om met die hand te skuif, maar is natuurlik baie stewig en sleep gemaklik.

Stem ook saam met Fritz, awnings en badkamer slaan vinnig op en af. 12V en gas verdubbel sy moontlikhede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za