English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 219
Total Replies: 248 481
Total Views: 83 105 111
topics: 213
replies: 3 472
views: 86 251
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

1993 Penta dak

replies: 20
views: 226
12 Mar 2020 @ 14:51:50 pm
OneDay
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 16 Jan 2020

Hi, Het iemand al n nuwe dak gebou vir die 1993 Penta. My dak is verby regmaak en ek moet hom vervang. Kwotasie wat ek gekry het is verby my budget so ek moet maar self inspring

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 16:59:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom op die forum.

Ek koop n nuwe wa voor ek moet begin werk aan een.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 17:01:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Nee darm nie, party hou van werk.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 19:32:31 pm
OneDay
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 16 Jan 2020

Ek het nie eers die finansies om iemand te betaal om die dak te doen nie wat nog van n nuwe wa ...... maar OneDay ne ..............

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 20:18:17 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek het nie eers die finansies om iemand te betaal om die dak te doen nie wat nog van n nuwe wa ...... maar OneDay ne ..............

 

Was maar net my siening dat ek nie van sulke werk hou nie.

Nie lelik bedoel nie.

Sterkte

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 20:35:50 pm
OneDay
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 16 Jan 2020

Geen probleem. Het dit nie gesien as bad nie. Glo my ek lag myself ook oor dit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 21:18:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar was op n tyd n karavaan scrapyard in Pretoria omgewing. Ek weet nie of hy nog bestaan nie. Sal kyk of ek die details kan opspoor en hier plaas

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 21:45:17 pm
OneDay
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 16 Jan 2020

Dankie dit sal baie help

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 00:12:26 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ivor. Daar is baie wat jy aan veselglas Kan doen as dit vodde is

Dit is een ding wat jy Kan herstel en terug bring na nuut. Afhangende hoe Groot die herstelwerk is sal ek die hele Dak afhaal en hom Langs jou wa herstel. Jy sal natuurlik moet weet hoe om veselglas mat te bond met sy resin en hardner. Dan ook soos jy die area wat skade het oopmaak met jy seker maak die regte reinforcements is weer in plek. Begin deur op Google te kyk hoe word die goed gedoen.

Lyk en klink na n Groot ding maar as jy bietjie tegnies is sal jy dit kan doen. Verg geduld en goeie voorbereiding en jy sal n goeie paar rand spaar.

Ek het laas n veselglas repair kit by builders gekoop. Sluit in mat, hardner en resin.

Miskien moet jy fotos van die beplande herstelwerk plaas Vir ons om n beter prentjie te skep

Sou die projek Vir jou te Groot is stel ek voor om bakkie canopy vervaardigers of self n boot plek vra om jou op herstelwerk te kwoteer. Dan vat jy die Dak na hulle en as Hy klaar is fit jy hom self.

Dalk die beter opsie.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 06:14:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ivor se model Penta (gesien op die foto) se dak is nog van panele soos die regte ou karavane.  Dus is die veselglas manier van herstel nie moontlik nie.

Ivor ek sal voorstel jy volg doen die volgende:

  • Gaan na jou naaste hardeware tak en koop die 25 x 25 mm  Connect-it blokkies.
  • https://www.connect-it.cc/
  • Verder koop jy die aliminium Square -tubing 25 x 25 en maak 'n raam met versterkings in soos nodig.
  • Laastens trek jy die raam met die dun aliminium checkerdplate of glade plaat oor deur dit aan die raam vas te rivet met sikflex tussen in.
  • Vul die dak gaaping met foam crack sealer of selfs polystyrene en werk af met plywood wat dan die binne plafon sal wees.
  • As jy die mates van die ou dak af gaan gebruik sal jy net die ou dak verwyder, die surround aliminium af haal op die nuwe oor vas sit en die nuwe dak terug sit.

Op die manier is die dak steeds baie lig. En daar is nie 'n manier wat hy weer probleme gaan gee in die toekoms nie.  Ek sal addisioneel kyk na die volgende:

Terwyl jy die nuwe dak maak beplan goed soos nuwe beligting soos down lighters op seker plekke.  Foam sommer die conduit pype vir bedrading van die begin af in die dak in dan sukkel jy nie om drade by die regte plekke te kry nie.

Dis nogal 'n baie lekker projek en kan aangepak word sonder dat jy die wa se dak af haal en hy moet staan totdat jy klaar is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 06:23:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Moenie net na die connect-it web blad kyk nie.  Gaan na 'n plek wat dit verskaf want daar sien jy die hoeke, die plattes, die skuins ses, die dikkes en dunnes.

Daar is 'n ou wat 'n hele karavaan gebou het deur die connect-it te gebruik.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 06:26:35 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het die trappie vir die karavaan met 25mm aliminium en connect-it  gebou. Hy is so strek ek sal met my Tipper se wiel oor hom kan ry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 06:51:17 am
OneDay
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 16 Jan 2020

Hi. Baie dankie vir al die info. Ek was maar erg gestres oor die projek maar ek is nou meer vol vertroue om dit te doen. Ek sal definitief eers gaan google en dan die projek aanpak. Ek sal fotos opsit soos ek vorder. Sal seker die einde van die maand begin

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 06:58:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gaan vir goud.  Ek sou selfs die 19mm tubing gebruik het vir die projek want as jy die aliminium plaat oor trek en dit deeglik rivet gaan hy baie sterk wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 07:01:32 am
OneDay
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 16 Jan 2020

Dankie. Sal na die 19mm ook kyk.Gaan sommer nou nou begin google 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 07:08:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dankie. Sal na die 19mm ook kyk.Gaan sommer nou nou begin google 

Jammer ek gee so stuk stuk inligting maar dis soos dit weer by my opkom.  Moenie die plastiek pennetjies gebruik om die goed aanmekaar te sit nie.  Gebruik net 'n kort poprivet van die regte deursnee soos die gaatjies.

As jy sq-tubing koop kry die met die dun wande want die connect-it pas steeds baie styf daar in.  Die dikker een sukkel jy baie om die connect-it in die tubing in te kry as jy kap breek die connect-it gewoonlik.

Dan as jy op seker plekke rectangular tubing wil gebruik, ek dink nou aan waar die gaslifters teen die dak moet druk, is dit moontlik want twee connect-it van sq-tubing op mekaar pas binne die rectangular tubing.

Ek het so vir my 'n "Roof rack" vir die Tipper gemaak. Rectangular tubing om die rante en sq-tubing aan die binne kant.  As ek so vinnig dink is dit al wat jy basies gaan moet maak vir jou wa se dak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 07:15:14 am
OneDay
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 16 Jan 2020

Dankie vir dit. Ek het n plek in Krugersdorp gekry wat die alu. tubing en connect it verkoop (Steel and pipes for Africa). Gaan saterdag daar n draai maak. Hulle is die naaste aan my. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 07:35:38 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek koop myne gewoonlik by Non Ferrous Metals (NFM) in Pta Wes vir my is hulle die goedkoopste met die aliminium tubing ook.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 07:37:45 am
OneDay
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 16 Jan 2020

Dankie ek sal hulle ook bel

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 08:47:06 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Jammer ek gee so stuk stuk inligting maar dis soos dit weer by my opkom.  Moenie die plastiek pennetjies gebruik om die goed aanmekaar te sit nie.  Gebruik net 'n kort poprivet van die regte deursnee soos die gaatjies.

As jy sq-tubing koop kry die met die dun wande want die connect-it pas steeds baie styf daar in.  Die dikker een sukkel jy baie om die connect-it in die tubing in te kry as jy kap breek die connect-it gewoonlik.

Dan as jy op seker plekke rectangular tubing wil gebruik, ek dink nou aan waar die gaslifters teen die dak moet druk, is dit moontlik want twee connect-it van sq-tubing op mekaar pas binne die rectangular tubing.

Ek het so vir my 'n "Roof rack" vir die Tipper gemaak. Rectangular tubing om die rante en sq-tubing aan die binne kant.  As ek so vinnig dink is dit al wat jy basies gaan moet maak vir jou wa se dak.

Eish Leon jy is n yster. Ek het hoeka Al oorweeg en gewonder hoe om n roof rack vir my bakkie te maak. Ek gaan beslis kyk of die vir my Kan werk. Sal nice wees as jy die aluminium klaar in swart Kan kry.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 09:08:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Eish Leon jy is n yster. Ek het hoeka Al oorweeg en gewonder hoe om n roof rack vir my bakkie te maak. Ek gaan beslis kyk of die vir my Kan werk. Sal nice wees as jy die aluminium klaar in swart Kan kry.

Mens sal dit dalk moet laat iodize (spelling) wat beter sal wees as verf nadat jy dit klaar in lengtes gesny het.

Dan net aan mekaar sit.

Terloops ek het my een op die dak gesit.  Tans probeer ek brackets maak om hom bokant die agter bak te monteer.  Met 'n XLT Tipper wat nie die Wildtrak raam op die bak se kante het nie is dit maklik.

Ek moet plan maak om by dit verby te kom.

Verkies die rak eerder oor die laai bak as bo op die dak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za