Hi
Ek is opsoek na enige advies en diy raad om n sprite swift 1988 model se dak ceiling borde te vervang en die roof surround weer te installeur.
Is dit regtig moeilik om dit self aan te pak?
Groete
Rudie
Om die roof surround terug te sit stel ek voor jy laat sak die dak net effens deur stutte buite tussen die rant van die karavaan en die dak te sit. Dan is die boonste aliminium strook nader aan die onderste en die materiaal effe los en makliker om mee te werk.
Spuit silicone spray (Beskikbaar by hardeware winkels) in die aliminium gleuwe en gee 'n minuut kans om droog te word. Dit laat so dun laagie silicoon agter wat maak dat die surround makliker deur reig.
Moenie die silicone direk op die surround materiaal spuit nie. Die silicoon self sal niks aan die materiaal doen nie maar die aerosol spuit agent vernietig die waterdigheid van die materiaal.
Dan haal die dak af en vervang die ceiling borde so. Merk die posisie van die dak lig stutte duidelik dat jy nie sukkel om als netjies op plek te he as jy die dak terug sit nie.
Tip! ! ! ! ! Siende jy die werk gaan doen doen sommer deeglike beplanning en installeer netjiese LED ligte in die dak
Welkom hier op die forum.

Baie dankie vir die raad, wat is jou opinie rondom die hout wat gebruik moet word vir die ceiling borde? watter hout beveel jy aan?
Wel die hout beteken gewig. Daar is deesdae baie ligter materiaal om mee te werk.
Ek self sal 'n raamwerk maak met aliminium en dit buite oortrek met Aliminium checkered plate. Dan kry jy 'n tipe polystyrene ceiling ongeveer 50mm dik, 1m breed en 5m lank. Dit plaas jy aan die binnekant van die aliminium dop. Die polystyrene is 'n goeie isolasie. Kan maklik daarmee werk. Voordat jy dit in die dak monteer sny jy eenvoudig gate vir downlighters en le die bedrading.
Die hele dak behoort helfte van die oorspronklike se gewig te wees.
Jy hoef nie die aliminium te laat sweis nie. Gebruik "connet-it" om die raam aanmekaar te sit.