Have a look at this 1984 Sprite Sport. Very good condition. R35 000
It is now listed on the classifieds for more info.
Always stored under cover as in photos. This is the ideal for a young family wanting to start caravaning.
Contact Clyde Kruisweg
zero 82 five 9 seven 6 two 30
Ky daay wa is nog van die ou skool.
Hulle was so taai soos n Isuzu.
Kannie dood en stek gebou.
Ek het n 1994 Sprite Sport gehad.
Yster van n wa.
Dis n bargain. Ek het al op gereelde basis vir mense uitgekyk vir woonwaens.....maar dan is die bargains weg. Nou dat al my mense gehulpe is....nou pop sulke bargains weer op🤔🙂
Ek sit nou weer met mense wat een verniet wil hê.
Ons het 'n 1984 Supersport gehad- dieselfde as die Sport maar bietjie ander kleure binne en met 'n gas-oond. Ek stem saammet Jin- van die bestes wat nog gemaak is en besonder lig- as jy CI Caravans kon glo, 735 Kg ongelaai. En wat ek veral van hou is die behoorlike vere- swaai-arms met kronkelvere en skokbrekers, soortgelyk aan motors met onafhanklike vere, nie vandag se rub-ax stelsels wat vinnig pap word nie. As die wa so goed is as wat hy lyk, gaan iemand 'n groot winskoop kry.
Ek het die 85 super sport gehad. Uitstekende karavaan vir n beginner asook om dit permanent te hou. Baie spyt ek het myne verkoop
Dis vriend van my broer in Benoni wat wil verkoop. Die wa lyk regtig in 'n baie goeie kondisie.
Soos ek gesê het.
Dankie maar dit bo my vuurmaak plek.
Hel jy gaan peee nie eers meer veniet nie.
Soos ek gesê het.
Dankie maar dit bo my vuurmaak plek.
Hel jy gaan peee nie eers meer veniet nie.
Miskien hoor of hierdie een in hul prysklas val...😜
Nee vir hom gaan hy sy neus ook optrek.
Have a look at this 1984 Sprite Sport. Very good condition. R35 000
It is now listed on the classifieds for more info.
Dankie Leon....ek dink Willie het n groot bargain gekoop
Aaaaahg man ek is bly iemand het reggekom met die karavaantjie. Ek het nie self na hom gaan kyk nie maar die fotos het gewys dis 'n goed opgepasde karavaan.
Sê vir Willie hy moet saam kom kamp Feb 2020. Sal graag die wa van nader wil beskou.
Daai ou independent suspention is dieselfde as Leyland Minnie sin. Selfs bearings selfde as daai era se minnie
Nico, Ek twyfel hieraan. Die Mini het sover ek weet, net met 'n rubber cone suspensie gekom terwyl die Sprite spiraalvere het. Dit is soortgelyk aan baie motors se onafhanklike agtervere, maar dit lyk my daar is ook by motorvoertuie wegbeweeg hiervan ten gunste van meestal 'n buigbare balk-agteras. As ek die Leyland Mini verkeerd lees en dis iets anders as die Austin Mini wat ons goed ken- jammer. In die geval, gee bietjie inligting daaroor want dan ken ek hom nie.
Nico, Ek twyfel hieraan. Die Mini het sover ek weet, net met 'n rubber cone suspensie gekom terwyl die Sprite spiraalvere het. Dit is soortgelyk aan baie motors se onafhanklike agtervere, maar dit lyk my daar is ook by motorvoertuie wegbeweeg hiervan ten gunste van meestal 'n buigbare balk-agteras. As ek die Leyland Mini verkeerd lees en dis iets anders as die Austin Mini wat ons goed ken- jammer. In die geval, gee bietjie inligting daaroor want dan ken ek hom nie.
Leyland het die suspention supply en ek het Minnie bearings gebruik as ek myne oor gedoen het. Praat met Oom brian hy sal kan se
Aaaaahg man ek is bly iemand het reggekom met die karavaantjie. Ek het nie self na hom gaan kyk nie maar die fotos het gewys dis 'n goed opgepasde karavaan.
Sê vir Willie hy moet saam kom kamp Feb 2020. Sal graag die wa van nader wil beskou.
Ons het afgelope naweek saam Willie gekamp....hy is nog steeds baie happy met sy wa
Het so paar jaar terug voordat Midlands Caravans in Pmb afgebrand het met Mitch en Leon gepraat, en hulle het gereken dat die Sprites van daai era van die beste is wat nog ooit gemaak was. Hulle was gebou om te hou, en daars nog heelwat van hulle rond. Al gemors is dat jy geen movers op hulle kan installeer nie. Maar dan is hulle lig genoeg om rond te stoot.
Ek stem hiermee volkome saam Joe. Ons het vir sowat 35 jaar juis so een gesleep. Hy het 'n behoorlike stewige onderstel, 'n behoorlike kronkelveer-swaai-arm veerstelsel met skokbrekers en 'n stewige bakwerk. Ek moes hom verkoop omdat ons 'n kleiner eenheid nodig gehad het en nie plek het om die oue te stoor nie, maar ek wens ons kon hom hou. Ons het heelwat grondpaaie met hom ook gery sonder skade en hy was in alle opsigte in 'n puik toestand toe ons hom moes laat gaan- sowat vyf jaar gelede. Mense wat sulke karavane wat die Gypseys van daardie tyd insluit, het behoort hulle te probeer hou want sulkes word net nie meer gemaak nie.
Ja-nee Fred, niks word vandag meer gemaak om te hou nie, hy moet breek sodat jy moet geld spandeer.
Kry mos nou-die-dag daai jeuk aan my vir 'n groter wa, aangesien ons nou beplan om so drie maand-kampe jaar te doen, en begin toe rondkyk na die Penta's [net vir nuuskierigheid], maar om hier by die R100000-00 plus te moet uithaal EN dan nog movers op te sit, is nie vir my nie dankie! Vinnig van die jeukerigheid ontslae geraak en toe skielik ons ou Sprite van vooraf weer waardeer! Weet wat ek het, weet nie wat ek gaan kry nie, veral wat kwaliteit en duursaamheid betref.
Joe, het julle Sprite gasstutte om die dak te lig? As ek reg onthou, was ons 1984 modelle die eerste wat dit gehad het.
Ons het jare gelede Kgalagadi met die karavaan en 'n 2.1 Kombi besoek. Die laaste, ek dink 60 km tot by die hek was toe nog grondpad en verskriklik sinkplaat en ons het soms maar teen so 25k/u moes ry. Binne die park was dit ietwat beter, maar nog nie goed nie. 'n Paar bierbottels wat in die karavaan was, se proppe het afgeskiet en die metaalbasis van die krageenheid in die karavaan het gekraak en 'n klein deurtjie het gebreek maar dit kon maklik herstel word. Die karavaan se bakwerk het egter niks oorgekom nie. Ons het op dieselfde toer ook 'n paar honderd kilos se grondpaaie in Namibië gery en het ander vakansies ook grondpaaie aangepak. Ek glo moderne padkaravane sou inmekaarstort as jy dit met hulle doen. Die karavaan was toe ons hom verkoop het, nog in 'n puik toestand en steeds geskik vir nog baie jare en kilos se toer. Ek is 'n DIY persoon wat hom self liefdevol onderhou het, so ek raai nie- ek weet. Ons het hom altyd onder dak gehou tensy ons op die pad was maar die mense wat hom gekoop het, laat hom sommer buite in wind en weer staan. Dit pla my elke keer as ek dit sien, maar dis seker nou nie meer my saak nie.
Ja nee Fred, dit is maar hartseer om te sien hoedat iemand anders iets wat jy vir soveel jare lank gekoester, versorg en onderhou het met deernis en liefde, net nie veel omgee daarvoor nie en dit hulle nie skeel of die item of voertuig beskadig raak in die proses nie.....wonder mens dan hoekom hulle die item of voertuig in die eerste plek gekoop het??? Maar soos jy se', dis nie meer jou saak nie.
My wa is 'n '81 model, en het nog die sker-tipe stutte, moes ook nuwe vere vir hulle laat maak net na ons hom gekry het. Elke keer tydens 'n kamp kom praat mense met ons oor die wa en heelwat van hulle vertel dat hulle ook so wa gehad het en baie spyt is dat hulle hom verkoop het. Hy's baie stewig gebou, sy "tare" is maar 790kg en "Gvm" is 910kg. Al laai jy hom ook met meer as die toegelate 120kg [wat ek al gedoen het toe ons nog met die Camry gesleep het] sleep hy soos 'n droom.