English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 771
Total Views: 83 246 914
topics: 802
replies: 12 854
views: 4 963 981
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

1888 Sprite Sport Inloop remstelsel

replies: 12
views: 203
24 Sep 2020 @ 08:13:16 am
PieterWK
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 15 Sep 2020

Goeie More

Hopelik is die meeste van julle tans oppad na 'n kampplek of sit reeds met 'n eerste koppie koffie voor die karavaantent.

Ons het toe op bogaande karavaan besluit en gister (Woensdag) vanuit Pretoria suidwaarts PE toe gery, huistoe.

Brandstof verbruik van die Jetta 5 tdi het gewissel van 12.98 kilos per liter @ 100kpu en toe ek sien die Jetta sleep baie lekker het verbruik opgegaan na 10.86 kilos per liter @120 kpu. 

Gelukkig was daar geen sterk dwarswinde wat gewaai het nie, ek sal 'n stabiliseerder aanskaf, want in die wind sal dit natuurlik 'n ander storie wees.

Tuis aangekom, het ek die Jetta vanuit die straatvlak agteruit gestoot teen 'n baie effense helling in die oprit en toe ruik ek die koppelaar brand.

Ek lei af dat die inloop remstelsel die Sprite se remme laat rem het met die terugstootslag.

Ons het die Sprite ontkoppel en het dit met die grootste gemak verder in posisie gestoot. (dalk vanwee my bonatuurlike krag...).

Is daar 'n skakelaar wat ek moet verander op die "A-frame" wanneer mens met jou sleepvoertuig wil terugstoot of is daar fout met die inloopstelsel wat met 'n diens uitgesorteer sal moet word?

Baie dankie

Lekker dag verder.

Pieter

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 09:38:36 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Normaalweg behoort die remstelsel te de-aktiveer wanneer jy tru.

Die probleem kom in wanneer jy teen 'n helling terugstoot, dan is die gewig van die karavaan geneig om die rem wel te aktiveer. Ek het dieselfde probleem ondervind met my handrat Suzuki Grand Vitara

Ek het 'n toestelletjie gefabriseer wat tussen die "Jockey" wiel en die remsilinder geplaas word. Dit skakel dan die rem buite werking. Alhoewel ek (waarskynlik, soos gewoonlik?) oorboord gegaan het met my ontwerp,, het ek gesien dat iemand anders by 'n kamp sommer 'n doodgewone stuurslot vir die doel ingespan het.

Sterkte! Geniet die Jetta ... ek het 5 van hulle gery - 4 x CLi's en 'n VR6. Fantastiese voertuie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 09:50:29 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek is bietjie bekommerd oor die 120k/u.  Dit is nie veilig met 'n karavaan nie, en veral nie as jy met 'n ligte sedanvoertuig sleep nie.  Heroorweeg dit gerus Pieter.  In sommige Skandenawiese lande word jy met 'n karavaan beperk tot 80k/u om goeie redes.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 10:51:32 am

Baie Dankie Nico

Ek sal mooi jyk en die dele waarna jy verwys en hoe hul interaksie is en hoe jy dit beinvloed, probeer verstaan.

Sal dit waardeer indien jy wanneer jy tyd het ‘n foto kan neem en aanheg van jou oplossing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 17:40:58 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1855
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek is bietjie bekommerd oor die 120k/u.  Dit is nie veilig met 'n karavaan nie, en veral nie as jy met 'n ligte sedanvoertuig sleep nie.  Heroorweeg dit gerus Pieter.  In sommige Skandenawiese lande word jy met 'n karavaan beperk tot 80k/u om goeie redes.

Pieter

Ek is saam met Fred versigtig oor die 120km/h sleep.

Ofskoon jou voertuig dit 'kan' doen , beteken nie jy hoef dit te doen nie.

Jy sal ook op die forum lees dat die gebruiklike 'veilige sleepspoed' van 100km/h heers, sommige sleep selfs teen 80km/h.

Solank alles reg verloop, is spoed seker nie 'n probleem nie. Met 'n tweede tuig agter jou sleepding, verhoog jou risiko vir wanner alles nie reg verloop nie.

As jy teen 120km sleep, verminder jou korrigerende horison om probleemsituasies te hanteer. Skielike 'fishtailing' gaan vererger teen 120 en dit is 'n oogwink en jou wa gooi jou met kar en al van die pad af. Jy het 'n baie beter kans om dit onder beheer te bring teen 100km/h. Selfde met 'n wa se band wat bars (gereëlde gebeure).

So, stel voor jy hersien jou sleepspoed. Vakansie of naweek begin reeds wanneer jy jou wa begin pak, nie wanneer jy by jou bestemming aankom nie. Dis baie minder stressvol om teen 100km/h te sleep.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 18:38:45 pm

Dit is sekerlik so, mens verval in 'n valse gerusstelling wanneer dit goed voel en dinge werk.

Jy voel die ekstra konsentrasievlak aan soos die spoed verhoog, wat tot meer uitputting lei.

Ek probeer dit  nie regverdig nie, ek se maar net:

Om in 6de rat te kan sleep en die rewolusies ten minste op 2000 te hou, moet jy met die Jetta ten minste 110 kpu ry. Teen 100 kpu is jy in 5de teen omtrent 2 300 rewolusies en werk/trek die enjin beter as in 6de teen 2000 met vrag, maar ek is nie seker of dit nie tot 'n swakker brandstofverbruik lei nie.

Die 1 116 km afstand vanaf Pretoria tot PE het dit nog moeiliker gemaak, en omstandighede was sodanig dat mens nie halfpad kon oornag nie, wat ek graag sou wou doen, nie die minste vir die feit dat 2 oggende na mekaar se 03.00 opstaan aan 'n man begin vat het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2020 @ 07:27:41 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Pieter, As jy sê daar was omstandighede wat gemaak het dat jy haastig moes ry, is dit so, maar hopelik is dit nie altyd die geval nie.  Ek skat jy het beperkte tyd gehad om die nuwe wa huistoe te sleep. 

Ons het dieselfde siening oor die saak as Pottie (Proffie).  Jou vakansie begin as jy by die huis vertrek.  Ons beplan so dat ons onbeperkte tyd het om die bestemming te bereik en probeer nie te lang afstande per dag te ry nie.  Ons ry gereeld die afgelope tien jaar, gewoonlik so tweemaal per jaar, tussen Pietersburg en die Suidkaap, so ek praat uit ondervinding.  Voorheen het ons ook Desembers gaan tooer sonder 'n bestemming, soos die lus ons gelei het. Dit maak die reis net soveel aangenamer as jy dit kan regkry om nie haastig te wees nie.  Die lewe dwing jou om altyd aan die draf te wees, vakansies behoort anders te wees want dan is jy jou eie baas.  Ons stop ook minstens elke twee uur en geniet dan 'n koppie koffie en 'n beskuitjie.  Ons probeer ook om nie elke keer dieselfde pad te ry nie sodat ons soveel as moontlik van ons land tussen die vertrek- en eindpunt ervaar.  As jy kinders het, probeer inligting kry uit miskien 'n goeie toerboek, en lees of vertel hulle vooraf van die plekke wat julle deurry of by aandoen.  Jy sal verbaas wees hoe dit die kinders die reis laat geniet.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2020 @ 08:51:35 am
PieterWK
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 15 Sep 2020

Soos vermeld, dit was nie 'n vakansie nie, ons het Pretoria toe gery om die karavaan te gaan haal en moes die volgende dag weer tuis wees.

Een van die gevolge van veel stadiger ry sou gewees het dat ons na donker nog op die pad terug huistoe sou wees.

Nou om die probleem van die inloop-rem wat inskop wanneer mens met die sleepvoertuig agteruit ry, soos vermeld in die opskrif, uit te sorteer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2020 @ 10:36:17 am
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 489
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Pieter this topic has been discussed a couple of times, search "brake"

Link to one topic, click here

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2020 @ 11:34:08 am
PieterWK
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 15 Sep 2020

Many thanks Richard. That reaaly explains the issue.

I did search in Afrikaans and maybe used the wrong key eords.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2020 @ 15:25:50 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 870
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

https://www.youtube.com/watch?v=CwYRgFA2vBc

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2020 @ 15:33:11 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 870
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

https://www.youtube.com/watch?v=QEfCJKN3riY&pp=QAFIAQ%3D%3D

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2020 @ 16:31:13 pm
PieterWK
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 15 Sep 2020

https://www.youtube.com/watch?v=QEfCJKN3riY&pp=QAFIAQ%3D%3D

Baie dankie Swanie, dit is baie leersaam.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za