English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 766
Total Replies: 269 342
Total Views: 83 846 524
topics: 162
replies: 2 585
views: 360 634

12 volt in die 220 volt-karavaan

replies: 13
views: 444
05 Mar, 2019 @ 14:31:26 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1279
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ek weet die topic was al aangeroer, maar ek dog ek plaas hierdie foto's vir julle manne. Ons wat 220V karavane het het natuurlik n probleem wanneer ons vinnig vir n aand wil staan en daar nie n kragkoppeling is nie. Ek het twee 12V liggies aangebring deur net twee piepklein gaatjies te maak. Ek het die liggies agter die gewone liggies vasgemaak met gewone Valcro en twee klein batterye, die tipe wat jy vir jou huis se sekuriteit gebruik, in die kassies bokant die liggies geplaas. No mess no fuss. Een bokant die bed en een kokant die tafel. Hulle is LED's en vrek sterk. Die batterye pas toevallig in n "pocket" elk en uit ondervinding weet ek hulle hou sowat tien aande as jy hulle elke aand gebruik. Dit verhoed ook dat jou karavaan altyd gekoppel moet wees wanneer hy by die huis staan. Om die batterye te laai verg natuurlik net n eenvoudige prosedure.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar, 2019 @ 14:41:21 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16792
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Ja dit lyk goed. Waar het jy die skakelaartjies gesit?

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar, 2019 @ 14:58:40 pm
Leeu
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 18 May, 2008
Experience: 28 years

Dit lyk goed, dan kan jy dit ook maklik verwyder indien nodig. Ek sou net graag wou weet hoekom jy twee batterye gebruik, ek persoonlik dink een battery is meer as genoeg vir jou toepassing. Natuurlik minder krag drade gebruik met twee batterye.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar, 2019 @ 15:11:43 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1831
Joined: 21 May, 2013
Experience: 22 years

Goeie idee.....dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar, 2019 @ 15:14:53 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20000
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek het van daai liggies standaard saam met my Swing gekry.....met 2x brackets wat teen die dak is. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar, 2019 @ 15:16:10 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20000
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

By my is die probleem as daar nie krag sou wees nie.....die yskas.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar, 2019 @ 15:32:14 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1279
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ek het net een battery per liggie gebruik. een aan elke ent van die karavaan. Die LED-liggies het elk se eie skakelaar op die liggie.

Jip, as daar nie krag is nie. Ek het TWEE yskaste in my Fortuner, drie batterye voor in die engine-kamer. Terwyl ons ry is alles in die kar-yskaste. Ons doen dit al vir jare so op ons toere tot bo in die Kongo.  (Foto van volgelaaide 'Chuner)(Nie altyd so onnet nie) Dit is ook baie geriefliker om alle drankies weg van die karavaan-yskas te bêre, onder liefie se voete uit.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar, 2019 @ 18:35:53 pm
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1629
Joined: 06 Jun, 2015
Experience: 48 years

Danie, we have a similar set up in the cruiser, where I made a drawer system also now with 2 fridges. 19litre Engel which we use for a freezer and a fairly recent Waeco/Dometic 50 litre as the fridge.

It's amazing how just the 2 of us can fill all three fridges on a camp.

In the caravan for 12v lights, we just use solar lanterns.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar, 2019 @ 18:59:34 pm
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1629
Joined: 06 Jun, 2015
Experience: 48 years

Just another bit of info on my set-up is that I have installed a 120W solar panel on the roof rack to charge the deep cycle battery while we not out game viewing.

Works like a charm.

Also I leave the cranking battery on intellegent charge, which also switches over to the DC battery through the NL dual battery management system.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar, 2019 @ 06:22:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16792
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Ek het ook 12V ligte in die hele wa van voor tot agter.  Geyser werk met 220V of gas. Dan het ek ook 'n 40l Engel yskas vir as die 220V af is want die groot yskas is net 220V.

Tans het ek 'n plan om die battery met solar vol te hou sou ek op 'n plek kom sonder enige 220V. Ek moet dit net toets ek kyk of dit werk met die 40l Engel permanent gekoppel.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar, 2019 @ 07:54:14 am
Anonymous

Is jou ligte dan 220V? My standaard ligte is almal 12V en ek glo joune is ook. Jy kon dalk net by jou power supply die 12V na 'n switch over skakelaartjie gekoppel het, dan dom al jou gewone ligte aan op battery of op power supply (kon ook net diodes opgesit het van elk dan gebeur dit automaties? 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar, 2019 @ 11:32:07 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1279
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

More Brommer, die Fleetline kom gladnie met 'n battery uit nie. NET wanneer jy movers laat installeer sit hulle 'n battery en laai-stelsel in, gekopel aan die klein skakelbord.  Ons het 'n krag-ontbreking gehad by Ebb n Flow en toe is al die ligte ook af. Maar ek hoor wat jy sê, dalk is jy reg, dit sal baie lekker wees as dit so is. Ek sal by Caracamp gaan inloer en hoor wat hulle sê. Thanks.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar, 2019 @ 17:33:12 pm
Anonymous

Ek het ook 'n fleetline en al my ligte is 12V en kan direk op battery koppel

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun, 2022 @ 18:06:30 pm
Cavey
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 23 Mar, 2022

Met die oorbou van my gypsey het ek met son krag geinstaleeret n 2000 watt inverter wat my yskas trek die res is alles 12 volt of gas

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required