More hoop iemand kan help. Ek is opsoek na n 1.2m yskas vrieskas kombinasie vir n gypsey romany. sien dis n bauer bs210 of nou fridgemaster. Weet enige iemand waar ek dit in die hande kan kry? anders moet ek maar die 1.4m kic of defy kry en die kassie verloor. Enige raad of fotos van yskaste wat in gebou is sal waardeer word.
Jaco
Ek het nie raad nie. Dis n Groot probleem. Waarom vervaardigers van waens nie standaard yskaste kan gebruik nie bly n raaisel. 90% van die tyd oorleef waens die yskas se leeftyd.
En dis nie maklik om hom in die wa te herstel nie. En dis bloedsweet om dit uit te haal en terug te sit.
More hoop iemand kan help. Ek is opsoek na n 1.2m yskas vrieskas kombinasie vir n gypsey romany. sien dis n bauer bs210 of nou fridgemaster. Weet enige iemand waar ek dit in die hande kan kry? anders moet ek maar die 1.4m kic of defy kry en die kassie verloor. Enige raad of fotos van yskaste wat in gebou is sal waardeer word.
Ek sien House and Home verkoop Bauer produkte. Dalk moet jy Bauer self kontak.
http://bauer.co.za/
Hulle is in Jhb...
Hierdie yskas is 1130mm hoog. Meeste ander vervaardigers het hul kaste tussen 90L en 150L opgehou met maak.
Bauer bestaan nie meer nie. Het probeer kontak. Fridgestar maak nie meer daai yskas nie.
Hisence maak ook yskaste. Dalk hulle probeer. Hier staan een in die werk se kombuis. Nuut by Metro gekoop 2,5jaar terug
Die Hisense H200RME wat wel enkeldeur is sal dalk een v d min wees wat binne 1200mm is. Dit lyk my mens gaan regtig sukkel om 'n dubbeldeur te kry binne 1200mm. Almal koop mos deesdae vrek groot yskaste. "The bigger the better"
Hierdie is 'n algemene kennisgewing:
Amper meer produkte gestaak as die wat beskikbaar is.
More hoop iemand kan help. Ek is opsoek na n 1.2m yskas vrieskas kombinasie vir n gypsey romany. sien dis n bauer bs210 of nou fridgemaster. Weet enige iemand waar ek dit in die hande kan kry? anders moet ek maar die 1.4m kic of defy kry en die kassie verloor. Enige raad of fotos van yskaste wat in gebou is sal waardeer word.
Hallo.
Ek het gewonder of jy toe n yskas gekry het wat pas?
Ek het ook die Hisense wat Danie hierbo noem in my karavaan gesit asook my dogter-hulle in hulle wa.
Ek bring hierdie draad vorentoe vir Theuns wat 'n yskas soek vir 'n vriend se Romany. Hier is die antwoord.
Media maak ook baie oulike yskas . vrieskas kombinasies. Ons het n dubbeldeur enetjie .. n bar fridge wat ons saam piekel met die waentjie. Was R2200 tydens aankope verlede jaar, maar ek sien hulle is nou al duurder. Ek en Elma laai dit self op die waentjie se A-raam as ons gaan kamp. Anders staan hy sommer in die huis.
Ek het lank en wyd gesoek vir n yskas vir my 2003 Romany Blue Series. Ek kon net 1 yskas kry wat die bogenoemde hoogte is. Dis n Hisense 176l met model nr H230rre. Dit is nie n dubbel deur nie maar het genoeg spasie en vries spasie is voldoende vir ons. As jy sy pote afhaal pas hy perfek onder daai kas in. Wasbak skuif net effe regs so mens kan hom hou. Ons het net gas stofie verloor wat ons elkgeval nie gebruik nie. Die breedte het goed uitgewerk en hoef nie te gesny het aan die "main" gedeelte waar ou yskas was nie. Hulle het net die yskas in rooi gehad, maar sien jy kry hom in silwer..hulle is net vrek skaars lyk dit my. Ek was n bietjie skepties oor die rooi maar ons het rooi kussings by die blou beddegoed asook tafeldoek met rooi in en ek dink dit lyk nogal netjies! Wat ook lekker is van die yskas..hy het n ingeboude slot meganisme wat die deur sluit vir as ons sleep....What a bargain!(kyk heel onder op fotos) Ek het myne by House and Home gekoop. Hoop dit help iemand in die toekoms.
Ek het ook so een in my Raven ingebou. Myne is silwer en sonder die "water dispenser" . Baie lig op elektrisiteit. Hoor die motor skaars "inskop" deur die nag. My skoonseun het ook deiselfde een in hulle Sprite Strata ingebou.
Ek het lank en wyd gesoek vir n yskas vir my 2003 Romany Blue Series. Ek kon net 1 yskas kry wat die bogenoemde hoogte is. Dis n Hisense 176l met model nr H230rre. Dit is nie n dubbel deur nie maar het genoeg spasie en vries spasie is voldoende vir ons. As jy sy pote afhaal pas hy perfek onder daai kas in. Wasbak skuif net effe regs so mens kan hom hou. Ons het net gas stofie verloor wat ons elkgeval nie gebruik nie. Die breedte het goed uitgewerk en hoef nie te gesny het aan die "main" gedeelte waar ou yskas was nie. Hulle het net die yskas in rooi gehad, maar sien jy kry hom in silwer..hulle is net vrek skaars lyk dit my. Ek was n bietjie skepties oor die rooi maar ons het rooi kussings by die blou beddegoed asook tafeldoek met rooi in en ek dink dit lyk nogal netjies! Wat ook lekker is van die yskas..hy het n ingeboude slot meganisme wat die deur sluit vir as ons sleep....What a bargain!(kyk heel onder op fotos) Ek het myne by House and Home gekoop. Hoop dit help iemand in die toekoms.
Lyk baie nice Kierie!
Ons het n gypsy 3c oorgebou. Het toe n goldair yskkas wat mooi pas gekry en dit werk met my son paneel stelsel
Joanie wou nie die oorspronklike yskas waarmee die Sprite SW uitgekom het hê nie, en my vereiste was dus ook 'n 1200 mm ys/vrieskas. VREK gesoek - elke moontlike yskas vervaardiger, karavaan plek ens. gebel en opgesoek deur "Google" en uiteindelik een raakgeloop by Middelburg Karavane. Onmiddelik die volgende oggend gery en die gesogte dingetjie gaan haal. Pas perfek en werk baie goed. Later gesien dat Gibbons (die Karavaan onderdele plek in Vanderbijlpark) ook so 'n 1200 mm ys/vrieskas het.