English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 439
Total Replies: 251 844
Total Views: 83 200 168
topics: 11 520
replies: 138 656
views: 39 318 596
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

0% alkohol

replies: 31
views: 461
01 Mar 2020 @ 09:07:16 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2229
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Die nuwe voorgestelde wet wat reeds deur die President geteken is en net in die staatskoerant gepubliseer moet word gaan baie mense raak. 

Gaan dit beslis makliker vir die owerhede maak om te reguleer by motoriste maar wat gaan dit aan die ekonomie maak. 

Gaan restaurante nie sukkel om 'n bestaan te maak as hulle nie drank verkoop nie.

Dat daar beslis iets gedoen moet word oor die hoë hoeveelheid motoriste wat onder die invloed van drank bestuur is waar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 10:53:48 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Jan. Ek weet nie wat om te dink. Ons is in n wettelose land is daar geen manier dat die gewoonte drinkers gaan skrik nie. Ek stop nou die dag by n Roadhouse. Lang's my kar is n blanke man en vrou. Nou die skinkbord wat so in die venster hak waarop jy jou eetgoed sit staan n bottel Bier ook. Nou vra ek myself. Wat word van moet nie drink en bestuur.

Ons land is siek. Het al te ver in n gat geval, mense gee nie om en voel of n verlore stryd baklei word. Hier alweer gaan n klein groepie mensie gehoor gee terwyl die massas met hul wetteloosheid en dronk g$tte ons verongeluk op ons paaie terwyl die bribes ingeoes word

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 11:35:53 am
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Sep 2019

Daar sal mense dit verwelkom. En dan gaan daar wees wat dit afskiet. Ek het nou die dag amper iets lelik oor gekom. Met 'n dronk voetganger wat langs die pad geloop het. Toe besluit dronkie ek wil nou die pad oorsteek. Dan moet 'n man op jou voete dink al sit jy en bestuur. Dankie vir die voertuie wat so goed ontwerp is. Maar ja dit moet nie net oor voertuig bestuurders gaan nie. Dit moet gaan oor Piet alleman op straat ook. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 11:57:45 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3419
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Nul persent alkahol geld lank reeds in Australië.  Die land se mense se geaardheid is baie soos ons s'n en dit werk daar.  Die verskil is net dat wette daar streng toegepas word.  Daar is maniere om te drink en nie te bestuur nie soos om van Uber gebruik te maak in meeste stede.  Mense sal maar net hierby moet aanpas, dis nou mits dit toegepas word en nie 'n ekstra bron van inkomste vir verkeersmanne word nie.  Dit is nie reg dat drinkers se 'reg' om te bestuur hoër geag word as mense se lewens wat ingevaar gestel word nie.  In ons land lyk dit vir my asof die boosdoener se 'regte' hoër geag word as die res van die bevolking s'n.  Mense reageer sterk as 'n persoon se bestuurslisensie opgeskort word.  Hoe moet die arme man nou by die werk kom om 'n inkomste te verdien?  Die feit dat hy as gewoonte drink-en-bestuurder mense se lewens ingevaal stel en mense permanent van in inkomste kan ontneem, tel blykbaar nie so swaar nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 13:50:15 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2229
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Dit is die ekstra maklike bron  van inkomste wat ek dink gebruik gaan word en ander verkeers oortredings word alreeds so lank oord die hoof gesien. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 13:53:00 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 646
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Die Regering moet ook die handelsure vir die verkoop van alkohol wysig….weeksdae van 09h00 tot 17h00 en Saterdae van 09h00 tot 13h00 en Sondae geen verkope nie.

Kobus ek stem met jou saam dat daar ook teen voetgangers op getree moet word. 'n Vriendin van my was 10 jaar gelede deel van 'n groep motorfietsryers....sy op haar eie motorfiets. So 10km buite Fouriesburg het 'n dronk voetganger voor haar motorfiets in geloop. Gelukkig was daar 'n paar mediese dokters in die groep en kon hulle vining optree. Haar beserings was baie ernstig en sy het ongelukkig beide haar oë in die ongeluk verloor. Die voetganger het met sy lewe geboet. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 15:14:39 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek vir een is nie gepla om te drink tydens my ete by ń restourant nie.

Ek drink en bestuur ook glad nie.

As ek wil moelikheid vir myself maak of soek sal ek ń GWM bakkie gaan koop.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 15:18:27 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3419
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Voetgangers maak gewoonlik 50% of meer van die sterftes op ons paaie uit.  Met ander woorde, 'n groot klomp motoriste ry voetgangers raak.  Ek het simpatie met die onskuldige motoriste wat voetgangers raakry- dit moet erg traumaties wees. Soos ons in die nuus hoor, is dit soms dronk of roekelose bestuurders se skuld, maar ek vermoed meestal is dit die voetganger self wat die oorsaak van sy eie dood is.  As voetganger weet jy mos 'n voertuig kan seermaak en jy bly uit sy pad, al is die motoris ook verkeerd, jou lewe is tog belangriker as om 'n punt te bewys.  Ek ken 'n persoon wat so 'n houding het.  As die robot vir hom groen word, stap hy of daar nog 'n motor aankom of nie- dis moes sy reg.  Hy is al 'n paar keer amper en ook effens raakgery.  Ek meen ons almal weet dit- ons is tog gereeld ook voetgangers.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 15:52:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17337
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Vriende van ons oorsee het geen probleem daarmee nie....as hul uitgaan vir die aand, gaan daar altyd n drywer saam wat niks gebruik nie. 

Probleem hier is....jy kan die strengste wette hê, maar word nie toegepas nie. Ek weet van situasies waar ouens storm dronk was....maar weggekom het met R20.

Miskien sukkel ons spietkops om daai alkohol toetsers te verstaan en te gebruik....nou is dit maklik.....as jou asem ruik na drank, is jy in die moeilikheid.....nie meer nodig om ingewikkelde kursesse deur te maak om te leer hoe om alcohol testers reg te gebruik nie😎

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 17:03:41 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Die Regering moet ook die handelsure vir die verkoop van alkohol wysig….weeksdae van 09h00 tot 17h00 en Saterdae van 09h00 tot 13h00 en Sondae geen verkope nie.

Kobus ek stem met jou saam dat daar ook teen voetgangers op getree moet word. 'n Vriendin van my was 10 jaar gelede deel van 'n groep motorfietsryers....sy op haar eie motorfiets. So 10km buite Fouriesburg het 'n dronk voetganger voor haar motorfiets in geloop. Gelukkig was daar 'n paar mediese dokters in die groep en kon hulle vining optree. Haar beserings was baie ernstig en sy het ongelukkig beide haar oë in die ongeluk verloor. Die voetganger het met sy lewe geboet. 

Chris. Die regering ontvang super tax in sonde belasting, "drank en sigarette" wat meer werd is die die sogenaamde poging om ons paaie te beveilig. Raak onslae van korrupte polisie en verkeer mense, begin daar en kom dan met hierdie powerige pogiging om paaie te beveilig. Alkehol is n probleem maar word gebruik as skans om die werklikheid te verdoesel. Dit is net eenvoudig swak polisieering en korrupsie.

 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 17:12:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17337
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Chris. Die regering ontvang super tax in sonde belasting, "drank en sigarette" wat meer werd is die die sogenaamde poging om ons paaie te beveilig. Raak onslae van korrupte polisie en verkeer mense, begin daar en kom dan met hierdie powerige pogiging om paaie te beveilig. Alkehol is n probleem maar word gebruik as skans om die werklikheid te verdoesel. Dit is net eenvoudig swak polisieering en korrupsie.

 

 

Ek het al gehoor dat dit die regering meer aan medies kos om rook verwante siektes te behandel as wat hul inkry met geld van sonde belastings....daarom hammer hulle steeds daarop om op te hou rook. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 18:20:27 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek het al gehoor dat dit die regering meer aan medies kos om rook verwante siektes te behandel as wat hul inkry met geld van sonde belastings....daarom hammer hulle steeds daarop om op te hou rook. 

Geert ek dink as ons syfers op die tafel kry en nie politieke verdraaide stories om ons koppe te dokter om die teendeel te glo sal ons presies die teenoorgestelde sien. 

Aansporing om op te hou rook is niks anders as n rook skerm om goed te lyk in die politiek en in wereld gesondheid organisasies Werklikheid is die staat cash in big time. Daarom word dit genoem in ons land se begroting en nie in n gesondheids saamtrek nie.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 18:21:33 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 806
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Drink sal die mense drink die nuwe wet sal min of geen mens afskrik nie.

Want die wets toepassings deel ontbreek... hulle kan dan nie eers rooi verkeerslig oortreeding beheer nie, dit is tog sigbaar is nie 'n raai raai dalk het die persoon 'n bier gedrink nie..

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 18:22:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17337
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Darem is dagga wettig.....🤔

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 19:47:47 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4718
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Drink sal daar gedrink word dis wel waar baie ongelukke word veroorsaak deur te veel sterk drank

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 21:05:05 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

These laws are all good and well, my question is, when last did you see and actual traffic officer  ( Speed cop ) who wasn't hiding behind a bush, or relaxing in a car on the side of the road as you were driving along.

When I can truthfully say that for even one day  I saw every car stop at a stop street and not a single car go through a red light, then I will believe that the laws are making a difference. And that peoples attitudes are changing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 21:23:25 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2177
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

As verkeersbeamptes en wetstoepassers werklik n bydrae wil maak ten opsigte van padveiligheid kan hulle gerus hulle toespits op die verbysteek oor sperstrepe. Ek sien dit daagliks gebeur en niemand doen iets daaromtrent nie. Ek is seker die "koffers" sal mooi volgemaak word en die paaie veiliger as wetstoepassers daar begin.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 21:24:40 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Chris sê: "Die Regering moet ook die handelsure vir die verkoop van alkohol wysig….weeksdae van 09h00 tot 17h00 en Saterdae van 09h00 tot 13h00 en Sondae geen verkope nie."

Ek kan ongelukkig nie met jou saamstem nie Chris. Jy wil drankverkope na werksure verbied, dus kan 'n ou nie sy dop gaan koop en by die huis drink nie. Drink gaan hy drink, so nou word hy geforseer om by 'n kuierplek sy dop te gaan maak, na werk, en dan met drank in sy lyf homself by die huis te kry. 

Ek dink sodanige verandering van verkoopsure sal onbedoelde gevolge hê. Ek kan goed onthou. In die voortyd toe die broederbond dit laat doen het, is dit presies wat gebeur het.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 06:15:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek is oor die algemeen 'n "geheelonthouer".  Dus gaan die 0% alkohol my as persoon nie raak nie.  Ek dink dit is 'n rein idee maar ongelukkig word die waarde van 'n reel/wet bepaal deur hoe goed dit afgedwing word.

Jammer om dit te sê dis maar net nog 'n wet wat op 'n verkeerde manier afgedwing gaan word. 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 08:54:22 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

0 persent alkohol is glad nie so groot issue. Ek is al 18 jaar gewoond aan dit en wat lekker is jy party sonder n toekomstige wingerd griep en niemand kan se jy het jou self soos n aap gedra nie. Ook hoef jou wederhelfde nie vir jou te skaam for days to come.

Ook verloor jy nie sommer n fight as dit moet tussen n klomp dronkies. Die houe kom baie stadiger en die balans is maar wankelrig. Plus ek ry my eie Kar huis toe.

So daar is baie voordele in 0 persent alkohol.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 09:08:36 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

0% alkohol beteken vir my dat die crime in die land gaan verdubbel.  

Die gewone ou Polisieman wat sy daaglikse verpligtinge soos diefstal, Inbrake, verkragting, verklarings, ens moet doen gaan nou langs die kroee gaan sit met 'n verkyker om ook deel te word van die bride brigade.  

In Bloemfontein is 'n paar polisiemanne so 'n rukkie terug gevang en geskors oor dieselfde vergrype.  Ryk besigheidsmanne word getarget na 'n Vrydag se bier of twee.  Hulle dreig om toe te sluit oor die naweek en vat jou gratis met regerings vervoer na die naaste autoteller.  Dis hoe hulle gevang is.

Baie nuwe geleenthede word geskep om jou ou staats salaris aan te vul.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 10:13:26 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 646
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Pieter jy moet onthou dat my voorstel oor die ure wat drank verkoop mag word, hand aan hand gaan met die 0% alcohol verbruik. INDIEN die wette dan behoorlik toegepas gaan word, sal die kuierplekke nie meer bestaan nie behalwe as hulle 'n veilige pendeldiens daar stel en/of die drinkers 'n nie drinker saam neem om hul tuis te besorg.

Ek weet dit is so goed soos 'n "pie in the sky".

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 10:36:35 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Drink sal die mense drink die nuwe wet sal min of geen mens afskrik nie.

Want die wets toepassings deel ontbreek... hulle kan dan nie eers rooi verkeerslig oortreeding beheer nie, dit is tog sigbaar is nie 'n raai raai dalk het die persoon 'n bier gedrink nie..

Ek wonder hoe wets gehoorsaam taverns, sjibeens gaan wees.

Zack skryf  85% Profile Strength  Online Posts: 442 Joined: 02 Mar 2015 Experience: 33 years 0% alkohol beteken vir my dat die crime in die land gaan verdubbel.    Die gewone ou Polisieman wat sy daaglikse verpligtinge soos diefstal, Inbrake, verkragting, verklarings, ens moet doen gaan nou langs die kroee gaan sit met 'n verkyker om ook deel te word van die bride brigade.

Soos by n bekende wegneem ete plek. My seun en sy vrou gaan koop wegneem etes en vind die plek gee n gratis Bier met elke bestelling. Seun en sy vrou staan by die deur van die plek en wag vir hulle bestelling, gesels en drink toe die Bier. Vanuit nerens is polisie daar gooi hom en sy vrou in n poliesie Van vir drink in die publiek. Het hulle 2 n paar Duisend gekos om nie die naweek in die selle te slaap.

 

 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 12:04:11 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dink elkeen is groot genenoeg om vir homself te besluit.

Jammer vir die een wat nie kan besluit nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 21:18:20 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Het die Prez dit regtig geteken? soos ek dit het het hy die nuwe AARTO wet onderteken en ou Mbalula het agterna stellings gemaak dat die 0% ding gaan inskop saam met AARTO in Junie 2020...(klink soos iets wat hulle wil byvoeg?), maar AARTO moes ook al jare terug ingeskop het...en het steeds nie? Wonder maar net....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 22:36:40 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Daar is duisende besighede oor die land wat hulle eie "sosiale area" het waar by geleentheid na ure, en soms self voor na ure 'n paar doppe gedrink kan word. Werkgeweres sal sal tog sekerlik na dese 'n sosiale verantwoordelikheid moet demonstreer, en of geen alkohol op hulle persele moet toelaat nie, of Pa staan vir die gevolge vir oortreders. Kerspartytjies en negentiende putjies kom ook in jou gedagtes op.

Gaan hier werklik 'n kultuur verandering kom, of gaan ons maar soos met stopstrate net aangaan met die hoop dat die elfde gebod ons sal begunstig?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 06:25:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Daar is duisende besighede oor die land wat hulle eie "sosiale area" het waar by geleentheid na ure, en soms self voor na ure 'n paar doppe gedrink kan word. Werkgeweres sal sal tog sekerlik na dese 'n sosiale verantwoordelikheid moet demonstreer, en of geen alkohol op hulle persele moet toelaat nie, of Pa staan vir die gevolge vir oortreders. Kerspartytjies en negentiende putjies kom ook in jou gedagtes op.

Gaan hier werklik 'n kultuur verandering kom, of gaan ons maar soos met stopstrate net aangaan met die hoop dat die elfde gebod ons sal begunstig?

Dit is waar wat jy sê.

Ons verkeers personeel kannie eers Stop by 'n stop straat of selfs by 'n Robot afdwing nie hoe gaan hulle maak met die een.

Mense doen wat jy hom toelaat om te doen.  As jy hom pakslae gee oor klein oortredingtjies, dan is hy ligtig om groter reels te oortree.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 11:49:15 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Darm geniet ek my drankie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 13:27:54 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Dink party mense gaan ook die dam onder die eend uitruk met die een. Ek is mos mooi groot en geniet wat ek wil wanneer ek wil? Terloops in bv Duitsland is die mense lugtig om te drink en bestuur (maar dis nie 0% nie) en gewoonlik is iemand altyd die aangewese bestuurder, ander keer weer die volgende ou se beurt en so aan 9drink en bestuur daar beteken basies koebaai lisensie). MAAR meeste groot firmas het hulle eie kantien waar oa ook bier gedrink kan word binne werksure (behalwe as dit deur die wet verbied word bv. in die kern bedryf). Maar hemel behoede jou as jy oor die limiet is oppie job! Ek het lank 'n Beierse mpy se plaaslike kantoor bestuur en was altyd gefassineerd as ek in Munchen is en party ouens koop 'n bier in die kantien saam met middagete! Ander uiterste is weer Florida in die VSA, daar is jy in diep doo-doo as jy in 'n ongeluk betrokke is en jy is nie 0% nie (alle bestuurders in 'n ongeluk word getoets), jy mag nie eers 'n alkohol houer bv 'n blikkie bier, leeg of vol/onoopgemaak in die voertuig se kajuit hê nie, slegs in die bak agter. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 13:45:35 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek dink die grootste gevaar is dat as hulle jou vang jy jou werk kan verloor in die proses.

Vir die manne wat afgetree is kan die ook nadelig wees as jy sonder 'n lisensie jou metgesel moet hospitaal toe vat in nood. 

Ons sal maar ons gewoontes moet aanpas.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 11:53:39 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Is nou nie veel gepla of hulle dit doen of nie. Wat amper erger is as die ou wat effens iets in het, is die ou wat sit en sms terwyl hy bestuur. Ek sien dit die laaste tyd al hoe meer.

Nog iets wat daar `n problem kan wees. Die ou kan sy zol by die huis rook, maar wanneer en hoeveel zol is teveel vir bestuur?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 13:07:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17337
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za