English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 648
Total Replies: 236 947
Total Views: 82 693 492
topics: 142
replies: 2 269
views: 337 607

Mag jy nog vuur op grond maak?

replies: 28
views: 641
03 Sep 2018 @ 20:56:13 pm
Goose On The Move
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 06 Jul 2018
Experience: 4 years

Met ons onlangse kamp was daar net so hoë braaier waar ons kon vuur maak. Dit het glad nie die "nou kamp ons" atmosfeer gehad nie en ons het dus nooit om dit gesit en kuier nie. 

Wat is die gebruik by kamp plekke rondom vuur op die grond maak? 

Laat hulle dit toe as jy jou eie fire pit/ boma/ konka het?

Indien ja, wat is prakties om daarvoor te gebruik? Kan jy net yster plaat saam ry of moet dit voete hê?  Wat vervoer maklik ? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2018 @ 06:00:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Eerstens is daar oorde wat glad nie konkas toelaat in die oord nie welke die redes mag wees. Een so oord is Bosveld Oase in Brits omgewing.

Dan is daar oorde wat geen onuitgesproke reel daaroor het niemaar dit wel toelaat. Ek dink mens moet maar net vooraf vra.

My konka lyk so

Al hoewel daar klein kooltjies kan afval is die skade na 'n naweek se vuur nie eers sigbaar in die gras nie.  Op plaveisel kan ek die konka so laag op die grond hê soos op die foto maar op gras moet ek die ketting waaraan alles hang baie korter maak en die as pan ongeveer 300 - 400mm van die grond af hê anders droog die hitte die gras in elkgeval uit en vrek die gras na die tyd.

Beste is maar hoor of die oord 'n konka toelaat. Andersins kies net 'n plekkie vir hom waar hy nie die skade kan aanrig nie. Soos genoem is die skade twee voudig: 1. Kole wat afval en 2. As vuur te laag is al is dit in 'n pan droog hy die gras so uit dat dit in elkgeval dood gaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2018 @ 06:05:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Nou my konka vou op.

  1. Twee van die drie pote kan verwyder word dan gaan die drie pote in hul eie sak.
  2. Die as pan skroef van die mandjie af en lê plat.
  3. Vuur mandjie is basies die enigste groterige gedeelte. Maar met die het ek ook 'n plan. Gaan hom maak dat hy inmekaar opvou dan sal hy binne die as pan lê.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2018 @ 06:13:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14697
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek weet n oord soos Villa Spa laat net braaivleis met kole toe....geen hout vure, en dan moet kolebak ook n sekere hoogte vanaf grond wees. Sulke reëls het natuurlik ingekom omdat daar kampeerders is wat nie omgee oor netheid van kamp nie en oord se gras verbrand. Ek verstaan 100% as oorde nie dit toelaat nie.....ek sal ook nie n kol op my grasperk by die huis wil dood brand nie - so hoekom iemand anders se grasperk wil brand? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
04 Sep 2018 @ 06:30:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Waar wat jy sê Geert.  As ek nie my eie gras by die huis sal beskadig nie waarom 'n oord sin beskadig. So mens moet maar net uitvind by die oord tydens jou bespreking.

Dan spaar dit jou om die konka saam te karwei vir niks.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2018 @ 06:52:43 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14697
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Soos hierdie is my onaanvaarbaar.....

Dink net almal doen dit. Volgende ou se setup lyk anders en maak vuur ander plek.....kort voor lank het daai site geen gras oor nie.

 

En vir hoeveel van ons is dit n groot pluspunt om op mooi groen gras te kan staan....nie eers nodig om grondseil uit te gooi nie!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2018 @ 07:20:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ten minste gebruik die mense 'n reeds beskadigde plek op die gras perk verder kan ek sê niks oor die foto nie.

Want my grys water teen 'n boom steek 'n ander paar mense dwars in die krop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2018 @ 07:24:42 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 893
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Sê ek ook.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2018 @ 17:36:28 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1674
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Solank jy nie gate in die grond grawe om 'n kampvuurput te maak nie, geniet jou vuur.

Ook nie die plek vir die kamper na jou ontsier met gebrande graskolle en as nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2018 @ 09:41:13 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

As almal dit met respek en ordentlik doen sien ek nie n probleem nie.......maar ai daardie slegte aartappels!!!!!!!!!

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2018 @ 14:05:35 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1776
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Solank jy nie gate in die grond grawe om 'n kampvuurput te maak nie, geniet jou vuur.

Ook nie die plek vir die kamper na jou ontsier met gebrande graskolle en as nie.

Stem...................

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2019 @ 12:03:44 pm
Goose On The Move
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 06 Jul 2018
Experience: 4 years

Ek het op die ou einde vir my man 'n Bon Braai , tabletop braaier gekoop wat 'n konka tipe grid het. Die voordeel is dat dit klein opvou en baie draagbaar is. Ons het min plek in ons Skipper Oyster so ons het iets baie kompak nodig gehad.

As ons vuur daarin maak moet dit wel op grond staan anders brand die gras. As daar dus net gras is gebruik ons nie die konka nie want ongelukkig is die bodem nie verstelbaar (soos Leon sin nie).

Vir gewone braai sit ons dit net die Bon Braai op die oord se bestaande braai sodat ons die nodige hoogte kry, maar het die gerief van 'n skoon grid waarop ons dan kan braai.

 

Die Bon Braai werk baie goed vir ons.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2019 @ 12:25:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14697
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het op die ou einde vir my man 'n Bon Braai , tabletop braaier gekoop wat 'n konka tipe grid het. Die voordeel is dat dit klein opvou en baie draagbaar is. Ons het min plek in ons Skipper Oyster so ons het iets baie kompak nodig gehad.

As ons vuur daarin maak moet dit wel op grond staan anders brand die gras. As daar dus net gras is gebruik ons nie die konka nie want ongelukkig is die bodem nie verstelbaar (soos Leon sin nie).

Vir gewone braai sit ons dit net die Bon Braai op die oord se bestaande braai sodat ons die nodige hoogte kry, maar het die gerief van 'n skoon grid waarop ons dan kan braai.

 

Die Bon Braai werk baie goed vir ons.

Dis mos die braaier wat mens bo op n tafel kan  braai as jy kole gebruik? Gooi water in onderste bak?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2019 @ 14:41:27 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1776
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Lizelle........Ek dink daardie "watsenaam" braai van jou kan baie baie gevaarlik wees as die wind opsteek, of as die kole uitval. Kry eerder een soos konka wat gate het. Ek dink dit is net veiliger vir mens, dier en natuur.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2019 @ 15:40:51 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 291
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ons Suid Afrikaners hou maar van 'n vuur wat lekker brand.   Dis tradisie.  Enige vuur hetsy met kole of hout bly maar 'n gevaar vir die moontlikheid van 'n weghol brand as die wind opsteek.  Geen braaier is 100% veilig nie.  Laat elke man maar sy eie braaier en braai metode geniet.  Hoeveel vure word aangesteek en hoeveel weghol brande is daar per jaar in SA?

Maak nie saak waar jy vuurmaak nie doen dit net veilig.  As die kole nog warm is en jy wil gaan inkruip is dit jou plig om dit 100% dood te gooi of dood te maak.  As 'n kampplek nie oor vure toelaat nie hou by hulle reels of gaan kamp elders.  Alles kom maar neer dat 'n tjoppie wat op die vuur braai lekkerder is as op gas is 100% waar.  Selfs my keelnatmakerjie proe anders naby 'n oop vuur.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2019 @ 18:42:33 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ekt ook al kolle op my gras gebrand, nie met die fisiese vuur nie, maar die hitte wat onder uitstraal, toe pak ek stene onder my "vuurpan" in die aande wat ons wel vure maak, gras nog nooit weer issue gehad nie, vat net stene volgende oggend weg en die gras is ok

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2019 @ 21:56:46 pm
Goose On The Move
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 06 Jul 2018
Experience: 4 years

Dankie, ek sal bietjie die water en stene probeer, oulike idees.

Ja wat, ek is baie versigtig vir vuur, die konka is redelik klein en ons maak gewoonlik klein vure wat uitbrand teen die tyd wat ons gaan slaap. Dit wat nog brand gooi ek dood met water.

Op daardie noot, wat is die beste manier om die vuur te blus ? Ek is nie mal oor die water metode nie is daar iets anders ? 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 08:01:23 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Dankie, ek sal bietjie die water en stene probeer, oulike idees.

Ja wat, ek is baie versigtig vir vuur, die konka is redelik klein en ons maak gewoonlik klein vure wat uitbrand teen die tyd wat ons gaan slaap. Dit wat nog brand gooi ek dood met water.

Op daardie noot, wat is die beste manier om die vuur te blus ? Ek is nie mal oor die water metode nie is daar iets anders ? 

 

 

Sand en grond werk ook ;-)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 08:49:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek gebruik charcoal of gas as ek braai. Dus.............

Ek brand pine hout in die konka vir volgende redes:

  1. Ek wil by vuur sit nie by kole en rook nie.
  2. Daar is min tot geen rook reg om die vuur want die pine brand baie maklik.
  3. Pine brand vinnig tot fyn as.
  4. As die hout uitgebrand het is daar net vir 'n kort rukkie klein stukkies kole wat vinnig tot as verander. 
  5. Dis dan nie eers nodig vir dood gooi van die as nie.
  6. Groot sakke pine brand uit tot niks in die onderste pan nie.

Laastens betaal ek somtyds R20-00 vir dieselfde hoeveelheid pine as 5 tot 6 sakke sekelbos. Meeste van die kere gee hulle dit off-cuts verniet weg.

Vir my is dit dus minder moeite en meer ekonomies om pine te brand.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2019 @ 06:28:38 am
Goose On The Move
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 06 Jul 2018
Experience: 4 years

Ah, dankie ek sal dit bietjie probeer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2019 @ 08:46:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14697
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

By Manyane het hulle vierkantige concrete vuurputte. Ons het dit baie geniet. Soos jy sê mens kuier lekker om so n vuur. En kan lekker sit en braai......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2019 @ 14:08:13 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

By Manyane het hulle vierkantige concrete vuurputte. Ons het dit baie geniet. Soos jy sê mens kuier lekker om so n vuur. En kan lekker sit en braai......

Dis nogal lekker, as oorde dalk voorsieing kan maak vir elke staanplek vir so iets.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 11:28:12 am
Goose On The Move
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 06 Jul 2018
Experience: 4 years

@ Leon - Ek het nou gesoek op die web en kan plekke sien wat sagte hout adverteer. Hulle spesifiseer nie of dit pine is nie maar dink jy dit kan werk ? Daar is ook blue gum maar ek weet nie of dit soos die pine sal brand nie?

Anders, waar koop jy jou pine hout ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 11:33:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Het altyd by "The Knotty Pine Shop" op die ou Warmbad pad gekoop maar hulle is nou toe.

Nou kry ek dit by 'n plek in Roslyn wat ou gebruikte Palette af takel en dan weer die heel planke verkoop. Daar is baie afval stukke wat daar uit kom.

Dan met Vanderhoff uit in westelike rigting net na die Coke fabriek is 'n plek wat hout besems maak.  Daar is vrek baie off-cuts.  Hulle breek ook ou palette vir die hout om die besems te maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 11:36:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Beide die plekke weet ek waar dit is maar het nie die adres nie.  Ons maak maar konka vuur eintlik net in die winter.

Dis wanneer ek daar hout gaan haal.  Ek kan verduidelik hoe om daar te kom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 11:47:50 am
Goose On The Move
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 06 Jul 2018
Experience: 4 years

Ek het volgende plek op gespoor : Palletts and Crates Rossyln :

GPS – Corner of Ivory street and Amber Street Klerksoord 

Unit 2, Ivory road

Klerksoord

Akasia

 

Ek wag net om te hoor of hulle die off cuts verkoop. Dankie vir jou hulp

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:26:23 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jy gaan beter reg kom by :

STING PALLETS

Tel no       012 541 5004

Adres        1 Hendrick van Eck st

                   Akasia

Het die plek gaan soek op Google Earth.  Dis op die draai by hoek van strate Hendrick van Eck en Fairwood.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:31:43 pm
Goose On The Move
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 06 Jul 2018
Experience: 4 years

Dankie, waardeer jou moeite 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:52:08 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 333
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ons "boma", basies n  ronde plaat wat lekker dik is met voetjies so 20 cm lank met sy bola wat bo-op kom waarin die hout gaan, kamp altyd saam.

Vat vas manne!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required