English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 614
Total Replies: 253 935
Total Views: 83 284 825
topics: 4 505
replies: 30 897
views: 17 444 976
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 86
replies: 177
views: 8 632
Kruger National Park, Satara Camp - SanParks
Kruger National Park, Satara
44
Total Ratings: 44
42   
2
Rated: 02 Apr 2020
Type of Resort:
Family with children: 4
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 1

Satara Junie 2016

replies: 23
views: 7811
28 Jun 2016 @ 09:46:50 am
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 18 years

Wil net 'n vinnige terugvoer lewer oor ons besoek aan die Kruger Wildtuin. Ons het 4 nagte op Satara gestaan en 2 nagte by Tsendze. (sal later apart oor Tsendze gaan terugvoer gee). Dit was ek, my vrou, ons 2.5 jarige seuntjie en my skoonouers.

Ons het by Orpen hek ingegaan en rustig gery tot by Satara waar ons gaan kamp opslaan het. Satara is 'n groot kamp met baie mense, maar dit was tog rustig gewees. Die winkel is seker een van die bestes in die wildtuin en daar is 'n Mug-en-Bean en Debonairs vir mense wat dalk nie die dag lus is vir kos maak nie. Ons het nie van hul dienste gebruik gemaak nie :)

Ons het nie plek teen die draad gekry nie oor ons eers 4uur die middag in die kamp ingekom het, maar het 'n lekker staanplek naby die een ablusieblok gekry. Soos alle staanplekke in die wildtuin, is daar nie gras nie en die grond is redelik hard, maar nie so hard dat ek penne gebuig het nie. Die ablusies was skoon en 'n lekker ding van die een ablusieblok (die groot een teen draad) is daar daar 'n familiebadkamer ook is met 'n toilet en stort, vir mense met kinders. Ons het hom elke aand gebruik as ons vir Heino gaan stort het. 

Die area is baie droog, die laat reëns het gesorg dat die bome bot, maar daar is nie baie gras nie. Die blaarvreters lyk goed, maar die grasvreters kry baie swaar. Kyk op die foto's hoe maer die buffels is en hoe kaal die wêreld is. Ek het veral die seekoeie baie jammer gekry.Daar is darem redelik water in die watergate. 

Satara is katwêreld en ons is nie teleurgestel nie. Ons het in die 4 dae, 6 keer leeus gekry en 4 keer luiperds. Oppad na Tsokwane het ons 17 leeus gekry wat al agter 'n buffeltrop aan beweeg het. Ander wild was ook volop.

Die lekker ding van Satara is dat daar in elke rigting 'n piekniekplek naby is. Ons is een dag deur na Tshokwane, een keer na Timbavati en een keer na N'wanetsi. So ons kon elke dag in 'n ander rigting ry. Die weer was lekker gewees met 2 dae wat bewolk was met so misreëntjie elke nou-en-dan.

Ek en my vrou het ook vooraf bespreek om die oggendstap ("morning walk") te doen by Satara terwyl oupa en ouma met ons seuntjie gaan ry het. Dit was nou lekker. Hulle vat maksimum van 8 mense saam met twee gewapende gidse. Ons moes al 5:15 aanmeld en is daarna met wildvoertuig uitgery in die rigting van Tshokwane en met die Sweni-watergat pad uitgegaan.Ons het olifante, wildebeeste, rooibokke, jakkalse en 'n siwetkat te voet gekry. Die klein dingetjies wat die gids ons gewys het was ook baie interessant. Goed soos 'n skilpad se spoor, skerpioene se wegkruipgate (Veral nuttig om te weet as jy tent opslaan!!), olifantspore en die duisendpootdoppe in 'n siwetkat se mis. Oppad terug van die staparea met die wildvoertuig, het ons leeus by 'n watergat gekry en 'n luiperd wat teen die pad gestaan het. Ons was teen 10:30 weer terug in die kamp.

Satara was vir ons baie lekker. Dit is 'n groot kamp en die kamp was vol, maar dit het nooit gevoel of ons vertrap word nie. Ons hou ook daarvan om grondpaaie te ry, so ons het nooit regtig die erge verkeersknope beleef wat in die Suide volop is nie. Ons sal beslis weer gaan.

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 11:54:26 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1830
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years
Dankie vir die terugvoer en die foto's.
Satara bly maar een van die gewilde en mooi areas in die KNP.
Sal graag jou kommentaarvoor Tsendze wil hoor want ons gaan later soontoe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 12:15:26 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1036
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years
Janus dankie vir fotos,julle staptog was awesome om soveel wild te sien
Satara stel nooit teleur nie, geniet ook die stil paaie daar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 12:25:03 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9905
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dankie vir die terugvoer.

Ons is begin Augustus daar vir 5 dae, 4 x gesinne met hul wa's gaan daar staan.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 12:29:17 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2247
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Dankie Janus. Was ook nog nooit by Satara teleurgesteld nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 13:20:04 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3327
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Jy maak my nou ook lus vir Satara - sal nooit vergeet hoe lekker was hulle seekoeiwors nie.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 13:20:06 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3327
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Jy maak my nou ook lus vir Satara - sal nooit vergeet hoe lekker was hulle seekoeiwors nie.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 13:22:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17526
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Lekker Kamp daai...dankie vir terugvoering
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 13:52:15 pm
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 18 years

Dankie vir die terugvoer en die foto's.
Satara bly maar een van die gewilde en mooi areas in die KNP.
Sal graag jou kommentaarvoor Tsendze wil hoor want ons gaan later soontoe.

Heindrich, het hom vinniger as beplan gedoen. Hopelik help dit met iets : Tsendze Junie 2016 Dis die moeite werd om 'n spesifieke staanplek te bespreek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 14:17:20 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Janus, dit klink of dit sommer baie lekker was.  Julle het mooi diere gesien, net jammer die veld is maar droog.   Jul seuntjie het omtrent gegroei van die laaste foto waar ek hom gesien het.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 14:26:02 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years


Dankie vir die terugvoer.

Ons is begin Augustus daar vir 5 dae, 4 x gesinne met hul wa's gaan daar staan.

Dit klink baie lekker, Chuck.

Jy maak my nou ook lus vir Satara - sal nooit vergeet hoe lekker was hulle seekoeiwors nie.

Seekoeiwors?!   Nee, hy is te lelik, hom eet ek sowaar nie.........

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 15:02:43 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3327
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Dit gaan nie oor hoe dit lyk nie - dit gaan oor hoe dit "proe".

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 15:29:05 pm
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 18 years

Janus, dit klink of dit sommer baie lekker was.  Julle het mooi diere gesien, net jammer die veld is maar droog.   Jul seuntjie het omtrent gegroei van die laaste foto waar ek hom gesien het.

 

Dankie, dit was baie lekker gewees. Jy is reg oor ons seuntjie, hy groei nou omtrent teen 'n spoed!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 15:53:35 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Dankie vir die fotos en inligting Janus. Ons sal daar wees in September, kyk nou baie uit daarna.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 16:06:32 pm
Karel
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 357
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 45 years

Dankie vir die fotos en inligting Janus. Ons sal daar wees in September, kyk nou baie uit daarna.

Ons gaan ook in Sept vir 2 weke.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 16:16:51 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Dit gaan nie oor hoe dit lyk nie - dit gaan oor hoe dit "proe".

Ek praat nie van hoe die wors lyk nie DR.laughing   Ek praat van hoe die seekoei lyk.laughing

As ek seekoeie sien, sal ek sê "ons het pragtige seekoeie gesien" maar eintlik is hy gladnie pragtig nie. yell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 18:01:06 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Janus, ek kan beaam wat jy sê oor Satara.  Al is dit droog, wildbesigtiging is uitstekend met wildpaaie in 'n 360º rigting.  Ons verkies juis by Satara om nie naby die heining te staan nie omdat die weste son jou gedaan maak en koelte uiters skaars is.

Volgens jou foto het julle tog 'n baie lekker staanplek gehad en ook nie te naby aan julle bure nie  -  ook heelwat bome wat darem die ergste son kon afweer.

Ons was 'n maand gelede ook daar en hier is ons staanplek.  Dit was die mees suidelike staanplek in die kampterrein, naby aan die heel onderste ablusieblok.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 18:27:30 pm
Jacques24
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 15 Dec 2014
Experience: 9 years

Was ook daar laas week , vrek droog , maar lyk beter Olifants, Letaba kant toe, Buffels se kondisie  baie beter, asook Seekoeie, glo net hul kan die winter uitsien.

Get your facts first, then you can distort them as you please.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 18:32:13 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dankie Jacques, netso mooi fotos !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 20:50:15 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Mooi fotos Janus en Jacques. Dankie vir die deel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 21:27:24 pm
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 18 years

Mooi foto's Jacques! My skoonpa hulle het daai selfde luiperd afgeneem toe hulle met ons seuntjie gaan ry het terwyl ons gestap het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2016 @ 19:45:09 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1021
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

UiltjieUiltjie in die boom voor die winkel op 17 Junie 2016wie kyk nou

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2016 @ 10:00:28 am
Gawegawie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 03 Jan 2008
Experience: 17 years
This has really turned up the yearning for our Kruger Park visit in August . . . 32 sleeps to go.
Thanks guys for the awesome photos, so nice to be able to show my daughters what they are going to be able to see, they sommer now want to start packing already.
Life is too short not to live it, No Regrets, Just live it like there's no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2016 @ 18:07:35 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4784
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Julle almal dankie vir die fotos dit maak my lus om wiltuin toe te gaan
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za