English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 713
Total Replies: 255 289
Total Views: 83 336 039
topics: 4 508
replies: 30 953
views: 17 448 935
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 86
replies: 181
views: 8 738
Kruger National Park, Berg-en-dal Camp - SanParks
Kruger National Park, Berg-en-dal
32
Total Ratings: 32
29   
3
Rated: 29 Jan 2020
Type of Resort:
Family with children: 5
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 3

Berg-en-Dal Junie 2015

replies: 23
views: 9357
07 Jul 2015 @ 10:50:28 am
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 19 years

Ons was Kruger Wildtuin toe die week voor die skoolvakansie begin het van 20 tot 24 Junie. Ons eerste nag moes ons in Pretoriuskop in ‘n hut bly oor daar geen kampplekke beskikbaar was in die Suide nie (was ‘n Saterdag soos geen verassing nie). Ons het die Sondag Berg-en-Dal toe geskuif waar ons gekamp het.

 

Ek was 12 jaar gelede laas op Berg-en-Dal en het vergeet hoe mooi die omgewing daar is. Berg-en-Dal se boustyl verskil van die ander kampe in die wildtuin, in plaas van die ronde wit ronddawels met grasdakke, is dit vierkantige siersteen geboue met grasdakke. Dit lyk na jou tipiese oord boustyl. Die huisies is egter baie goed uitgelê en van hulle het werklik uitstekende uitsigte oor die rivierloop.

 

Ons het op die verste punt van die kampterrein gekamp (op kaart gemerk). Alhoewel dit lyk of dit langs die hek is, is daar ‘n styl bult wat dig bebos is tussen die deel en die hek. Mens moet al die pad met die paadjie langs ry om by die hek te kom, so dit voel of mens ver van die hek af kamp J

 

Die kampplekke is ruim en oor die algemeen gelyk, maar daar is hier en daar plekke wat baie ongelyk is. Die grond is egter die hardste wat ek nog teegekom het. As jy ‘n koordlose boor het, vat hom saam om gate vir jou tentpenne te boor. Ek het 4 van my grondseil se penne lelik gebuig en sal hulle moet vervang, met die gesukkel om hulle in die grond te kry. Ek het nie eers probeer om my tent te anker nie.

 

Die kragpunte is redelik naby aan staanplekke (minder as 20m) met ‘n asblik en kraan daarby. Die braaiers kan skuif en daar was meer as genoeg. Die badkamers is binne 100m van die meeste staanplekke af en is meer as voldoende gewees en word mooi in stand gehou en gereeld skoon gemaak.

 

Die wildkyk was vir ons baie goed gewees. Ons het 3 keer leeus gekry, 1 keer ‘n luiperd, baie buffels, baie olifante en die renosters was volop. Gewone wild was daar ook baie gewees, het ‘n trop van 16 koedoebulle bymekaar gekry! Die hoogtepunt was egter toe ons drie jagluiperds reg langs die pad gekry het naby Transport dam.

 

Dis baie lekker om op die bankies by die dam by die winkeltjie en restaurant te sit en te kyk hoe diere kom water drink. Die winkel het ‘n groot verskeidenheid voorraad en mens kan alles wat jy nodig sou kry op ‘n gewone kamp, daar vind. ‘n Ander attraksie aan die kamp is die Renoster-staproete wat al op die rand van die kamp loop(binne die draad). Ons seuntjie(20 maande oud) het dit vreeslik geniet as ons die staproete gaan loop het.

 

Al ding van Berg-en-Dal wat pla is dat mens nie werklik ‘n verskeidenheid piekniekplekke het nie, dis net Afsaal wat naby is. Ons het een dag met die grondpaaie na Nkuhlu tussen Skukuza en Onder-Sabie gery, maar dit was baie ver vir ons seuntjie om in die kar te sit.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 11:21:39 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2039
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 52 years

Dankie Platjan vir jou uitstekende en volledige terugvoer.  My boor en lang boorpunt is altyd ingepak vir daardie klipharde grond by Berg-en-dal, veral in die wintermaande wanneer dit droog is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 11:30:28 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5841
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

"Ek het 4 van my grondseil se penne lelik gebuig en sal hulle moet vervang, met die gesukkel om hulle in die grond te kry. Ek het nie eers probeer om my tent te anker nie."

Gebruik 4" spykers met groot wassers met 'n gat net groot genoeg vir die spyker, BAIE goedkoper en werk beter.

Lekker saam gekuier, dankie.  

Ons het ook Berg-en-Dal geniet, mense wat saam met ons was het een middag agter gebly en het gesien toe 'n trop wilde honde 'n Bosbok teen die draad aan gekeer het.  Ons het later die Hyinas gesien en gehoor hoe hulle die bendere kou.

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 11:37:42 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 49 years

Dankie vir die terugvoering die wiltuin bly maar ń lekker plek

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 11:42:01 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Dankie vir die terugvoer en mooi fotos Janus. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 11:49:09 am
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 19 years

"Gebruik 4" spykers met groot wassers met 'n gat net groot genoeg vir die spyker, BAIE goedkoper en werk beter."

 

Dankie vir die raad Wilsur! Dit is eintlik so eenvoudig en maklike oplossing, maar ons wil alles mos altyd ingewikkeld maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 12:17:16 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Ons het so pas besluit op 'n "midweek" vroeg in September by Berg en Dal. Gaan more bespreek.

Dis nou wat gebeur met die tipe drade/terugvoer/fotos.laughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 12:22:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10068
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years
Dankie vir die terugvoer en mooi fotos, einde Julie op pad Kruger toe.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 12:25:35 pm
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 19 years

Ons het so pas besluit op 'n "midweek" vroeg in September by Berg en Dal. Gaan more bespreek.

Dis nou wat gebeur met die tipe drade/terugvoer/fotos.laughing

 

Julle sal nie spyt wees nie Hendrik :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 12:26:38 pm
Anonymous

Dankie vir die deel van fotos en breedvoerige terugvoerlaughing

Ek het vroeër ou kar valves waarvan ek die punte effens skerp gemaak het vir grond seil se vas kap gebruik, daai goed buig nie. Selfs by Die Oog het dit gewerk.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 12:47:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17661
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Dankie vir deel van ervaring
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 13:09:54 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1038
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 12 years
Janus dankie vir die fotos maak n mens lus vir oom Paul se plaas, julle het baie gesien, Berg-e-Dal bly mooi kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 14:19:11 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1603
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years
Ek geniet dit saam met julle,dankie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 20:26:16 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4826
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years
Dankie Platjan dit was nou lekke innie wiltuin saam jou
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 20:48:44 pm
Anonymous

Dis redelik moeilik om ordentlike penne te kry, die wat vir grondseile gemaak word, is mildsteel met ewe swak waster op gesweis. Die tweede hou en die kop is krom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 21:14:04 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5841
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Janus

Jip, dit is goedkoop en werk.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2015 @ 21:26:50 pm
Anonymous

Willem, ek dink ook dit gaan beter werk as die gemors wat mens ten duurste aankoop. Ek gaan vir my so paar spykers vat, en self wasters aan die onderkant van die kop vas sweis en toets. Oulike idee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2015 @ 06:36:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17661
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Spykers en wasters is nou goeie idee 👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2015 @ 07:05:37 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 49 years

Geert as jy die moeite wil doen  om hulle vas te sweis  vat eerder jou ou springsteel penne  sny hulle op en sweis  washers op hulle  dan het jy tenminste ń behoorlikke pen

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2015 @ 07:11:44 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17661
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Geert as jy die moeite wil doen  om hulle vas te sweis  vat eerder jou ou springsteel penne  sny hulle op en sweis  washers op hulle  dan het jy tenminste ń behoorlikke pen


Ja..dankie..ek juis klomp ekstra van hulle...dankie vir die goeie idee!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2015 @ 07:14:11 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17661
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
....en is sterker as spykers
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2015 @ 07:18:16 am
joese
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 02 Jul 2015
Experience: 32 years
nog n wenk gebruik kar valves maak net die punt skerp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2015 @ 07:19:48 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 44 years

Môre manne,

Gebruik ook soos Willem daai spykers maar ek sukkel nie eers met wasters nie.

Koop vir jou 'n plaatjie (hulle is in sulke rytjies van 6 aanmekaar) sinkplaat wasters.

Dis nou daai wat die gekromde waster met die stukkie swart plastiek binne in het.

Daai goed is so goedkoop jy hoef nie eers te sukkel om die wat rêrig erg buig weer reguit te slaan nie.

Werk uitstekend. 

Die manne by die silinder plekke het die triek van die valves agtergekom en wil dit nou verkoop.

Spite hulle en koop spykers en sinkwasters en sit hulle so op hulle plek. HeHeHe

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2015 @ 11:19:06 am
Heinlag
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 78
Joined: 19 Apr 2007
Berg & Dal en die Wildtuin bly tops!
Ek toer in die KNP vir 3 weke volgende maand en is erg opgewonde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za