English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 067
topics: 4 391
replies: 29 470
views: 17 334 763
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 219
replies: 151
views: 9 093

Tamboti Vreugde

replies: 18
views: 7086
31 Mar 2015 @ 09:53:16 am
JacquesJ
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 02 Sep 2014
Experience: 28 years
Goeie More,

Ek wil graag hoor of hier dalk iemand op die forum is wat al by Tamotie Vreugde gekamp het. Dit is net so 45 min se ry buite Pta, oppad Warmbad toe. Ons gaan nou vir Paasnaweek daar kamp en wil net bietjie weet oor die oord.

Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 10:07:52 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years

Jaques doen n search hier langs die kant ek sien daar was al gepraat oor die oord die laaste inskrywing laas jaar oktober en dis nie goed nie mense kla redelik van die plek. Ek glo iemand sal jou wel antwoord en kom ons hoop dalk is dit goeie nuus so ver lyk dit beroerd 

"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 10:20:09 am
Johan
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 161
Joined: 01 Jan 2012
Experience: 22 years
Was daar en sal nie weer gaan nie. Akkommodasie ok maar dit is al wat daar is en miljoene muskiete wat baie hou van al die middels op die mark. Klein vlak swembadjies. Pad baie sleg.,het oa my bakkie se tirerod ends uitgeruk. Sien my beslis nie weer nie.

Lekker kamp

Johan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 10:41:35 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Was nog nie daar nie maar wat ek hoor is dit n stil rustige plek waar jy behoorlik kan rus.

Wat ek wel weet dat die Tambotie boom mooi rooi blomme dra en as jy met hom braai kry jy geweldige maagwerkings erger as n progasie middel 

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 12:55:26 pm
Hennie
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 28 Feb 2013
Experience: 19 years
Het daar n ruk gelede bespreek maar eers gaan kyk. Sal nooit met my karavaan daar heen gaan nie hy sal uitmekaar skud. Pad was baie sleg en net sinkplaat. Ek het selfs my bakkie jammer gekry. Ook nooit my deposito teruggekry nadat ek gekanselleer het nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 13:13:18 pm
Anonymous
Was ook daar so paar jaar terug.

Die staanplekke was toe nie afgemerk nie en almal het maar gestaan soos hulle wil. Dit was ook 'n langnaweek so dit was vol. Vermoed 'n midweek sal stil en rustig wees. Daar was 2 klein splashpools gewees en die een was half vol water. Blykbaar was die warm water swembad ook nie warm nie as ek so na die ander mense geluister het. Die grondpad het ons maar baie stadig gevat en die wa was ok.

Weet egter nie hoe lyk die pad nou nie en watse veranderinge is intussen aangebring by die oord nie.

Sal ek weer gaan? Nee wat.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 17:45:54 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 61 years
WegSleep Oktober 2014 het Dave & Didie Vickery wat saam met 'n karavaan klub daar gaan kamp gekla oor die oord.
Die bestuur het geantwoord en die kampers geblameer dat "hulle daar kom inspeksie hou inplaas om die natuur daar te kom geniet".
Alles wat Dave oorgekla het erken die bestuur dat die na die klagte reggestel is.
Nou vra ek hoekom die kamper aanvat as daar wel foute was?
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 19:03:23 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Andre ek stem nee wat bly weg
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 19:24:26 pm
JacquesJ
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 02 Sep 2014
Experience: 28 years
Dankie vir al die terugvoer. Nou nie regtig waarvoor ek gehoop het nie, en ek glo nie ek sal my geld terug kry as ek nou kanseleer nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 19:59:52 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Was 2 jaar terug daar.

Week gevar om my Wa weer heel te kry.

Heelwat storte gehad daai tyd, net jammer helfte het nie warm water gehad nie. Die wat wel warm water gehad het, het nie stort koppe gehad nie.

Ok dit was 2 jaar terug. Miskien is dinge nou al beter. Ek het nie veel vreugde in die tambotie gehad nie.

My 2c

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 21:07:30 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3665
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Dankie vir al die terugvoer. Nou nie regtig waarvoor ek gehoop het nie, en ek glo nie ek sal my geld terug kry as ek nou kanseleer nie.

Die Paasnaweek is om die draai en jy sal moeilik nou alternatiewe kampplek kry Jacques.

Minstens weet jy wat om moontlik te verwag. Dalk is jy aangenaam verras. 

Laat weet na die naweek.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2015 @ 21:28:30 pm
JacquesJ
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 02 Sep 2014
Experience: 28 years
Ja nee, ek sal beslis laat weet wat kry ons daar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2015 @ 06:43:03 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years

Jacques ons hoop vir die beste en dat jy n leke kamp naweek gaan hel vol vreugede en baie Braai tyd!!!!!!!

"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2015 @ 07:02:35 am
JacquesJ
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 02 Sep 2014
Experience: 28 years
Dankie. Ons sal dit lekker maak. Ons gaan saam met goeie vriende kamp, so dan kan dit nie anders nie.

Dankie vir al die terugvoer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2019 @ 11:33:22 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Lanklaas van hierdie oord gehoor! Iemand onlangs hier gekamp wat meer kan vertel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2019 @ 22:23:17 pm
LEEN
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 29
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 9 years

Paar keer daar gekamp laaste keer was sept 2018 - geen klagtes altyd aangenaam skoon en netjies.  Nou net weer navraag gedoen vir sept 2019 langnaweek vol maar weeksdae  nog beskikbaar.    Sien fotos op hul website.  Altyd n opsie om na uit te sien as Almega vol is.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2019 @ 22:29:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons wou laas naweek hier bespreek het vir die groep waarmee ons gegaan het....hulle het nooit eers die moeite gedoen om terug te kom na my nie. Ons het toe bespreking gemaak by Elephant Waterhole......ons was glad nie spyt nie....baie rustige kamp plek, hoor nie die paaie nie. 2x leeus het vroeg Saterdag by watergat kom kuier....was besonders

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 07:16:10 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Paar keer daar gekamp laaste keer was sept 2018 - geen klagtes altyd aangenaam skoon en netjies.  Nou net weer navraag gedoen vir sept 2019 langnaweek vol maar weeksdae  nog beskikbaar.    Sien fotos op hul website.  Altyd n opsie om na uit te sien as Almega vol is.   

Ek het gister n advertensie gesien dat daai nuwe plek langs Almega nog plek het vir September lang naweek......Dinokeng camp and leisure

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 07:40:25 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het gister n advertensie gesien dat daai nuwe plek langs Almega nog plek het vir September lang naweek......Dinokeng camp and leisure

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required