Ja nee kyk! Ek wil ook een hê! Die ding laat my Exclusive soos 'n Ventertjie lyk! Kyk bietjie hierna, en dis nie eers 'n grote nie.
Die goed is dem mooi. Net so bietjie te groot na my smaak. Maar die luuksheid is nie te versmaai nie.
Ek sal graag so 5de wiel wa wil he. dan sleep ek my boot ook saam Island lake toe
Kyk, die waens is grand verby.
Maar die realiteit is ons oorde is nie ontwerp vir die luuksheid nie. Paar jaar terug gesien hoe sukkel iemand met so 'n opset om by Tsipise kamp op te slaan. Het ook twee staanplekke nodig gehad.
Selfde totale lengte as exclusive kan jy wa bou met bak van meter langer.