Amen
In 'n samelewing waar wetgewing skole verplig om 'n neutrale houding in te neem teenoor geloof beskou ek geloof as iets persoonlik wat nie aan ander opgedwing behoort te word nie.
Kom ons kyk met hoeveel verdraagsaamheid hierdie post ontvang word gesien in die lig dat ons samelewing asook kampeergemeenskap uit 'n verskeidenheid oortuigings saamgestel is. Dit opsigself en die reaksie hierop sal veelseggend wees.
Daar is ander buitelewe forums wat geloof as gespreksonderwerp afkeur, juis omdat dit onmin en wrywing tot gevolg het. Kom ons kyk waar val hierdie klip in die bos.

Johan, ek hou nogal van die Boodskappie wat jy geplaas het, behalwe vir een klein deeltjie daarvan. En al sou ek van die hele boodskappie gehou het, sou ek dit graag wou bespreek, of my mening daaroor wil lug, of wil getuig wat dit vir my ook beteken, omdat die tipe van motivering my nogal na aan die hart lê. Maar nou kom die probleem altyd met die soort van gedagtes dat dit aanleidng gee tot emosionele ervarings en soms ook tot geskille wat insigself weer emoisonele wanbalans bring.
Ek ondersteun egter jou reg om dit wat jy as diep persoonlik-motiverend beleef met ander te deel. Sal jy egter weet hoe om die situasie te hanteer as ek, byvoorbeld, my voet dwars sou sit, omdat ek die een dingetjie wat jy in jou pragtige Boodskappie genoem het, as hoogs afstootlik, en uiters aanstootlik ervaar en beskou? Ek weet hoe om my voet liefdevol dwars te sit: die vraag is net weet jy hoe om so 'n gesprek, liefdevol en opbouend te voer sonder dat dit emosionele wanbalans bring?
En sal jy dit wat ek, as ek bv. 'n Hindoe was, of 'n Rastaman, of 'n Afrika-Godsdiens-aanhanger, of 'n Moslem of 'n Jehova-Getuie... met dieselfde waardering kan bespreek as wat jy sekerlik verwag ek sou doen, want hierdie is tog 'n besprekingsforum. En hier is sekerlik deelnemers en lesers van genoemde en ander Godsdienste ook.
Ek dink jy sou?
Ai kerels ! die man het wragtag nie bedoel om enige tone te trap nie.Net n bietjie motiverende siels kos ,vir die wat enige belangstelling daar in het,as jy dan geen belangstelling in christenskap het nie moet dit dan nie lees nie punt . Niemand druk n geweer teen jou kop nie .
Ook nie te se dat wetgewing neutraal is rakende godsdiens ons ook moet wees nie ,want ek glo en let wel ek glo en jy hoef nie !! dat ons land in elk geval godelose wetgewing toepas .
groete aan almal !!
Ek het nou 'n hele relaas gesit en skryf, toe besluit ek daar teen en vee alles uit.
Ons as dissiepels / volgelinge van ons geloof in die enigste Woord, wat van die begin af, die einde voorspel, moet altyd stilbly vir die vrede???
As iemand nie hou van wat jy lees nie, hoekom lees jy aan?
Johan, baie mooi stukkie.
Ek ondersteun Kanneman en Saad se sienings. Hierdie is 'n besprekingsforum. Wat help dit om die tipe boodskappies te plaas as ons nie die inhoud daarvan mag bespreek nie.
OK! Ons mag kommentaar lewer, solank ons saamstem, anders word daar met "uithaal" gedreig.
Moet nou nie die dam onder die eend "uithaal" nie.
Baie artikels wat ek ek ook nie van hou nie maar ek stap aan en gooi nie my speelgoed uit die stootwaentjie nie.
As hierdie slegs n forum oor woonwaens en kamp was, het hy n stille dood gesterf.
LEEF EN LAAT LEEF

Juistement Tonki!
As almal moet saamstem, of verby hou as jy nie saamstem nie, sal die forum beslis 'n stille dood sterf.
Net 'n klip innie bos:
Dan moet Rugby en Brakpan besprekings ook seker verbied word, wie kry meer flag as die Blou Bulle, en hier is Brakpanners ook op die forum.
Keep it cool guys!
Vir my, die verskil is Brakpan, Blou Bul en Landie besprekings is ligsinnig.
Ek wil net aansluit by wat Johann sê oor die Brakpangrappies. Ek het self al gewonder of daar nie dalk mense van Brakpan op die forum is nie en hoe hulle oor die grappe voel. Sommiges sal dit dalk as 'n grap beskou, ander kan seergemaak voel daardeur. Ek het eendag 'n grap opgesit oor iemand wat Alzheimers het en toe het een van die lede (vergeet nou wie dit was) vir my op 'n mooi manier gesê dat die siekte nie kinderspeletjies is nie en mens moet sulke mense jammer kry. Ek het dadelik besef dit was verkeerd van my en om verskoning gevra. Ek dink amper ek het versoek dat admin dit delete.
So, mens moet maar ander mense se gevoelens in ag neem en soos Pieter Mostert ook tereg sê moenie posts opsit as jy wil stir nie, jou motiewe en bedoelings moet opreg wees. En bly eerder weg van die faaaiiits.
Schalk, mag godsdiens, en meer spesefiek boodskappe uit 'n spesefieke geloof, op die forum bespreek word?
Soos ek dit het is dit taboe.
Schalk, ek het nie van jou vergeet nie.
Johan, wil jy nie asseblief die derde sin in jou aanhaling uit engels vertaal nie.
Ben ek verwys na die grondwet. Indien alle onderskrywers daarvan hensoppers is kan jy my gerus 'n trotse een noem. Ek haal Pierre de Vos in 'n onlangse skrywe aan:
"In the Constitutional Court judgment of S v Lawrence , S v Negal ; S v Solberg justice O’Regan emphasised that the section prohibits religious observance that would have the effect of coercing somebody (either directly or indirectly) to observe religious practices with which they do not agree or to coerce them into accepting certain religious beliefs, such as the belief that there is indeed an all-powerful God.
“The requirement of free and voluntary attendance at religious ceremonies is an explicit recognition of the deep personal commitment that participation in religious ceremonies reflects and a recognition that the freedom of religion requires that the state may never require such attendance to be compulsory.”
Schalk, mag godsdiens, en meer spesefiek boodskappe uit 'n spesefieke geloof, op die forum bespreek word?
Soos ek dit het is dit taboe.
Asseblief mense, hoekom moet daar altyd 'n bohaai opgeskop word oor enige iets geesteliks wat geplaas word? Maak nie saak wie dit plaas nie, Christen, Ateis, Moslem, of whatever, as jy nie daarvan hou nie, ignoreer dit net. Hoekom moet die persoon altyd aangevat word? Dit raak eintlik onaangenaam en mens weet later nie waaroor mag jy praat en waaroor nie! Willie is seker al moedeloos oor die probleem wat hy met ons het. Jy gaan dit nie regkry om op die forum vir mense, wat van jou verskil, te verander nie, so wat bereik jy nou eintlik met jou plasing of anti-kommentaar daarop? Dit is soos Sarel & Marietjie se, 'n gedwarstrekkery is regtig deel van ons Afrikanervolk. Dit is vir my opmerklik dat die Engelse lede nie kommentaar lewer op die posts nie? Hulle is seker baie ge-ammuseerd met ons Afrikaanses wat so, sonder ophou, onder mekaar baklei oor dieselfde ding.
As jy as Christen iets geesteliks wil plaas, doen dit, maar met die regte bedoelings, nie om nie-christene uit te lok om 'n debat te voer wat later in 'n argument ontwikkel nie. Ek wil vir Willie dankie se dat hy hierdie topic nog nie delete het nie, ek dink dit is hoog tyd dat dit uitsorteer word en almal besef dit maak die forum onaangenaam en dit is onnodig. Ons kuier almal so lekker saam, kom ons hou dit so.
Wie is jy om te besluit of niemand te na gekom is nie Schalk?
As ek so kyk na die algemene reaksie teenoor die wat waag om afkeur in die tipe onderwerp te opper, is my mening dit behoort nie toegelaat te word nie.
Wat Saad betref, is dit vir my duidelik wat sy afkeur is, en jy weet dit ook. Terloops, ek wonder wanneer gaan Johan reageer op Saad se skrywe.

Ek verskil met jou. Waarom moet ek dit ignoreer? Hierdie is 'n openbare forum en onderwerpe word geplaas om bespreek te word. As Admin die tipe subjektiewe onderwerpe gaan toelaat dan moet die inisieerder en ondersteuners daarvan volwasse genoeg wees om ander se standpunte te respekteer. En dan ook verdraagsaam te wees teenoor die wat aanhalings uit hul geloof dalk sou maak.
My mening is gaan leef jou geloof uit in jou privaatheid, of op Facebook tussen jou vriende en waar die motiverings boodskappies in oorvloed is.
Wie is jy om te besluit of niemand te na gekom is nie Schalk?
As ek so kyk na die algemene reaksie teenoor die wat waag om afkeur in die tipe onderwerp te opper, is my mening dit behoort nie toegelaat te word nie.
Wat Saad betref, is dit vir my duidelik wat sy afkeur is, en jy weet dit ook. Terloops, ek wonder wanneer gaan Johan reageer op Saad se skrywe.
Moenie so naief wees nie Schalk. Dink 'n bietjie uit die boks uit.
My vraag aan jou. Gaan jy te na gekom voel of beswaar maak as mense van ander gelowe hul geloofsoortuigings hier gereeld verkondig?
Ek dink die post moet end kry.
Ek kry te veel negatiewe vibe hier!!!
Moenie so naief wees nie Schalk. Dink 'n bietjie uit die boks uit.
My vraag aan jou. Gaan jy te na gekom voel of beswaar maak as mense van ander gelowe hul geloofsoortuigings hier gereeld verkondig?
Ek is ongelukkig genoodsaak om kommentaar te lewer:
Schalk, ek het dieselfde sienswyse as jy, dit is pragtig dat jy so vir jou geloof opkom. Ons baklei seker nie regtig nie maar ek dink ook nie dit is net gewone gesprekvoering nie. Dit eindig nooit waar almal tevrede is nie, so wat is die sin daarin om dit aanmekaar te doen? Ek kan verstaan dat 'n gelowige Christen voel dit is sy plig om op staan en te getuig maar dit was nou al oor en oor bewys dit werk nie op die forum nie.
Kanneman, jou stellings oor respek vir geloofsverskille is reg. Of dit nou vir jou maklik is om dit te doen of nie, op die forum sal jy dit moet doen. Niemand het tog 'n lid geword om mense aan te vat oor hul geloof nie.
Hendrik, kom ons veronderstel Johan het 'n boodskap geplaas oor sy geloof en iets gesê om nie-gelowiges uit te lok, dan sou dit heeltemal reg wees om dit nie te ignoreer nie en 'n mening te gee, want daardie persoon het die reg om dit te doen. Maar die man het bloot 'n gedagte vir die Sondag vir homself en sy mede-gelowiges geplaas. Ek kan werklik nie sien hoekom dit nodig was om debat daaroor te voer nie. Ek onthou op skool, as ons debat gehou het, was daar 3 kampe, een vir en een teen 'n onderwerp en een neutrale kamp. Na die debatvoering het ons gestem oor wie die beste oortuig het. Hier sal ons egter nooit weet wie die debat gewen het nie
Herman, dankie, ek kon dit nie beter gestel het nie en stem 100% saam met wat jy sê. Ek sal in die toekoms my eerder daarvan weerhou om kommentaar te lewer op die onderwerpe.

Dit is waarom ek my ''Signature'' verander het
Ag nee, DK. Wie gaan my dan oor slange leer???
Ek sal so tussen deur lees en dan in log