English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 984
Total Replies: 243 327
Total Views: 82 945 156
topics: 983
replies: 15 353
views: 4 044 365
In this section we welcome you, and introduce you to everyone on our forums.

Restorasie van Gypsey carevette 6

replies: 31
views: 16802
12 Apr 2014 @ 10:02:41 am
Ferdi
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 12 Apr 2014
Experience: 43 years
Goeie more aan almal.
Ek het n die lawwe idee gekry om n karavaan te prober restoreer op my eie. Ek het op n arme Gypsey caravette 6 afgekom wat in n rampspoedige kondusie is aan die buitekant. Die oukie is baie mooi binne en st tent is feitlik nuut. Die outjie het bietjie waterskade aan die voorste panel en by die deur. Sy dakkie kan ek sien lek en die seiltjies onder die dak is........ wel, in flarde. Die karavaan is baie verblyk en n mens kan sien hy het lank buite gestaan.
Ek het as kind baie gekamp saam met my ouers en wil graag die selfde vir my kinders doen, maar dit jare wat ek uit die kamp geledere is. Ek is redelik handig met my hande en gereedskap, maar ek weet nie waar om te begin of wat om te doen nie. Ek is bang as ek die ou koop, en begin strip, gaan ek dalk n groter hap vat as wat ek kan kou.
Kan iemand dalk vir my help om huiswerk te doen oor hoe n mens tewerk gaan. Ek kry niks op die internet nie en weet ook nie waar om onderdele te bekom nie. Help asb die ou Vrystater.

Ferdi
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2014 @ 11:30:53 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

welkom Ferdi hier is n paar restorasie op die forum, sit in die soek plek resorasie en sien wat jy kryLaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2014 @ 11:37:13 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Ferdi kontak Piet Pretorius hy het al n paar gedoen 0414029471  of 0829674133 of piet.pretorius@necpe.co.za

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2014 @ 12:26:13 pm
Ferdi
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 12 Apr 2014
Experience: 43 years
Dankie julle ek gaan dit ondersoek, sal julle op hoogte hou van wat gebeur.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2014 @ 13:38:29 pm
Anonymous

Ferdie, baie welkom hier op die forum. Soos Willem noem, Piet Pretorius is een man wat weet, ander persoon HERMAN, is nou hier besig met ou Jurgens wa se oordoen, hy het ook fotos op, so, daar kan jy min of meer sien waar om te begin!!!

As jy nie baie betaal nie, lekker werksplek (onderdak) het, geduld, genoeg vingers!!!, doen hom!!!

Terloops, is jy dalk familie van Izak - Sydney Hunt Motors op Vryburg??

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2014 @ 13:57:57 pm
Anonymous

Ferdi gaan kyk gerus na hierdie draad, Jurgens 11a de luxe grondpad wa

Die persoon Herman, wys daar sy dinge.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2014 @ 16:24:42 pm
happy camper
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 19 Mar 2014
Experience: 7 years
Ferdi, Ek en man is ook nou besig met caravette 6 restourasie. ek het dakseil laat maak in rustenburg vir R1800. Groot werk om dit in te sit maar darem amper klaar. Ons is besig om bedstutte in te sit en hel self die deurtjies geverf en gordyne gemaak. ons deur het ook verrotting maar gaan self nuwe plywood insit. kyk op my profile dan sal jy sien hoe het dit gelyk en hou dit nou lyk. Ons is amper klaar het nog net drie weke oor vir die klein goedjies en afronding. hy kort buite bietjie n sprayjoppie en dan glo ek sal hy weer nuut wees! dit is 'n 1984 model.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2014 @ 06:53:02 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Hi Ferdi,

Welkom hier by ons.

My reaad is kyk maar 'n bietjie rond vir idees en volg jou eie kop.

Hier is redelik baie op die forum - ek het self 'n eiland bed gebou in my 6 - daar is fotos op die forum geplaas. Net om 'n idee te gee, was die wat ek gesien het was eerstens te laag en tweedens te smal. Met die hoër bed vind ons dit baie makliker om op te staan en daar is meer pak plek, net vir die ekstra +/-10cm.

Dit help nogal as jy die werklike kan sien i.p.v. fotos.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2014 @ 07:04:17 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3050
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ferdi

As jy hom teen n BAIE GOEIE PRYS kry.......go for it!!! Hoe meer jy self doen op hom, hoe meer geld spaar jy. Die ergste is........jy raak so geheg aan die projek dat as hy klaar is sal jy nooit van hom ontslae wil raak nie.

Sterkte en plaas fotos as jy dit gaan doen.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2014 @ 08:26:08 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Hallo Ferdi,

Ek lees nou eers van jou restorasie.
Eintlik moet mens eers sielkundige evaluasie laat doen voordat so iets getakel word.
dit is verslawend, en veroorsaak;
1. Dat jy dou voor dag al aan die werk spring in plaas van nog bietjie le
2. Jy fokus net op die projek en sny nie meer die grasperk nie.
3. As gevolg daarvan kry jy stywe lip by die huis
4 . Dit pas jou dat daar nie met jou gepraat word nie, jy het meer tyd.
5. Dit is al waaroor jy kan gesels
6. Daarom vermy jou vriende jou
7 Jy is bly dat jy nou sonder vriende is,gee jou meer tyd om te werk

Hierdie klink amper soos die "7 Pillars of Wisdom" vir die maniese restoreerder.

Jy moet maar by die manne wat aan die modelle gewerk het uitvra, daar is n groot deel
"Reverse Engineering" ter sprake hier. Dit is belangrik dat jy verstaan hoe die wa aanmekaar gesit is om jou beplanning te doen.

Grumpy is reg, die prys moet BAAie goed wees, dit is duur om reg te maak, my waentjie se restorasie koste gaan teen die tyd wat die yskassie aan is ,R30k +wees, Maar dit is presies die wa wat ek wou restoreer en die koste is baie minder as die plesier wat ek kry.
Geniet dit.

Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2014 @ 11:28:47 am
Ferdi
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 12 Apr 2014
Experience: 43 years
Hallo Almal.
Dankie aan almal wat my prober moed inpraat, ek het veral jou stukkie geniet Herman. Dis presies wat met my gaan gebeur....... sal seker ook die Rugby nou begin afskeep.

Soos ek gese het lyk die ou ma oes, en dit lyk of dit baie baie geld gaan kos. Verrotting het reeds sy tol begin eis en dit lyk of ek die ou sal moet heeltemal afbreek en weer voor begin. Ek skraap nog moed bymekaar om te begin, gelukkig le die winter voor en het n mens darem so bietjie tyd om die spulletjie ordentelik te doen. Ek kort egter n trop onderdele vir die wa en dit lyk of die sy panele die moeilikste is om te bekom.
Ons het die wa gekoop as deel van n ander transaksie, so eintlik kos hy my nie geld nie, anders as wat ek op hom gaan spandeer nie. Ek kort ook die dak seile en wel ja... n dak.... die wolke steek nog op in die verte dan lek die dak al.
So ja lang ure in die stoor, laataande en min slaap is seker my voorland. Ek sal prober om n paar "before foto's te plaas.

Groete uit n koue Bloemfontein
Ferdi
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2014 @ 13:26:06 pm
Anonymous

Ferdie, baie welkom hier op die forum. Soos Willem noem, Piet Pretorius is een man wat weet, ander persoon HERMAN, is nou hier besig met ou Jurgens wa se oordoen, hy het ook fotos op, so, daar kan jy min of meer sien waar om te begin!!!

As jy nie baie betaal nie, lekker werksplek (onderdak) het, geduld, genoeg vingers!!!, doen hom!!!

Terloops, is jy dalk familie van Izak - Sydney Hunt Motors op Vryburg??



Ferdi jy het nou genoeg inspirasie hier gekry om te begin!!!

Ek verwys weer na my vraag, is jy familie?? Ek doen so bietjie drukwerk vir die mense.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2014 @ 13:43:19 pm
Ferdi
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 12 Apr 2014
Experience: 43 years
Hi Frans

Ja ek is familie, om die waarheid te se dis my pa.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2014 @ 14:47:25 pm
Anonymous
Ferdi, he-he-he. Wreld is klein, ou moenie skinder hier nie, weet nooooiit wanneer jy jou alie sien nie!!!! Ek het eergister met jou Ma gepraat!!! Ons kom darem al so 12 jaar of so saam!!!

Ons sien uit na jou vordering met die wa!!, en neem fotos voor en na, jy sal nooit spyt wees, oor klompie jare sal jy self verbaas wees oor hoe "braaf" jy was!!! Hier is darem ander klompie "brawe" manne ook wat sal raad gooi waar jy benodig!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2014 @ 14:50:15 pm
Ferdi
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 12 Apr 2014
Experience: 43 years
Dankie Frans< ja nee die ou wereld is bitter klein. Ek het n paar fot's van ou krokkie, sukkel net bietjie om dit gelaai te kry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2014 @ 15:04:19 pm
Anonymous
Ferdi, dit was lekker woonwaens daardie seker so 1983/4/5??

Aangesien jy niks direk betaal het nie, sal mens hom maar so op 'n kant moet begin doen en deurdruk. Hier is kenners wat sulke projekte suksesvol voltooi het, en eendag as jy klaar is, en hy is mooi oorgeverf, sit jy met wa wat enig van sy soort is, JOUNE, jou werk, jou smaak (en natuurlik die skonere geslag se idees binne!!!! - haar naam Tertia??) en jy sal die seilwerk wel uitgesorteer kry. Al moet jy op 'n kol Jaansberg"Pretoria toe ry om iets te kom laat maak!!!

Ek het al met baie mense te doen gehad wat so trots is op daardie werkstuk, hulle wil nie eers verkoop na die tyd nie!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2014 @ 15:47:19 pm
Ferdi
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 12 Apr 2014
Experience: 43 years
Frans
Nee my vrou is nie Tertia nie, sy was my broer se vrou. Het jy vir Riaan geken?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2014 @ 16:34:12 pm
Anonymous
Ferdi, het vir hulle leer sleutelhouers gemaak soos jou ouers se drukwerk ook so in 2002, twee of drie bestellings gedoen vir motorverkope plek in Pretoria, slegs telefoniese en e-pos kontak gehad.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2014 @ 18:19:15 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Hallo Ferdi,
Jy is wragties n brawe man, Frans kon dalk die pa van n dogter gewees het wat jy te goed leer ken het.... Jy sal seker verstaan hoekom ek so baard dra, gelukkig leef die meeste pa's nie meer nie.

Die wa op die oog af lyk na n hele klompie werk, maar dink daaraan soos om n Olifant op te eet, happie vir happie.
My swaer Japie bly in Bloemfontein ,werk met oe, as jy in jou lewe die beste restorasie werk wil sien, hy doen ou Mecedes karre en doen so 1 per jaar.Vra hom eendag toe ek vreeslik sukkel om geroeste boute los te kry wat doen hy, sy antwoord was, Herman, geduld. Ek breek nie meer boute af nie.
Voorspoed,

Herman.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2014 @ 08:29:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Sterkte met die joppie. Daar is duidelik baie werk aan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2014 @ 08:53:47 am
Ferdi
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 12 Apr 2014
Experience: 43 years
Dankie Herman en Leon, ja nee wraggies daar is n klomp werk. Ons het hom gisteraand uitgevat na sommer n dam hiernaby om hom uit te toets en te sien war werk en wat werk nie. dis tog te tragies dat iemand n karavaan so kan op voetter, my hart kry sommer seer.

Alles lyk of dit darem werk, wil net vandag die yskassie met gas toets, nie dat ek beplan om dit te hou nie. Ek het al baie goeie planne gesien om n groter yskan in te sit. Ek moet se, die ou krokkie se tent het my baie beindruk, ek wonder of dit drie keer opgeslaan was.
Ek is ook bly om te se dat, alhoewel my vrou nog nooit regtig gekamp het nie, sy baie opgewonde lyk oor die hele spulletjie.

Herman, ja nee, gee seker te maklik die sak patats weg, mens herkem mos nooit aanlyn wie jy regtig is nie. Ek het vir my ou Heks (my vrou, soos ek haar spot) vertel van jou post, en kon sommer voel hierdie gaan n lang en koue winter wees, mamma gee my klaar die hout oog!!

Frans, jy weet wat met Riaan gebeur het? Hy is mos vermoor in 2009. Hulle het by sy huis ingebreek en ja, dit was nie nice nie.

nou ja ouens, dankie vir al die goeie raad en aansporing, ek sal julle laatweet wanneer ons begin en hoe dit vorder.

ps as iemand weet van n agter ruit vir die ou krokkie, laatweet my tog asb, krokkie s'n is gebreek.

groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2014 @ 14:01:54 pm
Anonymous
Ferdi, nee, ek het nie gehoor van Riaan nie, jammer, en dit is vreeslik tragies, ai, waar gaan ons land heen.

Vir onderdele soos ruite en ander goed moet jy probeer by groter woonwa herstel/diens plekke soos Kennis Caravans ens in Krugersdorp se wreld. Adres en ander info sal jy kan google, hulle verbou/herbou en wat ook al, en dalkies is daar rens so 'n ou venster wat rondl, miskien moet ou dalk bietjie hier en daar krakie regmaak of iets, maar dis goeie beginpunt.
Daardie ou =yskassies, as hy werk, is/was al die jare baie oulik en bruikbaar, selfs in die "lapa" of in die "stoorkamer/skuur!!!!om paar koues reg te hou vir noodgeval!!!!
Jy moet regtig paar plekke probeer, ek het al hier by Klerksdorp Campworld gesien dat daar ou goete rondl, ek glo ou sal uiteindelik regkom/. Ander alternatief met die vensters is om sommer heeltemaal te vervang met skuifventers soos die bakkie-kappies.
Ek het jare terug 'n motorwoonwa se vensters so oorgedoen. hulle maak op mates wat jy verskaf, maak net seker dat jou skuifgedeelte reg werk vir die wind as jy ry, kyk hoe lyk bakkie kappie se syvensters.
Sterkte met die beplanning en werk!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2014 @ 20:01:29 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4602
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Ferdi ja daar is verseker geld wat jy gaan spandeur sowel baie lang ure maar Ferdi as jy klaar is met projek kan jy en gesin terug staan en se wow dis ons se caravan. Sterkte met projek
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2014 @ 13:56:32 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1544
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Ferdi,berig hoe jou projek vorder,daar was mos baie langnaweke vir karavaanwerk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2014 @ 15:53:33 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4217
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Ferdi please post some pictures as you get along with the restoration.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2014 @ 09:10:46 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4602
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Ferdi Ferdi kom in hoe ver is jy nou met jou restoration op jou wa laat weet ons seblief
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2014 @ 13:27:40 pm
Trekker
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 25 Jul 2014
Experience: 6 years
Dags almal,

Ek en my vroutjie het die afgelope week vir ons 'n nice CI Caravette 5 aangeskaf. Trekker is eintlik ons W123 Merc se naam maar vir nou klink dit ok om op die Forum self bekend te staan as Trekker. Ek is rookie par excellance. Ons is albei in ons mid fifties en het hierdie bee in ons bonnet gier in ons gekry om ons bucket list goodies at random beet te pak. Ons wil genuine hierdie karavaan ding doen.

Vroulief het as kind baie saam met haar ouers, broers en susters gaan kampeer. Ek is die een wat baie moet leer.

En leer, die leer ek, baaaaaiiiieee vinnig. Ek is verby die issues en tissues fase en is heeltemal bereid om vir myself te lag. Ek kan met trots s dat ek my eerste suksesvolle rookie mistake begaan het hierdie week. Die wa is by ons huis afgelewer Woensdag terwyl ma by die werk was. Tipies die rebel wat ek is, moet die wa daar en dan gehak word vir die eerste toetsrit.

No problem, ek ry gou af dorp toe, vat ma se Merc na haar toe en ry terug huistoe met Trekker. Hou in gedagte, van wa sleep weet ek bitter min. Ek line toe nou maar Trekker en die wa op om die twee te connect. Ketting oor die ball, plug die 7 punt in, Jockey op/af, toets of die hitch secure is. Blikemmer, die Gypsey is swaar so ek is ewe self voldaan dat ek hierdie wa nou kan sleep want ek het "hom mos behoorlik gehak".

En daar trek en Trekker en die wa agterna teen 'n beskaafde 3 km/h. Eerste straat regs ( tien tre van my driveway af ), by die stopstraat draai ek regs en 5 tre verder encounter ek en my gevolg die eerste obstical:- 'n spoed kalmering bump in die pad. Ek verminder toe nou maar my spoed na 1 km/h en net toe Trekker se agtewiele bo-op die speed-bump is, hoor en 'n luide "kadoef". Trekker kyk vir my, ek vir hom en die wa vir ons.

Oh sheister, iets is fout. Handbriek op, klim uit en bekyk die petalje hier voor my. Trekker se gat staan in die lug, die wa se neus staan in die lug, die safety ketting wurg die wa, n ek kan my drive-way sien; genuine! Broer, ek besef dadelik ek is nou so effens geskroef, want ek staan met my trein in die middel van een van ons dorpie se besige agterste. Maar ek kan my pose hou, bekyk die un-hitch affre, en begin te lag. Die posbode het intussen met sy rooi bicycle langs die pad gestop, 'n laaitie met sy scootertjie ook, 'n nuuskierige koerier trokkie en net vir good measeure 'n paar ander locals ook. Almal staan ek ooh en ah; is oom oraait, of course is ek s ek, ek bloei mos nie en julle kan mos sien ek staan en lag. Alles was net soooo funny!

Ek moet darem byvoeg dat ek heel eerste direk na die "kadoef" dadelik die hazards aangesit het en die rooi driehoeke uitgesit het. Ok, nou moet ek weer hitch want die wa mot getoets word. Twee vrywilligers staan nader, lig die wa op en ek jockey die jockey links en regs (ek weet mos kamtig nie hoe die ding werk nie) en die manne moan want die wa is swaar. Ek jockey te hoog en die wielietjie kyk net vorentoe. Toemaar manne, ek is amper klaar s ek, lig nog so bietjie hor op sodat ek die wielietjie kan opline in sy pyp. Right, job done, Trekker staan, die wa staan ek ek ook.

Die toeskouers direct die traffic, ek reverse Trekker en hitch weer, hierdie keer behoorlik met die ketting agter die tow-bar se bracket sodat daar niks is wat keer dat die ball behoorlik vasvat nie. Jockey secure, driehoeke in die kar en daar gaan ons. 20 km's gery sonder enige probleme, geen skade aan die trein nie.
Oppad terug huis toe stop 'n ou by die robot langs my en s die wa se dak is oop. Ek weet s ek, moenie worry nie, ek ry stadig want ek is immers mos nog 'n rookie, 10 km/h, regtig.

Kan ons maar lede wees van die Forum? Ag toe, asseblief?

Kampeer groete.
Trekker.

PS. Ons eerste trip is einde Augustes Vaalwater toe. Gaan bietjie padfiets race doen want dit hou die liggaam gesond en die verstand helder.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2014 @ 13:44:17 pm
Anonymous

Etienne, (TREKKER) vreeslik baie welkom hier, en ja, jy kan maar lid wees, en nog sulke stories opsit, dit wissel darem die ander klagtes en probleemgevalle af!!!, en sorg vir smaail so tussendeur!! Tyd sal leer!!!!, vra maar die vrae, iemand sal een of ander tyd antwoord!!!

En lekker kamp, onthou net om  ALTYD die "pose" te hou!!!, dit werk goed!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2014 @ 19:47:28 pm
Trekker
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 25 Jul 2014
Experience: 6 years
Hi Frans,

Baie dankie vir jou positiewe gesindheid, ons waardeer dit. Ek behoort vroeg in die week pics van die wa te laai en dan borduur ons so bietjie voort. Ek het actually intussen uitgevind dat die "Rally" tent wat ons saam met die wa gekoop het, 'n volledige tent met canopy (stoepie/veranda) is en as 'n bonus het ons saam met die koop, 'n nice klein add-on volledige tent met sy eie ingeboude grondseil gekry. Lyk vir my na 'n tipe anti-aap storage tent of some sort.
Eerste dom vraag, is ma se W115 230.4 Merc sterk genoeg om die wa te sleep? Die W115 petrol enjin het 109 perdekrag teenoor Trekker se 89 perde. Party ouens reken Trekker is die beter keuse as sleep voertuig omdat hy 'n 5 silinder diesel is, meer solid op die pad is en met baie torque, beter vering ens.
As ek op verkeerde draad sit, verplaas my asb. en sit my op my regte plek. Nee, ek het nognie 'n GPS nie. Ek sal my pose hou.

Groetnis.
Trekker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2014 @ 20:00:12 pm
Anonymous

Etienne, dalk moet jy jou eie "draad" begin, met jou voorstelling daar, anders "kaap" ons ou Ferdi se draad en vertelling hier. Jy sal sien heelbo aan hierdie vertelling is daar plek aan die regterkant waar jy klik om nuwe draad te begin.

Ek het in elk geval gewonder wat van Ferdi geword het, dalk moet ek begin soek en e-pos adres kry by sy ouers, en hom gaan nader trek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2014 @ 09:39:05 am
Trekker
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 25 Jul 2014
Experience: 6 years
Hi Frans,

Baie dankie vir jou advies, ek het die nuwe draad begin soos jy voorgestel het.

Kamp groete.
Trekker.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2014 @ 11:10:37 am
Anonymous

Etienne, mooi so!!, het daar geantwoord.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First