English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 522
Total Replies: 252 732
Total Views: 83 244 833
topics: 986
replies: 15 406
views: 4 048 822
In this section we welcome you, and introduce you to everyone on our forums.

Jurgens 11a deluxe grondpad wa

replies: 117
views: 35894
page 1 of 3
05 Mar 2014 @ 21:22:17 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dagse mense,

Ons is kampers vir amper 36 jaar in ons tent. Altyd maar die ontoeganklike plekke besoek, baie stories en avonture.
Nou raak ons groot mense,en die gemak van n opgemaakte katel kan dalk werk.
So met my liefde om ou dinge weer te maak werk ,kry ek die Jurgens 11a deluxe, gelisensieer 1.1.1970 ?
Elk geval, amper klaar,nou besig met die binne ,erg baie tyd spandeer om struktuur oor te bou en baie stewiger te maak, wil grondpad kan ry.
Ek wil graag hoor van ander :
Indien jy al die nasionale parke in ons land sou toer, hoe sal jy dit beplan tov seisoen en roete, gee 1 jaar.
Ons is erg oor Namibie en wil so n toer daar ook doen. Gedink kom die tent saam te vat en dan n basis kamp te he vir Kaudom,etc verlang na die plek, was 1999 laas daar.
Nou iets anders,ons is erg oor ons sport,wat se teeveekie kan ek insit ,en hoe werk die skottel.

Skuus ek het nie n foto van my nie, ons bly velate in die Karoo,en ek is maar swak met tegnologie.

Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2014 @ 22:40:48 pm
Siegfried
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 364
Joined: 18 Feb 2013
Experience: 16 years
Welkom Herman,
Hoop om die wa te sien as jy klaar is.
My en Marie se huisie by die.............."ALL OVER".
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2014 @ 22:46:27 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Welkom Herman.

Ons het iets soortgelyks gedoen 'n paar jaar gelede deur die land antikloks te toer. Ons het begin in die suide van Kruger begin Mei en na 6 weke bo uit by Punda. Daarna Mapungubwe en toe af na Marakele vir 'n maand. Van daar na Kimberley waar ons gekamp het en 'n dagbesoek aan Mokala gedoen het. Daarna Augrabies en tot my spyt nie na Kgalagadi gegaan nie. Het wel later daar gaan kamp op 'n volgende toer. So was ons net betyds vir die Weskus blomme seisoen en het Springbok ons basis gemaak. Vandaar met tent in die Richtersveld gekamp en dagbesoeke aan die Namakwa Park gemaak. Terwyl ons in die Calvinia area was het ons Tankwa besoek. Terug Weskus toe het ons November by Leentjiesklip gestaan en gereeld die Weskus Park besoek. Desember/Januarie in die Hermanus omgewing waar ons dagbesoeke aan Tafelberg, Agulhas en Bontebok gedoen het. Op met die die Ooskus na Wilderness tot so ver soos Stormsrivier waar ons na 'n paar dae omdraai en via Oudtshoorn (Swartbergpas en Die Hel 'n moet) na Karoo Park is. Van daar weer terug see se kant toe via Camdeboo, Mountain Zebra en Addo in Februarie. Aangesien ons reeds by Golden Gate al gekamp het het ons maar deur die ou Transkei met die Natal kus op na Capa Vidal en Hluhluwe. Deur Swaziland en ons laaste paar dae einde Maart by Berg en Dal gekamp waar on begin het.

Lang storie maar dalk help dit met jul beplanning.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2014 @ 06:54:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Welkom Herman! Ek brand om te sien wat jy gemaak het met daai ou wa. Daar is 'n ander draad hier op die form wat jou meer kan s oor die skottel en hoe goed hy werk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2014 @ 07:01:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Gaan kyk na die draad "Karavaan DSTv" Stiaan het hom begin.

As dit moontlik is kry maar een van die nuwe plat TV's. Daar is verskeie maniere om hulle te monteer van "Brackets" teen die muur of afswaai van die dak af. Indien jy hom los gaan hou is hulle lekker dun om iewers onder in 'n bunk te stoor. Hou die oorspronklike boks en verpakking dit is dalk groter as die TV maar beskerm die TV baie goed.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2014 @ 07:57:37 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Hallo Hendrik,
Gaan jou roete opteken, klink baie interessant.
Ek bly toevallig reg onder die Swartberg pas aan die Oudsthoorn kant, daai groen vallei onder. Sit nou hier op my stoepie en kyk vir die berg soos ek stadig tik.

Hallo Leon,

Dankie, sal gaan loer. Het van die projek sommer n klomp fotos geneem, sal net sukkel om te stuur, my internet baie stadig hier.
Die wa gaan heel oorspronklik lyk buite, hulle is mooi van lelikgeid, wil dit so hou.

Groete,

Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2014 @ 07:59:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Sterkte met die projek as jy nog nie klaar is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2014 @ 09:06:50 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Sover die TV betref  het ons sonder een getoer, maar het op 'n stadium dit begin mis, veral die tye waar ons lang periodes by een plek gekamp het. Intussen 'n 48 cm platskerm aangeskaf vir ongeveer R1300  en 'n klein skottel wat in 'n tassie pas. Soos Leon se jy kan die TV monteer met die swaai brackets. Die skottel en brackets is beskikbaar by Ellies of Makro. As jy 'n paar Rand spaar het koop 'n sateliet vinder vir minder stres op die huwelik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2014 @ 10:37:12 am
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Herman welcome to the forum.

 

Post soem pics as you get along with van - please

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2014 @ 12:03:45 pm
SOREN ZN
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 705
Joined: 13 Dec 2012
Experience: 22 years
Hi Herman, Go to the forum search and type dstv and you should get a lot of answer to TV questions. If you are going to attach it to a cupboard wall, ensure you have A big steell plate on the other side. You can buy a tv mount that makes it easy to unclip the tv from the arm when traveling. Rgds Sorenzn.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2014 @ 14:01:34 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dankie vir die tv raad, het op n tyd gedink dit is dalk n 12v sisteem.
Ek kan foto's opsit, maar het nie n idee hoe om dit by die skrywe te sit nie. Verduidelik asb.
Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2014 @ 14:49:51 pm
Kurt
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 03 Feb 2014
Experience: 9 years

Herman, ek het jou fotos gesien, jou werk lyk baie netjies.

Ek is self nie heeltemal seker nie, maar kom ons probeer.

1) Kliek eers op "Add a New Gallery" Gee jou album n titel.

2) Kliek dan op "Refresh Galleries"

3) Dan net links van Refresh Galleries, staan daar "No Gallery Selected" Kliek op drop down pyltjie. Jou album sal daar wees.

4) Sit n regmerk in langs "Attach Signature"

5) Kliek op "Post Replay"

Ek hoop dit werk

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2014 @ 20:40:50 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Aaag nee wat Kurt, ek kry dit nie reg nie, maar nou is daar darem foto van oupa baard.

Maak soos jy se maar by "view First" sien ek bokkerol.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2014 @ 20:53:47 pm
Anonymous

Herman baie welkom jy het sommer vinnig reggekom met die foto ding.

Dit lyk na baie werk maar hier is so paar sulke talentvolle mense.

Geniet dit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2014 @ 21:52:27 pm
Kurt
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 03 Feb 2014
Experience: 9 years

Herman, bly om te sien my verduideliking het gewerk. Jy moet nog fotos plaas soos jy vorder.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2014 @ 22:13:30 pm
Kurt
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 03 Feb 2014
Experience: 9 years

Herman ek het weer die fotos gekyk, dis regtig baie netjies. Ek weet nie presies wat die plan is met jou kampery nie. Jy kan dalk bietjie van die ander se opinies vra. Ons maak nooit kos binne in die woonwa nie, ook was ons nie skottelgoed binne nie. Ek dink jy kon dalk die spasie vir iets ander gebruik het. Ek hoop jy lees hierdie positief. Ek se dit sodat as jy iets wil verander dat jy dit vroegtydig kan doen. My Penta was 6 jaar oud en gasstoof was nooit eenkeer aangesteek nie. Jou vakmanskap is puik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2014 @ 09:01:27 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Kurt,
Ek verstaan jou, ons sal die stofie seker maar min gebruik, ons leef buite.

Ons behoefte is,
n Gemaklike bed, permanent opgemaak, maklike toegang na die onderkant vir
Ons lees baie,en le en lees is koning, ek raak gou aan die slaap. Verder siesta na lunch ,gee my nuwe energie.
Ons benodig nie tafeltjie met stoele binne nie.
Lekker yskassie, regop tipe met klein fries kompartement vir ys, 12v/220v . Ons het n Engeltjie wat in ryding is vir vrieskas.
Plek om tee te maak vroeg soggens, ek staan donker op, en die pap te maak as die wind waai, my pap kook 3ure stadig, hy moet daai geur kry.

Die beplanning van die uitleg binne was half eenvoudig op n moeilike manier.
Binne maat van wa 2x3 m.
Standaard dubbel bed , 1400w x1880 l. Teken hom in,eiland bed kan nie werk nie, wa te kort. Dit pas mooi in dwars agter. Nou kan ek die yskas en hangkas regoor mekaar sit, mooi op die wiele. Hangkassie kom tot teenaan deur raam.
Die spasie wat oorbly is 600mm links van die deur soos jy instap, met voorste venster bo, dit word die kombuis, daar is baie pak plek onder in die kas, die eenheid (hob&sink) het ek onder gehang, en kan dus n blad opsit om dit te bedek as nodig lyk.

Die bed gaan ek op hierdie gas skokbrekertjies sit vir maklik oplig( as ek dan maak werk)
Reg tussen die wielboe" is daar n deurtjie wat ook toegang onder die bed sal gee, daar staan 3 ammo kiste waarin die kombuis weggepak word vir ry. Agter dit plek vir tent ,pale, stoele etc.

Ek sit n foto by van n Fairbanks Morse 1920 "open crank"wat ek vir n privaat museum gerestoreer het. Baie geduld en tyd.Buite in wingerd gele vir baie dekades, nou pragtig, en loop mooi.
Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2014 @ 22:56:09 pm
Kurt
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 03 Feb 2014
Experience: 9 years

Herman. Ja regtig, as mens kan dan kan jy. Daai Fairbanks Morse het nie nuut so mooi gelyk nie.

11/10 vir daai een.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2014 @ 01:09:43 am
Fransie
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 06 Mar 2014
Experience: 6 years
Hi Herman

Ek is maar 'n nuwe kamper - so geen raad daar nie. Waarmee ek wel kan raad gee, is die tegnologie ent-van-sake.

Tot die DSTV Drifta se opvangsgebied groter word, sal jy gedoem wees om n' skottel te koop.

Skottel DSTTV kos tussen R3600 to R7000 per jaar. Dis R7000 net vir TV kyk.

Die nuwe OPEN air decoder van kos betjie meer, maar het 'n karige maandelikse fooi van R25 (R300/maand)

TV - Koop so klein as moontlik 24 Duim is meer as genoeg.(Dis 'n karevaan, nie 'n bioskoop nie) Maak seker dit is LED, dit gebruik die meeste krag, en is ook die ligste. Moenie jou steur aan full HD of HD Ready nie, dit maak op kleiner tvs absoluut geen verskil nie. Spandeer eerder die ekstra paar rand om 'n beter maak te bekom . Sony en Samsung is bo op my lys. LG is heel onder. Hou die TV los en vrystaande indien moontlik want jy gaan hom wil skuif van tyd tot tyd. (Warm aande buite onder die canopy, en koue reendae binne terwyl jy in die warm bed le)

Skottel - Jy kan natuurlik die duisende spandeer op 'n mobile kit. Dit is egter ook waar dat iemand jou vernuf 'n standaard Skottel iewers kan inwerk tydens die opknappings projek. Standaard 'kit' kos so R300. Vir instel geld die reel beste of niks. Vermy enige iets wat in jou oor wil biep biep en kry eerder iets wat 'n sigbare lesing gee. Andersins benader die' taak as volg:

Staan agter die skottel tydens installasie, nie voor nie.

Vertoon die 'Dish installation signal detection' skerm op die TV. Jy is op soek na sein sterker as 80 persent

Vertikale as: 1 UUR; 2UUR; 3;UUR
Horisontale as: 4 Kwadrante

Jy het dus 4 kwadrante, en 3 moontlike hoeke. (12 Verstellngs) Gaan hul duer en maak nota van watter stelling die sterkste sein bied. Wanneer jy al die moontlike hoeke probeer het, gaan terug na die sterkste stelling, en stel terwyl jy na die TV kyk tot die sein minimum 80% lesing minimum toon.

Sterkte, geniet die lang pad.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2014 @ 13:41:24 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Hallo Fransie,

Ek wil n paar dom vrae vra,
Wat is n Open Air Decoder, kry ek dit by Multichoice ?
Vervang dit my huidige dekodeerder by die huis ook, en vat dit dan saam as ons ry?
Het nog nie eers gedink hoe gaan die storie werk as ek gereeld skuif nie,
moet ek dan eers bel?
Verstaan nie wat jy bedoel met "skottel iewers inwerk tydens opknapping" Goed jy noem dit, ek sal moet beplan vir die sok buite om skottel draad in te prop.
Het jy n idee van die specs sal wees vir n geskikte 12v omsetter vir die tv en dekodeerder,
die aansit ,nie net konstant nie.

Wil vir Kurt se dankie vir die kompliment,ek gee altyd 110%, het net een kans.
Jy het my so mooi vertel hoe om fotos by te sit, ek sit ene aan van my kamp hier op die plasie, dit is die Swartberg agter, vuur onder die donkie, die stort het n view, long drop ook. Ouma Vonnie met die twee kosbaarste engeltjies op aarde. Ons gaan kamp sommer lekker daar.
Man se eendag vir my " You are not rehearsing a dream, you are living it"
Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2014 @ 13:47:19 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Ai tog,die filing sytem is maar sleg.
Probeer weer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2014 @ 15:40:22 pm
Anonymous

Herman en Francois (Fransie - naamgenoot), vreeslik baie welkom hier, lekker gesels en kuier, en kamp.

Herman, ek's te dom om raad te gee met die skottels en goed, hier by my rond het ek net emalje potte en panne,  never maaind skottels!!!! he-he-he, nee wat, ek weet van instel en saai goed niks, so, ek sal stilbly!!!

Een ding wat ek wel kan seg, as ek nog gekamp het, sou daai plaaskampie van jou vir my gewerk het, lekker man!!!, jy kyk daai berg sommer vir so drie dae aaneen, sonder om weg te kyk, geen niks wat jou pla soos  dorpshonde wat kef en blaf en kerm en sanik, net stilte met die natuur wat praat.

Sterkte met jou werkerasies, smaak my kan!!!! Ek/ons  het al die jare redelik baie waarde geheg aan die ou gasimplemente in die waens wat ek gehad het, en ons het dit altyd  benut, maar mense se behoeftes verskil.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2014 @ 21:12:03 pm
Kurt
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 03 Feb 2014
Experience: 9 years

Herman, jy kan maar nog fotos opsit, dis baie mooi. Ek sien jy leef hom voluit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2014 @ 10:06:48 am
The RETIRED Boring Camper
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2355
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 51 years

Incase any of the CaravanParks.com Forums Members wants to know what a Fairbanks Morse is, that Herman was talking about, and just as I wanted to know, the following is an extract from Wikipedia.

Fairbanks Morse and Company was an American manufacturing company in the late 19th and early 20th century. Originally a weighing scale manufacturer, it later diversified into pumps, engines, windmills, coffee grinders, feed mills, locomotives and industrial supplies until it was merged in 1958. It used the trade name Fairbanks-Morse.

A hit-and-miss engine is a type of four-stroke internal combustion engine that was conceived in the late 19th century and was produced by various companies from the 1890s through approximately the 1940s.

Some of the largest engine manufacturers were Stover, Hercules, International Harvester (McCormick Deering), John Deere and Fairbanks Morse.

Hit-and-miss engines were made to produce power outputs from 1 through approximately 100 horsepower (.75 - 75 kW). These engines are slow speed and typically ran from 250 revolutions per minute (rpm) for large horsepower engines to 600 rpm for small horsepower engines.

They were used to power pumps for cultivation, saws for cutting wood, generators for electricity in rural areas, running farm equipment and many other stationary applications.

If you are interested in getting one, JUST FOR FUN, there is one for sale on OLX.

“Fairbanks Morse 3 hp open crank Restored but not painted. Good display crank, excellent runner. R15000.00 Contact : 0824140910”

Looks like a bargain, and I'm sure we all want one! Could come in good use with Eishkom Poper Outages!

LOL

Regards.
This is how we spent the last fifteen years - working our buts off!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2014 @ 20:37:42 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Die Fairbanks Morse lyk heel goed, ek kan net by voeg dat daar n paar items kort.
Die "krank" het n modderskermpie bo oor om die ghries te vang wat rondwaai, die potjie sit op die " big end bearing", dis ook nie daar nie. Al die laers het ghries potjies.
Die pypie met die prop in wat bokant die waterbak uitsteek, is n drup olievoerder wat gestel word, vreeslik ougat, so elke af en toe val n druppel deur die "sleeve" en dalk op daardie stadium is die suier op die plek om n druppel deur n gaatjie in te kry vir die " gudgeon pin" die res smeer die boor.
Jou olie kannetjie was byderhand vir die magneto se laers en die " rocker" van uitlaatklep.
Die hoof petrol tenk kort.
Die vergasser werk vreeslik eenvoudig. Dit het n klein tenkie in, n verstelbare naald in n "yet".
Die inlaatklep werk met n swak "spring" wat eers petrol opsuig en dan lug inlaat, daar is n klein kleppie onder in n pypie wat terugvloei keer. Dan draai jy die hoof tenk se naald oop en stel weer in.
Pragtig om te hoor, en dit loop baie glad.
Ek het n 2hp gerestoreer.
Dit moes maar n olie/ghrieserige spul gewees het, kort kort die potjies aandraai,
en druppertjie volgooi, als waai die oopte in.

Vandag was n moeilke dag in die karavaan. Omrede ek dit wil sterk bou, vul ek die mure met die skuim wat in bote, yskaste, koelbokse gebruik word. Ek gaan nie detail bespreek nie, dit is bitter moeilik in die klein "cavities". Die spul wil mure uitmekaar druk.

Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2014 @ 07:49:52 am
Fransie
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 06 Mar 2014
Experience: 6 years
More Herman,

Ek vra graag om verskoning vir my sinsfoute op die vorige pos, ek was baie moeg, en het dalk een slukkie hoesstroop te veel gehad.

My grootste fout was met die TV's - LED tvs gebruik die minste krag, en is by ver die ligste.

Daar is 'n paar open air decoders op die mark, van hul het geen maandelikse fooie nie, maar het nie regtig veel om te kyk nie. Die nuwe open air decoder wat die SABC nou adverteer kos 'n paar rand om te koop, en dan R25 per maand en het 'n paar kanale wat dalk 'n kyk werd mag wees. Ek sou eerder vir die R99 DSTV Pakket gaan.

As jy egter reeds DSTV by die huis het, is die goeie nuus dat jy die decoder kan vat net waar jy wil, en dit kos jou nie ekstra nie. Jy hoef ook nie te bel nie.

By die kommentaar dat jy die skottel iewers kan inwerk, bedoel ek jy kan 'n standaard volgrote skottel gebruik en vir hom 'n stut inwerk iewers in jou ontwerp, soos om een van die canopy se penne te verleng en daarop te monteer. Die deel los ek maar vir jou ervaring. BELANGRIK - Jou skottel se seinkabel moet langdurig wees. Standaard draad mag dalk nie lank hou nie. Bele 'n ekstra R150, en kry 'n draad wat geskik is vir gebruik in die buitelig.

Sover die omsetter aanbetref, het jy nie 'n groot een nodig nie, die LED TV se kragverbruik is om en by 100 Watt. Ek hou ook baie van die TV wat Campworld nou verkoop wat loop op 220v of 12V. Ek is net glad nie mal oor sy prys nie, maar dit is prakties en doelgerig vir dit waarvoor jy hom gaan benut.

Jou wa lyk baie goed, sit asseblief fotos op wanneer die projek voltooi is.

Groete.
Fransie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2014 @ 17:57:37 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Hallo Fransie,

Daai vroeg oggend advies kan misleidend wees.

Ek het amper klaar geworstel met die " foam" in die mure,dit is n hel moeilik om te doen. Ek sal n foto bysit sodat die mense kan sien hoe ek die mure moet vasdruk, anders blaas dit die wa rond op. Een ding is verseker, dit sal baie sterk wees en n gronpad kan aandurf.

Het fotos van ander interesante goed wat ek al gedoen het, weet nie of ek dit kan plaas nie,dit kan dalk ongepas wees.

Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2014 @ 23:27:00 pm
Kurt
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 03 Feb 2014
Experience: 9 years

Hallo Herman. Ek dink nie dis onvanpas nie, As iemand nie daarvan hou nie, hoef hul dood eenvoudig nie daarna te kyk nie. Dis wonderlik wat party van julle doen. Plaas die fotos, ek kyk graag.

Groete Kurt

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2014 @ 06:43:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Baie geluk Herman met die vordering. Ek self is op soek na so ou karavaan. Wil net om myself besig te hou, so restoreer projek aan pak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2014 @ 08:04:45 am
Anonymous

Hallo Herman. Ek dink nie dis onvanpas nie, As iemand nie daarvan hou nie, hoef hul dood eenvoudig nie daarna te kyk nie. Dis wonderlik wat party van julle doen. Plaas die fotos, ek kyk graag.

Groete Kurt

Ditto, ek geniet jou skrywe en ook al die mense se stokperdjies terdee, julle is geseend met talente wat ek maar net kan bewonder.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2014 @ 09:02:32 am
The RETIRED Boring Camper
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2355
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 51 years

Herman.

On Galleries - you are welcome to upload as many as 50 photos in a gallery.

Go to your Dashboard, click on "Create New Album" and upload. Once uploaded, and you want to load some more on the same Gallery, click on "edit an album"  the click on the album you want to add photos to - WALLAH!

Or start a new gallery - you can have numerous galleries.

Remember to give each gallery a name / title.

Regards.
This is how we spent the last fifteen years - working our buts off!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2014 @ 22:37:49 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dagse,

Dan maak ek so. My internet net vrek stadig, so sal maar so bietjie,bietjie doen.

Gedink nou dat ek klaar is met die skuim ,probeer verduidelik hoekom dit dit so bitter storie was.
Het die bestel, 2 dromme gemerk agent 1 en agent 2. Niks verder nie. Het maar toe gaan Google, en bietjie rigting gekry.
Wat ek kry se:
Voeg gelyke dele bymekaar, meng goed en gebruik binne 45 sekondes, dit sit uit nagenoeg 40 keer die gemengde volume.
Ek maak raampie wat dieselfde diepte is as die mure, boor n gaatjie in vir tregter, maak die somme en meng. Die helfte was in toe begin die tregter verstop, die beker raak voller,en sekondes later kook dit oor en oor en oor.
Nog n raampie, nou moet Noof ( eintlik Nolan) kom handgee, oupa moet vinniger te werk gaan.
Sukses, als in die raam, maar daai spul druk die raampie heeltemal uitmekaar, tussen die skroefies lyk dit soos n hemp wat span oor n pens, hy maak sulke oop plekke soos die skuim hom druk.
By raampie 3 besluit om my die uitsettig na te gaan. Vul dit halfpad met die Google formule , maak uitmekaar en meet.
Nou is ek reg.
2 groot bees spuite om in te suig uit die drom, 1 vir 1, een vir 2. 2 botteltjies 1vir 1,1vir 2.
Noof verstaan mooi, hy staan buite. " Noof 100,100" ek staan binne reg om te meng, op te suig en te spuit, ek het n allemintige spuit om op te trek uit mengbeker.
Noof gee aan, hy het klaar ge 100 100 bymekaar in in dieselfde botteltjie..........1 en2, saam.....

Vandag het ek en ons klaargemaak,die mure is vol.

n foto van my perdestal, Beauty en Bella, hulle is nog in die veld. Dit is n "groen "stal. Populier pale van die plaas,draad "gabions".

Gedink omtrent n naam vir die 11a deluxe. Hulle was bekend as "pumpkins" pampoen sou gewerk het, of skorsie. Ouma se ek is simpel. Toe dink ek vandag,, het n ou pal gehad wat se hemp so getrek het hier voor. Hy het elke middag n Karoo lam met tappels gehad. Gehou van die "witvleis" gedeelte, sy dr het dan gese hy moet witvleis eet. Sy naam was Jurg, n groot man, 11a is klein, maar ook kort en breed, dalk sal Jurgie pas.

Herman
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2014 @ 06:56:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Herman ek sou graag 'n video wou sien van jou en Noof se gewerkskaf met die spuite. Kan myself net indink.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2014 @ 21:47:28 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Hallo Leon,
Kry die ou wa, dit is elke uur werd.nog n paar fotos.
Die eerste is n Wolseley van die 40jare. Woseley van die 60s, n 12v windlaaier,en n Massey Ferguson 35 diesel vroe 60s.
Fotos op die Fairbanks Gallery.
Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2014 @ 07:47:56 am
Kurt
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 03 Feb 2014
Experience: 9 years

Herman, ek sou ook graag n vleig teen die muur wou wees om die bontstaanery dop te hou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2014 @ 18:31:30 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dagse,

Ek merk op dat as ek fotos by n bestaande album sit, dit toegevoeg word waar ek die album eerste geplaas het. Die Wolseley enjins le daar agter by die Fairbanks fotos.
So as ek vorderings fotos van Jurgie by die nuwe skrywe wil sit,moet ek n nuwe album maak?

Nou is ek besig met die bokassies se raamwerke. Daar het genoeg van die Teak marine plywood oorgebly, na die vloer om deurtjies te maak vir die.
Die lang kassies en kombuiskassies kry "deure" van rippstop met zipps. Grys, klaar bestel. Het die idee gekry by die 4x4 forum van n karavaan wat ook op grondpad gebruik gaan word.

N foto van n "wood gassifier" wat ek gebou het vir n Wolseley. Het gewerk,maar die enjin verplasing is te min om die lugvloei vinnig genoeg te maak om nodige temperatuur te verkry in die vergassings stadium. Dus het ek te veel teer in my gas gekry. N ander een is in aanbou, maar nou eers Jurgie klaar maak, n paar draaie gaan ry.

Die gallery is deurmekaar,kry nie foto op nie.

Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2014 @ 22:43:22 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dagse,
Ek vorder fluks, het die week die krag,water en gas gedoen. Kos nogal kophou met die bedrading,maar vanaand brand die liggies, battery laai, kragproppe werk.

Ouma is al opgewonde,sy gesels gordyntjies en goete.

Intussen span ek n wildheining om die plasie ek gaan die skape inruil vir springbokkies en dalk n paar gemsbokke.

Nou met ons wag vir ou Rigter om die lang pad te vat, weet nie of daar nog so brak op die aarde is nie,my beste pal.

Ons was woensdag na die groot dorp,George, het die klein tv, n klein mikrogolf (ons het nie een in ons huisie nie maar glo onmisbaar) en n klomp system Afa laatjies gekry.

Vanmiddag het ons wors gemaak, ek hou nie baie van die supermark sin nie. Ons vat vark boud, goeie bees ,ouma rooster self haar koljander uit die tuin met stukkie knoffel en wat nodig is.

Ons is gewoond aan groot braaivuur,ry altyd sakke hout saam. Het n tuisgemaakte " wiebir" van n ou swembad filter wat goed werk vir n boud en pizzas . Wil nou iets kry wat ek kan inpak wat klien genoeg is vir ons 2, maar ken nie die modelle nie.

Groete,

Herman
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2014 @ 21:16:15 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dagse,

Ek het nog twee fotos by gesit, dit le daar by die eerste klompie .
Jurgie het ook nou shocks gekry, Landrover Defender spec.

Herman
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2014 @ 08:50:24 am
Pieta
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 422
Joined: 02 Nov 2011
Experience: 47 years

Herman, baie welkom hier op die forum.  Ek geniet jou stories, moenie ophou nie.

Voorspoed met jou projek

Kamp Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2014 @ 09:26:26 am
Anonymous

Herman, ek sou ook graag n vleig teen die muur wou wees om die bontstaanery dop te hou.

Hello

Kurt

Lanklaas van jou gehoor, hoop dit gaan nog goed. Jammer om die topic so bietjie te breek, gepraat van fotos, wanneer sien ek daai kaart tafel van jou. Ek is gretig om te sien hoe hy lyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2014 @ 10:40:41 am
AndrewPhilip (sadly leaving SA)
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1421
Joined: 09 Sep 2009
Experience: 36 years

Gee, I wish I had the patience and skill to do work like that!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2014 @ 21:45:14 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dagse,

Ja nee, geduld is wragtig nodig, nou dat dit by die afwerking kom, kan ek amper nie met myself saamleef nie, hoe op aarde kan mens so puntenerig raak.maar elke aand as ek skoon gemaak het en
sit met n koue bier en nabetragting doen,voel ek tevrede.
Het dit seker geleer in my vorige lewe waar n projek n paar jaar kan duur, dan moet jy onder die grond begin, n lang pad loop, en die eind produk is glas en chroom wat blink en mense laat "wow"

Dit is seker hoekom "ons grumpy old men raak"

Het gister die wieldoppe ingegee vir chroom (nogal) en hopelik volg week kry. Ek wil graag nuwe plakkers laat maak wat die oorspronklike ,Jurgens11a deluxe met die 5 sterretjies, kan dupliseer. Ek kan n foto neem van die ou verblyktes, maar waarheen dan,het iemand dalk rigting vir my.

Ek stap September die Tankwa Karoo 250km,is daar dalk iemand wat dit ook doen.

Kurt, wil jy n foto van die tafel sien ?

Groete,

Herman.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2014 @ 06:52:07 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Herman jy behoort die plakkers te kan laat maak by 'n "sign shop" of in Oudtshoorn Mosselbaai of George. hulle behoort dit op vinyl vir jou te kan druk dan moet jy dit net op plak.

Hoop jy kom reg.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2014 @ 07:30:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Sterkte Herman. Lyk my die projek staan nou einde se kant toe. Dis nou eintlik die klein goedjies wat nou die tyd vat. Want als is nie so maklik bekombaar nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2014 @ 07:54:31 am
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Herman 

Your stories are wondeful as well as the pictures. Can't wait to see the end product. Your restoration work is also excellent.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2014 @ 22:52:07 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dagse,

Solank iemand lus het om te ietsie terug te skryf sal ek julle vertel van hier.
Ons bly mos hier in afsondering, en behalwe vir draadloos by my waenhuis raak dit vrekstil.

Om so na aan die aarde te leef, is wonderlik. Jy kyk en leer wat by jou kan verbygaan as dit nie jou elke dag se lewe is nie.

As die kweekgras na die eerste reen in die lente saad maak,gaan dit n droee jaar wees.
Selfs die groente wil so maak so, al gee jy water.

Skape is nie dom nie, as ons uitvang,is die trop doodstil vir twee dae. Selfs die ou ooie kan ook lekker speel soos lammers, hulle sal dit nie voor jou doen nie, jy loer hulle af ,en dis mooi om te sien.

Daar is slim en dom hoenders, die dommes sukkel om uit die kamp te kom, die slimmes klim soos n papegaai uit met hulle bek. Die dommes word ook eerste gevang deur die valke, hulle kruip sleg weg. Nou raak ons hoenders vrekslim, en steek die neste weg.

As die perde merries befoeterd raak, weet jy hulle is nou so, dan los jy hulle uit tot hulle jou nader roep, ons vrougeslag is ook maar so.

n Pal het vandag kom draai, hy bring vir ons n dosyn van die mooiste oesters en n groot Krap, kan jy indink, ons het toe maar n droe vonkelwyntjie in die vrieskassie gesit.
Dit is n mooi aand hier in die Karoo.

Herman.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2014 @ 10:38:16 am
Nico
Titanium Member
81% Profile Strength
Posts: 626
Joined: 01 Jul 2005
Experience: 47 years

Herman,

Ek het vir my woonwa strepe laat maak by Sign Seeker in Alberton. Weet net nie of hul dit vir jou sal kan stuur nie (seker kan hul dit koerier). As ek dit nie mis het nie, maak hul die strepe vir Jurgens.

Gesels met hulle - as ek reg onthou moet jy net verduidelik watter jaar se wa en watter tipe dit is, dan maak hul hom presies soos die oorspronklike.

Tel: 011-613-1303

http://www.signseeker.co.za/

Hul werk is hoogstaande - skakel hul gerus.

Dankie vir jou insiggewende geselsies!

Nico

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2014 @ 13:55:04 pm
Anonymous

Herman, dankie vir die stukkie lewe deel, jy maak man skoon verlang na plekke wat jy nie eers ken nie!!!!, dalk die ouderdom wat ou laat terugdink!!!

Dis goed vir man se siel om so saam met die natuur te loop, hom te lees, te verstaan, te waardeer!!!\

Voorspoed en sterkte met die wa se regmaak. Enige plek wat digitale drukwerk doen sal jou kan help met die plakkers soos Back packer beduie, en die dorpe wat hy van praat is naby genoeg om die goete op te laai.

Jinne, man, jy praat van die Tankwa gaat voetslaat, KYK, as jy kan, dan kan jy.  Dankie vir die uitnodiging, maar ek sal nie kan nie!!!!

As ons gespaar bly woerts ons die 29ste daar verby julle dorpie oppad Glentana toe, was lanklaas (12 jaar) in daardie area.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2014 @ 21:37:51 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dagse,

As mens so lank saamleef, dan dink jy later dieselfde tyd aan dieselfede dinge.
Ouma Vonnie is n wonderlike mens, maar raak regtig siek van bekommernis oor haar geliefdes.

Ons het n nessie binne in ons huisie se loft, hulle bly al baie jare daar. Elke jaar presies die 5de September kom groet hulle met daai "tjoepchoerr" van hulle. Maak 3 sarsies kinders groot en vertrek dan weer so 5 April.
Dit klink dalk n bietjie snaaks, maar elke jaar as hulle terugkom, gee dit ons so bietjie vertroue vir die toekoms.

So klompie jare gelede het ons n uitgeskopte enetjie grootgemaak, Squigly was sy naam. Hy het is ook saam die ander weg. Dis n ander storie.
Ouma sal die hele winter bekommerd wees oor die swaeltjies, ek ook.

Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2014 @ 22:20:34 pm
Anonymous

Herman,  dis as mens na aan die natuur lewe dat jy die dinge raak kyk. Dit laat my terug dink aan my kinnerdae op my oupa se plaas.

Iemand vra onlangs vir my wat meen jy as jy se dit het soveel mm gereen,  wat bedoel 10mm bv. nou se een nee kyk as dit 10mm reen dan kon jy n koppie buite sit en dit sou 10mm opgevang het.

Inderwaarheid weet ons mos ons oupas het met n graaf in die grond gesteek en dan gemeet hoe diep dit nat was vandaar 1duim of half ens. So kon my oupa voor hy meet se dit het so "duim" of wat ook al gereen en hy was altyd reg. Hy het ook vas geglo in die 7jaar siklus van reenval,  soveel so dat hy sy beplanning vooruit daar volgens gedoen het.

As die vinke laag nes maak is dit droe jaar,  as die vinke hoog nes maak is dit nat jaar,  hy het so baie na die natuur gekyk vir baie antwoorde.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2014 @ 17:06:58 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dagse,

N groot mylpaal is verby met die karavaantjie, die verf.
Verf is vir my ongelooflik sieldodend, moet die hele tyd konsentreer anders maak ek n groot gemors. Spuit was nie n opsie in die toe area nie, so dit was spons rollertjies.
Die paar deurtjies is gemaak, gevernis en le reg vir opsit. Het 25m aluminium hoekystertjies vir trimmings, kry in die week die kaste se blindings?? Het "deure" laat maak wat met rits sluiters werk , minder skarniere wat gaan losskud.

So volgende week gaan lekker bedrywig raak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 3
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za