English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 701
Total Views: 82 536 983
topics: 981
replies: 15 267
views: 4 035 763
In this section we welcome you, and introduce you to everyone on our forums.

WEGSLEEP EN WEGRY smelt nou saam

replies: 33
views: 1727
28 Jun 2017 @ 14:04:45 pm
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 228
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years
Ek lees in die jongste WEGSLEEP dat hierdie maand se uitgawe die laaste is in die huidige formaat. Dit wil voorkom asof die rede vir die saamsmelting met WEGRY, "economies of scale" is en die hoop dan is dat die nuwe tydskrif as enkel tydskrif beter sal doen as die twee afsonderlike tydskrifte-nou ja, sonder enige navorsing (deur myself) mag dit dalk reg wees MAAR is dit in die beste belang van ons die lesers en karavaanentoesiaste-tyd sal sekerlik leer! My onmiddelike gevoel is dat ek 'n verlies ly omdat daar nie nou 'n toegewyde, "ekspert" tydskrif is wat my op die hoogte gaan hou van verwikkelinge in die woonwabedryf nie-ek beskou nie die CARAVAN AND OUTDOOR LIFE as 'n aanvaarbare alternatief nie want hulle is na my mening nie altyd so ingelig en onafhanklik as wat 'n mens sou wou sien nie en ook nie in alle opsigte so goed soos die (huidige) WEGSLEEP nie. Ek hou egter die nuwe verwikkeling angstig dop en hoop regtig nie ons word nou afgeskeep nie!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 17:44:09 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Lein dis altyd jammer as 'n tydskrif of enigiets wat mens van gehou het en gewoond aan was nie meer daar gaan wees in die gedaante wat vir mens goed gewerk het nie. Dit raak my gelukkig nie want albei die tydskrifte wat jy noem is vir my genoeg en voorsien in my behoefte vir leeswerk in die bedryf.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 19:24:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14485
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek gee nie om as karavaan persoon om Wegry artikels te lees nie....maar weet nie of Wegry lesers sal belangstel om artikels oor karavane te lees nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 20:10:22 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1935
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Ek koop en lees elke maand beide tydskrifte. Lankal gewonder of daar regtig plek in die mark is vir die 2 aparte dun tydskrifte en hoekom hulle nie maar saamsmelt nie. Nou het dit , myns insiens, reg laat geskied aan beide tydskrifte. Weg Ry is nie net 4X4 nie. Dit sluit ook maar boswoonwaens en kampeerplekke in. Dit bring ook wye algemene kennis oor die hele bedryf in my huis in, trouens ek geniet die inhoud van elke tydskrif en glo dat met die samesmelting dit albei se inhoud sal bevorder en meer lesers aan beide kante bevoordeel.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 06:37:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Uitgawe 100 van Wegsleep Junie 2017 was steeds net wegsleep of sit ek die pot nou mis.

Het die tydskrif WEGRY dan nou net "WEGGEVAL"

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 06:39:37 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14485
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Uitgawe 100 van Wegsleep Junie 2017 was steeds net wegsleep of sit ek die pot nou mis.

Het die tydskrif WEGRY dan nou net "WEGGEVAL"


Die nuwe een kom eers in Augustes
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 08:43:14 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1097
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Daar is steeds vir beide WEGSLEEP en WEGRY 'n Julie 2017 uitgawe.   Die Julie uitgawe van Wegsleep het juis 'n kort promosie artikel oor die Hoefer waens bevat waarop ek kon reageer.     Ek kry beide en die WEG elektronies.  Het egter nog nie gelees hoe ek die eerste gesamentlike Augustus uitgawe  kan kry nie.

groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 09:58:08 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Sal moet wag en sien hoe die twee tydskrifte in een gaan ontvou. My eerste gevoel is dat Wegry die hoof tydskrif gaan bly en dat Wegsleep dat die agter speen gaan suig.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 10:33:26 am
Anonymous

Ek weet nie of die nuwe ding dit vir my regtig gaan doen nie, sal maar kyk.

Maar, soos die forum ook is, lees wat jy wil, en skip waarvan jy nie hou nie.

Net my mening.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 11:21:56 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Daar is steeds vir beide WEGSLEEP en WEGRY 'n Julie 2017 uitgawe.   Die Julie uitgawe van Wegsleep het juis 'n kort promosie artikel oor die Hoefer waens bevat waarop ek kon reageer.     Ek kry beide en die WEG elektronies.  Het egter nog nie gelees hoe ek die eerste gesamentlike Augustus uitgawe  kan kry nie.

groete

Theo jy behoort voortaan net vir een tydskrif te betaal.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 11:40:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years


Die nuwe een kom eers in Augustes

O goed dankie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2017 @ 19:00:00 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Lees nou net in Weg Sleep dat die nuwe tydskrif sal bekend staan as Weg Ry & Sleep.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2017 @ 10:47:01 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Lees nou net hier op die internet, Klink baie interesant


PRESS RELEASE

Caravan & Outdoor Life now also in Afrikaans

It is with great excitement that Caravan & Outdoor Life can reveal today that we will in future also be published in AFRIKAANS.

South Africa’s only specialised towing and camping publication will from August be available in both English and Afrikaans, under the title KAMP & KARAVAAN. After more than 50 years in the industry, Caravan & Outdoor Life is pleased that we can now provide our excellent content to readers in their preferred language. The Afrikaans publication, Kamp & Karavaan, will be a translation of our English title, and as such will contain exactly the same high quality content as Caravan & Outdoor Life. Editor Francois Huysamen says: “Our publisher, legendary caravan man Godfrey Castle, and I have been discussing an Afrikaans title for months. With recent developments in this niche market, we are now the only title specialising in caravan and camping content. “Caravan & Outdoor Life has been the premier publication in this industry for over half a century, and has over the years gathered a loyal readership. We are aware that many of our readers are Afrikaans speaking, and are excited to be able to bring them our quality articles in their mother tongue. “The Afrikaans title not only enables us to reach a larger audience with our caravan and camping content, but also gives our loyal advertisers more exposure for their excellent products and services. “We are sure that Kamp & Karavaan will contribute to our continual mission of informing, supporting and growing the caravan and camping industry.”
Kamp & Karavaan will be available at selected stores nationwide from 26 July.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2017 @ 16:44:36 pm
Anonymous

Piet, ek het 'n e-pos van hul redaksie ontvang, ek dink dit gaan 'n lekker lees tydskrif wees.

Baie goeie waarde vir geld.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2017 @ 17:16:24 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Piet, ek het 'n e-pos van hul redaksie ontvang, ek dink dit gaan 'n lekker lees tydskrif wees.

Baie goeie waarde vir geld.


Ek stem saam met jou Johann. Moet nou maar wag tot einde van die maand vir die nuwe uitgawe om te sien hoe hy lyk en lees.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2017 @ 20:49:33 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1935
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Baie interresant. Dit wys maar net weer dat die gedrukte media onder druk is met al die digitale tydskrifte en koerante wat besig is om die mark te oorheers. Dit noop nou die uitgewers om nuwe idees uit te dink en rigtings in te slaan om die mark te probeer behou....tot voordeel van ons oues wat die gedrukte weergawes verkies. Paar jaar gelede het die koerant "Beeld" in sy wysheid besluit om nie meer die enigste gedrukte afrikaanse koerant in KZN te versprei nie. Hulle het daarmee volhard nieteenstaande ons Natallers se hewige besware en verspreiding in Natal gestaak. Wat gebeur......die sirkulasiesyfer van die koerant daal drasties en kort voor lank is die koerant terug in Natal. Die skade is egter gedoen want daar is nou baie afrikaans sprekendes wat intussen die engelse koerant weergawes aanvaar het en nie weer terug gegaan het na die afrikaanse dagblad nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2017 @ 06:24:21 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

WEG Sleep/Ry kan nogal goed wees. Persoonlik, ek het nog nooit WEG RY gekoop nie.

Caravan & Outdoor in Afrikaans???? Dit is nogal snaaks! Nie gedink daar sal n mark wees vir nog n Afrikaanse tydskrif nie. Hoop nie dit gaan net n direkte vertaling wees nie. Ek sou gese het hulle moet dit 1 tydskrif hou met beide Afrikaans en Engelse berigte. Sou meer sin gemaak het!

Maar nou moet ek byse, ek koop beide tydskrifte die laaste 5-6 jaar (elke maand). Dit wil voorkom asof die berigte die laaste jaar of so minder word, advertensiens word meer (en boring) en hulle beweeg na dieselfde as wat CAR tydskrif gemaak het. (ek koop die laaste 5 jaar nie meer daardie tydskrif nie) Beriggewing op onbekostigbare produkte vir normale mense, hulle toets n voertuig of karavaan en se nie juis iets nie.

Ek is oor die 30 jaar getroud en luister wat my vrou se sonder om n woord te hoor wat sy se. Dis waarheen die tydskrifte nou beweeg!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2017 @ 08:10:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

CARAVAN & OUTDOOR tydskrif bring ook van Julie maand af 'n Afrikaanse weergawe genaamd "KAMP EN KARAVAAN" uit.

Ek het die kennisgewing per E-pos Saterdag ontvang.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2017 @ 17:00:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14485
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Gaan lyk my R55 wees op die rakke. Sien mens kan huidiglik inteken teen 50% afslag
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2017 @ 17:03:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14485
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Gaan lyk my R55 wees op die rakke. Sien mens kan huidiglik inteken teen 50% afslag

Dis nou vir die nuwe Wegsleep
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2017 @ 18:36:57 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ons sal maar sien hoe die mededinging werk vir die 2 tydskrif groepe. Ek sien v d mense het geweet van die Kamp en Karavaan nog voor dit algemeen versprei is. Het ook die e-pos gekry die naweek.

Hannes ongelukkig gaan dit 'n direkte vertaling wees. Ek het ook die CAR gekry vandat ek 14 was en dit ook gestop toe ek nie meer tevrede was met die diepte van hul inhoud. Ek het die 1e CAR gekoop met 'n 14e b-day geldjie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2019 @ 20:46:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14485
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

R65 begin bietjie rof raak vir n tydskrif......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2019 @ 22:49:03 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek het al die boeke vir jare getrou gekoop en versamel tot ek net eenvoudig nie meer plek gehad het nie. Bokse vol weg gegooi. Ek voel as jy elke derde maand n boek koop sal jy miskien iets nuut sien en dan moet jy maar tevrede wees met baie swak toetse en terugvoering op produkte

 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2019 @ 02:13:15 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Toe ons die Wegbreek tydskrif begin het was dit n teenvoeter vir die Getaway. Toe verloor ons die hofsaak oor die naam en toe word dit die Weg. Niemand het verwag dat ons verkoopsyfers so sou styg nie en ons het toe die Wegry begin as n Afrikaanse weergawe van Drive Out, waarby ek aanvanklik betrokke was as gevolg van die groot 4x4 roetes se belangstelling daardie tyd. Beide tydskrifte se verkope het deur die dak gegaan. Ek het toe ongelukkig meer onbetrokke geraak weens my werkdruk as argitek en toe het hulle die Wegsleep begin. Ek dink dit is n logiese stap om net een buite-aktiwiteit-blad te skep. Na my mening moet hulle dan ook die stappers se belange byvoeg. Dan het hulle n omvattende tydskrif enig in sy soort in SA. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2019 @ 15:35:21 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit klink nogal na 'n plan om die stappers se behoeftes ook te akkomodeer.  Hulle behoeftes is baie min eintlik en so blad wat die bietjie info verskaf gededikeer kan baie doen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2019 @ 06:42:39 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4459
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

Did n puik boek wat n bree spectrum dek

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2019 @ 06:59:16 am
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Did n puik boek wat n bree spectrum dek

En in baie gevalle onvolledige en inkorrekte berig gewing veral op motor toetse en spesifikasies in my opinie. Dan voel ek ook jy kan maar elke drie maande n boek koop om up to date te bly. 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2019 @ 07:45:11 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4459
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

So verskil ons maar Mak oor ek hou baie van die kamp gedeelde maar nog steeds n nice boek

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2019 @ 08:18:54 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Daar is meer as 100 staproetes NET in die Kaap-omgewing. Duisende roetes in die hele SA. 'n Weg-Stap boek sou na my mening NOOIT uitgepraat kon word nie. Dink net aan al die toebehore wat met STAP te doen het. Ek sien hulle het nou 'n eenmalige STAP-boek uitgebring.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2019 @ 20:23:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14485
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Gratis kampkos boek saam met November 2019 uitgawe

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2019 @ 21:46:17 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Koop glad nie meer daardie boeke. Verslaggewing is eensydig, geen behoorlike inligting op voertuie asook waens. Verbruikers se behoeftes en benodigdhede word skaars na gekyk. Die verslagewers leef in hul eie wereld nie in n kamper wêreld

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 09:30:55 am
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 228
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years

Dis 'n 2016 uitgawe van die kosboek, dog lekker resepte!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 09:46:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Gratis kampkos boek saam met November 2019 uitgawe

Ek kan darem met trots sê vier van die geregte daarin was ek die uit dinker/beginner van.

Het al vier resepte jare terug op die Wegsleep forum geplaas. Hier is 'n foto van een van dit.

Dis die breakfast buns

Die ander resepte is:

  • Die Fillet Braai met die murg bene.  (As jy ly aan Colesterol drink jy pille voor jy die een eet. Baie lekker)
  • Gevulde pampoen.  (My manier eet jy die pampoen skil sommer saam met alles)
  • Breakfast Muffins.  (Lekker as 'n peusel happie vir middag ete ook)

Lyk my so oor die jare het die manier van maak net so hier en daar verander.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 09:51:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Een wat ek mis is sampioen en kaas gevulde vetkoeke.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required