English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 303
Total Replies: 250 337
Total Views: 83 151 766
topics: 1 156
replies: 12 174
views: 4 835 063
Jokes and everything else that makes you laugh

Is seker maar so n Frans

replies: 31
views: 6768
04 Nov 2014 @ 22:00:32 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Hallo Frans,

Vandag kry ek die een, toe dink ek so onwillekeurig aan phokit. En met die skelms en krag en balaclavas gedink dink ek die strokie het dalk iets beet.

Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 06:05:52 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Nog n LMGA Mooi Herman, mooi

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 06:30:50 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2207
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years
Is waar kan dalk net werk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 06:59:35 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Mooi manYell

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 07:30:14 am
Anonymous

Herman, ek stem!!!!, maar ek's half bang daai gesegde gaan my nog baie verleentheid veroorsaak, ek sien  dit trek al op die ander forum ook, ek is half onder sensuur tuis, want die beterweter (ag ekskuus wederhelfte) lees ook. Ek kry sulke dun lippie smaails!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 07:59:49 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4659
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Lekke een Herman nou gelag dat die spoeg spat
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 08:12:57 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2207
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years
Nee wat Frans dis so eie en elke keer as iemand dit gebruik dink ek aan kamp.
Is in elk geval nie 'n beter woord om te beskryf nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 10:20:03 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Herman, ek stem!!!!, maar ek's half bang daai gesegde gaan my nog baie verleentheid veroorsaak, ek sien  dit trek al op die ander forum ook, ek is half onder sensuur tuis, want die beterweter (ag ekskuus wederhelfte) lees ook. Ek kry sulke dun lippie smaails!!!

Ek stem saam met jou "wederhelfte" Frans.Embarassed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 11:33:28 am
Anonymous

Herman, ek stem!!!!, maar ek's half bang daai gesegde gaan my nog baie verleentheid veroorsaak, ek sien  dit trek al op die ander forum ook, ek is half onder sensuur tuis, want die beterweter (ag ekskuus wederhelfte) lees ook. Ek kry sulke dun lippie smaails!!!

Oom Frans, dit wil vir my voorkom of almal in Klerksdorp geweste lief is om daai woord ordentlik uit te spreek. My oorlede oom was ook woonagtig in Klerksdorp (Dolf vd Mescht), en hy was net so lief om daai woord so ordentlik uit te spreek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 13:28:36 pm
Anonymous

Hendrik M, ek vra nederig om verskoning, en sal dan onderneem om my kommentare in die vervolg te sensor, ten einde enige kanse vir aanstote te voorkom. Dra ook my verskoning aan almal in jou huishouding wat dalk daardeur beinvloed of benadeel was.Embarassed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 13:53:55 pm
Anonymous

Ja, mens vergeet soms dat hier dames, (hoop Hessie en ander dames, vergewe maar) ook is wat deelneem nê, ek is nie regtig "vuilbek" nie, maar soms is daai woord nodig om iets te beklemtoon.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 13:58:22 pm
Anonymous

Jy is reg Johann, somtyds raak mens so befoeterd dat jy geen ander keuse het nie.

Ek dink darem regtig nie oom Frans se enetjie is so prontuit nie, vir my klink hy darem baie beter as die regte vertalingLaughing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 14:07:53 pm
Anonymous

Jip, Dennis, Frans se vertaling op skrif lees baie lekkerder as die ander een.Laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 14:16:18 pm
Anonymous

Mense, ja, ek is nie eintlik een wat rond en bont vloek en skel nie, en dit het oorspronklik begin as baie "tong in die kies" net sowel as my plasing hier bo met betrekking op die "sensuur tuis", maar dit wil voorkom asof daar wel mense is wat nie gediend is daarmee, nie. Ek het al wel meer kras woorde hie raakgeloop, en nog nooit enige kapsie daarteen gemerk nie.

Derhalwe het ek my verskoning aangebied, en distansieër myself dan van verdere gebruik van die woord. Ek wil nie klippe gee vir die mense wat normaalweg begin klippe gooi nie.

Dit sal dan ook maar seker demper plaas op van die insette, maar dan sal dit seker so wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 16:32:18 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Mense, ja, ek is nie eintlik een wat rond en bont vloek en skel nie, en dit het oorspronklik begin as baie "tong in die kies" net sowel as my plasing hier bo met betrekking op die "sensuur tuis", maar dit wil voorkom asof daar wel mense is wat nie gediend is daarmee, nie. Ek het al wel meer kras woorde hie raakgeloop, en nog nooit enige kapsie daarteen gemerk nie.

Derhalwe het ek my verskoning aangebied, en distansieër myself dan van verdere gebruik van die woord. Ek wil nie klippe gee vir die mense wat normaalweg begin klippe gooi nie.

Dit sal dan ook maar seker demper plaas op van die insette, maar dan sal dit seker so wees.

He he! Jy het dit in vir my. Enige een kan tussen die lyne lees na wie jy verwys oor die klippe gooi. Nietenstaande sal ek jou "verskoning" 'n paar posterings terug aanvaar.

Kom manne! Hou dit skoon asseblief.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 16:59:12 pm
Anonymous

Hendrik, nee glad na jou verwys, maar na ander persoon wat oorspronklik van die ander forum is, en kort-kort hier uitslaan. Ons het lang geskiedenis van koppe stamp, en hy was hier ook onlangs weer verjaag. Wanneer ek effe in die "kalklig" kom!!!, om een of ander rede, was dit vuurmaakhout vir sy stofie.

Ek het hier hoeka al vir die manne gevra om eerder die "gewraakte gesegde" eerder te laat, ek was skrikkerig vir admin, en wou nie om so 'n rede aangemaan word nie.

So, ons het geen verdere kwessies!!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 18:50:50 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jip iewers het die pap op die grond geval.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 18:51:59 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Pap op die grond of te nie. Ek kamp darem vreeslik lekker in die lewe. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 19:06:48 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years

Skuus mense, dit was my plasing, en was glad nie in die minste bedoel dat Frans nou oor die kole gehaal word nie.
Ek geniet net altyd Frans se lekker spitsfondige aanmerkings, en gehoop dat hy sou reageer soos hy het.
Die gebruik van n lekker beskrywende woord in die konteks wat dit bedoel word, is in my nederige mening lekker gesels.
As die oorspronklike engels was " Turn around, we made a bad mistake" was die humor verlore.
Sou Frans se "jislaaik" ipv "Phokit" wat nie n woord is nie en dus moet die leser self n assosiasie maak, sal die humor ook maar afgewater wees.
So stenig my maar asb, Frans is n goeie "upstanding citizen" met n goeie sin vir humor.

Herman.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 20:02:32 pm
Anonymous

Herman, geen probleem. Ek maak nou maar soos van ouds, ek swets nie meer nie, maar waar ek spoeg op die gras, is daar dooie kol. Blikses, jy moet sien hoe lyk my se grasperk, lyk asof ruspes hom beetgehad het, en mis werk ook nie eers nie!!!! of soos WilSur sou sê 11-1-11 werk nie ook nie eers nie!!!!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 20:04:32 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years
Dink jy kan maar rustig wees Frans, daar is nou maar net 'n paar woorde wat dinge "so much better explain" :-) Sonder hulle is die hele effek in sy glorie in...kon self op 'n stadium heel goed 30 minute lawaai sonder dat ek enige woord herhaal het...dink egter nie ek het heeltemal die touch meer nie, dalk darem so 15 minute!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 20:20:38 pm
Anonymous

Oom Grootwind, ek het meer spoeg as woorde!!!!, my rekenaarskerm ook al deurgeloop!!!!, sleutelbord ook blerts gekry!!!! Nou't ek outydse speogbakkie (uit die dae toe grootmans nog gepruim het - my oorle Pa kon so 2meter vêr daai pruimtabaksop  in die spoegbak blerts!!!) en ek praat maar ander tale op daai manier, die tuiningenieur kla ook sleg oor die gras wat so dooi!!!, bang ek vreet hom uit daarooor ook!!!!

Jorg, nee wat, dit het oorspronklik as tong in die kies begin, maar ek is heel vredeliewend, en as dit nie aanklank vind by almal nie, dan hou ons maar eerder by stilswye!!!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 21:06:16 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Frans, as jy gaan stil raak, agv die plasing, sit ek die Panado in sy blou sokkie, en bere hom in die
kas.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2014 @ 22:54:42 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dit wil voorkom of ek die enigste is wat 'n afkeur het in die tipe humor, of die gebruik van blatante kru-taal (soos in die prentjie), of verdoesel deur foutiewe spelling. 

Dit blyk dat dit ook die goedkeuring van die web eienaars wegdra.Undecided

Gelukkig is die tipe inskrywings op die forum sover in die minderheid so ek sal maar verby hulle probeer hou. Maar moeilik hoor. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2014 @ 08:19:32 am
Anonymous

Faaaaaaiiit Faaaaaaaiiiiit

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2014 @ 09:00:58 am
Anonymous

As ek nie van 'n topic hou nie, hou ek verby.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2014 @ 09:06:51 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Hendrik hoekom is die 11-1-11 moeilik om oor te slaan ?

Dan wil ny in jou binneste dit tog deur werk want jy is bang jy mis jiets ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2014 @ 22:46:11 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Ek geniet die segoed en is nog maar nuut hier. Het enigiemand iets lelik uitgedruk?
Neewat ek dink nie so nie. Dis mos maar streekstaal en word algemeen gebruik. Gaan vind bietjie uit by ons Hollandse vriende wat beteken die F woord. Dit beteken om iets of iemand reg te maak. Regtig...!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2014 @ 07:23:56 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Goeiedag Hendrik,

Ek respekteer jou siening en as dit vir jou werk is dit reg so.

Wat ek egter nie verstaan nie is die volgende:

"Gelukkig is die tipe inskrywings op die forum sover in die minderheid so ek sal maar verby hulle probeer hou. Maar moeilik hoor. "

Wat is moeilik daaraan??? -- dis doodeenvoudig -- Moenie die goed lees nie -- do not pass go -- do not colect R200.

Die vraag is natuurlik -- hoekom interresseer die grensgevalle jou so???. Miskien moet jy daardie vragie vir jouself beantwoord.

Klink vir my amper soos die Aantie wat kla dat wanneer sy haar kombuis leertjie op haar tafel sit, en op die boonste trappie staan en deur die luggat kyk word sy kwaad omdat die buurman kaalbas langs sy swembad agter 'n ses voet muur lê en sonbraai.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2014 @ 07:41:45 am
Anonymous

Jip Andre.

Of dis soos die ou wat die vrou vloek en skel wat besig was om make-up aan te sit terwyl sy bestuur en toe voor hom inry dat hy so skerp moes briek dat hy die helfte van sy bier gemors het!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2014 @ 07:49:36 am
Anonymous

[Quote] 1024 , 250.042.856 [/ quote]

Baie goeie een hierdie, Andrè. Jy wen die Noddy BadgeLag

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za