English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 967
Total Replies: 225 231
Total Views: 82 164 028
topics: 773
replies: 12 376
views: 4 967 490
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Dag of nag langafstand sleep.

replies: 44
views: 658
17 Apr 2019 @ 20:30:27 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Goeie naand mede kampeerders.

Graag wil ek by julle uitvind wat vind julle die beter opsie. Ek sleep n CI Escape 2 met n Huyandai bakkie gereeld tussen Alberton en Gariep dam.

Ek gebruik die N1 roete altyd gedurende die dag. Nou gewonder of nag sleep miskien beter opsie sal wees a.g.v minder verkeer, koeler weer. 

Goeie ligte ens op die "lokomotief" en "muggie" agteraan. 

Enige insette word waardeer. 

Rustige aand almal.

Jan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 21:22:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13063
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Eerstens welkom op die forum! As ek ver sleep ry ek soms n gedeelte in die donker.....maar dan verkies ek dat ek die pad ken.....sal nie sommer op n onbekende pad in die donker sleep nie. Maar ek probeer daai tyd beperk tot so 2 ure. As ek byvoorbeeld see toe sleep sal ek 4am begin sleep en dan is dit 6am lig.....maar doen dit ook om die JHB spits verkeer te mis.{eintlik die hoofdoel}  Dit verg egter heelwat meer konsentrasie....verkeer is minder, maar dit voel vir my of daar meer onverskillige mense dan op die pad is.....en dan daai trokke wat nie agterligte het nie en mense wat met brights ry en nie ligte wil dim nie.....al hierdie ekstras maak jou gouer gaar.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 21:27:23 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4085
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Vir my is nag sleep uit. Soos Geert gesê het die voertuie sonder ligte is 'n probleem. Mens kan makliker in iets vasry. So paar jaar terug het tot 'n ratkas op die N1 by Centurion gelê. Sou mens teëspoed optel kan dit gevaarliker wees as in die dag. Ek probeer ook nie sonder sleep meer as 2 ure laataand ry nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 22:02:23 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Stem saam met Danie, nag sleep is uit. Ek het vir jare die gewoonte gehad om deurnag te ry. Te veel kere was daar nou ontkomings, diere, goed wat van trokke afval, potholes, mense wat aan die slaap raak en en. Net te gevaarlik. Dan ook sou jy n breakdown, pap wiel kry moet jy in die nag langs die pad sukkel. Maklike teiken om beroof te word. Jy is n stil staande voertuig kan nie vêr uit die pad beweeg en aankomende verkeer is doods gevaarlik met mense wat aan die slaap raak. Net nie die moeite werd. Sleep verg elk geval baie konsentrasie, slaap sê ek in die nag en wees vars deur die dag.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 22:07:14 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

As ons lang pad vat verkies ek ook om vroeg oggend net voor son opkoms in die pad te val. Die swaar voertuie en pad oppervlak is vir my n probleem. Mens weet nooit wanneer wag n pothole vir jou nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 06:33:27 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13383
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As ek vêr moet ry die dag sal ons ook vroeg in die pad val maar dit is net om deur die verkeer van JHB te kom.  Dus geld die 2 ure voor son opkoms ook vir my.  Het jare terug, af Balito toe 3uur in die oggend in die pad geval. Dan slaap die kinders in die kar en mens kry 'n groot gedeelte van die pad agter die rug teen die tyd wat die gesin begin roer in die voertuig.  Dis nou in die tyd van jonk en jukkerig nè...........

Mens is ongelukkig baie meer kwesbaar in die nag as dag.  Probleme op die pad in die nag is dubbel die stress as wat jy dit in die dag sou hê.

Dan omrede ons nie meer beperk word tot die skool vakansie tye nie vat ek verlof op so manier dat ek 2 dae reis tyd het voor en na doe eintlike vakansie as dit nodig is.  My verlof begin elkgeval so dra ek agter die stuur in skuif. Dus verkies ons maar sleep in die dag.  Die risiko in die nag raak deesdae bietjie te groot.

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 07:27:59 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 502
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Ek stem heelhartig saam met al die bogenoemde kommentaar.

Ons is gelukkig nie meer tydsgebonde nie enindien ons KZN toe ry, beplan ons vertrek datums so dat dit op 'n Saterdag of Sondag is. Dit is dan nie nodig om vroegoggend te vertrek net om die druk verkeer van Gauteng te vermy nie.

Toe die kinders nog klein was het ons gewoonlik die kinders direk by die skool gekry en die langpad gevat. Dan het ons gery en voor donker 'n oornag plek gesoek, hetsy Harrismith, Estcourt of Mooirivier. Het nooit in die donker gesleep nie. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 07:41:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13383
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Mens pas jou tyd van ry by jou omstandighede aan.  Ek verkies ook om in die dag te ry.

Ek moes noodgedwonge nou al twee keer die jaar deur sleep Villiers toe. Beide was weeksdae so om die verkeer te mis moes ek maar plan sien.  05h00 in die oggende gery en was voor 7h00 daar.  Mover is uitgesorteer dan met die terugkeer is daar baie verkeer maar ten minste staan, ry, stop jy nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 09:04:32 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2673
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Eerstens, welkom op die Forum.

Dis Afrika, en mens mens ry nie deur die nag in Afrika nie,

Veral in afgelee plekke, waar jy vee en ander diere op die paaie kry.

Ons ry jaarliks iewerste in die buiteland, en daar is dit nog erger as hier.

Die ding is, RSA vang gou op met ander lande in Afrika.

Kyk net terwyl jy ry, hoe veel plekke langs die pad het nie heining nie.

'n Donker bees wat voor jou in die pad le, gaan jou verlof net daar be-eindig.

Veral as daar 'n voertuig van voor kom, dan is daar geen kans om die dier te mis nie...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 09:16:18 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13383
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is baie belangrik wat jy sê Edge.  So tydjie terug was daar 'n bespreking in die Weg Ry en Sleep wat bv gehandel het oor "Off-road" buffers op voertuie en ook die "spotlights" op die voorkant van voertuie.

Vir beide van daai besprekinge/argumente geld jou opmerking ook.

Dink om dit op te som is meeste eens dat dit beste is om nie in die aand te sleep nie. Die "Odds" is nou maar net nie aan jou kant nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 10:46:20 am
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Baie dankie aan almal vir die insette en verwelkoming.

Ja dit maak baie sin en ek is ook maar skepties om dit te doen aangesien ek alleen ry so dis nog gevaarliker.

Ek sal maar bly daarby om in die dag te ry.

Dankie weereens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 12:51:48 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ons het ook toe ons jonger was die "nag-ry-ding" gedoen, maar ons doen dit nie meer nie. Jy word oorgelat aan die genade as jy moeilikheid met jou motor optel en daar is heelwat wilde diere in die nag. Ons ry eerder vroegoggend met eerste daglig dan ervaar jy die natuut om jou. Dan ry ons ook net tot so middagete of selfs vroeër dan stop ons vir oorslaap. Op hierdie wyse neem dit ons vier dae en drie nagte om in Hartenbos te kom. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 18:22:09 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1822
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Vroeer jare het ons gereeld in die nag gery. Ons was jonger en alle sintuie was skerper. Ons is nou ouer maar die belangrikste vir my is dat ons nou , in teenstelling met n paar jaar gelede, in n ander land woon. Klippe of ou motorbande of iets dergliks word nou in n ommesientjie oor die pad gepak om jou te dwing om stil te hou en jou te beroof. Dit is net vir hulle makliker in die nag want hulle kan vinnig in die donker wegraak as hulle bedreig word of as hulle hul daad verrig het. Bedags is daar meer verkeer en jy kan enige bedreiging op n afstand sien en is dit moeilik om hulle planneuit te voer. Dit is maar net veiliger om te reis as jou sig beter is.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 20:41:29 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7351
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Stem saam met Danie, nag sleep is uit. Ek het vir jare die gewoonte gehad om deurnag te ry. Te veel kere was daar nou ontkomings, diere, goed wat van trokke afval, potholes, mense wat aan die slaap raak en en. Net te gevaarlik. Dan ook sou jy n breakdown, pap wiel kry moet jy in die nag langs die pad sukkel. Maklike teiken om beroof te word. Jy is n stil staande voertuig kan nie vêr uit die pad beweeg en aankomende verkeer is doods gevaarlik met mense wat aan die slaap raak. Net nie die moeite werd. Sleep verg elk geval baie konsentrasie, slaap sê ek in die nag en wees vars deur die dag.

Ry net vroeg oggend om die verkeerd by JHB te mis. Ander plekke heel wat later. 

Kyk met my werk is daar nie n pad in die land wat ek nog nie gery het nie. 

En nie een sal ek met n wa in die nag ry nie. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2019 @ 20:50:54 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7351
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum ook. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 18:53:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13063
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Goeie naand mede kampeerders.

Graag wil ek by julle uitvind wat vind julle die beter opsie. Ek sleep n CI Escape 2 met n Huyandai bakkie gereeld tussen Alberton en Gariep dam.

Ek gebruik die N1 roete altyd gedurende die dag. Nou gewonder of nag sleep miskien beter opsie sal wees a.g.v minder verkeer, koeler weer. 

Goeie ligte ens op die "lokomotief" en "muggie" agteraan. 

Enige insette word waardeer. 

Rustige aand almal.

Jan.

Jan....hoe trek daai H100 daai karavaan?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 19:58:16 pm
Anonymous

Ek is totaal nagblind en ry slegs met eerste lig en stop met laaste lig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 16:46:17 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years
Middag Relaxed Camper.
Die sleepkombinasie was maar redelik swaar gelaai aangesien ek vir meer as 'n maand weg was.
Die karavaan is gelukkig redelik klein en die "canopy" op die bakkie is dieselfde hoogte as die Escape 2 se dak.
Ja dis nou nie die vinnigste sleepkombinasie wat ek gehad het nie maar is baie tevrede. Langpad sleep ek in elkgeval selde oor 100 km/h.
Die gemiddelde spoed daarheen en terug was 87 km/h en diesel verbruik 7.6 km/l.
Baie stabiele sleep agv die Escape se swaar neusgewig en die swaar "Lokomotief" voor.
Lekker middag.
Groete. Jan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 17:04:10 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Baie dankie vir almal se insette!

Ja duidelik is dit 'n 100 persent " no no" . Ek het dit op daai stadium oorweeg om in die nag te sleep aangesien ek dit vroeer jare gedoen het maar logika het vir my gese los dit liewers..

Dankie julle en geniet die res van julle naweek.

Groete. Jan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 17:56:41 pm
Anonymous

Om te verwys na die bradstof verbruik:

Ek sleep gewoonlik teen 110-120 km/h met ń Sprite Swift wat so effens swaarder is as ń Venter sleepwa.

My brandstof verbruik wissel gewoonlik tussen 9,8-10,5 km/lt, afhangend die gewig.

Met my sleep Modimolle toe was dit presies 10 km/lt.

Met my terugkeer was dit 8,7km/lt met baie minder bagasie.

Die oorsaak was: Die voorste venster se hakkie was nie ordentlik gehaak nie en die wa het al die wind van binne gekry.

Eers het ek gedink, ma het die wa nie reg gepak nie omrede ek die joppie los vir haar, maar op einde was dit my nalatigheid.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 18:19:38 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years
Hi DK.
Ja dis baie goed gedoen met die brandstof vebruik!
Moet se toe ek terugkom van Gariep af het ek die heelpad n stormsterk wind van voor/ links voor gehad en baie moeilik gesleep.
So die bg syefer is oor die totale agstand en ek het met die terugtog agterpaaie en baie dorpies en stop en ry gehad wat seker die verbruik ook opgejaag het.
 
 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 18:24:44 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Die lokomotief het mos immers 'n windweerstand van 'n baksteen! 😂

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 20:50:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13063
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Om te verwys na die bradstof verbruik:

Ek sleep gewoonlik teen 110-120 km/h met ń Sprite Swift wat so effens swaarder is as ń Venter sleepwa.

My brandstof verbruik wissel gewoonlik tussen 9,8-10,5 km/lt, afhangend die gewig.

Met my sleep Modimolle toe was dit presies 10 km/lt.

Met my terugkeer was dit 8,7km/lt met baie minder bagasie.

Die oorsaak was: Die voorste venster se hakkie was nie ordentlik gehaak nie en die wa het al die wind van binne gekry.

Eers het ek gedink, ma het die wa nie reg gepak nie omrede ek die joppie los vir haar, maar op einde was dit my nalatigheid.

Dennis. My sleep vanaf Warmbad na Pretoria is altyd swaarder as Pretoria na Warmbad. Gaan google bietjie hoogte  bo see spieel verskil....dan sal jy sien hoekom. Alhoewel die pad baie gelyk lyk......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 18:57:28 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1250
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Huh? Die draad begin met nag/dag sleep en nou is dit oor brandstof verbruik??? Dalk eerder 'n nuwe draad daarvoor begin?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 19:01:51 pm
Anonymous

Huh? Die draad begin met nag/dag sleep en nou is dit oor brandstof verbruik??? Dalk eerder 'n nuwe draad daarvoor begin?

Jammer maat. Ek is seker op verkeerde forum en gesprek.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 08:32:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13383
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek is totaal nagblind en ry slegs met eerste lig en stop met laaste lig.

Ek kou nog aan die vertrek tyd na die Eiland toe.  Dis of Vrydag middag tot in Warmbad iewers en Saterdag verder.

Of ons val Saterdag oggend so 5 uur in die pad.  Dis dan donker maar darem nie vir lank nie.  Koel oggend luggie maak ook dat die tipper lekker sleep.

Sal maar sien.  Wil graag al Vrydag wegkom.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 11:15:31 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 296
Joined: 28 Feb 2018

If you travel towards East direction early in the morning you also will have to deal with the rising sun, so big trucks, potholes, stray animals and rising sun, its stressful bur what bliss once you set up camp, so may be thats a reason most people loveeee camping, them bliss 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 11:34:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13383
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

If you travel towards East direction early in the morning you also will have to deal with the rising sun, so big trucks, potholes, stray animals and rising sun, its stressful bur what bliss once you set up camp, so may be thats a reason most people loveeee camping, them bliss 

Will keep in mind. First part is to the north so it should be fine.  Any obstacles could be a hazard during the night early morning. Still hope to get away on Friday.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 14:12:45 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek voel altyd dat nag-ry n groot probleem gaan word indien jou wa n pap wiel kry. Ek het ses band-monitors en hou die karavaan se bande met n valk-oog dop. Indien die band sou bars en daar is nie spasie nie gaan jou wa in die donker half op die pad staan. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 20:47:43 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Baie dankie manne vir al julle insette en die gesels al was dit oor die brandstof verbruik. 

Ek het dit vir interessantsheidshalwe genoem aangesien iemand gevra het hoe die bakkie sleep. Sien manne "moan" nou oor dit.

Ek het my antwoord gekry by die wyse manne en sal dit so toepas. Dankie so ek volstaan dus met die draad.

Groete. Jan.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 21:11:46 pm
Anonymous

Baie dankie manne vir al julle insette en die gesels al was dit oor die brandstof verbruik. 

Ek het dit vir interessantsheidshalwe genoem aangesien iemand gevra het hoe die bakkie sleep. Sien manne "moan" nou oor dit.

Ek het my antwoord gekry by die wyse manne en sal dit so toepas. Dankie so ek volstaan dus met die draad.

Groete. Jan.

 

laughinglaughingNee wat Jan.

Ons faait vandag en môre praat almal weer lekker.

Dankie dat ek dit met jou kon deel en sleep veilig.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 12:13:01 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Dankie D.K

Ja wat suur druiwe sal mens seker orals kry en verlief moet neem. Dankie vir die vriendelike chats dis hoe ek dit like!

Lekker naweek almal.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 12:29:02 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

@Dansan.

Ja met my geval het gebeur dat die linker band op 'muggie' gebars het 65km suid van Bloem.

Geen spaar en domkrag was te hoog. So moes afhaak, waarskuwing 3 hoek gaan plant met groot klip want hy waai om met die vragmotors op die N1.

So dankie tog dit was in die dag (om by die onderwerp te bly)

Dit was maar benoude boude om jou wa so alleen langs die pad te los. Baie bly alles het toe goed afgeloop. 

Groete.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 12:33:36 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years
Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2019 @ 14:25:57 pm
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 691
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Daai lyk na groot skade. Die rim is ook verwoes.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 09:02:01 am
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Hallo Hennie.

Ja daai velling het meer "hoeke" as 'n stopstraat teken. 😂🤣

Groete.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 13:31:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13063
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hallo Hennie.

Ja daai velling het meer "hoeke" as 'n stopstraat teken. 😂🤣

Groete.

Hoeveel skade het jou karavaan opgetel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 14:04:12 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Hi Relaxed Camper.

Ongelooflik dat skade slegs aan die band en velling was, die buite plastiek skerm om die wiel het aan die voorkant losgekom, plastiese "beading" onder die deur se trappie is weg en 'n gat deurgeskuur op die plastiese wielskerm binne.

Seker maar gelukkig gewees wat skade aan betref. Gekyk oppad terug van Bloem op die pad, meer as 5Km kon ek die wit groewwe op die N1 sien waar hy op die naaf gehardloop het! Meer skade aan die padoppervlak reken ek. 

Niks agtergekom aan die sleep nie tot ek die rookwolke agter die spul in die linker spieel sien nadat n vramotor bestuurder ligte gegooi en toeter geblaas het.

Lekker dag. Groete.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 14:11:28 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years
P.s. Gaan ook bele in daai band monitering sisteem.
Mens kom daai pap wiel nie so maklik agter nie en 'n brandgevaar is hoog in so geval aangesien die band loopvlak om die as vasgedraai het en amper al begin brand het.
 
My 2c.
Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 14:29:31 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Ek het die situasie seker maar bietjie onder ernstig aangespreek. Haha.

Ja dit was die skade buite aan die "muggie" tot ek moeg en moedeloos maar die bestemming bereik.

Binne was 'n oorlogsone! Maak die deur oop toe bestorm al my besittings my. Kaste se skarniere was af ens. Ens. My gemarineerde fillet le in die grond op die vloer. 

Maar ja dis gou reggemaak dis het gelyk binne of  ' n handgranaat daar ingegooi is.

So het dit seker maar woes geskud en skommel agter in die wa.

Kamp sal ons kamp. Pap wiele of nie! 😄

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 14:45:26 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

@Hennie.

Dankie vir die belangstelling. Dis mos nou lekker gesels! 😊

SO!!! Dankie tog dit was in die DAG... Alhoewel dit 38 grade was. Hoop almal sien dit as relevant by die onderwerp.

Lekker dag.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2019 @ 16:14:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13063
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hi Relaxed Camper.

Ongelooflik dat skade slegs aan die band en velling was, die buite plastiek skerm om die wiel het aan die voorkant losgekom, plastiese "beading" onder die deur se trappie is weg en 'n gat deurgeskuur op die plastiese wielskerm binne.

Seker maar gelukkig gewees wat skade aan betref. Gekyk oppad terug van Bloem op die pad, meer as 5Km kon ek die wit groewwe op die N1 sien waar hy op die naaf gehardloop het! Meer skade aan die padoppervlak reken ek. 

Niks agtergekom aan die sleep nie tot ek die rookwolke agter die spul in die linker spieel sien nadat n vramotor bestuurder ligte gegooi en toeter geblaas het.

Lekker dag. Groete.

P.s. Gaan ook bele in daai band monitering sisteem.
Mens kom daai pap wiel nie so maklik agter nie en 'n brandgevaar is hoog in so geval aangesien die band loopvlak om die as vasgedraai het en amper al begin brand het.
 
My 2c.

Sjoe...jy is gelukkig. Ek het n paar jaar terug n trailer gesleep wat se band gebars het. Ook ver aangery en gewonder hoekom kar so swaar trek...het gedog hy is in verkeerde rat. Ook manne agter my ligte geflash en toe ek aftrek sien ek eers gebarste wiel. 

Ek het ook so n ruk terug bietjie huiswerk gedoen omtrent tire pressure monitoring. Het navraag oor een stelsel gedoen, maar was nie 100% gelukkig met die spesifieke stelsel se werking nie. Intussen ook nie weer verder aandag daaraan gegee nie....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 20:18:44 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Dankie Relaxed Camper.

Ja ek kyk ook maar rond en reken een wat al die wiele sal monitor kan werk.

Groete.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 20:28:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13063
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die een wat ek na gekyk het gee net sein na monitor as daar iets fout gegaan het. Met ander woorde as daar nooit iets fout gaan nie, gaan daar nooit iets op monitor wys nie. Hoe weet ek dan die apperaat werk....ek soek iets wat kortkort nuutste lesings deurgee na monitor al is daar nie fout nie....ten minste weet jy die stelsel werk. (Meer gemoedsrus)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2019 @ 20:42:21 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years
@ Relaxed Camper.

Ja ek het opglees hier op die forum oor almal se ondervinding met dit. Dit wil voorkom dat daar baie probleme is.

Sal maar soek dalk kry ek iewers 'n betroubare stelsel wat druk, temperatuur en in my geval al 6 wiele (miskien die  2 spaar wiele?) Ook in "regte tyd" aandui. Miskien is ek te optemisties! 😀

Rustige aand.
Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required