English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 711
Total Replies: 255 267
Total Views: 83 335 161
topics: 807
replies: 12 983
views: 4 968 334
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Some advice on new Mazda BT-50 / Ford Ranger Double cabs

replies: 91
views: 21276
page 2 of 2
30 Oct 2014 @ 22:44:03 pm
Anonymous
Hi Nico!

Kyk, toe ek hierdie draad begin het, was dit seker my 3rde post! Dit was Julie hierdie jaar, en ek het September laasjaar aangesluit, maar het meestal net gelees wat mense se, en het navorsing gedoen oor karavaan parke ens..

vandat ek hierdie draad begin het, het ek meer aktief begin saampraat, dis maar al.. ek kan nie glo ek het oor 300 posts nie, maar daar is maar baie gesprekke en soms het mens kommentaar en soms wil jy tog bydrae maak..

so, die tyd wat ek hierdie geskep het, was my werklike begin, want toe het ek my nuwe bt50 gekoop, en wou die keer inligting van ander kry, want ek is al moeg om na nonsens te luister, en ek moet se, hier was goeie raad al, en dit help om my meer vertroue te gee in my nuwe sleepvoertuig..

ek wil graag weet hoe die bakkies doen, ek het intussen maar al 5000km gedoen, en is sover redelik gelukkig na die hele mishap met die aankoop, maar dit daar gelaat.. lag maar lekker, want ek weet hier is ander wat maar lekker kwaad kan raak en vergeet dis goed om ook bietjie humor in gesprekke te bring en ook na alternatiewe idees te luister, as om net mainstream te aanvaar
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2014 @ 14:58:31 pm
POTYSTER
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 23 Sep 2014
Experience: 7 years
Wel Expo---ek het soveel geleer net om hierdie kommentaars te lees---hel--daar was goeters van 'n diesel wat ek nog nooit in my lewe gehoor het nie--dit toe hier gelees---nou loop ek ok sommer rond en gooi so 'n paar van my eie idees rond daar by die werk---hulle dink ek is al 'n ou hand in die ding.
POTYSTER
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2014 @ 16:03:47 pm
Anonymous
Ek self nie baie lief vir diesel nie, maar ja, dis ongelukkig maar my voorland vir karavaan sleep...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2014 @ 16:14:25 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16255
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Hi Pieter. Ek is nou 'n entjie oor die 30 000km met my Tipper. Is vreeslik gelukkig met hom veral nou na die verbetering in Brandstof verbruik.

Terloops my Broer ry 'n identies dieselfde Tipper as ek. Het hom so twee maande na my gekry.  Hy het vandag twee weke terug uit die Namib woestyn uitgekom waar hulle "Big Dune Driving" gaan doen het.  Sodra ek by die huis kom sal ek hoor hoe het die Tipper daar gevaar en dan sy brandstof verbruik voor tydens en na die Sand ryery.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2014 @ 19:28:55 pm
Anonymous
Sal interessant wees.. my pa soek ook nou so bakkie, hy is impressed..
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Nov 2014 @ 19:07:02 pm
Anonymous
Ok, i towed back from Mbizi..

This time between 100 to 110kmh..

fuel consumption roughly 11.2l/100... which is what computer says..

i find it very difficult NOT to tow in 6th... reason is, in 5th, revs feel quite high, yes around 2500, maybe bit more?, and consumption seems very high.. at 100 to 110kmh in 6th is really comfortable, but remember my expo is much lighter in weight, so maybe with bigger van i would be singing different tune... in theory it makes sense not to tow in 6th, but the whole time if i try 5th i go back to 6th again...

i towed without my yellow blade, had a small swing going that way, but never back, will still fit it asap... but fix it first...

Power with the expo, no issues.. way too much than required, so happy there..
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Nov 2014 @ 19:36:48 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16255
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Jy moet stadig met daai BT 50. Jy sal daai Expo uitrek soos 'n Exclisive. Of 'n half uur na jy by die oord aangekom het daag die agterkant van die expo daar op.

Het geweet jy gaan gemaklik sleep. Ek het altyd maar die toesie gedoen deur effens te vesnel. As spoed  nie begin optel in 6 de rat nie het ek maar terug gerat 5de toe. Bietjie meer as 6 jaar my Penta en Classique so met Mufasa gesleep en daar was nooit probleme gewees nie.

Mufasa ry nou daar iewers in Durban rond.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Nov 2014 @ 20:03:12 pm
Anonymous
Haha, dit voel nogal so!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2014 @ 21:03:23 pm
Anonymous
Nog ene vandag bestel...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2014 @ 15:30:32 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16255
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Wat het jy NOG bestel. Mens het mos net een sleep ding nodig

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2014 @ 15:44:58 pm
Anonymous
Nog n bt 50.. dis vir 2 karavane te kan sleep, of dink jy ek moet tow bar op een karavaan sit en albei sleep (grappie).. sodat my ouers kan saamgaan..

Ek wil graag vir my vrou ook een kry, is bietjie moeg vir karre, dis nou net bakkies, nooit weer karre nie. Het nuwer karavaan idee eers laat vaar
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec 2014 @ 21:28:24 pm
Anonymous
Ok, daar is nou 2 bakkies, en verskil hulle nou redelik van mekaar.. sjoe... elkgeval, ekt jyself nou leer om met die diesel te ry, het baie met auto gery, maar verkies die nanual, beter verbruik en lekkerder speel..

het it ligte ingesit vandag, lyk mooi, maar onprakties, want jytnie juis geter lignie, ek dink dis dalk swakker.. het ook film op windskerm en ligte gesit, sal maar sien..

weet iemand iets van die wheel arch flares? Ekt n paar mooies gesien, en paar lelikes, maar weet nie wie anders dit maak of verkoop nie??
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Dec 2014 @ 09:05:26 am
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 246
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 12 years

Ok, daar is nou 2 bakkies, en verskil hulle nou redelik van mekaar.. sjoe... elkgeval, ekt jyself nou leer om met die diesel te ry, het baie met auto gery, maar verkies die nanual, beter verbruik en lekkerder speel..

het it ligte ingesit vandag, lyk mooi, maar onprakties, want jytnie juis geter lignie, ek dink dis dalk swakker.. het ook film op windskerm en ligte gesit, sal maar sien..

weet iemand iets van die wheel arch flares? Ekt n paar mooies gesien, en paar lelikes, maar weet nie wie anders dit maak of verkoop nie??

 

Daar is 'n ou op die 4x4 forum wat hulle maak. Laat weet as jy wil kontak maak, kan ek kyk om  vir jou 'n link te kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Dec 2014 @ 12:41:43 pm
Boens
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 339
Joined: 10 Oct 2014
Experience: 41 years

Hierdie was 'n baie interessante gesprek! Ek sleep met 'n 3.2 Ranger (auto) en hy hanteer die Exclusive regtig lekker. Ek het 2 kommentare; Punt no 1 ek kry beslis nie beter as 14l/100km as ek sleep nie, (so 100 tot 110 met lugreelaar altyd aan). Ek bly egter dankbaar, want my petrol Prado het selde beter as 20l/100km gegee. Punt no 2, ek sleep sonder enige addisionele stabiliseerder en die wa loop soos 'n trein agter die voertuig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Dec 2014 @ 00:22:04 am
Anonymous
Ek kan nou wel se dat ek nou vergelykings met 2 nuwe bt50s kan maak, en dat die ford fabriek mazda baie afskeep.. jy koop 2 van die karre binne 6 maande van mekaar en hulle verskil redelik baie.. albeiis dieselfde model, 3.2.

die brandstof verbruik van die nuwer outjie is bietjie meer, maar nie so erg soos party manne se nie, dis wel weer n handrat...

ek dink hoegouer mazda by ford se nonsens kan wegkom, hoe beter vir mazda eienaars en toekomstige mazda eienaars..

algeheel, baie lekker bakkies, maar daar is paar dinge watjy maar moet uitsorteer vor jy hulle regtig kan geniet, en as ek weer n bakkie koop, sal dit maar weer bt50 wees..

Verskille tussen die 2
die koppelaars voel anders
ratwisseling is anders
stability control verskil baie in dieselfde toestande, toetse in beheerde omgewing
materiaal binne verskil so bietjie
funksies soos diff lock op een, en nie op ander
Een kan selective unlocking gebruik, ander nie
een brul baie harder as ander
een staan voor baie laer as ander, groot verskil
een het ford engine cover, ander mazda
een ry "smoother" as ander algeheel
Brandstof verbruik verskil redelik met dieselfde bestuurder en dieselfde toestande, ok, dalk naby, maar te groot verskil
een het covers vir ruimtes onder sitplek, ander nie
een se plate onder sitplek was geroes, ander een behoorlik geverf



Ek wil nie eintlik tekere gaan daaroor nie, dit kanseker verwag word



👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Dec 2014 @ 00:22:41 am
Anonymous
Maar ekt gehoop hulle is darem nader aan mekaar op standaard?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2015 @ 22:52:06 pm
Anonymous

Ekt onder die specs gaan soek en kom toe af op hierdie..

 

I have just found the specsvrelating to the mazda bt50 3.2 manual and auto..Gear ratios, manual and auto

1st  5.441    4.171   now we know why manual feels short in 1st, it is!

2nd 2.839    2.342

3rd  1.721    1.521

4th 1.223     1.143    from here it gets interesting

5th 1.000     0.867   manual is exactly 1:1 in 5th

6th 0.794    0.691

 

So ek kan maar sleep in 5de? En met redelike ligte karavaan oorgaan na 6de as oad redelik reguit is? Of ek moet spoed verlaag? Want 100kmph in 5de is nie kekker nie, tensy jy bietjie vinniger ry en 6de kan kry teen 115?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2015 @ 08:07:01 am
Boens
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 339
Joined: 10 Oct 2014
Experience: 41 years
More Expo, my bakkie is auto en ek sien op die revcounter dat hy graag in 5 e werk as ek sleep. Hy kies 6e as dit baie plat is en ek liggies werk met die pedaal. Ek dink 5e sal goed werk vir jou, jy ken mos jou kar en is sensitief vir hoe hy trek. Ek dink die ratte kry net swaar as mens klomp wringkrag probeer oordra in hoŽ rat.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2015 @ 18:45:54 pm
Anonymous

Hallo Boens, teen watter spoed is dit?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2015 @ 18:57:05 pm
Boens
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 339
Joined: 10 Oct 2014
Experience: 41 years
Expo, ek sleep maar soos meeste van die manne, so 110-115.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2015 @ 21:39:43 pm
Anonymous

Teen daai spoed is revs op manual te hoog, dan gaan verbruik redelik hoog op.. die revs is gemakliker op 6de daarso, as ek 5de ry, dan is gemakliker revs onder 100, dalk 90 as ek reg onthou..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2015 @ 14:12:29 pm
Anonymous

Ok, met die sleep die naweek, het ek 105 gery in 5de, dis nes leon se teen bykans 2500rpm

 

Ek het cruise control gebruik en net niu endan gouversnel om by trokke verby te kom, gemiddelde verbruik is 10.0 L/ 100km presies tot by my staanplek..

 

Het vir my n customised drop pkate gemaak at my wa reg hardloop.. het wel sonder yellow blade gesleep, maar die bracket is al gefit.. 

Ek berus nou maar by die 2500rpm en sleep maar in 5de, 6de het die krag maar die risiko wil ek nie neem nie. Vriend van my sukkel met sy ratkas en ruil nou maar sy T6 bakkie in op ander kar.. en hyt maar trailer af en toe gesleep

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2015 @ 14:26:47 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16255
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Glo nie jy kan verkeerd gaan as jy so sleep nie Pieter.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2015 @ 19:28:36 pm
Anonymous

Ek wonder net oor die recs op 2500 vir diesel? Eks nie eintlik so clued up met diesel engines nie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2015 @ 19:28:52 pm
Anonymous

Ek wonder net oor die recs op 2500 vir diesel? Eks nie eintlik so clued up met diesel engines nie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2015 @ 19:04:47 pm
Anonymous

Ok, wat my pla nou is die revs wat ure lank op 2500 is teen 105 in 5de.. sleep baie lekkerder teen 115kmh in 6de... ...... Hier is ook fotos van die customised drop plate, ek moes dat drop plate aan binnekat monteer van towbar bracket, anders pas bakkie nie in my garage nie, daar is so dun strepie op die bal, dis garage deur wat tans net net skuur as hy toemaak agter...

 

Update op sleep met fleetline, baie lekker, behalwe dat ek tog yellow blade op karavaan moet aanbring, 115 sleep lekkerste..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2015 @ 19:11:51 pm
Anonymous

Pieter, vanuit 'n veiligheids oogpunt gesien, dink ek jou ontwerp / modifikasie met die drop plate, lyk vir my veiliger.

As jy nou kyk na jou mod, dan het jy meer "vas hou" op die ontwerp. Dit lyk goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2015 @ 19:31:54 pm
Anonymous

Ek glo ook so Johann, en met die lip / rib is hy dodelik sterk.. bietjie werk gewees, maar ek is trots dat hy reg is, en alles mooi swart gaan ecoat en powder coat dat dit mooi pas by voertuig..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2015 @ 20:02:05 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1603
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years
Netjiese stukkie werk,sal nie loskom nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2015 @ 21:00:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Baie netjies!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 13:55:41 pm
Anonymous

Bietjie average fuel consumptions..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 14:27:34 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5841
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Wat is die verbruik tussen volmaak ?  Nie die rekenaak sin nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 14:30:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17660
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Is dit op jou Bt50
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 16:22:07 pm
Anonymous

My 3.2 ja.. verbruik tussen volmaak op al die karre klop met rekenaar.. ek kan soms maklik 950 tot 1000km op die tenk kry, maar dis van vol tot leeg.. my pa kon nie glo toe ek destyds met 4 mense in my renault 6l/100gemiddelde verbruik gekry het nie, 30l brandstof tot in bloemfontein.. kyk, ek was bang om met die bakkie te ry, want meeste mense het vir my gese die 3.2 is swaar op brandstof, hys ligter as my mazda 6! Let wel, dis nie n outomatiese ratkas nie, en ek ry dalk nie so vinnig soos ander nie, die verbruik is as jy baie mooi by spoedgrense hou.. nie wegtrek asof jy n 3.2 het nie, en mooi ry.. 70km/h kan ek soms al in 6de wees..

 

Hier kom die grappie, albei van die twins kry dit!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 16:24:40 pm
Anonymous

As hy so swaar was, het ek nie al 20000km in n jaar se tyd opgesit nie.. was bedoel vir sleep en naweke, maar met die verbruik, ag neewat, ry maar

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 16:30:30 pm
Anonymous

Skies ja, renault was oop pad.. met die bakkie oop pad ook rondom 5.8l/100 tot so 6.5l/100 afhangende hoe hard jy die bulte druk ens.. mens kan natuurlik baie swaarder ry... die 7.5l/100is my daaglikse centurion toe en terug, rondtes ens

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 17:13:22 pm
Boens
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 339
Joined: 10 Oct 2014
Experience: 41 years

Hallo Brommer, ek het lanklaas saam gesels. Die 3.2 is regtig 'n lekker voertuig, veral vir sleep. Ek het die afgelope rit wildtuin toe, maar weer so 5.8 tot 6.4 km/ l gekry, afhangende van die wind. Ek bereken elke skof as ek volmaak. Moet by sê, die lugreëlaar werk voltyds.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 17:18:19 pm
Anonymous
Joeg, dis wel nou met exclusive en outo... Hoe vergelyk jou ritrekenaar met jou berekeninge vraagteken
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 17:20:40 pm
Anonymous

Hierdie getalle van my is natuurlik sonder karavaan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 17:28:48 pm
Boens
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 339
Joined: 10 Oct 2014
Experience: 41 years

Ek dink die rekenaar is bietjie optimisties. Het nog nie 'n % fout bereken nie. Van ek die Ford gekoop het, 58k gelede, sê die rekenaar nou 11.2. Nog nooit "gereset" nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2015 @ 17:50:08 pm
Anonymous

Wel ekt nog nie n kar met so fout gekry dat jy dit nie kan gebruik nie.. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 2 of 2
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za