Which awning would you fit to your caravan and why:
Leisure Awn or Eezi-Awn?
Gaan kyk by soek was daar n debat oor dit.
Geert het die topic gelig, Glo jy sal daar jou antwoord kry.
Gaan lees in by soek,
Eezy awning/Raley awn
Graham het die topic begin 20 Jan 2014.
Oorlede Willie gee n goeie verduideliking met fotos Tov die pro's en cons.
Jy kan 'n awning laat maak by tentvervaardigers vir goedkoper.
Ek het my Sensation Vee s'n laat maak by 'n plek in Middelburg.
As geld nie 'n probleem is nie is daar Fiamma.
Gaan lees in by soek,
Eezy awning/Raley awn
Graham het die topic begin 20 Jan 2014.
Oorlede Willie gee n goeie verduideliking met fotos Tov die pro's en cons.
Thanks, will take note of the recommendations
Ons kom sopas van n week-lange blomme-toer. By Van Rhynsdorp het daar twee Fleetlines lang ons gestaan. Dis die eerste keer dat ek die awnings sien wat vir die Fleetline gemaak is wat permanent op die karavaan vas is. Die awnings pas in n toe-zip sak en dit gly in die normale tent-kanaal in. As die sak oopgemaak word vou die horisontale pale uit en dan vou die vertikale pale af. Vinnig, maklik. Die awning kom uit met sye en voor-paneel. Ek oorweeg dit sterk.
Dansan,klink goed,die regte resep vir ons ouer geslag
Ons kom sopas van n week-lange blomme-toer. By Van Rhynsdorp het daar twee Fleetlines lang ons gestaan. Dis die eerste keer dat ek die awnings sien wat vir die Fleetline gemaak is wat permanent op die karavaan vas is. Die awnings pas in n toe-zip sak en dit gly in die normale tent-kanaal in. As die sak oopgemaak word vou die horisontale pale uit en dan vou die vertikale pale af. Vinnig, maklik. Die awning kom uit met sye en voor-paneel. Ek oorweeg dit sterk.
Geert het die gebruik van die awnings vervolmaak. Hy het twee van hulle, een aan elkekant van die karavaan. Hy slaan die een uit, haal dan die ander een uit sy sak en slaan die op die wegkant van die eerste op.
So maak hy 'n lekker groot kuier area.
Ek het die Leisure Awning aan my Classique, het voorheen een aan my Explorer gehad. Wat die lekkerste is, is die pale wat in die vaste aluminum voorkant is en net uitswaai. Met die 3.9 meter Classique is daar 'n los stut in die middel van die dak, tussen die karavaan en die aluminium voorkant. 'n Groot voordeel van die soliede aluminium voorkant is dat die 3.9m lange dak maklik deur twee mense oprol rondom die voorkant. Die awnings sonder dit met net seil is moeilkker in daardie lengte om gelykmatig op te rol. EK het ook die sykante en voorkant met deur sodat ek hom kan toemaak in 'n voltent. Ek gebruik ook 'n stormnet bo oor om hom goed te anker teen die wind.
Geert het die gebruik van die awnings vervolmaak. Hy het twee van hulle, een aan elkekant van die karavaan. Hy slaan die een uit, haal dan die ander een uit sy sak en slaan die op die wegkant van die eerste op.
So maak hy 'n lekker groot kuier area.
Dis al wat ons gebruik vir kampe deur die jaar. Tent word net Desembers uitgehaal
Geert,ek hou van jou uitleg,geniet die groot oppervlakte onder skadu.