English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 605
Total Replies: 253 822
Total Views: 83 281 849
topics: 1 001
replies: 14 172
views: 3 260 580
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Mango n risiko?

replies: 35
views: 915
21 Jan 2020 @ 12:37:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17517
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sal dit n risiko wees om vlug kaartjies ver vooruit te bespreek op Mango aangesien SAA se situasie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 14:00:46 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hi Geert ek het nog altyd Mango as stabiel gesien. 

Hoekom dink jy SAL sal hulle beinvloed. Ek vra want ek is nie op hoogte van sake. Weet net SAL het weer klomp geld gekry.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 14:06:22 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3551
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Mango is 'n filiaal van SAA maar het hulle eie raad.  Ek dink die kans is redelik goed dat as SAA vou, daar gepoog sal word om Mango te behou en dalk uit te brei.  Die redery het 'n goeie reputasie. Tyd sal leer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 14:52:33 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2247
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Nou net op die nuus  dat SAL hulle vlugte gaan verminder en Mango sal die mense help op hulle vlugte. So dit klink of Mango nie geraak word nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 15:37:36 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Op die stadium is dit net SAA wat in business rescue is.  SAA se suster besigheid (Mango), van wat ek verstaan, gaan voort. Daar is natuurlik geen waarborg nie. Kyk wat het met National Airlines gebuer n paar jaar terug, vandag het hulle nog gevlieg en die volgende dag het al hulle vliegtuie gestaan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 16:30:51 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9888
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Pasop vir die mangovlieg...lol

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 16:31:56 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

As dit jou eie geld is sal ek selfs by Mango verby hou. As die moeder maatskappy (SAA) vou is die kanse goed dat die hele kaartehuis in duie sal stort. Nie noodwendig dit sal nie maar onthou dat Mango slegs een aandeel houer in SAA het, ek kan nie sien dat hulle kan oorleef as die aandeelhouer ondergaan nie, tensy hulle verkoop word...Ek vlieg more VSA toe en het seker gemaak dat my werkgewer nie SAA bespreek nie, hou maar by die Ingilse (BA)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 16:44:31 pm
franso60
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 46
Joined: 15 Jan 2015
Experience: 20 years

Ek het so n paar jaar terug met 1 TIME Jhb toe gevlieg, net voor my terugvlug is hulle gelikwideer en alle vlugte dadelik gestaak. Gelukkig het ek met my Visa Kt kaart betaal en het n terugbetaling ontvang. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 16:54:48 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3551
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek is darem nie so pessimisties oor Mango nie.  Die redery doen heel goed. Die sakereddingspraktisyn se werk is om te probeer red wat daar te redde is en Mango is die moeite werd om te red.  Al kan hy nie voortbestaan as 'n filiaal van SAA nie, is hy dink ek, heeltemal verkoopbaar.  Hy is 'n mededingende speler op die plaaslike mark so wie hom ook al sou besit, sal myns insiens hom eerder wil laat voortgaan as om hom te sluit.  Ek dink egter die kans is groot dat hy toegelaat sal word om op sy eie voort te gaan as SAA wel vou. Selfs as iemand soos Comair/Kulula hom sou koop, sal dit waarskynlik steeds die moeite werd wees om hom te behou vanweë sy goeie naam en klieëntebasis.  Kom ons hoop so, want as hy sou verdwyn, sou Kulula 'n monopolie hê wat nie goed sal wees vir ons nie. FlySafair dink ek is te klein om Kulula se pryse laag te hou.  Die Mededingingskommissie sal waarskynlik ook so 'n monopolistiese situasie onaanvaarbaar vind.

Maar ek is nie 'n sakeman of 'n ekonoom nie, net 'n oud joernalis, so ek kan verkeerd wees, maar ek hoop nie so nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 17:03:34 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2212
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Met n tong in die kies wil ek tog vra of daar enige maatskappy in die land oorgebly het wat volkome vertrou kan word wat hul finansieele toekoms betref. Die laaste tyd het te veel firmas, van wie dit nie verwag word nie , finansieel swaar begin trek.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 20:34:48 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4829
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek dink daar is bitter min firmas wat nie swaar trek nie. Met 'n ekonomie wat moet groei vir meeste om nie swaar te trek nie kan dit eintlik nie anders nie. Min wat kan stroom op swem en dinge lyk ook maar treurig vorentoe. Met te min krag om mee te begin gaan krag dalk juis die demper wees vir 'n lang tyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 21:24:34 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Weg is die dae waar jy kan diens lewer aan jou kliente met n 30 of 60 dae vergoeding.

In vandag se tyd is meeste van daardie kliente long gone. Die maatskappye vou in strepe ek sien dit op n daaglikse basis. Net maatskappye met sterk finansiele strukture en personeel wat weet wat hul daaglikse operational cost is staan nog.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2020 @ 22:32:06 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Ons is besig om 'n groot internasionale konferensie in Kaapstad in Julie te reel. Pas het van die Aussies wat kom bevestig hulle het SAA besprekings...Oepsie! Ons het geen ander keuse gehad as om ons internasionale delegates in te lig wat by SAA aan die gang is en hulle aangeraai om eerder met  ander rederye hiernatoe te vlieg, ook die risiko wat daar met Mango is uitgewys (uiteraard doen Mango beter as sy moedermpy maar ek weet van bitter min gevalle waar die filiale nie uiteindelik ook sink as die moeder mpy sink nie...tyd sal sekerlik in die geval leer). Ja, as die spul te koop is sal ander dalk belangstel, maar hoekom sal hulle nie net die bates koop as hulle in alle geval hulle eie redery bedryf? Moenie fout maak nie, ek soos ander hoop dat SAA gered kan word maar mens moet erken dit lyk al hoe slegter

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 06:32:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16190
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My dogter werk vir Mango Airlines. En tans hardloop dinge daar soos dit moet.  Hulle is wel afhanklik van die ACSA se reelings en werk as die vliegtuie op die grond staan maar verder as dit doen hulle hul eie ding.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2020 @ 14:45:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17517
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Jy kan vir n beperkte tyd jou SAL voyager miles gebruik op Mango vlugte

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 16:33:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17517
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Is hierdie n teken van agteruitgang.....of is dit maar net n wyse besigheids besluit?

https://www.getaway.co.za/travel/lanseria-airport-says-farewell-mango-airlines/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 17:42:31 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Nie goed vir Lanseria nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 19:54:29 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek vermoed dit is 'n gewone besigheidsbesluit.  Mango kan nou gemaklik die gaping wat gekanselleerde SAL vlugte by OR Tambo gelaat het vul en hoef nie gedupliseerde personeel en dienste by Laseria te hê nie.  Maar dit sal beslis 'n slag wees vir Lanseria Lughawe en die ander besighede daar, byvoorbeeld motorhuur maatskappye.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 08:18:57 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Dit is 'n GROOT ongerief vir mense wat op die Wesrand en Hartebeespoort omgewing woonagtig is, om nou weer na OR Tambo toe te gaan.

Ons het altyd gebruik gemaak van FlySafair  vanaf Lanseria na George en dit is ook nou 2 jaar terug gestop. Daar is egter geen gewone vlugte meer na George vanaf Lanseria. Ek moet byvoeg dat die George/Lanseria vlugte ALTYD vol bespreek was.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 14:45:23 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3551
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek lees FlySafair probeer om Mango Air te koop.  Dit is weereens 'n bewys dat Mango op goeie voete staan.  FlySafair gaan van krag tot krag, en as die twee rederye saamspan, sal dit 'n sterk redery wees en goeie opposisie vir Kulula, wat net goed kan wees vir die vlieënde publiek. Ek hoop net die poging word nie afgeskiet nie en dat Mango nie as gevolg daarvan 'n toevallige slagoffer van die SAA debakel word nie.  Die twee rederye bewys net weer hoe belangrik goeie bestuur wat hulle bedryf verstaan, is. (miskien moet SAA ook aan FlySafair aangebied word- sonder skuld, dan SAL die redery oorleef)

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 06:21:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17517
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Enige beweging om onder SAL se vlerke uit te kom is seker goed. Wat wel jammer sou wees is dat dit 2 goeie "low costing airlines " is wat goed teen mekaar kompeteer het, nou sou saamwees. Al gewonder of ons low costing regtig low costing is....en nie miskien net SAL wat buitensporig duur is nie....ander gewone tariewe

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar 2020 @ 08:38:11 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3551
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja Geert, ek het ook al gewonder.  'n Paar jaar gelede toe ons in Brittanje was en met 'n bekende Britse laekosteredery daar gevlieg het, het ek kostes met ons soortgelyke rederye vergelyk en die oorsese rederye se pryse per kilometer was baie laer as ons s'n.  Maar dit is mos maar so hier by ons.  As jy 'n afleweringsvoertuig het, bestuur die bestuurder net en daar is 'n paar mense wat die aflewerings doen.  Ons het oorsee gesien dat onder soortgelyke omstandighede slegs een persoon die voertuig beman en alles doen.  So is dit ook maar met ons lugrederye, selfs die laekoste rederye sou ek raai.  En dit jaag kostes op.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2020 @ 10:40:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17517
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Bietjie va die onderwerp af, maar interesant hoe vliegtuie "gepak" staan tydens lockdown

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2020 @ 01:07:27 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17517
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek was bang vir Mango....het toe Kulula gekies en nou dit..😢

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2020 @ 01:08:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17517
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek was bang vir Mango....het toe Kulula gekies en nou dit..😢

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2020 @ 08:16:01 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3551
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit klink vir my asof Kulula se toekoms verseker is, maar hulle gaan eers oor 'n paar maande weer vlieg.  Daar was net gister inligting daaroor in die nuus. Ek weet nie wat om van die kennisgewing te maak nie, maar dit is moontlik maar net omdat daar nog onderhandel word oor die hervatting van die diens. Mango se toekoms is steeds onseker en sal waarskynlik afhang van wat met SAA gebeur.  Ek dink steeds die redery het 'n kans om los van SAA te kan voortgaan en dit lyk vir my gladnie soos 'n voldonge feit dat SAA dit gaan maak nie.  Indien SAA dit wel oorleef, sal dit waarskynlik heel anders wees as die gewese ondoeltreffende en geldeisende staatsonderneming.  

Intussen, haak maar die wa en vat die lang pad eerder as om aan vlieg te dink.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2020 @ 21:28:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17517
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Kulula se besprekings het gister oopgemaak.....wat n patetiese organisasie! Ek het kaartjies wat gekanseleer was en moet dit herbespreek. Jy kan dit nie online doen nie....jy moet hulle 0861-nommer skakel. Ek was gister 1uur en 29minute op die foon en hulle kon my steeds nie help nie. Daar is n baie klein verskil tussen vorige kaartjie se tarief en nuwe kaartjie se tarief....ek wou die verskil inbetaal deur my kaart nommer vir hulle te gee, maar Kulula sê hulle kan geen betalings neem nie. Ek vra toe of ek kan EFT....nee was die antwoord, absoluut geen betalings van enige aard kan hulle tans aanvaar nie. Nou wonder ek, hoekom is hulle oop en hoekom mors hulle nou 1.5uur van my tyd as hulle weet hulle kan nie help nie? Ek het toe later met n bestuurder gesels in Kaapstad, hy sou my al gister terug skakel met n antwoord, wag nou nog. 

 

Ek was nog altyd gelukkig met Kulula, maar ek dink hierdie was die laaste keer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2020 @ 07:03:41 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Geert, dit is 'n groot frustrasie. Wat beteken jou krediet dan eintlik??????

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2020 @ 07:38:53 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek is ook van mening sulke optrede is uiters teleurstellend, maar alhoewel dit nie as 'n verskoning gebruik moet word vir vrotsige diens nie, moet 'n mens darem ook die omstandighede inag neem :-

  • Kulula as deel van die suksesvolle Comair Groep, ("Ek was nog altyd gelukkig met Kulula") het 'n trotse geskiedenis en is een van vele maatskappye wat weens omstandighede waaroor hulle nie beheer gehad het nie, tot stilstand geruk is
  • Kulula-personeel (die klompie wat wel weer opgedaag het vir werk) het vir minstens 7 maande nie gewerk nie en is nou vroeg in die begin van 'n nuwe era, nog onbeholpe

Ek is van mening dat ons Kulula 'n bietjie meer tyd moet gun om hulle huis weer in orde te kry soos van ouds.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2020 @ 07:40:33 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3551
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Geert, dis erg om so te wag.  Dit klink soos my ondervinding met Telkom waar ek net meer as drie weke gelede my internet op optiese vesel verloor het en steeds nie gehelp word nie.  En moet 12 maande van hulle diens gebruik maar of R3500 installasiefooi en so meer betaal, maar een Mei aanstaande jaar sê ek ghoebaai vir hulle- nooit weer nie! En dan word ek een van etlike honderd duisend mense wat so maak, volgens hulle jongste state.  Nog 'n doeltreffende organisasie wat in die grond in bestuur word.

Ek het self heelwat van Kulula se dienste gebruikgemaak en was soos jy Geert, baie beïndruk daarmee.  Miskien moet 'n mens maar jou ondervinding as tandekry-probleme sien, maar dit gaan moeilik wees om jouself so te oriënteer né.  Hulle begin eintlik nou weer van vooraf en sal hopelik weer vinnig volstoom loop.  Ek hoop werklik so anders is die lugruim dalk vir ons vorentoe onbetaalbaar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2020 @ 09:00:46 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 860
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Wag maar totdat julle ook wag vir reaksie nadat ons presies een jaar gelede kaartjies na Portugal bespreek het om weer die Camino te gaan stap. Jy kry n standaard-brief wat sê jou saak geniet aandag. Ons het n opsie gehad om OF die kaartjies te hou OF om die geld terug te vra. Ons het opsie twee geneem, maar daar gebeur net mooi niks nie. Ons kry elke keer n brief wat sê dat hulle binne 60 dae gaan betaal, dit hou so aan en aan. Ek dink ek kan maar daai geld afskryf want ek is een van n hondrd-miljoen mense wat in dieselfde bootjie sit.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 09:38:59 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3551
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek sien Mango begin eersdaags weer vlieg.  Leon, is jou dogter nog by hulle?

Interessante dinge wat aan die gebeur is.  Airlink, wat ek as 'n swak redery beskou het toe dit in die SAL stal was, het intussen 'n privaat onderneming geword en dit lyk of hulle sterk staan. Hulle lyk trouens op die oomblik soos die grootste redery in ons land.  Ek het nooit  'n aankondiging gehoor dat hulle geprivatiseer word nie- ook nie oor Mango nie.  Sou Mango steeds deel van SAL wees?  Emirates het ook 'n samewerkingsooreenkoms met FlySafair gesluit vir binnelandse aansluitings.  Kulula gaan ook sterk aan.

Darem interessant dat verskeie onafhanklike rederye blykbaar die storms oorleef het maar  SAL se toekoms is nog heel duister.  Ek dink nie hulle sal weer vlieg nie want ek kan nie sien dat hulle kaartjies verkoop gaan kry nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 10:26:25 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Sover my kennis strek is Airlink al vir jare 'n afsonderlike private maatskappy en word nie deur SAL besit nie.  Airlink het wel in die verlede sekere samewerkingsooreenkomste met SAL gehad.

SA Express word wel deur die SA Regering besit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 14:06:32 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3551
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het gou gaan oplees Lennie en gevind jy is heeltemal reg.  Hulle bestaan reeds vanaf die negentiger jare en was nooit 'n filiaal van SAL nie.  Hulle het net 'n samewerkingsooreenkoms gehad waarvolgens SAL hulle besprekings hanteer het.  SAL skuld hulle blykbaar nog 'n klomp miljoene vir kaartjies wat hulle namens Airlink verkoop het en die geld in hulle eie sakke gesteek het. Die verbintenis is egter deur Airlink verbreek.

Die feit dat hulle in dieselfde kleure as SAL gevlieg het, was beslis verwarrend en dis deel van die rede waarom ek gedink het hulle is 'n filiaal.  Hulle het pas 'n nuwe kleurskema het 'n mooi gekleurvolle voël op die stert die lig laat sien. Dit was myns insiens in verskeie opsige 'n goeie stap.  'n Verbintenis met SAL doen 'n maatskappy se aansien nie juis goed nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 14:16:00 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16190
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sien Mango begin eersdaags weer vlieg.  Leon, is jou dogter nog by hulle?

Interessante dinge wat aan die gebeur is.  Airlink, wat ek as 'n swak redery beskou het toe dit in die SAL stal was, het intussen 'n privaat onderneming geword en dit lyk of hulle sterk staan. Hulle lyk trouens op die oomblik soos die grootste redery in ons land.  Ek het nooit  'n aankondiging gehoor dat hulle geprivatiseer word nie- ook nie oor Mango nie.  Sou Mango steeds deel van SAL wees?  Emirates het ook 'n samewerkingsooreenkoms met FlySafair gesluit vir binnelandse aansluitings.  Kulula gaan ook sterk aan.

Darem interessant dat verskeie onafhanklike rederye blykbaar die storms oorleef het maar  SAL se toekoms is nog heel duister.  Ek dink nie hulle sal weer vlieg nie want ek kan nie sien dat hulle kaartjies verkoop gaan kry nie. 

Mango vlieg al lankal.  Hulle is tans op 40% vlugte  teenoor daar waar hulle was net voor lock down.  Mango het begin met 20% vlugte en dit stelselmatig begin vermeerder tot nou.

Mango begin ook dan in Desember met vlugte buiteland toe soos Zanzibar en Mauritius

Dit is Comair (Khalula en British Airways) wat die 1ste Desember weer begin.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 14:55:22 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek sal op die staduim net met AIRLINK vlieg.  hulle is vir jare nou al the Most on time airways in Suid Afrika.

 

hulle is maar net die beste vlieg vir die laaste 4 jaar met hulle, in 2019 was ek op 98 van hulle vlugte

 

as ek anders kan nie sal ek Flysafair gebruik

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za