English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 059
Total Views: 82 378 412
topics: 921
replies: 12 358
views: 3 197 739
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Wonderbag

replies: 14
views: 307
21 Aug 2019 @ 20:20:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13767
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Het iemand al n Wonderbag gebruik? Wat was die ervaring?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 20:23:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13767
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 09:12:24 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek wonder ook🙄🙄🙄

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 15:00:40 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wonder ook🙄🙄🙄

Ja nee ek hou maar eerder by die konvensionele manier.

Vlammetjie onder die pot se gat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 22:26:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13767
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek dink n regte Indiër kerrie gereg gaan heerlik en sag hier uitkom

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 05:54:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek dink n regte Indiër kerrie gereg gaan heerlik en sag hier uitkom

Nee wat Geert. Die stoompot gaan dit net so lekker maak in helfte van die tyd.

Maar dis maar net my beskeie opinie. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 21:27:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13767
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nee wat Geert. Die stoompot gaan dit net so lekker maak in helfte van die tyd.

Maar dis maar net my beskeie opinie. 

Daars seker makliker maniere, maar hierdie lyk vir my baie interesant. Ek is maar n ou wat like van gadgets. Sal byvoorbeeld meer wil sukkel om n brood op die vuur of vark oond gaar te kry as wat ek dit gerieflik in die oond kan plaas. Moet erken....baie van my "nice to have gadgets" het wit olifante geword, maar die ander geniet ek weer terdeë

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 13:53:43 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2331
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Geert, (en andere) die Wonderbag se oorspronklike ontwerp/gebruik was NIE om vergelyk te word met stoompot/slow cooker en derglike apparate nie.

Dit was 'n maklike manier om mense (let wel ek sê "mense" ) die geleentheid te bied om goed soos rys/stampmielies/koring ens gaar te maak waar jy dit vanoggend die pot met kookwater en bestanddele in pot in die sak sit, en werk toe gaan, en vanaand gaar produk kry. Let wel, die betanddele soos genoem - en soms byvoegsels.

Dit genereer nie hitte nie, maar behou die "inset"  hitte vir 'n paar uur.

Geert, vir 'n "gadget" verslaafde!!!, soos jy!!!laughing, gaan google "Sun Oven 2000" en kyk na daardie produk. Ek het een gekoop in die jare 2000 en iets, en BAIE gebruik - soms nou nog!

Dit maak totale geregte gaar, en kan op 'n dag met 30 to 35 grade hitte genereer tot en met 100 grade. Ek het op die ou Wegsleep forum artikels geplaas met geregte wat ons tuis geproduseer het, met fotos by. Daar was van ons fotos ook op webblad van "Egafrikaans" of Daglag van Danie Martins ook selfde info geplaas.

Dis ongeveer 800 x 600 x 400mm, en weeg minder as 1kg (kan op die bed van wa vervoer word) en werk lekker op kampe. 

Ek sou beslis dit aanbeveel bo die artikel soos jy fotos geplaas het.

Lees gerus die rede waarom die ontwikkeling van die produk ontstaan het, en waaroor dit gegaan het.

SONOOND kos is verniet, en lekker!!!! Ons het detyds so so R375 betaal, ek sien noo is dit R999.00!!!, maar ek dink die idee is goed, en baie goed bruikbaar - tot brood bak.

As jy sou belangstel in fotos, stuur vir my e-pos en ek stuur aan.

Die ander gadget wat BAIE gwild was/is, en BRUIKBAAR is,  is die varkie oondjie - en dan spesifiek die persoon wat oorspronklik dit begin het - Arrie se varkie - Arrie Korki van Bethlehem in die Vrystaat.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 03:52:13 am

Is dit hierdie een.....of daai een wat soos n skottel lyk?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 10:34:45 am
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2331
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Geert, dis die einste hy daardie.

Ek het paar modifikasie aangebring op myne, en so 10 ander wat ek vir ander mense (meesal familie) aangekoop het, wat dit beter laat funksioneer het.

Ek wag totdat die algemene dagtemperatuur hier by 30° raak voordat ek dit weer afstof!

Groete.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 11:01:23 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis ongelooflik watter temperatuur jy net met sonkrag kan bereik.  Ons het 'n sonverhittingstelsel op ons huis en as ons vir 'n paar dae in die somer weg was, kook die geyser oor.  Dit beteken dat, met die hoër druk in die geyser, die temperatuur waarskynlik 100 grade of meer bereik.  Dit is met die vakuumpyp-stelsel- die panele is heelwat minder effektief.  Ek het gelees dat die koperstaaf in die middel van die vakuumbuis kan gloei van warmte indien dit nie aan die geyser gekoppel is sodat die hitte afgelei word nie.

'n Duisend rand is darem bietjie baie vir die sonstofie aangesien dit maar 'n baie envoudige affêre is.  Maar as jy kamp waar krag nie beskikbaar is nie, is dit sekerlik die geld werd.  Ek sien jy kan dit vir R815 by sustainable.co.za kry, wat nog steeds hoog is. Ek sou dit oorweeg om self een te maak.  Sien http://www.lowtech.co.za/solar-oven

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 12:08:38 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die oplossings sou puik gewerk het vir die minder bevooregte mense van ons land.  Hulle kan dan dit eerder gebruik het om kos mee te maak as om ons bome af te kap en te brand.

Nou met 'n prys van R1000 gaan baie min mense dit koop.

  1. Die wat die geld het om te kan koop weet verseker dis te duur om te betaal vir so iets
  2. En die wat dit graag wil koop het nie die geld daarvoor nie.

Weereens die Suid Afrikaner sindroom van ek wil ryk word deur net een enkele item van my uitvinding te verkoop.

Waar hy baie van die mense in ons land eerder kon gehelp het en dan nog op 'n manier 'n deel gehad het aan die bewaring van ons land se bome en plante groei 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 14:58:38 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2331
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Leon, die oorspronklike produk - Sunstove 2000, was ontwerp vir die gemeenskappe waar sonkrag die goedkoopste kragbron was, en ook in 'n mate gesubsideer deur groter instansies.  Ek het te doen gehad met van die mense so 15/16 jaar terug. Die kostes op daardie stadium was maar in die omgewing van R200. 

Dit het egter NIE te goed afgegaan nie, as gevolg van DIEFSTAL!!, waar gebruikers die goed in son opgestel het met die gedagte dat hulle vanaand kon huis toe kom na volledige gaar aandete, maar teruggekom en NIKS gevind het nie. Alles WEG - gesteel.

Die ontwikkelaar HET die mense probeer help deur borge ens., te werf om met die kostes te help.

Daar is êrens 'n webblad oor die ontwikkeling van die produkte, maar ek nie meer seker waar om dit te kry nie. Eintlik 'n baie hartseer storie. Wat Geert se oorspronlike skepping van die draad aanbetref, het ek probeer weergee dat die werking van die "Wondebag" as 'n "gadget" nie werklik so bruikbaar is/kan wees as die sonoond nie, wat dan selfs op kamp gebruik kan word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 08:46:28 am

Dit klink vir my goed. Borge en dies meer om mense te help. 

Maar huidiglik teen amper R1000 vermoed ek is die verkope nie juis goed nie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 10:40:44 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die ewige diefstal tog!  So 'n stofie sou ideaal wees vir 'n persoon wat vroeg oggend haar huis moet verlaat om te gaan werk en dan saans terugkom met 'n klaargekookte bredie.  Maar nou eet iemand anders dit op.  Die stofie kan so effektief wees soos die sogenaamde "slow cooker". Tuis sal jy dit tog nie gebruik nie want dis baie makliker met jou elektriese stoof, oond en mikrogolf.  Ek weet net nie wie eintlik dit sal gebruik nie- miskien net mense wat kamp waar daar nie elektrisiteit is nie, maar hulle loop ook maar die risiko dat die stofie en die ete sal verdwyn terwyl hulle gaan visvang of so-iets.  By Tietiesbaai, waar daar nie krag is nie, kom mense van die dorp byvoorbeeld oor die duine en kom aas wat daar te ase is en so 'n stofie en pos kos sal 'n groot prys wees. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required