English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 775
Total Views: 83 247 336
topics: 997
replies: 14 123
views: 3 258 769
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Bakkie sales April 2016

replies: 40
views: 10515
12 May 2016 @ 21:38:40 pm
Anonymous

Toyota Hilux 3221

Ford Ranger 2413

Isuzu KB 1004

Van hier af raak dit belagliker tot by mazda bt met 68 op 9de plek, met VW amarok met 268 in die 7de plek...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2016 @ 22:31:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Hilux klim...hierdie was in April uitgawe van leisure wheels
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 04:40:15 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Goeie goed is maar altyd skaars en min!!

Hahaha

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 05:55:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Eenmal 'n aambei altyd n aambei! ! ! ! !

 

Ha Ha Ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 06:41:13 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ek dink almal het verwag die Hilux sal goed doen.

Die grootste skok van die jaar is die swak vertoning van die Amarok. Op n stadium het tot Nissan se NP300 (die ou datsun) beter gevaar en ook die Mahindra! Ek hoor "rumours" dat VW volgende jaar die 2lt gaan uitgooi en vervang met die 3lt Diesel enjin. Hoop dit werk vir hulle. persoonlik dink ek hul probleem le by 2 dinge : 1. Pryse te hoog. 2. Handelaars se dienste

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 07:17:27 am
Anonymous

Nissan se np200 en np300 le 4de en 5de dink ek? Weer bo amarok.. buite is amarok n mooi bakkie, maar die res kon ek nog nie myself in sien nie. Elke ou het maar sy idees en likes.. leisure wheels se inligting is net aanduiding, mens moet maar nie te veel op daai syfer werk nie..

Ek dink hilux sal goed doen, fortuner het ook reeds 849 verkoop. Alhoewel fortuner nog aan my moet groei... wonder of mammie n tuna sal ry?? Hmmmm..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 07:55:04 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Wat doen die Navara ? So ruk gelede foto gesien van n nuwe model, ook sulke laaang ligte soos Isuzu.
Ek hou nan die Amarok, lyk my die enjin is tog betroubaar, en bougehalte dalk beter as die Japanese bakkies. Vw aan die voortou met enjin ontwikkeling.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 08:09:32 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Wat doen die Navara ? So ruk gelede foto gesien van n nuwe model, ook sulke laaang ligte soos Isuzu.
Ek hou nan die Amarok, lyk my die enjin is tog betroubaar, en bougehalte dalk beter as die Japanese bakkies. Vw aan die voortou met enjin ontwikkeling.


Ek stem saam. Amarok met 2 lit. Enjin is verstommend kragtig. Ek dink meeste mense staar na die 2 liter en dink dis nie goed ni maar intussen sit dit baie perde uit met hoë tegnologie ,, baie meer as die gemiddelde bakkies met 3 liters. Hulle doen nie so sleg op die advertensies met 4 x 4 programme nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 09:32:22 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years
Ek wonder of die "klein" masjien van die Amarok nie Suid-Afrikaners afskrik nie? Ons is geneig om maar ietwat konserwatief te wees as dit by sulke sake kom. Baie mense dink ek begryp nie dat materiale en by enjins veral metale, baie anders is as 'n paar dekades gelede nie. Metale lyk dit my, kan so sterk en slytvry gemaak word as wat nodig is en silinders is byvoorbeeld deesdae vele male sterker as my eerste ou Anglia se gietyster soliede blok. 'n Klein masjien met klein onderdele het ook baie minder interne weerstand- wrywing, as 'n groot masjien en kan dus baie meer van die vrygestelde energie gebruik om die wiele aan te dryf eerder as om die masjien self aan die draai te hou. Ek is nie 'n bakkieman nie, maar indien ek een sou oorweeg, sou die Ammarok hoog op my lys wees omdat dit in alle opsigte 'n puik voertuig is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 10:24:49 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Môre Maters,

Besef dis nou nie 'n "myne is beter as joune" draad nie, maar behalwe vir een of twee posts is die AMAROK by al die kommentare betrek.

Het myne nou al 32 maande. Dis 'n groot voertuig. Pas net net deur 'n garagedeur en jy moet mooi konsentreer om hom in enige parkeerplek in te kry.

Hulle is redelik duur, maar tot my horlosieband wat skud aan my arm kan jy dadelik hoor aangesien daar GEEN ander lawaai in die kajuit is nie.

Ek het nou 127000 km met die tipperkie gery en as jy die diesel gebruik tot op die 176ste keer wat ek volgemaak het daarin deel is die brandstof verbruik 11,17kilometer per liter. 

Die lekkerste van die voertuig is om vanaf Durban die voertuig in 6de rat te sit, die spoedbeheer op 120kph te haak en die tipper op die pad te hou. Die enigste keer wat jy terug te skakel is teen van Rheenens pas want daar is die spoedbeperking 80 en 6de rat werk nie te lekker so stadig.

Karavansleep terug van die Wille Krugertuin -- 5de rat teen GPS Spoed 105 en skakel net 4de toe by die Machadodorp tolhek se opdraende.

So ter opsommning, 'n groot en relatief duur voertuig, maar as jy hom het, sit jy en smile oor hoe die ander manne galbraak en bragg oor al die redes hoekom hulle NIE een het nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 13:02:49 pm
Anonymous

Dis net lekker om by bult op te idle met 3liter.. dis die idling power wat dit so lekker maak..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 15:18:42 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek is oor die kole gehaal omdat ek die Toyota weereens n aambei genoem het hier op die forum. Pas nie in by my Handtekening moto nie. Dus sal ek ophou om op die forum so na hulle te verwys.

Ek vra om verskoning as jy voel dat ek jou te nagekom het. As jy wil hê ek moet jou persoonlik om verskoning vra, skakel my op 08 twee 88 nil 174 een.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 18:37:55 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Nee wat Leon ons is nie so fyngevoelig nie man.......ek dink in elk geval my aambei blink mooier as joune. LOL.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 14:59:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dis maar hoe ek dit ook gesien het maar nou ja as n mede forum lid wat nie eers een ry nie n probleem het dan respekteer mens dit maar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 15:20:51 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Was ook verbaas Leon, my vriende wat hulle ry spot mekaar so, met groot gelag!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 15:44:43 pm
Anonymous

Ek sien net weereens, jy kan watter handelsmerk koop, as die dealer wat jou moet support, en die fabriek nie na die verkoop jou bystaan en na jou omsien nie, help dit niks.. 

Ek dink vriende en forum lede spotmaaronder mekaar en sommige het sterker gevoelens as ander, vir wat ookal redes... hel, ekt die barberbek gekoop ;)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 19:22:23 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years
Soos ek al geleer het, die beste bakkie op die mark is die een wat jy self ry. He He.

Ek dink al die bakkies is goed op hulle eie manier.

Die beste of lekkerste een, is die een wat klaar betaal is.

Ek het n Toyota, maar dink persoonlik Amarak is n goeie bakkie met al die bewyse.

Geniet jou bakkie, wat hy ook al is.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 04:47:46 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Brommer, as ek jou ander draad lees lyk dit meer na stukkende bek as baber bek. (Jammer oor jou skade, is self deur sulke skade net ander omstandighede)

Glo nie daar kan bekostig word om swak voertuie te maak nie, so n vervaardiger sal vinnig bankrot gaan. Dit is maar elke persoon se keuse wat vir hom/haar gaan werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 07:57:29 am
Anonymous

Brommer, as ek jou ander draad lees lyk dit meer na stukkende bek as baber bek. (Jammer oor jou skade, is self deur sulke skade net ander omstandighede)

Glo nie daar kan bekostig word om swak voertuie te maak nie, so n vervaardiger sal vinnig bankrot gaan. Dit is maar elke persoon se keuse wat vir hom/haar gaan werk.

haha, ja, sy bek nou geskeur!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 08:05:22 am
Anonymous

Probleem is mense dink bv, die ford 2.2 en 3.2 het dieselfde sleepvermoe, en dat toe nuwe toyota uitkom, die advertensie lui, die nuwe toyota met sleepvermoe van 3.5ton...

 

Op ford ranger facebook blad sal hoeveel manne vir my se die 2.2 kan 3.5 ton sleep. Een ou reken hy skeep sommer 4 ton! 

 

In toyota geval is dit net die 2.8 4x4 wat 3.5 ton mag sleep, die res is 2700kg en onder. Net so met ford, en mazda mag netdie AT die 3.5 ton sleep, res bly 1800kg volgens dealers en spec op web, waar manual in kar verskil, maar nou ja..

 

My punt is, ekdink baie ouens koop blindelings sonder om presies te weet.. nou dat ek vir die ou waarsku oor hy droogmaak, nou is ek die poepol, want die 2.2 kan 3.5t sleep... ai ai..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 16:17:28 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja dis waar.  Maat van my het n nuwe 2.2 ranger gekoop. Volgens spec's kan hy net 2800kg sleep. Nie 3..5ton soos my Ranger nie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 17:13:12 pm
Anonymous

1800? Nie 2800kg nie.. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 18:46:05 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Leon die manne se my Isuzu is net goed vir plaas werk he he
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 18:50:56 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Die een wat jy koop is joune,
Met al sy sterk en swakhede waarmee jy moet lewe,
Geniet hom, dis jou keuse gewees.
Moet hom nie beter maak as myne nie,
Want myne, met sy sy sterk en swakhede waarmee ek moet lewe,
Moet ek hom geniet, want dis my keuse gewees.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 18:52:18 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Dis maar hoe ek dit ook gesien het maar nou ja as n mede forum lid wat nie eers een ry nie n probleem het dan respekteer mens dit maar.



Jy moes dalk vir die lid 'n ou salfie aangebied het :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 19:27:33 pm
Anonymous

Duidelik ry daai lid nie 'n Landy nie, want ek dink dit is die mense wat die meeste "straf" verduur.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 20:10:22 pm
Anonymous

Ek dink diep binne voel landy ouens ook maar so ;) hul ry baie lekker, veral die moderne land rovers, maar ek kan hul ongelukkig nie in koop prys of onderhoud bekostig nie...haha

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 20:17:08 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek dink almal het verwag die Hilux sal goed doen.

Die grootste skok van die jaar is die swak vertoning van die Amarok. Op n stadium het tot Nissan se NP300 (die ou datsun) beter gevaar en ook die Mahindra! Ek hoor "rumours" dat VW volgende jaar die 2lt gaan uitgooi en vervang met die 3lt Diesel enjin. Hoop dit werk vir hulle. persoonlik dink ek hul probleem le by 2 dinge : 1. Pryse te hoog. 2. Handelaars se dienste



Die Amarok sit al vandat hy hier vrygestel is op 200-300 verkope per maand, dink nie daar gaan enigiets gebeur wat dit nou sal verander nie. VW word nou eenmaal nie gesien deur die meerderheid kopers as 'n bakkie verskaffer nie...baie moeilik om so 'n persepsie te verander ongeag hoe goed die produk is. Ek dink die nuwe 3l sal dalk ook nie veel beter verkoop nie, behalwe miskien kort na vrystelling as baie huidige 2l eienaars hulle oues inruil op die nuwe een (dink dis wat mens ook nou met Hilux sien gebeur, die verkope sal oor 'n paar maande stabiliseer en dan sal mense die werklike prentjie sien). As VW ook die prys van die nuwe 3l hoog inbring gaan hulle verkope dalk nog verder daal...soos dit nou reeds is by beide Ford en Toy trek party DK modelle reeds digby R600k...en dit vir 'n bakkie!....my jaar oue Ranger sal maar sy ding moet doen vir die volgende 20 jaar as dinge so aangaan! (teen my huidige 13000km per jaar sal hy dan so by 260 000 km op die klok he, en ekke sal dan by 80 trek..ouch)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 21:27:56 pm
Anonymous

Ja nee eks ook bietjieomgekrap oor daai R600k...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 05:57:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

1800? Nie 2800kg nie.. 

Volgens sy gewigte op die plaatjie 2800kg.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 06:54:10 am
Anonymous

Website en dealers se steeds 1800kg.. hul se in mazda 3.2 boekie 3350kg, maar dealers se net AT, nie manual nie... so nou skrap ek maar inligting in boekie, hulle reken SA mark het laer spec.. ons weet mos nou uit ondervinding met karavane die plaatjies beteken niks. Lsat hy maar vir homself gaan seker maak, want sy gcm is net 5000kg.. gvm is 3200kg, so hyt net 1800kg oor

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 07:12:50 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek laaaaaaaaaiiiiiiiiiiiiik my ambei.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 07:43:17 am
Anonymous

Ek is oor die kole gehaal omdat ek die Toyota weereens n aambei genoem het hier op die forum. Pas nie in by my Handtekening moto nie. Dus sal ek ophou om op die forum so na hulle te verwys.

Ek vra om verskoning as jy voel dat ek jou te nagekom het. As jy wil hê ek moet jou persoonlik om verskoning vra, skakel my op 08 twee 88 nil 174 een.

Gewoonlik as iemand dit se verwys hulle nie na die Toyota self nie maar eintlik na die eienaar of bestuurder van die voertuig?  Dis dalk wat die lid oor ontsteld is?wink

Maar ek mag verkeerd wees.wink

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 08:03:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Website en dealers se steeds 1800kg.. hul se in mazda 3.2 boekie 3350kg, maar dealers se net AT, nie manual nie... so nou skrap ek maar inligting in boekie, hulle reken SA mark het laer spec.. ons weet mos nou uit ondervinding met karavane die plaatjies beteken niks. Lsat hy maar vir homself gaan seker maak, want sy gcm is net 5000kg.. gvm is 3200kg, so hyt net 1800kg oor

Sy GCM is 6000kg hier is foto wat hy gestuur het.

Ranger 2.2 GCM

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 08:11:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het wel gesê ek sal julle nie meer 'n naam noem nie. Maar ek het nie gesê ek gaan ophou om julle te "Byt" nie.

Toyota Ranger vergelyking

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 08:27:04 am
Anonymous

Sy GCM is 6000kg hier is foto wat hy gestuur het.

Ranger 2.2 GCM

 

ok, maar laat hy self by ford seker maak, want hul stipuleer dit duidelik.. alle 2.2 modelle se tow rating is 1800kg. ons weet mos nou hoe akkuraat is die plaatjies, en soos ek nou agterkom, gee vervaardigers nie om wat op hul plaatjies staan nie, jy moet op website of brosjures kyk. Op hul eie web wys hul 1800kg 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 08:28:15 am
Anonymous

Ekt daai fight lankal met mazda gehad waar my plaatjie en user manual wys 3350kg, maar hul se vir my 1800kg en klaar, maak nie saak wat boekie of plaatjie se nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2016 @ 07:07:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Goeie riglyn hou by 1800kg dan sal jy nooit pyne hê as jy by weegbrug kom nie want hulle gebruik die plaatjie se gewig soos ek dit gekry het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2016 @ 09:04:45 am
Anonymous

Ja, maar dit maak beplanning moeilik as jy dalk groter karavaan koop...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2016 @ 13:36:56 pm
Anonymous

Jip, en met Just Crooked Information se gewig stories, moet jy nog eers gaan weeg ook nogwink,  maar met 1800kg, kan jy 'n redelike groot wa sleep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2016 @ 13:50:40 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Vandag n goeie een gehoor van Amarok eienaar.
Hy vertel, " Mc Donalds verkoop seker die meeste burgers, maar is dit die beter as n Steers burger? En dan seker ook soos Pep Stores wat meeste klere verkoop, maar dink jy dit is ook die beste gehalte?"
Kon maar net glimlag saam hom, manne kom met slim se-goed.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za