Ek sal te bang wees om somner enige diesel in te gooi... ek hou maar by my gewoonlike stasies met bietjie groter name
Ek wil nou nie spoke opjaag nie maar 50ppm diesel skuim nie baie nie. Dan skuim 10ppm nog minder. Die ou bekende 500ppm skuim heelwat. Ek weet nie hoe besluit mens dat dit wat in die tenk val nie die hoë ppm produk is nie.
MBT se webtuiste dui 'n diesel prys aan wat duurder is as die van vele motorhawens in Pretoria.
'n Probleem is dat vele voertuie se tenks so gemaak word dat dit lank neem om die laaste paar liter in te kry. My MB C200 kon tot 10+ liter inneem as ek geduldig genoeg was. By Drie Susters se Shell vulstasie het hulle 'n gedoente gehad wat herinner aan die goeters waarmee karavane gelyk parkeer word maar met die die doel om die tenk-kant van die motor te lig sodat die brandstof minder lug sluk met die laaste bietjie se volmaak.
Diesel neig om te skuim as die pomp se tenk onlangs vanaf die trok volgemaak is. Kan ook wees dat die afsny sensor (klein pyp in die nozzle) te veel lug suig met die laaste paar liter se op top.
Maak weer daar vol in die vroegoggend na die lug uit die diesel in hul ondergrond tenk ontsnap het, en kyk of daar 'n verkil is.
Jy dink reg dit is seker van so 500 tot 750ml wat in die pyp agter bly afhangende van die lengte van die pyp. Maar niemand word met dit ingedoen nie want die pyp is vol wanneer hulle by 'n persoon begin ingooi.
En die pyp was van die begin af vol want hulle moes die pomp toets alvorens hulle van die begin af iemand kon bedien.
As jy eerste by 'n vulstasie kom in die oggend kan jy dalk ingedoen word. Want die joggies kon dalk al die pype gedurende die stil nag leeg gemaak het in 'n 2 liter coke bottel of wat.
In SA in enige iets moontlik.