Sarel, tik "rear view camera" links bo by key word search, daar gaan jy volop advies lees. Dit is al goed bespreek.
Die instalasie is nie te ingewikkeld nie, ek moes myne egter deur kwalifiseerde tegnikus laat doen om my kar se waarborg te beskerm.
Naaste aan jou wat ek van weet is die Oriental Plazza naby Mayfair Johahannesburg.
Ek het na Outdoor se goed gaan kyk, 5 keer die prys vir die selfde ding.
Hoop jy kom reg.
Sarel
Jy kan ook "WilSur" in die Title Search: soek en my inligting daar kry.
Willem, ek weet nie hoe om 'n hyperlink te plaas nie, sal jy omgee om vir Sarel die link na jou kamera se draad te plaas?
Sarel, as ek jou raad kan gee, gaan vir ten minste 7duim monitor, die kleiner monitors laat die verkeer te veel "krimp" en die verskil in prys is minimaal.
Ekmoet juis nou my goedte bietjie oor doen.. soms maar beter, as iets fout gaan, kan jy regmaak.. my draadjie het voor die huis losgekom, vorentoe ry nie probleem, maar reverse toe ry ek oor hom.. ai ai
Pieter, jammer vir daai een.
Andre, Sarel bly in Nigel, ek is seker hy gaan nader as Sasol regkom, byna alle dorpe het nou al CCTV Shops.
Ek het vandag weer Vaaldriehoek plat gery op soek na ordentlike conector tussen my wa en die kar, maar die ounens kyk jou met sulke leë oe aan as jy hulle vra vir die coiled 5 of 7 pin plug.
Myne se drade het los gekom, en om dit baie ongemaklik om terug te kry.
Andre, kan asb vir my foto van daai plug oplaai, ek sukkel om myne te konenteer, juis omdat die goed so dun is, ek sal dit waardeer.
Wanner dit kom by die 12V kameras en klein monitors moet jy nie die Japanese goed afskryf wat jy by 'n vlooimark sou kry nie. Ek het my tru kamera en monitor by montana traders in Pretoria gekoop en die werk regtig puik. Nou al 3 jaar.
Johann
Ek het die krag van die karavaan getrek en net die + en - vir die kamera wat ek deur 'n gewone RCA koppeling doen. By die Ford het ek 'n female permanent vas gesit en dan aan die karavaan se kant 'n los draad met die male.
Geen storings en maklik en baie goedkoop.
Sarel ek glo met die info hierbo sal jy regkom.
Dankie Wilsur, ek het gister met my skoonseun in Aus gepraat, hy gaan kyk wat hy daar kan kry, en my dan laat weet.
Ek wil net sien hoe lyk Andre se koppeling, want lyk my ek gaan ook sukkel met die beskikbare plugs wat ons in SA kry.
Sarel
Ek sien daar is 'n vrag "catalogue's" kan jy meer spesefiek wees asb.
Hier is 'n draad wat Brian geskep het "hoe om foto's te laai op die nuwe formaat" klik net op die skakel.
Ek het al klaar beter "connectors" gekoop maar nog nie geinstalleer nie. Huidiglik werk die RCA video kabel met 'n gewone RCA female to female connector en die krag vir die kamera is 'n aansteker sok wat ek in prop agter op die bak van die Ranger. Tot op hede werk dit puik.
Man, erens het iemand daai 7inch mirror screens gehad, kry dit nie op die drade nie? Waar kan ek daai clip on mirror kry wat 7inch skerm het met 2 inputs vir karavaan en reverse camera? Ek sien nie plekke in pretoria met dit nie?
Die klop plekkies lans Kolonade.
Klik op die skakel in my pos.
Yes, dis hy daai een.. is dit by daai chinese plekkies? Gaan seker rukkie soek..? Ek gaan nou maar daai roete, want ek soeknou sommer weer ordentlike reverse kamera ook wat nou 7inch skerm het..
Onthou daai 7" is maar net so 50 of 60mm hoog, die een wat ek het is 155 x 90mm
Pieter, net my 2s, ek verkies ook die groot 7" stand alone monitor. Myne het ek op die dash gemonteer en geen is drade wat rond lê nie. Sal probeer om foto te laai more.
Groen dakkies (Montana Traders) dink hulle het weer 'n Chinese naam intussen gekry. Inelkgeval langs die Kolonade Winkelsentrum. Daar is 'n paar stalletjies wat die goed verkoop. Monitors en kameras.
Dan by die Thai winkeltjies of traders in Centurion (Waar builders Warehouse eers was by Panorama weg in Rooihuiskraal) Hulle verkoop die dun/maar monitor wat op die middel truspieel vas knip en 'n kamera vir R500. Die beeld is aan die klein kant maar werk puik. Jy kyk nie fliek in die monitor nie, jy knipoog net soontoe om te kyk hoe lyk die verkeer agter jou.
Ek het n stand alone LED 7inch monitor, maar ek soek nou reverse kamera vir die BT50, maar wil sommer klaar ordentlike grootte spieel kry wat dan sommer die monitor ook gaan wees, daai 4.3inch is vir my net te klein.. ekt nie spasie op die bakkie vir permanente installasie nie, anders kan ek maar weer soos Mazda 6 n heel nuwe rradio dvd eenheid insit wat in pas by viertuig ontwerp, maar ekt nie weer lus vir dit nie, ek moet heeldag polisieman speel en kyk dat die installeerders hul werk reg doen..
Hier is fotos van my monitor, dit is "dash mounted" 7" , die gekleurde strepe is net op die kar se kamera, ek wou nie op die karavaan ook daai strepe hê nie.
Albei kamers het IR vir nag sig.
Jammer ek wou nog byvoeg;
Ek het opgelet dat ek 4 straat lamp pale op die monitor duidelik kan sien agter my. Ek is nie seker hoe ver is dorps lamp pale uit mekaar nie. Seker so tien meter, dit gee my ongeveer 40m sig agter my, en 'n hoek van 110grade, as ek reg onthou.
Wat ek wel weet, is dat as 'n voertuig by my verby gaan, kan ek dit op 'n stadium in my spieels en kamera op tel, dus het ek nie meer blinde kolle nie.
Hierdie stelsels sal ek baie sterk aan beveel vir enige sleeper.