Ons staan heerlik hier by Koppisol, weer het krag af geklits, maar ons kamp lekker.
Dankie, geniet dit reeds, baie nice mense, buurman bring sommer vroeg al heerlike stuk grabou wors wat hulle te veel gebraai het.
Krag het darem gou weer aan gekom, plek is redelik vol.
Lekker, Johann! Julle moet dit geniet. Hoe lank bly julle daar? Ons het al so lus vir kamp maar moet nog tot Paasnaweek wag.
Lekker, Johann! Julle moet dit geniet. Hoe lank bly julle daar? Ons het al so lus vir kamp maar moet nog tot Paasnaweek wag.
Ons kuier hier tot Dinsdag, erg lekker
Pieter, ek sien hier is 'n saamtrek, maar ek kan nie sien of dit SAWA is nie.
En ek wou die oord "afskryf" omdat ek so gesukkel om reaksie te kry, maar hulle het glo met lyne gesukkel.
Sal volgende week fotos plaas.

Geniet daai kamp 'n hond uit 'n bos
Dennes, die een was sonder dat vroutjie eers geweet het
Dit is die lekker rustige atmosfeer hier wat vir my treffend is, ons was seker 30 jaar terug laas hier, net na die oord oop gemaak het.
Vannaand weer bring ons jong bure vir ons elkeen 'n bakkie biltong en pasta potjie wat hy gemaak het. Was dit nou lekker, nooit geweet pasta maak so lekker potjie nie. Buurman kom ook van Alberton.
Baie hoop vir toekoms vir kampeerders, die paartjie is baie jonk, met twee pragtige blondekop dogterjies van so 6 en 8 jaar, en geniet hulle die kamp ding.
Dankie Geert ons geniet dit sover.

Geniet daai kamp, Johann, julle verdien dit
Al wat my afsit is daai vroeg oggende vernaam op 'n Sondag oor daai luidsprekers.
Hehe, bly eks is doof, hoor geen snaakse geluide nie
Vandag het die kinders kom kuier, geen dag besoekers nie, tensy hulle na kampers of chalets gaan.
Ook toe ek die eerste keer daar was was daai groot bome seker so 2m hoog gewees.
Als hier is baie lekker rustig, duiwe en voëls vol op, tot meerkatte hier rond, paar donkies en twee shedland ponies, net die meeste staanplekke het nie meer juis gras nie.
@ Geert, ja dit was seker 70% vol
@ Chris, die Vrystaat en Suidelik dele van Gauteng word nogal koud.
@ Jaco, jou skoonouers sal dit geniet daar, rustig en tog nie dood nie.