English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 932
topics: 4 499
replies: 30 836
views: 17 441 273
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:

Wille krugertuin 2015

replies: 27
views: 9287
23 Jul 2015 @ 07:55:31 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Môre, Môre,

Nog twee slapies dan draai die Amarok en die Surfertjie Noordwaarts Wille Krugertuin toe.

Slaap Saterdagaand 25 Jul by Phalaborwa hek en spring Sondagoggend oor die draad Letaba toe.

Skuif Do 30 Jul af Satara toe en sluit af van Ma 3 Aug by Krokosilbrug.

terug Sodom en Gemorra toe die oggend van 6 Aug.

Sorry manne - My beurt. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 07:59:33 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Geniet dit Andre miskien sien julle Willem daar

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 08:08:48 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Geniet dit...hoop julle sien baie wild
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 08:11:23 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Geniet dit Andre. Nog 1 week dan is dit ons beurt.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 08:14:14 am
Arthur
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 89
Joined: 05 Nov 2012
Experience: 32 years
Geniet dit. Gaan oor 2 weke bietjie George, Plet en JB toe maar die keer sonder die WA.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 08:15:55 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Andre geniet dit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 08:26:38 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Ons het n kerk diens vir stop van renosters strooping saam met die San Park mense op Letaba die 25 July voor die olifant saal verwag 200 menselaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 08:29:27 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Andre sal jou sekerlik sien die 25 july by die karavaan plek by die hek ,hoe laat dink jy gaan jy daar wees?laughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 09:24:38 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

André, julle gaan net mooi op die regte tyd Wildtuin toe want daar is die jongste tyd sulke interessante gebeurtenisse in die media en op sosiale-media gerapporteer.  Ek dink aan die luiperd wat die gids in sy wildkyk-voertuig naby Skukuza aangeval het, 'n trop van 32 wildehonde in die teerpad naby Orpen, die Koedoe "spring-bok" tussen Skukuza en Malelane en die twee leeus wat 'n koedoe tussen motors naby Satara plattrek ! Jy doen die ding ook soos ek glo, oornag naby die Wildtuin om die volgende oggend vroeg in te gaan om 'n lekker staanplek in die kamp te kry, 'n ou moet mos vroegerig by die kamp opdaag wanneer ander ouens aanskuif.

Geniet dit en hou ons asseblief op die hoogte van alles wat julle beleef !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 09:36:19 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Fantasties ! So pas die foto's van die Koedoe gesien wat so spring. Hoop julle geniet dit terdee. Ons beurt kom ook volgende jaar!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 10:09:33 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1036
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years
Geniet dit Andre my gunsteling plek gaan weer Oktober veilig ry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 13:12:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Ons ry Donderdag 30 Julie tot in Komatie, slaap oor by my Neef en Nig, Vrydag in na Krokidilbrug tot 11 Aug.
.[quote]1020,250052250[/quote
Sien julle.
Groete Jin.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 18:52:23 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Andre julle moet geniet wiltuin puik
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2015 @ 22:36:33 pm
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 18 years

Baie jaloers! Geniet dit Andre.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2015 @ 08:06:47 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek beplan ook vir Oktober 2016, was al by Letaba en die keer kyk ek na Shingwedzi vir die skool vakansie week.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2015 @ 08:32:53 am
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Dem,julle is gelukkig,geniet terdee.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jul 2015 @ 09:23:40 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Baie  dankie vir die goeie wense.

Soos reeds gesê, dis nou ons beurt.

Sal eers na die Trippie verslag doen hier.

Volg nuus op Tipperkie se radio, vat nie eers 'n draagbare radio saam nie, wat nog te sê van 'n TV.

As ek wil TV kyk kan ek dit mos by my huis ook sit en doen. Dis baie goedkoper.

Groete van Kamp na Huis. HeHe

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 14:24:16 pm
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Soos belowe,

Spring Saterdagoggend 25 Jul hier in die pad via Pieterkwane oor Magoebaskloof Phalagat toe. Arriveer ongeveer 13;00 nas 'n rustige trippie en 'n Mega Wimpy brekvis op die pad. Maak net dak oop en pak twee stoele uit vir die nag in Forever resort Phalagat. Sit ewe lekker my Aandete en insluk toe stop hier 'n Jimny neffens my en uit sprin Willem (WJ op die forum). Nee hy moet net kom bevestig ons Gautengers is veilig en rustig daar op sy plaas.

Baie dankie WJ en ek waardeer die hulp en tel no wat jy aangebied het. Die Tipperkie het hom mooi gedra en ons hoef nie jou verder te gepla het nie. 589km gery met verbruik van 8.23km per liter of vir die anner manne - 12.16liter per 100km.

06:20 Son oggend glip ons die Park binne na Letaba Ruskamp vir die eerste 4 nagte.

Lekker staanplek gekry en heerlik afgeskakel en bedaar. Relatief min diere gesien maar die rustigheid van die Letaba Kamp maak op daarvoor.

Regtig geen klagtes nie en die Ablusies en die kamp oor die algemeen op standaard. Die M&B restourant was deurgaans druk besoek deur die grotbewoners en besoekers maar ons het eie kosse gemaak daar tussen die tentplakkers.

Sal steeds Letaba aanbeveel as jy wil bedaar na die Gauteng gejaag en dan die res van die park gaan besoek vir die meer diere.

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 14:30:03 pm
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Episode Twee.

Do 30 Jul pak ons die Sirkus en skuif af Satara toe.

Sommer so op die pad sien ons 'n paar "nuwe" diere en kry 'n redelike staanplek op Satara.

Eie mening omtrent Satara -- uitstekend vir wildkyk maar die woonwa gedeelte word afgeskeep. Baie min koelte en die kragpunte is ver van jou staanplek af. Jy gaan moeilik sonder 'n koord van 20 meter regkom.

Ablusies geen rede om te kla en selfs 'n toergroep met 'n Lorrie wat een nag daar opgedaag het, het hulle regtig uitstekend gedra.

Lekker wild gekyk om Satara en sal dit steeds aanbeveel as jy maks diere wil sien.

Ek het lekkerder gerus op Letaba - eie mening

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 14:34:54 pm
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Laaste versie,

Skuif af Krokodilbrug toe die oggend van 3 Aug.

Sien weer baie diere oppad en kry 'n lekker staanplekkie langs die draad op Krokodilbrug.

Was ons eerste ervaring hier en heel aanvaarbaar. Ablusies is uitstekend en skoon maar die paaie naby die kampie is besig met werkers en mense wat die Wildtuin binnekom wat mens die idee van "Germiston Stasie" gee

Persoonlik sal ek nie meer as 3 dae daar kamp nie maar miskien was dit ook dat die dreigende terugkeer na Gauteng oor mens se kop hang.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 14:45:11 pm
Anonymous

Baie dankie vir die deuglike terugvoer,  Andre en die mooi fotos nou is ek vrek lus vir oom Paul se plaas.sealed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 15:02:57 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Lyk rustig,pragtige fotos,ek is jaloers,maar kan my pak vat,anderdag is dit ons beurt.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 16:08:41 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Andre, baie dankie. As dit n man nie lus maak nie wat sal dan?

Hopelik is ek volgende jaar ook so gelukkig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 16:26:39 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 33 years

Andre lyk my julle het dit erg geniet. Wiltuin altyd n wenner.

 

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 17:18:01 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Dankie André, dit maak my net weer en meer lus.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 17:39:23 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Dankie vir terugvoering en foto's
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 18:00:50 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Hallo André !

Dankie vir die deeglike lusmaker vir ons trippie volgende jaar Meimaand.  Ons gaan onder andere ook by dieselfde drie kampe waar julle was, ons kamp opslaan. Ek stem saam met jou, Letaba is 'n heerlike kamp om uit te rus, te ontspan en die laeveld se natuur en rustigheid te geniet. Wat Satara betref, ja die kampeerterrein is dalk afgeskeep maar Satara is elke keer deel van ons kamp-lysie.  As ek na jou fotos kyk, sweer ek julle staan onder "ons" doringboompie by Satara.  As dit naby aan die suidelike ablusieblok is, dan is dit wraggies so.  Al is Satara maar redelike besig en stowwerig met min koelte, is die verskeie paaie in 'n 360º rigting altyd vol verrassings.  Vir my is dit 'n moet elke jaar.

Dan ou Krokkies bly vir ons 'n gunsteling.  Die hek en afleweringsvoertuie kan 'n bietjie lastig wees deur die dag, maar dan is ons nie daar nie.  Ons het al menigmaal tussen Krokkies en Ondersabie die groot 5 raakgeloop  -  dit is dus beslis diereryk.  Dan is daar heelwat grondpaaie om aan te durf en die groot area tussen Krokkies, Berg-en-dal, Skukuza en Ondersabie te deurkruis  -  ook die grondpaaie oos van die H4-2. 

Dit was nou baie lekker om saam met julle te kamp en julle ervaring te deel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 18:42:07 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Andre baie dankie vir terugvoer en foto's. Nog meer rede om vir volgende jaar te beplan.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za