English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 237
Total Replies: 248 893
Total Views: 83 115 503
topics: 599
replies: 3 865
views: 3 350 159
Share all those nice recipes with everybody...

kersfees ete

replies: 51
views: 22573
page 1 of 2
21 Nov 2015 @ 11:21:52 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Watse kers ete berei julle voor op kersdag as julle kamp? ....net vir interesantheid, miskien duik daar paar lekker idees op😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 11:46:12 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ons het so lanklaas oor Kersfees gekamp, maar toe ons dit nog gedoen het, het ons altyd spesiale kos op Kersdag gemaak.  Ons gunsteling was ontbeende skaapboud en oopgevlekte hoenders op die kole, wat oornag marineer het.  Lank en stadig gebraai sodat dit sappig was.  Twee groentes, soetpampoen en groenbone en drie slaaie, aartappelslaai, kerriekoring en Beet.     Poeding was een of ander tert of koek wat ons gaan koop het.  Yskaspasie was maar beperk vir te veel goeters.   Later die middag moes ons 'n groot waatlemoen en spanspekke opsny, wat van vroeg die oggend al in 'n bad met yswater gelê het.  Dan eet ons bure sommer ook saam.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 12:02:38 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Goeie topic. Ek en Elma is alleen, ons gaan dalk uiteet. Weet nog nie waar nie. Sal gaan hoor by orania of iewers in kimberley.
Gewoonlik maak ek voor die tyd (as almal bymekaar is) n gerookte varkboud (gammon),, groot stuk soutvleis,k, skaapboud. Met baie slaaie en pudding. Gebak. (Sal julle die resep stuur) ,,, vrygteslaai,,(pawpaw boat),,ROOMYS. met n goeie caberny rooie.
Ek maak gewoonlik voor die tyd alles klaar, dan eet ons net kersfees.

Die pudding resep. "Blitspatrollie" die omie wat dit jare terug ve my gegee het s as jy hom eenkeer geeet het, het hy jou gevang. Resep is ve 4 mense maar jy kan dit verdubbel ve meer.
Stroop: kook 2.5 koppies water met half koppie bruin suiker en een teelepel gemmer poeier.
Beslag: meng BAIE goed .
250gm botter (nie margerine)
Half koppie goue stroop
Meng goed. Dan
Half t.l.sout of na smaak
Teelepel koeksoda
Koppie bruismeel
Heel laaste een eier.
Meng goed... lyk nou soo ligkleurige slap deeg.
Lepels vol innie kokende stroop. Kook totdat bruin en gaar is . Te veel brand dit dans dit bitter. Met lekker vla.
Deesdae is die vla in boksies. Maar my tuis gemaaktes is met blikkie kondensmelk en kookwater (saam n liter)
Klein knippie sout. Poeier op gelos in biekie melk. Hoeveelheid hang af of jy wil dik of dun vla h.
Roer stadig in om nie klonte te maak nie. (Doen gewoonlik in micro.w)
Sodra dit lekker kook roer eetlepel botter of vars room by.

Het nog baie ander resepte ook. Sago pudding...lekkerste
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 12:13:59 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ek het groot geword op n plaas. Vanaf st.6 in koshuis.. kon onthou my ma het altyd drie keer of meer pudding gemaak. Daar was gereeld rubab, maar deesdae sukkel ek om dit in die hande te kry, en, dans dit nog sulke maeres ook. Ons sin oppie plaas was dik gesonde stingels.
Julle weet as rubab groen is dans dit toksies, moet rooi wees. Ken nie die mates meer nie maar jy moet dit laat le en suiker oorgooi totdat suiker gesmelt het en dan kook. Resep. ?????
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 12:17:53 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Trifel resep, het iemand een om te plaas. Myne is n regte moer-by met kersie stroop, gemaak van lekker liquer.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 12:34:32 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Johan, onthou Geert se vraag is wat eet ons op Kersdag as ons kamp?   Gebakte poedings is heerlik maar 'n bietjie moeilik (en te veel werk) as mens kampsmile  Die probleem wat mens altyd het, is dat jou yskas later ook nie meer plek het vir al die geregte nie.  'n Mens "cater" maar so rondom jou kamptoerusting en geriewe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
21 Nov 2015 @ 16:39:37 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 62 years
Twee jaar gelede het ek en my vrou vis en skyfies met 'n glas wyn geet in Chapmans Peak.
Dit sal ons altyd onthou. Iets ligs, geen skottelgoed en 'n baie mooi view.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 17:10:15 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Skaap boud in n nom 3 pot met 1liter rooi wyn en in ander pot net groente, vir nagereg travel met roomys
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 17:33:54 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Sorry ve die kaap van die draad, was so in extase , oor lekker eet dat ek sommer resepte ook uitdeel.
Wat ons oor kersfees eet is dit wat ek eerstens genoem het..
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 19:14:16 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Hierdie jaar kry ek die familie, gelukkig is ons maar min.
Ons kamp hier op die plaas, en my deel is n Kalkoen in die Weber, vat hom so stadig vir n hele paar uur. Bykos is Vonnie se deel, seker n aartappeslaai, res sal ek moet raai.

Johan, daai spietkop poeding van jou, noem ons waterbul, of bruin kluitjies, word op die vuur gemaak in n ysterpot, heerlik. Ken hom ook van kinderskoene af, en is altyd gemaak waneer ons kamp.

Vir oujaar, skuus, ek weet Geert vra vir krismis, maar die plan hier is lam spitbraai. Wat oorbly vries ek, en maak sulke half gestroopte stukke weer warm op n vuurtjie sodra dit weer rustig is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 19:23:08 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Nou die dag was hier n resep vir brood, deeg opgrol met stukkies bacon, olywe, sondroog tamaties etc in.
Gisteraand een gemaak, in die "donkie boiler" gesit toe vuur uitgebrand het, paar kole op die deksel. Man dit is lekker verby.
Gaan dit weer maak, saam daai krismis kalkoen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 19:44:34 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Dis hy daai Herman. Daar moet kaas ook in wees, sodat hy soos Italiaanse Pizza kan smaak. Lyk heerlik. Moet jou nog vertel van die eier wat ek en my seun opgetel het by Klein Plasie Karavaan Park in Oudstshoorn.
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 19:50:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Herman...dit het darem mooi uitgekom! Is dit daai resep waar die room oorkom?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 19:52:55 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Geert jammer ek antwoord jou vraag. Nee daardie is die een wat jy so oprol met al die lekker Italiaanse fillings.
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 19:56:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Dankie. Ek het daai ander resep van jou gemaak met die potato bake en room...was baie lekker 👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 20:16:16 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Vir n lekker kamp Kersmaal, sal ek n ontbeende Lamsboud op die kole doen.
Lamsboud moet vir so vir twee dae in die yskas gemarineer word in Olyfolie, sout, Roosmaryn en Bulgaarse Jogurt. Braai oor matige kole tot gaar.

Apart in my swart pot. Lekker gebakte baba aartappels. Maak pakkies groente soos murgpanpoentjies, blokkies botterskorsies, wortel ens. Draai pakkies toe in foelie en plaas op kole.

Indien dit warm is, maak lekker koue slaai en vir Poeding sal ek roomys bedien met stukkies vrugte koek. Moenie die waatlemoen vergeet nie.

Drankies, Lekker yskoue bier, gemmerbier vir kinders, Amaroela en ys gaan ook goed af

Gebruik jou verbeelding en bederf vir Ma
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 20:30:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Mens kan ook vir nagereg daai resep maak wat hulle in wegsleep so 2-3 maande terug gewys het. Skilfer deeg..piesang..karamel..chocklate op die vuur gebak. Het hom al gemaak...lekker, maar soet...seker te veel karamel gebruik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 20:58:37 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Pieter, lyk my jy is die "Iron cheff" hier. Von se nou sy het Motsarella in gehad, maar dalk n sterker kasie volgende keer ook bysit. Vir my net so , warm, in die helfte geskeur met n smeersel botter op...
N kamp lekkerte wat ek maak, is ook so piesang plesier
Sny piesangs met skil en al so in die binne buig deur sonder om deur onderste skil te gaan, werk dit so bietjie oop om n gleuf te maak. Sjokolade met neute in, breek jy in blokkies en pak so streepie in die gleuf, en dan op die rooster.
Braai totdat piesang sag is, so kleur van heuning kry, sjokolade is binne gesmelt.
Nou maar die verbeelding, roomys, so drizzle Nachtmusic, my gunsteling Frangelico.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2015 @ 22:14:03 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Hoe honger maak julle my nou.
Die brood goete is biekie sleg ve my, maar as ons gaan krismis by riverside hou, sal ek en Elma nou lekker eet.
Maak daai blitspatrollie ook in kastrol oppie vuur. As ons nou aanhou praat gaan ek my kenwood weer trug sit in die wn.
Pieter die ontbeende skaapboud oppie kole klink ve my na krismis kos.
(Gister gehoor Elma kry al verlof vanaf 11de. Het klaar met Lucy by riverside gepraat, ons ry nou al die 12 de )

Kaap alweer Geert . Ek dink jyt dit moedswillig gedoen sodat ons oor lekker eet kan praat.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2015 @ 06:45:02 am
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 62 years
Hoeveel mense eet nog vrugte koek oor die feestyd? My vrou bak darem vir ons elke jaar nog vrugte koek.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2015 @ 14:19:38 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Vrugtekoek of doekpudding. Te lekke. Weet net nie hoe ek di bedryf in die kamp gaan maak nie.
Weet vrugtekoek kan voor die tyd met liqueer of brandy gedokter word.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2015 @ 16:35:31 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Nou die dag was hier n resep vir brood, deeg opgrol met stukkies bacon, olywe, sondroog tamaties etc in.
Gisteraand een gemaak, in die "donkie boiler" gesit toe vuur uitgebrand het, paar kole op die deksel. Man dit is lekker verby.
Gaan dit weer maak, saam daai krismis kalkoen.

Daai lyk nou lekker Herman.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 07:13:50 am
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 46 years
Die lekkerste Kers ete wat ek nog kan onthou is een jaar lank lank gelede. Dit was voor 1994. Ons het n Footlong hot dog op Durban strand ge-eet. Man dit was mooi en die see sand was sommer so mooi wit en water so mooi blou.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 07:59:25 am
Anonymous

'n lekker Rosterie.

2x Heel Skaap nek

2x Hoender

1x Beestong

Druk die rosterie se stang deur die skaap nek se murg geddelte en bind met tou sodat die nekke saam met die stang en motor draai, dieselfde so met die hoender en Beestong. Spesery vooraf. maak koue vuur en smeer deurentyd met 'n mengsel van Jimmy sauce en suurlemoen sap.

Glo my daar bly nie ''Doggy bags'' oor nie.

Poeding is ma se probleem, want ek eet geensins poeding nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 08:01:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Daai rotiserie idee klink goed...lekker kuier terwyl masjien die gaarmaak werk doen
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 08:37:33 am
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 46 years

'n lekker Rosterie.

2x Heel Skaap nek

2x Hoender

1x Beestong

Druk die rosterie se stang deur die skaap nek se murg geddelte en bind met tou sodat die nekke saam met die stang en motor draai, dieselfde so met die hoender en Beestong. Spesery vooraf. maak koue vuur en smeer deurentyd met 'n mengsel van Jimmy sauce en suurlemoen sap.

Glo my daar bly nie ''Doggy bags'' oor nie.

Poeding is ma se probleem, want ek eet geensins poeding nie.


Hoe maak mens n koue vuur. Is dit nou nuwe ontwerp vir daai warm dae. Vir my huis n koue kaggel insit. Lol ek moes net.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 09:25:51 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1036
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years
Ons eet elke jaar hoender skaapboud gammon en al die trimmings daarby,die jaar se my vrou sy wil net braai en lekker kuier niks fancy nie so dis wat ons gaan doen elke man braai vir sy eie familie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 11:05:34 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Met elke Kers ete of ons nou kamp of op die plaas is kom my Moeder elke keer met n verrassing.
Gaan die jaar op die plaas wees in die Karoo en weet sy is al klaar besig met beplanning. Aangesien als ver is en gou na die winkel kan ry om te gaan kry wat benodig word nie.
Weet net ons gaan lekker en baie eet.
Dankie Moeder.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 11:09:01 am
Anonymous

Jin, 'n lekker Karoo lam op die spitlaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 12:22:45 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Watter een is jy DK?  Tot gister sou ek sê die een links, maar vandag het jy gepraat van jou kleinkind, nou kan dit dalk regs wees?wink  

Ek is baie lief vir beestong, maar het dit nog nooit geëet as dit oor die kole gaar gemaak word nie.   Hoe lank vat dit om gaar te word?   Selfs in 'n weber sal seker ook werk.  Hou meer daarvan warm as in koue skyfies opgesny.

Johan, ek gaan jou blitspatrollie poeding  probeer, klink lekker.

Ai, Chuck, hoe laat jy my nou na my liewe Moeder verlang.  Elke keer as mens by haar gaan eet het, was dit soos Kersfees.  Mamma kon maar kook wat sy wil, almal het alles geëet en geniet!  Hierdie jaar is my en Colin se kinders nie hier vir Kersfees, ons maak net koue vleise en slaaie en eet sommer so heeldag soos ons lus het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 12:35:50 pm
Anonymous

Tannie Freda, my kleindogter is nou eers 1jaar en 6 maande oudlag

Die bees tong kook jy eers in die pot met water sodat die vel kan los kom, sodoende is hy al basies alreeds half gaar. Dit is hoekom ek noem, gebruik koue kole om verbranding te voorkom. Oor koue kole neem dit so 3/4 uur tot 1uur afhangende van persoon tot persoon.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 13:04:16 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

So, nou sê jy nog steeds nie watter een jy is nie?  Ek moet nou raai, die een links?  Sommer 'n sexy Oupa hoor!!laughing  Maar die hare is nie so min as wat jy maak nie, so ek weet nie regtig.undecided

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 13:06:08 pm
Lambchop
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 199
Joined: 18 Feb 2013
Experience: 30 years

Het een van julle manne wat kos maak nie 'n wenner potjie resep vir my nie?

Daar is elke jaar 'n potjiefees by die laerskool, en ek het nog 2 jaar oor om die 1ste plek te probeer wen smile.

Sal waardeer word.

Moet ek 'n ander draad begin, dan ruil ons bietjie potjie resepte. Ek is uit idees uit...

♥ I love Kruger Park ♥
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 13:33:23 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 33 years

Ons nvrugte koek op kersfees het opgedroog laasjaar met die afsterwe van my Ma. Maar kersete op kamp is alles kos wat dag voordie tyd voorbery is want ek glo op so spesiale dag moet daar nie gewerk word nie. Ons maak gewoonlik slaai en varkboud dag voor die tyd met vrugteslaai en roomys. verder is dit n rustige dag.

 

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 13:39:13 pm
Anonymous

Het een van julle manne wat kos maak nie 'n wenner potjie resep vir my nie?

Daar is elke jaar 'n potjiefees by die laerskool, en ek het nog 2 jaar oor om die 1ste plek te probeer wen smile.

Sal waardeer word.

Moet ek 'n ander draad begin, dan ruil ons bietjie potjie resepte. Ek is uit idees uit...

Probeer hierdie potjies

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 13:43:12 pm
Anonymous

So, nou sê jy nog steeds nie watter een jy is nie?  Ek moet nou raai, die een links?  Sommer 'n sexy Oupa hoor!!laughing  Maar die hare is nie so min as wat jy maak nie, so ek weet nie regtig.undecided

laughingOp die einde van die dag is ek glad nie eens een van die twee nielaughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 13:59:44 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ook nie verbaas om dit te hoor nie DK.  Jy is mos bietjie geheimsinnigwink laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 14:07:22 pm
Lambchop
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 199
Joined: 18 Feb 2013
Experience: 30 years

Dennis,

Ek weet nie so lekker van die afval nie. Ek is nie 'n plaaskind nie....

En ek weet nie veel van eiervrug nie, moet mens dit nie in soutwater oornag week of iets nie?

Wie het nog idees van potjies asb.

Ek is die ene ore. 

♥ I love Kruger Park ♥
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 14:22:04 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

LCHop, tik die woord "Potjiekos" onder Keyword Search in.  Daar kom 'n hele paar drade op met allerhande resepte vir potjies.   Ek dink dit is juis DK wat in een van hulle die webtuiste gee waar jy baie resepte kan kry vir potjies.  Al die verskillende vleis en pluimvee s'n.  smile

DK, ek ooreet my aan afvalpot en skaapribbetjie maak die lekkerste pot ooit!  Dankie, gaan dit probeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 14:34:22 pm
Lambchop
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 199
Joined: 18 Feb 2013
Experience: 30 years

Freda,

Ek soek 'n pot wat al pryse gewen het. Ek het al die drade gelees en ook myself al mal gegoogle, so ek dink die beste is om by potjie kenners te hoor.

Karen

♥ I love Kruger Park ♥
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 15:14:48 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek het ongelukkig nog nooit 'n prys gewen nie, darem ook nog nie kompeteer nielaughing.  Ons het eenkeer gekamp saam met vriende en die een aand was daar 'n potjiekoskompetisie vir die kampeerders.  Hulle het beoordelaars gehad wat omgegaan het en almal se potjies geproe het en 'n paar pryse gehad.  Hennie, ons vriend, het 'n heel vlakvarkboud in 'n pot gedoen en daar wen hy toe 2 pryse daarvoor.    "Oorspronklikste potjie" en "Beste potjie".  Ek dink dit kon gewees het omdat almal meestal lam of hoender gebruik het en syne was net anders?   Dit was baie lekker, eintlik net sag gekook met uie en baie speserye, aartappels en 'n lang sous.  Jy het sulke stukke van die boud afgeskeur met 'n vurk.  Ons was nie bietjie trots dat ons staanplek 2 pryse gewen het nie.laughing

Ek hoop jy vind die regte resep Karen, toets hom en gaan wen met hom!  Laat ons weet.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 15:27:16 pm
Anonymous

Ek het ook nooit een gewen nie, want die pot is leeg wanneer die mense daar komlag

@Lambchop, ek het nou op 'n paar lekker resepte afgekom, ongelukkig kan ek die nie save en plaas nie omrede dit 'n pdf files is. Om jou te help gaan in by Google en tik in Potjiekos wen resepte en select dan Potjie kos World dan wys hulle al die wen resepte. Jy kliek net op watter pot jy wil maak, bv Hoender, lam ens.

Ek het 'n baie lekker een gesien en ge-print, nl: Boland Lambs Potjie. My volgende kamp gaan ek hom probeer en dit is natuurlik Desember 

(laughingAs Wilsur eendag so gaaf sal wees en my te verduidelik hoe daardie Skakel episode van hom werk, dan kan mens die goed sommer direk hier plaas. Ek hoop hy hoor mylaughing)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 15:29:55 pm
Lambchop
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 199
Joined: 18 Feb 2013
Experience: 30 years

Dankie, ek sal bietjie kyk.

♥ I love Kruger Park ♥
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 15:34:48 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Eks sommer n moerby man. Maak net lam potjies. Gebruik net leg-tjops of skenkels. Potjie kos vleis wat hulle verkoop is net leftovers as hulle klaar geslag het, bene en stukkies en dan nog R79 p.kilo. Like dit niks. Moet altyd goeie vleis gebruik. Maak nie potjie met ander nie. Braai dit eers bruin in pot, met sout, en fyn gesnyde uie. As dit mooi bruin is dan pak jy die ander goete in. Biekie water dan Klein aartappels, eers n biekie apart gekook tot amper sag. Dan wortels. Hierdie moet nou eers n biekie kook tot wortels begin sag word. ander goed soos pampoentjies, groen boontjies, en heel laaste in hefde gexnyde mushrooms. Koppie OBS of ander rooi wyn. Vuur kan maar flou wees sodat niks brand nie.
Ander speserye na smaak. Ek gooi ina paarman se masala spice en ook n eetlepel sterk chutney by..
Kan begin eet as laaste byvoegings net net gaar is. Altyd lekker as die boontjies nog n biekie crispie is.
My resep. Weet nie of julle dit gaan like nie.... ek het nie tye aan dit nie. Check en proe hele tyd aan die sousies wat bo uitkook.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 15:34:50 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Eks sommer n moerby man. Maak net lam potjies. Gebruik net leg-tjops of skenkels. Potjie kos vleis wat hulle verkoop is net leftovers as hulle klaar geslag het, bene en stukkies en dan nog R79 p.kilo. Like dit niks. Moet altyd goeie vleis gebruik. Maak nie potjie met ander nie. Braai dit eers bruin in pot, met sout, en fyn gesnyde uie. As dit mooi bruin is dan pak jy die ander goete in. Biekie water dan Klein aartappels, eers n biekie apart gekook tot amper sag. Dan wortels. Hierdie moet nou eers n biekie kook tot wortels begin sag word. ander goed soos pampoentjies, groen boontjies, en heel laaste in hefde gexnyde mushrooms. Koppie OBS of ander rooi wyn. Vuur kan maar flou wees sodat niks brand nie.
Ander speserye na smaak. Ek gooi ina paarman se masala spice en ook n eetlepel sterk chutney by..
Kan begin eet as laaste byvoegings net net gaar is. Altyd lekker as die boontjies nog n biekie crispie is.
My resep. Weet nie of julle dit gaan like nie.... ek het nie tye aan dit nie. Check en proe hele tyd aan die sousies wat bo uitkook.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 15:38:42 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Dis so lekker, sien dit het sommer twee keer deur gegaan. (Bewerige vingers)
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 15:44:03 pm
Anonymous

Die geheim sout spesery ''ingredient'' van 'n pot is - ''Maggie Sauce'' met 'n pakkie ''Lamb & Vegetable Soup''. Geen sout nie, slegs die 2 bestandele vir sout.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 16:25:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Johan. Ek self is n moerby potjie kos maker. Ek het nog nooit volgens n resep gegaan nie...gooi maar in wat in die kombuis beskikbaar is. Ek is nie so professioneel nie...ek roer my pot gedurig...maar is darem gewoonlik n sukses😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 17:01:19 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek dink ook 'n potjiekos resep gee mens eintlik net nog idees van wat jy kan byvoeg.  Op die ou einde volg jy maar daai moerby resep in jou kop en maak dit soos jy gewoond is maak.  Ek kan nie onthou dat ek al by enige iemand potjie geëet het, wat nie lekker was nie.  My man het altyd gesê, jy kry nie so iets soos 'n lelike vrou nie, die een is net mooier as die ander.  So kry jy seker ook nie 'n slegte potjie nie, die een is net lekkerder as die ander.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2015 @ 17:20:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek het hierdie een op ander draad geplaas onder "steamed chicken pot"
Campers: Try this pot....it is very easy to make

Place a round grid into your potjie kos pot
Poor Coke / Beer into the pot, but it mustnt touch the grid
Spice / Marinate your chicken with your most preferred spices
Put chicken in middle of cooking grid inside pot
Add your choice of veggies to the pot
Veggies can touch sides of pot
Veggies / Chicken mustnt touch the Beer / Coke underneath the grid
Build a fire {10 15 Briquettes}
Put lid on pot
Put pot above briquettes
Cook for approximately 90 Minutes with lid on
ENJOY!
Tips:
Put chicken and veggies in pot at the same time
Dont stir the pot
Make sure Beer / Coke is boiling during whole cooking process
Make sure that pot doesnt cook dry
The steam cooks the food to perfection
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2015 @ 10:37:49 am
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Please dont forget about the CP.com recipe book. You can download it from the website.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za