Dis die eerste keer dat ek so n Cadac stel sien. Weet iemand dalk hoe oud is dit....en wat die waarde sou wees?
Praat onder korreksie,my broer het so n stelletjie gehad begin jare 1970
Dit lyk in 'n goeie toestand, dis lyk of dit selde indien ooit gebruik is. Ek sou raai die waarde daarvan sal nie juis hoog wees nie- slegs 'n tweedehandse waarde want dis nie juis 'n museumstuk wat versamelaarswaarde het nie. Dis moontlik dat gasverskaffers kan weier om dit te vul as daar enigsins gas lek en dan is die silinder niks werd nie. Gaslampe is ook nie meer in aanvraag nie, LED's het dit vervang. Maar miskien is daar 'n sentimentele siel wat sal belangstel.
Ek stem saam met wat Fred se maar, daar sal altyd die versamelaar wees wat sy linkerarm sal gee vir so n volledige goed versorgde stel wat waarskynlik nie vrylik beskikbaar is nie. Vir daardie versamelaar sal dit gladnie daaroor gaan of die gasbottel bv nog diensbaar is of nie. Net maar my idee.
Eerste keer dat ek die sien
As ek na die bottle handel kyk lyk dit na die 60/70s
Van ons eerste gas bybehore het bestaan uit 'n soortgelyke gasplaat, gaslamp en die veeldoelige plaat en rooster wat op die gasplaat pas. Gekoop laat 60's en het dit nog. Ek skat die stel sal ook uit daai era kom.
Warren, 'n ou lid hier, versamel ou kamp toerusting. Ek glo nie hy sal die werklike waarde vir jou gee nie. Wat ek onthou is hy druk 'n pennie dat van Riebeek se ooge begin traan.
Hello Geert, I have never seen this equipment as a set in such a smart case, looks really nice. I still have and use when needed both the cooker top and the 100 candlepower lamp. I keep them in my skipper full time in case of power cuts.
The lamp is still in it's original box with price of R7.95.
Those with fancy vans that have inverters, generators solar panels etc. etc. may not appreciate the "camping" value of your "Cadac" set, but for those of us who camp with Skippers and other basic camping gear, the value is not measured in Rands and cents.
Great Set !!!!
Stay safe
Hello Geert, I have never seen this equipment as a set in such a smart case, looks really nice. I still have and use when needed both the cooker top and the 100 candlepower lamp. I keep them in my skipper full time in case of power cuts.
The lamp is still in it's original box with price of R7.95.
Those with fancy vans that have inverters, generators solar panels etc. etc. may not appreciate the "camping" value of your "Cadac" set, but for those of us who camp with Skippers and other basic camping gear, the value is not measured in Rands and cents.
Great Set !!!!
Stay safe
Badger - my 100 candlepower lamp is also still in it's original box, but I even paid less than you. Mine costed R7,49 at PnP Hypermarket in 1976. And I still use it from time to time - especially when camping in Tsendze.
Dis die eerste keer dat ek so n Cadac stel sien. Weet iemand dalk hoe oud is dit....en wat die waarde sou wees?
Ek ken elk van die items daar binne. Ek sal ook se dis van die 70 jare. Die tassie as 'n stel in geheel lui glad nie 'n klokkie nie. Het dit nog nooit gesien nie.
Aan die binne kant is daar teen die deksel iets vasgesit om 'n vatdoek of so iets in te sit so ook teen die kante vir die gas sleutel. Ek sien daai rivets lyk amper dieselfde as die wat op die hoekke van die tassie gebruik is. Dit is 'n teken dat die tassie spesifiek vir die doel gemaak kon wees.
Ek noem "kon wees", want die regte vervaardiger daarvan sou aan die buitekant versterkings ingesit het soos op die hoeke want daai rivets is maar die swak punt op daai karton tipe materiaal.
Heel goeie idee om dit so te verpak.
Nice verseker n versameling stuk
Ek sou raai dat dit ‘n beperkte aantal promosie aanbieding was vir ‘n spesifieke winkelgroep.
Ek was bevoorreg genoeg om in die laat sestigs deur die Cadac fabriek in Johannesburg te kon gaan.
Op daardie stadium het hulle gasbottels, anders as die een op die foto, inskroef handvatsels gehad, asook ‘n brons boudjie wat oopgedraai kon word om te bepaal wanneer die bottel tot maksimum gevul was. Dit was die tyd toe jy nog self so ‘n bottel kon volmaak vanuit ‘n groter een mits jy die regte passtukke gehad het. Die gas is mos maar net ‘n vloeistof wat bloot met swaartekrag van die een na die ander houer kon vloei.
Ek het 'n Cadac gasbottel van die vroeë 70er jare wat nog die inskoefhandvatsel en die geelkoperprop het. Ek gebruik dit steeds maar het probleme om dit hervul te kry. Plekke soos AFROX weier summier en ek moet dus maar privaat verskaffers soek. Ek moet seker maar om veiligheidsredes van die ding ontslae raak.
Sover ek weet is daar n vervaardigings datum onder op die ring wat ook gebruik word deur die gas hervullings plekke as n aanduiding of die bottel veilig is vir gebruik.