Ek gaan binnekort see toe en wil 'n net of seil aanskaf wat kan keer dat my tent omwaai ens. die staanplek is oop na die see toe so die wind kan dalk lol. Ek het stormtoue maar wil iets oorsit wat die hele tent vashou. Wat werk goed?
Ek ry n net saam maar in jare van kamp hom nog nie op gesit nie, gebruik net tou, moet sê ons Kamp net in die bos, het nog nie sulke erg wind gehad nie.
Darm vat hy min plek voor in die neuskas.
Silwer skadudoek. Hou tent skoon en vas. Sit net genoeg toutjies aan.
Ek sit silwer seil op en dan 'n stormnet.
Seil alleen kan met erge wind op die tent raas.
Ons woon langs die kus en gebruik stormtoue (ek het 4). Sover werk dit goed. Dit is belangrik om ordentlike penne te gebruik wat meegee, anders wikkel die wind die penne los.
Maxcon penne
Stem saam met Geert. Hulle werk puik vir ons.
we use a storm net and storm straps, but then the larger tent with the exclusive was always going to need a little extra to hold it down.
Ek het vir ons n silwer seil LAAT MAAK wat presies oor die tent pas, met gaatjies wat presies op die tentpale pas. Ek het permanente toue laat aanbring op die plekke wat vir my reg lyk. Jy kan dan vir jou stormbande laat INBOU in die seil wat jy met stormpenne vaskap.
Dieselfde geld vir die karavaan met sy eie blink seil en eie toue.
Ek vind dat die koste van n doelgemaakte seil bykans dieselfde is as n seil wat jy klaargemaak koop.
Danie waar het jy dit laat maak, asb?
Het storm Net maar nog nooit gebruik nie ek gebruik MAXCON penne en Silver Seil wat web srips oorkruis het..
Hier in die Strand, daar is twee plekke. Ek gebruik hierdie ene, bitter vriendelik. Het al vir my heelwat werk gemaak. Vir my boswa ook.
Thanks Danie, will consider calling them.
Ek gaan binnekort see toe en wil 'n net of seil aanskaf wat kan keer dat my tent omwaai ens. die staanplek is oop na die see toe so die wind kan dalk lol. Ek het stormtoue maar wil iets oorsit wat die hele tent vashou. Wat werk goed?
Die storm straps doen hul werk maar onthou as daar teveel beweging by die penne is het daai strap 'n wrywing skuur effek op die tent daar waar jy hom elkekeer oor span. Dan hou die strap die tent net onder beheer daar waar die strap gespan is. Somtyd noodsaak dit meer as een strap.
Ek self gebruik 'n storm net. Die net span jy styf oor die tent soos wat jy 'n geskenk sal toe maak met papier. Die net hou die groot seil oppervlaktes onder beheer. Ek gebruik dit selfs oor 'n Gazebo op die strand en die net maak dan ook voorsiening om die kids se nat handoeke teen op te hang uit die sand uit. Sommige mense koop groot vragnette vir die doel maar ek is van opinie dis 'n over kill. Ek gebruik 'n Sokker net van dun nylon tou gevleg. Tot dus ver werk dit puik want al die nylon toutjies saam werk om die tent in die wind onder beheer te hou. Dan vou die sokker net so klein op hy sal in 'n dubbel groote skoen boks pas.

Dit klink vir my na 'n goeie plan.
Geert het n net wat hy verkoop.
Vanoggend op daai groep verkoop
Ons gebruik ons silwer seil en stormnet en het nog nooit enige probleme gehad nie. Ek anker my tent, silwer seil en stormnet elkeen aan sy eie stel v-vormioge tentpenne. Belangrik om ook die tentpenne in die middel van jou tent binne die tent teen die tentpaal in die grond te anker. Dit keer dat dit nie met rukwind oplig nie.