English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 529
Total Replies: 252 792
Total Views: 83 248 627
topics: 11 575
replies: 139 216
views: 39 342 636
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Roemenië

replies: 50
views: 600
18 Sep 2020 @ 13:10:24 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Soos op 'n ander draad genoem, begin ek 'n nuwe draad wat handel oor Roemenië - inderwaarheid eintlik oor my persoonlike belewenis van hierdie land gedurende besoeke aan ons kinders wat reeds langer as 17 jaar daar woon.

Roemenië is sonder twyfel een van die minder-bekende Europese lande wat deur Suid-Afrikaners besoek word. Die redes hiervoor kan toegeskryf word aan verskeie aspekte. Dit is 'n voormalige kommunistiese land wat ongelukkig nog nie aktief bemark word as 'n toerisme-bestemming nie - allermins in Suid-Afrika. Maar dat dit 'n land is met asemrowende natuurtonele en besonderse besienswaardighede is nie te betwyfel nie. En vir Suid-Afrikaners is dit 'n baie bekostigbare  bestemming versus ander Europese lande. Akkommodasie- en alle ander kostes is min of meer op dieselfde vlak as in Suid-Afrika. Die enigste groot uitgawe is, soos met alle oorsese besoeke, jou vlugkostes. En uit die aard van die saak is daar nie direkte vlugte vanuit Suid-Afrika na Roemenië nie, maar steeds is Bucharest relatief maklik bereikbaar.

Ons eerste besoek was in 2005. Sedert daardie tyd tot nou (ons laaste besoek was in 2018) is die ontwikkeling t.o.v. infrastruktuur ongelooflik. Met ons eerste besoek het ons, sodra jy uit die moderne Bucharest vertrek, jou vasgeloop teen perdewa op perdewa. Sedert Roemenië deel geword het van die Europese Unie, is perdewaens as algemene vervoermiddel amper 'n rariteit - wat aan die een kant nogal jammer is. Nie dat ek nie vir die Roemeense bevolking meer moderne vervoer gun nie, maar die waens het 'n besondere nostalgie aan die land verleen.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2020 @ 13:25:07 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Interessant Chris. Ek volg.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2020 @ 13:27:43 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 875
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

hou hiervan

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2020 @ 14:28:03 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ons kinders woon in Calarasi (uitgespreek: Ka-la-rash), die hoofdorp van die Calarasi-provinsie. Die dorp is op die oewer van die Donourivier, in die suide van Roemenië, geleë. As jy dus kan ver gooi (oor die breë Donourivier) kan jy 'n klip tot in Bulgarye gooi.

Calarasi is een van Roemenië se armer dele. Ek het destyds vir 'n internasionale maatskappy gewerk. Tydens een van ons jaarlikse internasionale vergaderings het ek aan my Roemeense kollegas genoem dat my kinders (dogter en skoonseun) vanaf Suid-Afrika na Calarasi gaan verhuis. My kollegas was verstom - eerstens dat hulle in Roemenië kom woon, maar veral in Calarasi wat hulle beskryf het as "bad place". Wel, hulle woon reeds daar vir langer as 17 jaar en is so gelukkig soos (mag ek sê) die spreekwoordelike vark in Palestina.

Hulle woon in een van die tipiese (voorheen) kommunistiese woonstelle, wat meestal maar gehawend lyk aan die buitekant, maar mooi en gerieflik ingerig is.

Op van die foto's is dit duidelik dat die almene motor is Dacia (uitgespreek: Dat-shia). Hulle was jare gelede ook in SA beskikbaar. Deesdae steeds, maar as die Renault Sandero (direk ingevoer vanaf die Dacia-fabriek in Pitesti, Roemenië), die Renault Duster en die Nissan NP 200 bakkies. Hier by ons kry hulle net 'n ander "badge".

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2020 @ 14:43:22 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Alhoewel Calarasi die hoofdorp van die provinsie met dieselfde naam is, beskik dit oor 'n baie plattelandse atmosfeer. Die besighede is eenvoudig, vars produkte word by markies aangekoop en die mense kuier graag in die strate (waar die mans baie graag sit en skaak speel).

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2020 @ 14:49:35 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Europa is voorwaar interessant en anders.  Ons was vir 'n paar dae in Hongarye langs die Balaton meer en het die mense baie vriendelik gevind, hoewel kommunikasie bietjie moeilik was.  Hulle kan meestal Duits praat omdat hulle deel van die Oostenryk-Hongaarse ryk was, maar ons Duits is maar power.  Interessant dat die optrede en geaardheid van die mense daar so baie aan ons eie herinner dat ons sommer tuis gevoel het.  Hongaarse vriende van ons kinders wat ook al in ons land was, het beken dat hulle dieselfde gevoel in ons land gekry het. 

Stuur nog fotos Chris- dius heel interessant.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2020 @ 14:50:20 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Kyk na 'n kaart om myself te orienteer. Het al vergeet deur hoeveel lande (10) die Donourivier vloei. Aardrykskunde was een van my gunsteling vakke.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2020 @ 15:57:07 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Baie interresant groot respek vir mense wat guts het om ander lande en kultuur te aanvaar as hul eie.   Chris mag ek vra in watse tipe beroepe hulle is net nuuskierig.   Het so 20 jaar terug vriende gemaak met n buurvrou wat van Roemenie hiernatoe verhuis het en volgens haar het baie vrouens ingenieurs kwalifikasies gehad wat nie in Rsa erken is nie en het sy toe die eiendomsmark betree en n groot sukses van dit gemaak.   Sy het ons taal so vinnig aangeleer gebroke engels met afrikaans tussenin maar was n pragtige mens en het ons altyd van die gypseys se leefwyses vertel.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2020 @ 17:03:38 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Leen - ek aanvaar jou vraag t.o.v. beroepe het betrekking op die algemene Roemeniër. Dink aan 'n beroep in SA - en jy't maar net dieselfde in Roemenië. Ek dink nou maar aan mense met wie se weë myne al gekruis het. Medici, argitekte, ingenieurs, tegnici, landboukundiges, wynmakers, noem maar op.

My dogter-hulle het besef dat hulle Roemeens so vinnig as moontlik moet aanleer. Engels, behalwe in die groter sentra, is 'n rariteit - alhoewel ek vind dat dit stelselmatig onder die jonger geslag 'n bietjie verbeter. As ek dus sonder my dogter of kleindogter (wat daar gebore is en grootgeword het - nou 14 jaar oud) in 'n winkel kom, is dit maar grootliks gebare-taal wat my oor die weg help.

My dogter-hulle het pas na hul aankoms daar 'n privaat "tutor" bekom wat vir hulle Roemeense klasse gegee het. My dogter, wat nogal taalvaardig is, het die taal ('n Latynse taal) baie maklik aangeleer en reken as sy nie Afrikaans of Roemeens sou magtig wees nie, sal laasgenoemde makliker wees om aan te leer as Afrikaans. My skoonseun het 'n bietjie langer geneem om die taal onder die knie te kry. My kleindogter het daar grootgeword en uiteraard self die taal aangeleer. Die kleingoed tel sulke dinge mos maar maklik op en buitendien, as sy wou maatjies hê moes sy die taal praat. Hulle huistaal is Afrikaans (alhoewel my skoonseun eintlik Engels-sprekend is). My kleindogter praat Afrikaans met n baie sterk Roemeense aksent - en so bietjie deurmekaar, want eintlik is Roemeens maar haar eerste taal. Sy was vir die eerste 4 jaar in n Roemeense skool, maar my dogter doen nou "home schooling" met haar.

Ek het vergeet om foto's van die vars produkte markies aan te heg - ek doen dit nou. Ek en Ralie is lief om sommer in die markies te gaan rondloop. Hulle verkoop die lekkerste vars produkte. Sommer net vir interessantheid - as jy 'n waatlemoen koop, laat hulle jou eers proe. Die stalletjie-eienaar sny 'n driehoek-blokkie deur die skil tot diep in die waatlemoen, trek dit uit en laat jou proe. As jy tevrede is, druk hy die skil-gedeelte van die driehoek-blokkie weer terug. Wat gebeur as die waatlemoen nie na jou sin is nie? Ek weet nie want ek het nog nooit met die eerste proeslag een gekry wat nie vreklekker is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2020 @ 20:57:24 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 489
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Very interesting thanks Chris.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 07:46:47 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Interressant, dankie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 09:58:13 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Lyk wonderlik !   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 10:04:47 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Die Donou speel uiteraard 'n groot rol in die lewens van Roemeniërs - vanaf ontspanning, visvang vir 'n lewe, 'n vervoerkanaal en sekerlik nog vele ander ook. Eintlik is die slegs 'n vertakking van die rivier wat reg teen Calarasi verbyloop en 'n baie groot eiland in die rivier vorm. In die somermaande geniet die plaaslike inwoners die eiland en verwys daarna as hulle "beach". 'n Ou bykans afgeleefde boot dien as "ferry" om die mense na die oorkant te neem.

Hoër op teen die rivier gebruik groot barge die Donou om vragte te vervoer. Selfs passasiersbote vaar op die rivier.

Op die foto van 'n barg met 'n vrag hout kan Silistra, 'n dorp in Bulgarye, aan die oorkant gesien word. Daar is 'n "ferry" wat voertuie oor die rivier vervoer, want dit is 'n grenspos tussen dié twee lande. Op die een foto staan ouma, mamma en kleindogter op die "ferry" toe ons in 2016 in Bulgarye gaan kuier het (ek sal later meer hiervan vertel). 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 11:44:28 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Roemenië, alhoewel 'n wynproduserende land, het 'n groot bier-drink kultuur. Die verskeidenheid van bier handelsmerke is verstommend. En die verpakkings van bier wissel tussen 500 ml blikkies of -bottels tot 2 liter plastiekbottels. As ons in die somer daar kuier, wanneer ek self my koue bier geniet, lyk dit altyd vir my só lekker as die buurt se manne op die hoek van die straat saamkuier rondom 'n 2 liter bier. Dit gesels en lag terwyl die 2 liter bottel in die rondte gestuur word. As dit leeg is, stap die een wie se beurt dit is, dit oor die straat en gaan koop die volgende bottel. Enige alkoholiese drank word by elke klein straatkafeetjie - of winkel verkoop.

SA Brouerye het ook van die groot brouerye in Roeenië oorgeneem o.a. Ursus. My gunsteling Roemeense bier (Timisoreana) word juis deur Ursus gebrou. Langs die Donou is groot parke - en oral is plekke waar jy 'n goue koue kan gaan geniet.

Die oorgrote meerderheid van Roemene (in die groter dorpe en stede) woon in woonstelle. Daarom is daar voorsiening gemaak vir groot parke vir ontspanning. Vir klein kinders is daar oral speelparkies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 12:30:19 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Chris, Jy het nou 'n vlammetjie by my aangesteek.  Romenië klink baie interessant.  Ons sou hierdie maand in Portugal gewees het, maar toe tref die papaja die waaier.  Ek weet nie wanneer reis weer sal moontlik wees nie en ook nie of ons besondheid dit sal toelaat nie, maar ek dink Romenië kan dalk 'n bestemming wees.  Ons laaste Europese besoek was twee jaar gelede na Weene en dit het ons net weereens lus gemaak vir toer na 'n stilte van seker tien jaar.

Watter redery gebruik julle om daar te kom?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 13:05:06 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Fred - ons het al BA, Swiss, Air France/KLM, sowel as Iberia gebruik. Laasgenoemde vlieg nie meer na Suid-Afrika nie. Maar die laaste paar keer het ons Turkish gebruik (wat ons deesdae verkies). Ons kan direk vanaf Kaapstad na Istanbul vlieg. Die aansluitingstye in beide rigtings pas ons in Istanbul en dit is 'n lekker kort vlug tussen daar en Bucharest. En meeste kere bied hul ook die beste tariewe aan. Uitstekende redery en Istanbul is 'n lekker lughawe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 13:17:54 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Roemenië is nou 'n lid van die EU, maar nie lid van Schengen nie. Maar hulle aanvaar 'n Schengen visum indien jy daaroor beskik vir 'n ander Schengen-staat. My seun het in 2018 'n Schengen-visum deur Duitsland bekom en daarmee ook sy suster in Roemenië besoek.

Maar as jy oor 'n Roemeense visum beskik kan jy ook Bulgarye, Ciprus en Kroasië besoek. Dié 4 lande het 'n onderlinge ooreenkoms. Sodoende het ons in 2016 Bulgarye saam met ons kinders besoek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 13:34:41 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dankie vir die inligting Chris.  Ek aanvaar as hulle nie lid van die Europese Unie is nie, het hulle seker hulle eie geldeenheid. Aanvaar hulle dalk ook Euro's?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 15:13:34 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ja - hulle aanvaar Euro's, maar jy's reg, hulle gebruik die RON - sommer bekend as die Lei.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 16:37:07 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Roemenië en Dracula is sinoniem. Bram Stoker het die boek Dracula geskryf en 'n klein bietjie (baie amper) waarheid ingebou deurdat hy dit losweg baseer het op die lewe van Vlad the Impaler wat ook bekend gestaan het as Dracula. Ten spyte van die feit dat die verhaal mities is, het die Roemene besef dat hulle hiermee 'n groot toeriste-attraksie het. Stoker se verhaal speel af in Transilvanië, seker Roemenië se mooiste landstreek. En iemand het op 'n dag besluit dat die dorpie Bran, wat geleë is in die Carpathian Mountains in Transilvanië, sal Dracula se blyplek wees.

'n Ou kasteelagtige gebou in Bran is dan klaarblyklik Dracula se blyplek gewees. Nodeloos om te sê dat Bran vandag een van Roemenië se gewildste toerisme-bestemmings is. Ek plaas 'n paar foto's van Dracula se sogenaamde kasteel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 16:47:26 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Maar as Dracula en die mites daar rondom nie jou ding is nie, is die Bran-omgewing nog altyd die moeite werd om te besoek - net vir die natuurskoonheid van die omgewing. Die dorpie beskik oor pragtige geboue, en uiteraard omdat dit 'n toeriste-aantreklikheid is ook oor 'n menigte stalletjies wat enige kaggel-k@kkies verkoop. Maar jy kry ook dié wat die moeite werd is, soos wat Ralie besluit het t.o.v. die een ou tante se handgeborduurde lappies (wel dit is wat sy vertel het). Tot unieke karakters wat 'n ou potjie heuning of van sy heuningbier aan jou wil smous. Maar daar's darem ook die geleentheid om 'n koue goue te geniet by een van die vele klein restaurantjies.

En die beste is - dit is bekostigbaar vir ons Suid-Afrikaners.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2020 @ 22:37:21 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dankie vir die deel ook hier. Jy het darem maar 'n slag met woorde en met die kamera :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2020 @ 07:25:41 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Dankie vir die deel hiervan Chris. Baie interesant.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2020 @ 08:17:53 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Naby aan Bran, is die stad Brasov (uitgespreek: Bra-shof). Dit kan seker as die hoofsetel van Transilvanië beskou word. Dit is geleë in 'n besondere mooi omgewing, omring deur berge wat in die wintermaande spierwit gesneeu is. Met ons eerste besoek aan Roemenië in 2005 het ek my skootrekenaar se battery-herlaaikabel by die huis vergeet. Toe't ek en my skoonseun 'n rekenaarwinkel in Brasov gaan soek om so-iets te bekom. Dit het die geleentheid gebied om 'n bietjie in hierdie besondere mooi plek rond te loop. Hier het ek gesien dat die ouballies nét so lief is om in die parke en stadspleine 'n potjie skaak te speel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 09:01:07 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Bucharest, die hoofstad, is 'n bykans totale kontras met die plattelandse Roemenië. Dit is 'n moderne stad wat o.a. oor 'n moltreinstelsel beskik en waarna in sommige kringe as "Klein Parys" verwys word. In die tydperk van 13 jaar tussen ons eerste en laaste besoek, is dit ooglopend hoe die stads-owerhede grootskaalse pogings aangewend het om die ou kommunistiese kleed wat oor Bucharest gehang het, te verwyder deur 'n grootskaalse verfraaiings-poging. Bucharest beskik oor uitsonderlike mooi argitektuur.

Die destydse diktator, Nicolae Caeucescu, het ter wille van sy eie beeld, Bucharest se ontwikkeling (ten koste van die res van sy land) gedryf. Hy het die wêreld se naasgrootste gebou (wat grond-oppervlak aanbetref), naamlik die "Palace of Parliament" laat oprig - 'n indrukwekkende gebou. Dit is die swaarste gebou in die wêreld

Ons het tydens ons eerste besoek 'n begeleide toer binne die "Palace" onderneem. Dit is ongelooflik hoe egosentries Caeucescu was. In die ingangsportaal is twee stelle marmertrappe waarop hy en sy vrou, Elena, van weerskante sou afkom om belangrike besoekers aan Roemenië te ontvang. Volgens die gids moes die trappe drie keer oorgebou word sodat hulle, sonder om af te kyk na hul voete, met gemak die trappe kon afklim. Alhoewel ek nie foto's mog neem nie, het ek tog enkeles skelm geneem.

Roemenië se juk van kommunisme is afgeskud het toe dié diktator en sy vrou na 'n kort verhoor op Kersdag 1989 voor 'n vuurpeleton gesterf het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 09:08:46 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis interessant hoe Europese stedelinge en plattelanders se siening van hulle land verskil.  Toe ons die eerste keer Nederland toe gegaan het, het 'n baie goeie Nederlands-gebore vriendin ons byna verbied om Amsterdam te besoek, want volgen s haar was dit 'n regte Sodom en Gomorra.  Sy het in die ooste van die land grootgeword voordat sy as volwassene na ons land geïmigreer het.  Netso dink die stedelinge die plattelanders is ongesonftikeerde plaasjapies.  Dis ook nie eintlik anders hier by ons nie.  Ek kom nie graag in Johannesburg nie om verskeie redes, onder andere omdat ek onveilig daar voel.  Ons twee het beide op die Witwatersrand grootgeword maar is nou egte plattelanders.  My broer, wat in die stad agtergebrly het, dink ons bly amper op die plaas in Pietersburg.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 13:57:47 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 489
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Thanks again Chris, very interesting... makes one think about all the dictators/emporers/etc, etc who built such lavish buildings etc.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 15:41:48 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Fred - ja, ek is maar 'n plattelander deur en deur. Ek het in 'n ou klein dorpie, Tulbagh, grootgeword - en woon vandag ook in 'n klein dorpie (Kleinmond) wat nie eens oor 'n hoërskool beskik nie. En tussen-in het ek in groter dorpe, maar geensins stede nie, gewoon - Wellington, Oudtshoorn en Tzaneen. Ek kry die ritteltits as ek in ons stede kom. Ek vermy dit om Kaastad toe te ry. In my werkslewe, veral die laaste klompie jare, was ek bykans elke tweede week in Johannesburg - waar ek veronderstel was om te woon, maar geweier het om soontoe te trek. Ek was baie gereeld in Lusaka, Lilongwe, Blantyre, Nairobi, Dar es Salaam, Tunis ens. En ek het veiliger gevoel in enige van genoemde stede versus Johannesburg of Kaapstad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 16:05:39 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Die oorgrote meerderheid van Roemene is lidmate van die Roemeens Ortodokse Kerk. En dit is verstommend hoeveel Ortodokse kerkgebou in die land is. Elke klein dorpie beskik oor 'n kerk. Op pad na Bucharest sien jy soms van die grootpad af tot 5 of 6 kerkgeboue tegelykertyd. Sommige is indrukwekkende geboue, sommige kom verwaarloos voor.

Die klein Ortodokse kerkgeboutjie in die dorpie Piano Brasov is nogals besonders. Dit is geheel en al van hout gebou. Die meeste het egter 'n baie kenmerkende boustyl.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 17:17:18 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Dankie Chris geniet jou vertellinge oor Romenieë   Om te reis stimuleer ‘n mens se nuuskierigheid oor ‘n land en sy inwoners en verbreed ‘n mens se kennis en dit laat my met ‘n gevoel van heerlikheid om waar te neem   Ek wil graag Ierland toe gaan sodra omstandighede beter is 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 20:05:55 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ai Adele, Ierland is baie hoog op my wenslysie ook. Ons hoop om 2021 weer vir die kinders in Roemenië te gaan kuier (ons wou dit graag die afgelope Jul/Aug doen), maar wil baie graag nog 'n Europese land of twee ook daarby insluit. En Ierland is heel bo-aan die lys van potensiële lande om moontlik te besoek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 20:57:14 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Julle sal nie spyt wees nie. Die mense is ook baie vriendelik teenoor Suid Afrikaners.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 20:59:04 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

My wens lys is Auroras  Borealis maar dis vrek duur 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2020 @ 21:02:08 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Julle sal nie spyt wees nie. Die mense is ook baie vriendelik teenoor Suid Afrikaners.

Besig om bietjie navorsing oor Ierland te doen wil nie net Dublin en die stede besoek nie  Moontlikhede is om ‘n Mobile Home te huur en te toer 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 07:23:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Chris jy moet 'n "Travel Agent" word. Ek is sommer lus om vir die land te gaan kuier met al jou vertelinge.

Geniet dit.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 08:31:54 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Chris, ek geniet ook jou insette.

Ek was ook baie bevoorreg om 'n hele aantal lande oorsee te besoek - hoofsaaklik vir besigheid, maar het daarna die geleentheid gebruik om my vrou te laat oorkom (indien sy nie oorspronklik saam gegaan het nie) en dus so 2 weke in die land deur te bring as toeriste. Ek het in die oorgrote meederheid van die geleenthede, 'n motor gehuur en dan self deur die lande getoer - Duistaland, Swede, Spanje, Portugal, Frankryk, Italië ensovoorts. In Turkeye het ons egter 'n uitnemende reisagentskap gebruik.

Een ding wat my werklik opgeval het, was die oorwegende skoonheid van die strate. My mond het omtrent oopgehang toe ek 'n klompie tieners in Poland opgemerk het, wat jou werklik, omtrent 50 meter gestap het om lekkergoed papiere in 'n vullisdrom te plaas!!

Ook interessant dat 'n verkeerskonstabel in Oostenryk 'n boete uitgeskryf het vir 'n motoris omdat sy radio in die motor te hard was en hy dus rusverstoring veroorsaak het .... wonder hoe dit in Suid Afrika sou kon plaasvind. Ek self het 'n verkeerskaartjie in Italië gekry, omdat ek twee maal om dieselfde sirkel by die toring van Pisa gery het (foto's ingesluit!!!)  en daardeur 'n verkeersoortreding begaan het!! My verweer dat ek die eerste keer in die verkeerde baan was en dus na die buiteste baan wou beweeg het nie veel gehelp nie...... jy moet vooruit beplan!

Baie dankie weereens - dink ons moet plan maak om Roemenië te besoek. Veral die lewenskoste daar klink aantreklik vir ons pensioenarisse se beursies

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 09:53:08 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Nico - ek was ook bevoorreg om tydens my aktiewe loopbaan verskeie Europese bestemmings te besoek. Ek het nie altyd die besoeke in Afrika-lande as 'n voorreg beskou nie.

Ek het vir 'n Amerikaanse maatskappy gewerk wat oor die hele wêreld verteenwoordig was. Ons het onder die Europa/Afrika/Midde-Ooste streek resorteer. Ons het jaarliks 'n streekskonferensie iewers in Europa gehad (eenkeer was dit in Suid-Afrika). Ek het heelwat lande besoek, maar het inderwaarheid omtrent niks gesien nie. Ons is afgehaal by die lughawe, na die hotel vervoer en na 'n week se vergader (gewoonlik darem met 'n halfdag-toer in die middel van die week) het ons weer teruggekeer. Daar was ongelukkig nie geld om vir ma saam te neem nie.

Haar eerste oorsese besoek was toe ons vir die eerste keer in 2005 vir die kinders in Roemenië gaan kuier het. Ek het oor die jare baie punte op my BA Executive Club lidmaatskap opgebou en toe kon ons (behalwe vir lughawe-belasting) kosteloos via Londen na Roemenië vlieg. Met die terugkeer het ons vir 11 dae deur Engeland, Skotland en Wallis met 'n Avis-voertuig getoer - een van ons lekkerste vakansies ooit.

Sedertdien was ons al weer 5 keer saam in Roemenië. Ralie het in 2006 op haar eie gegaan met die geboorte van ons kleindogter en in 2008 het ek eenkeer alleen daar gekuier toe ek na een van ons streeksvergaderings (op die Italiaanse eiland Ischia) gou by die kinders gaan inloer het.

Ons praat gedurig daarvan om weer 'n slag 'n ander land of twee ook by ons Roemeense besoek in te sluit, maar het nog nooit weer sover gekom nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 15:04:02 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

In aansluiting by my inset i.v.m. die Roemeens Ortodokse kerkgeboue - hulle is baie trots op hulle "monastries". Selfs die Roemeense konsul-generaal in Kaapstad kon nie genoegsaam beklemtoon watter "monastries" op ons 'moet-doen' lysie moet wees nie. En ek moet sê dat sommige kloosters is werklik iets besonders om te sien. Sommiges is in die mees skilderagtige dele gebou.

Ek heg 'n foto of twee aan van enkele "monastries".

Op een van ons reise (tussen Brasov en Cluj) het ons 'n klein dorpie (Criţ - uitgespreek: Krietsh) verbygery. My skoonseun het dadelik die kerktoring opgelet wat meer soos ons tipiese Suid-Afrikaanse kerktorings lyk. Sy nuuskierigheid (as sendeling) was dadelik geprikkel en ons het afgedraai na die dorpie. Met navraag het 'n seuntjie vir ons gewys waar bly die opsigter (die groen huisie op die foto's). Die ou tantetjie was alte gretig om vir ons hulle kerk te gaan wys wat op daardie stadium net uit 8 lidmate bestaan het. Dit was in teenstelling met die meeste kerke 'n evangeliese ('evangelical) gemeente. Die dik mure om die kerk het as fort gedien toe die dorpie deur Hongare ingeval is. Ralie staan by die hek van die ringmuur.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 15:17:08 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Weinig van die klein Roemeense dorpies beskik oor lopende water. Putte is aan die orde van die dag. Oral langs die paaie is ook putte vir dorstige reisigers om hul dors te les. Ek sal maar moeilik van só 'n put se water drink - soms staan die "long drop" slegs enkele meters van 'n put af.

Op een van die putte wat ons langs die pad gekry het, staan die volgende woorde in Roemeens: "Wie hierdie beker en emmer steel, sal brand."

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 09:00:03 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Roemenië grens aan die ooste teen die Swartsee, waar ook Constanţa, die land se enigste hawestad, geleë is. Net noord van Constanţa is 'n see-vakansie "mekka" by name Mamaia. Wes-Europeërs stroom hiernatoe in die somermaande. Hotelle is van 'n redelik hoë standaard en akkommodasiekoste beloop baie goedkoper as plekke soos die Franse Riviera, Portugese Algarve of Spanje se Costas.

Met ons eerste besoek aan Roemenië het ons kinders gereken dat ons hierdie gedeelte van Roemenië ook beleef. Dit was tydens die hoogsomer van 2005. En het ons dit nie beleef nie!!

Dit was warm - amper onsmaaklik warm met 'n hoë humiditeit. Die strande was gepak met mense. Elke hotel het, afgesien van 'n private swembad vir inwonende gaste, ook sy eie privaat stand-gedeelte met sambrele en sonstoele. Restaurante, te kus en te keur, sit ingeryg langs die kus.

En wat vir my persoonlik baie mooi was, was die feit dat die dames besluit dat as die mans kan kaal-bolyf rondloop en swem, kan hulle dit ook mos doen. jy verkyk jou aan die mooi wat jou omring.

Kabelkarretjies wat bo-oor die hele strandfront gly, gee jou 'n idee van die omvang van Mamaia. Ons het in die Fantasy Beach Hotel tuisgegaan. Ag, vele dele van ons kuier daar was 'n "fantasy".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 09:46:03 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Interessant die modes!  Ek het familie-vakansiefoto's gesien waar die mans 'eenstuk' baaikontuums gedra het met broekspype tot amper op die knie wat bolyf ook bedek en met met kort moue.  Die dames was nog meer bedek.  Toe kom die speedo's vir mans en nou dra ek weer 'n swembroek met langerige bene en 'n swemhempie sodat ek amper soos my oupa lyk!  Ek dra dit egter vir die son en nie uit beskeidenheid nie.  Gelukkig keer die dames darem nie terug na sulke retro- swemklere nie!wink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 14:49:56 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Sighişoara is een van Transilvanië se gewildste toeriste-bestemmings. Die ou stad, wat min of meer uit die middeleeue dateer, word nog omring deur die oorspronklike ou stadsmuur en is 'n Wêrelderfenis-gebied.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 15:13:22 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Pragtig- ware skilderye!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 16:56:24 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Sinaia is geleë in een van Roemenië se mees skouspelagtige areas in die Carpathian Mountains (ek weet nie of Karpatiese Berge die korrekte vertaling is nie). Die dorpie self is skilderagtig mooi en die omliggende berge huisves van Roemenië se gewildste ski-hellings. Sekerlik die bekendste toeriste-aantreklikheid in die dorp is die Peles Kasteel - die eertydse somerwoning van Koning Carol 1 (toe Roemenië nog 'n monargie gehad het).

Dit was in die hartjie van die somer toe ons daar was en met die kabelkar tot by die ski-hellings gegaan het. Ek moet toegee - ek het nie heeltemal veilig in die kabelkar gevoel nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 17:07:51 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek was verstom oor die wyse waarop daar met bye in Roemenië geboer word. Die byeboer ry met sy vragmotor, waarop die korwe permanent is, agter geskikte voeding vir sy bye aan. Agter op die vragmotor het hy 'n klein verwerkingshokkie waar hy sy heuning uitswaai en verpak. Meeste van die tyd sleep hy n karavaan saam, maar soms is die hokkie agter op die vragmotor sommer sy slaapkwartiere ook. Soms verkoop hy sommer van sy produkte langs die pad. Die een foto wys "Miere" - die Roemeense woord vir 'heuning' (uitgespreek: mie-jê -rê).

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 17:13:37 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Met die wa langs die canolaland aanvaar ek die bye oes seker maar canalo nektar.  Dis  die aakligste heuning wat ek nog geproe het.  Dit ruik ook sleg en dit kristalliseer amper onmiddelik. Gee my maar die Kaapse Fynbos of bloekomheuning.

Maar dis 'n heel interessante manier om die ding te doen en die boere baat ook grootliks daarby. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 17:19:50 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Met die wa langs die canolaland aanvaar ek die bye oes seker maar canalo nektar.  Dis  die aakligste heuning wat ek nog geproe het.  Dit ruik ook sleg en dit kristalliseer amper onmiddelik. Gee my maar die Kaapse Fynbos of bloekomheuning.

Maar dis 'n heel interessante manier om die ding te doen en die boere baat ook grootliks daarby. 

'n Vriend van my seun is 'n byeboer in Grabouw. Hy is maar grootliks afhanklik van die inkomste wat hy verdien met bestuiwing van sy byekorwe wat hy aan boere verskaf - hetsy appel, sitrus, uiesaad, canola ens. Ek het dit nooit geweet nie, maar hy het onlangs aan my vertel watter aaklige heuning canola lewer.

Hy gee graag vir my vrou van sy lemoenheuning wanneer hy sy korwe van Citrusdal af terugbring. Ekself is nie lief vir daardie 'jam' wat dié vlieë poep nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 21:54:32 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 489
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Thanks Chris, interesting architecture, plenty of history. Those buildings were built to last.

Bees on the move. Need to make sure they are all 'home' before moving. 

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 07:10:37 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Nee man Chris, hulle 'poep' dit nie!laughing Wat van wyn waar jy  drink wat die bakterië werklik 'pie'?frown

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 07:22:44 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Canola heuning so terloops, is wit van kleur en nie skakerings van geel tot bruin soos ander heunings nie,  so dis baie maklik om dit uit te ken en te vermy.  Dit is nie onbruikbaar nie en heeltemal goed vir kookdoeleindes en die maak van lekkers, maar nie om skoon te geniet nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 07:39:37 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Nee man Chris, hulle 'poep' dit nie!laughing Wat van wyn waar jy  drink wat die bakterië werklik 'pie'?frown

Jissie, maar daai wynbakterieë pie darem lekker hoor. Mag hulle piepie nooit opraak nie.

Wie of wat's die ou wat na bye verwys het as "daai groot vlieë wat die 'jam' poep"?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za