As daar van julle manne is wat n lekker oornag-staanplek soek op die N12, voordat julle miskien suid op pad is en by die Karoo-park wil aangaan, moenie die Kambro-camp 20km noord van Britstown vergeet nie. Pragtige geriewe, heerlike eetplek met wegneem springbok-pasteie. Die chalets is ook luuks en tot jou vuurmaak-hout is vir jou gepak, Blitz en vuurhoutjies ingesluit.
Dankie, sal hulle in my toer boek skryf.
Jip, lekker daar gestaan.
Ek het nog nooit by Kambro met die woonwa oorgestaan nie, maar verskeie kere reeds in die chalets oorgebly. Ek kan maar net onderskryf wat Danie hierbo skryf. Wilma Strauss, die eienaar, bedryf 'n uitstekende akkommodasie-fasiliteit en padstal. Al bly ons nie daar oor nie, is dit vir ons 'n standaard stilhouplek as ons met die N12 ry.
nota gemaak dankie
Kambro het netjiese kampeerplekke en uitstekende ablusie-fasiliteite.
By die padstal verkoop hulle 'n verskeidenheid produkte, maar iets wat ongewoon is, is die saadjies van die mees oorheersende plant - soos wat die foto's aandui. Hulle verkoop die saadjies in pakkies. En die beste van alles is - daar is f@&8@l saadjies in die pakkies.
Lekker gelag vir die saadjies Chris. Ai hoe verlang ek nou weer stukke-lank.