n Vraag vir julle stoere karavaan-manne : Sal jy oorweeg om 'n motorhome te koop? Dalk is die vraag al gevra, ek moes dit dan gemis het.
Ek kyk ook na die watertand Tour de France en dan sien ek die hordes motorhomes wat langs die pad staan. En wanneer ons in SA toer sien ek ook baie van die mooi waens. Ek kan aan 'n klooomp lekker voordele dink waarom ek ook na 'n motorhome moet oorskakel, spesifiek 'n off roader, soos die Iveco. Ek kan aan lekker voordele dink, soos om maklik te parkeer en te kuier, viral wanneer dit reën. Lekker ietsie eet terwyl jy diere kyk.
Ek kan ook dink aan die nadele. Jy is vasgekoppel aan jou ry-ding, jy verloor jou staanplek in die park wanneer jy uitry. Om gou winkel toe te ry is 'n omslommernis. Ensovoorts.
Wat sê jule manne, en girls? Is dit 'n iets wat 'n man kan oorweeg, viral wanneer hy oue-tehuis se kant toe staan?
Dit was al baie holrug gery, soos jy self sê,
N mes met twee sny kante.
Ek self hou baie van 'n Motorhome maar dis net hy pas nie by my kamp styl nie. Hulle uitleg en afwerking is pragtig.
Ek sou dink dat as jou primere doel toer is en slaap net waar jy ookal die aand aan kom is dit die ideale ry tuig om te he. Dan spandeer jy meeste van jou tyd op die pad.
Maar oorstaan op een plek vir 'n paar dae dan soek ek iets meer as net die voertuig en awning wat hy bied.
Die voertuig is groot en hoog. Parkering van sulke voertuie by inkopie sentrums is 90% van die tyd beperk en moet jy elders parkering soek wanneer jy inkopies moet gaan doen.
Dan in ons lieflike land is so voertuig die ideale ding om by in te breek as hy sonder toesig iewers staan. Dan moet jy ook onthou alles behalwe jou beursie is eintlik dan in daai voertuig. Neem as voorbeeld jy besoek "God's Window" in die Laeveld. As die mense wat daar stap so beroof word wat nog van jou Motorhome wat sonder toesig in die parkeer area staan.
Ja hulle kan in jou kar ook inbreek maar daar is meer in 'n Motorhome om van te plunder.
Vir my is dit dus maar die omstandighede in SA wat 'n Motorhome so effe onprakties maak. Dis maar hoe ek dit sien.
Ek luister graag na ander se sienings

Dink nie daar is n verskil met my siening teenoor wat jy voel.
Ek stem heelhartig saam met Leon se seining.
Om die problem van inbrake by sentrums ens. te voorkom, moet jy maar 'n kleinerige motor agter die ryhuis sleep, iets soos 'n Jimny.
Het 2 ryhuise sien staan hier by 'n gebruikte motorhandelaar in Centurion. Die een 'n Merc en die ander 'n Unimog. Laasgenoemde het baie vining verkoop.
Motorhome is nice maar jy is gebonde as jy vining iets wil koop en jy moet ry moet jy maar n voertuig agter motorhome saam sleep , soos genome parkering , spasie kan n problem raak caravan het net meer voordele vir my maar wat ek van hou hou die volgende ou nie doen jou huiswerk en maak dan jou besluit Dansen
Towing a small car defeats the object of driving a motorhome, you may as well have a car or bakkie and tow a caravan. At least the caravan can be left on camp site with awning erected whilest you use the bakkie for shopping.
All the other advantages and disadvantages still apply as mentioned previously. Nice if you are doing 1 night stop overs.
Wat is vroutjie se sienswyse? Hoe vergelyk die aankoopprys tussen die 2 moontlikhede?n Bestaande sleepvoertuig of moet daar nog een aangekoop word.Sterkte met u besluit.
Towing a small car defeats the object of driving a motorhome, you may as well have a car or bakkie and tow a caravan. At least the caravan can be left on camp site with awning erected whilest you use the bakkie for shopping.
All the other advantages and disadvantages still apply as mentioned previously. Nice if you are doing 1 night stop overs.
My way of thinking as well. If you need to tow a small car you can just as well tow a caravan and then the rest of the possible issues are resolved in any case.
And then again to compare the luxury and space I have in my caravan with that of a Motorhome. The Motorhome will have to be a bit bigger than the average one found in SA. This makes the issues mentioned even bigger.
Hulle lyk steeds baie mooi aan die binnekant maak nie fout nie.
Motorhomes is nie vir Afrika nie, hulle is te groot en te stadig en jy moet elke dag oppak en vannaand n ander staanplek soek.....maar weereens pas dit my ook want die motorhomes kan nie gaan waar ons gaan nie ....
Hy sal pas by my onder die afdak, maar nog steeds die ryding wat agter saam moet kom.
Nog brandstof en dienste vir twee enjins.
Die nadele van 'n selfaangedrewe karavaan is hierbo uiteengesit. Niamand het egter die voordele genoem nie. Ek dink daar is eintlik maar min hiervan. Dit klink vir my baie oulik dat jy in 'n groot voertuig rondry waarin jy selfs kan rondstap of of die bed gaan lê terwyl daar gery word as jy die tweede persoon is. Maar ek dink dis gevaarlik-ek sou beslis steeds in 'n sitplek sit met die veiligheidsgordel vas. En sommige van hulle is werklik mooi van buite, maar ook nie juis die kleiner modelle nie want hulle lyk vir my maar lomp en onindrukwekkend. Die selfaangedrewe eenheid het dalk ook 'n groter dravermoë as 'n karavaan, maar of dit werklik 'n voordeel is, is ek nie seker nie- waar is die spasie? Ek kan nie aan enige ander oënskynlike voordele dink nie.
Van die reuse Amerikaanse eenheide is iets heeltemal anders en ook bedoel vir heeltemal ander gebruik. Dit is meestal permanente huise vir die eienaars wat tog verskuifbaar is agter die gewenste klimaat of na die kinders. Van hulle het uitskuifkante sodat hulle vertrekke het so groot soos 'n woonstel s'n. Maar hulle kos meer as 'n gemiddelde huis in ons land, die dat ons nie van hulle hier sien nie. Van die goedkoper Amerikaanse modelle is ook werklik lelik en lyk vir my baie na 'n aangetimmerde bus.
Daar is net een rede waaraan ek kan dink waarom ek soms 'n "motorhome" sal geniet - en dit is wanneer ek in die wildtuin by 'n lekker plekkie kan stilhou en lekker rustig kan verkeer. Ek kan sit, lê, staan, binne rondloop en piepie in my Porta Potti indien die nood druk. Maar andersins kan ek vir my eie behoeftes aan geen ander voordele dink nie.
Iemand moet 'n "Motorhomes for Hire" besigheid in al die dorpe om die Kruger wildtuin en ander parke oop maak. Dis hier waar die Motorhome die beste werk. Deurgaans ry en stop ry en stop.
Ek dink maar dis die manier van kamp en langer op 'n plek bly wat die Motorhome minder gepas maak vir die SA kamp omgewing.
Ek vermoed die meeste motorhomes wat ons op paaie en in parke sien, is eenhede wat deur oorsese besoekers gehuur word. Vir hulle omstandighede is dit waarskynlik baie prakties: verblyf en vervoer ineen. Om 'n sleepvoertuig plus 'n karavaan te huur is minder prakties vir sulke mense wat moontlik ook geen ondervinding het van sleep nie. Ek weet ook van 'n paar dokters hier in ons stad wat so 'n paar jaar gelede gesamentlik 'n motorhome in Duitsland besit het en dan beurte gemaak het om hom daar te gaan gebruik. Ek het ook gehoor die verhuringsmaatskappye gebruik die eenhede net vir 'n sekere tyd of afstand, diens hulle dan vollediog en bied hulle dan te koop aan. Dis waarskynlik waar meeste Suid-Afrikaaanse eienaars hulle motorhomes kry. Ek het al baie sulke huur-eenhede in parke gesien, maar ek kan nie onthou dat ek nog ooit 'n gehuurde karavaan gesien het nie. Hulle sal tog seker ook die kentekens van die maatskappy op hê soos die motorhomes.
Dit hang af. Nie almal dink op dieselfde manier aan hoe om vakanisie te hou / te kamp nie. Dit gaan verder as net die kamp gedeelte vir mense met campers. Het al mense gesien vroeg die pad vat in die KNP en net voor die hekke toemaak weer terug in die kamp. Hulle los hulle stoele en slaan twee paalties in die grond en span van die rooi en wit plastiek band tussen die paalties met n bordjie wat se "Camper" sodat niemand hul staanplek vat nie.
My vrou se broer het so kamper gehad voordat hulle New Zeland toe is. Hulle verkies dit om dit eeeextra staaaaaadig en rustig te vat. Hulle verkies / het gesien mense met campers sit vir ure by n watergat en voels kyk terwyl hulle vir die wild wag om na hulle toe te kom (eerder as om die heeldag te ry agter wild aan). Van hulle het selfs plakkers op wat se "bird watching please pass" Dit beteken hul kom nie by ander kampe uit vir ure om n koue een te koop of die badkamer te besoek nie. Die camper het n toilet, yskas en stoof wat in daardie behoeftes voorsien.
Met ons vorige sleepvoertuig, 'n Kombi, het ons maar netso gemaak- porta pottie inkluis. Ons het ook sommer in die Kombi koffie gemaak en geëet ook. Die koues is nie juis vir ons belangrik nie, maar dit kan ook gemaklik koud gehou word. Met die Kuga is al hierdie meer moontlik nie. Man, ek mis my Kombi!
Verlede week in Swadini het twee motorhomes regoor my gestaan met altwee bejaarde mense. In my gesprekke met hulle is hulle eens dat hulle die karavaan lewe moes vaarwel roep en die motorhome roete gaan. Nou is dit makliker om kamp op te sit want jy parkeer basies net en hulle kan nog steeds die kamplewe geniet.
Nou kamp hulle ook meer gereeld want as hulle nie naby ablusieblok kan plek kry nie pla die vêr loop nie want hullle het al die geriewe in motorhome en die een tante het juis swaar geloop.
Nee wat motorhome is beslis my voorland.
Verstaan Leon se bekommernis oor inbrake by winkelsentrums maar nog elke keer dat ons op vakansie gaan koop ons voorraad aan by die naaste dorp aan ons kampplek. Dan parkeer ek karavaan ook maar en was sovêr nog gelukkig en geen inbrake nie.
Maar gelukkig het almal keuses en voorkeure.
Daar is net een rede waaraan ek kan dink waarom ek soms 'n "motorhome" sal geniet - en dit is wanneer ek in die wildtuin by 'n lekker plekkie kan stilhou en lekker rustig kan verkeer. Ek kan sit, lê, staan, binne rondloop en piepie in my Porta Potti indien die nood druk. Maar andersins kan ek vir my eie behoeftes aan geen ander voordele dink nie.
Ookal gedink dit moet heerlik wees om daai motorhome by n watergat te parkeer en sommer rustig n ontbyt in jou MH maak terwyl jy die veld geniet.....sommer so n uiltjie knip in jou "sitkamer"
Verlede week in Swadini het twee motorhomes regoor my gestaan met altwee bejaarde mense. In my gesprekke met hulle is hulle eens dat hulle die karavaan lewe moes vaarwel roep en die motorhome roete gaan. Nou is dit makliker om kamp op te sit want jy parkeer basies net en hulle kan nog steeds die kamplewe geniet.
Nou kamp hulle ook meer gereeld want as hulle nie naby ablusieblok kan plek kry nie pla die vêr loop nie want hullle het al die geriewe in motorhome en die een tante het juis swaar geloop.
Nee wat motorhome is beslis my voorland.
Verstaan Leon se bekommernis oor inbrake by winkelsentrums maar nog elke keer dat ons op vakansie gaan koop ons voorraad aan by die naaste dorp aan ons kampplek. Dan parkeer ek karavaan ook maar en was sovêr nog gelukkig en geen inbrake nie.
Maar gelukkig het almal keuses en voorkeure.
Mens behoort okay by winkels te wees as een van die partye by die wa bly terwyl ander een inkopies doen
Juis hierdie naweek weer twee motorhomes op Kusweg gesien staan, gekyk na een van daai mooi sonsakke. Die twee couples het heerlik binne-in een gesit en n drankie geniet. (Geen drank op die strand toegelaat) Dit het die pendulam ten gunste van motorhome weer lekker anderkant toe laat swaai.
Miskien moet ek maar iets verkoop ..........
Ek kan insien dat 'n ryhuis (oulike naam wat iemand hierbo uitgedink het) groot voordele vir bejaardes kan hê. Ons is nog nie heeltemal daar nie, en vir die voorsienbare toekoms bly ons maar by ons karavaantjie.
Fred het geskryf:
Ek vermoed die meeste motorhomes wat ons op paaie en in parke sien, is eenhede wat deur oorsese besoekers gehuur word.
Het ek die volgende al hier vertel? Indien wel, dan vra ek verskoning (die ou geheue raak maar kort).
In 1999 kamp ons vir die eerste 4 nagte van November in Berg-en-Dal (Krugerwildtuin). Dit was onsmaaklik warm (in die dae voordat ons 'n lugreëlaar in die karavaan gehad het). En saans kon jy nie waag om 'n lig aan te skakel buite by jou braai nie - die afskuwelikste en grillerigste goggas het rondgevlieg. Dus sit ons maar buite in die donker en kuier om 'n bietjie koelte en lafenis te beleef.
Die een aand trek 'n ryhuis oorkant ons in met twee oorsese besoekers (wat later Duits-sprekendes geblyk het te wees). Die man het ook buite gaan sit, maar die vrou (baie mooi) het binne die ryhuis gebly. Maar sy't ook warm gekry en besluit die beste is om alle klere te laat waai behalwe haar broekie ("panty"). En met geen inhibisies nie het sy binne hulle ryhuis (met n groot agter-ruit) en ligte aangeskakel in haar bykans volle evas-gewaad geparadeer. En was sy nie pragtig bedeeld nie!! My vrou kon my nie wegkry van waar ek hierdie mooi "show" gesit en kyk het nie.
Die volgende oggend het ons hulle in die winkel gesien. Die versoeking was groot om hulle te versoek om daardie aand weer regoor ons te kom staan met hulle ryhuis.
Absolute waarde vir geld gewees!! Sedertdien het Berg-En-Dal 'n besonderse sagte plekkie in my hart. Lekker gekamp daar.
'n Voordeel van 'n ryhuis waaraan ons nie gedink het nie!
Glo dat die pragtige uitsig n blywende indruk gemaak het ten gunste van die ryhuis.
Het dit ook beleef by Sondela. N Subaru met Diplomaat no. plaat. Twee jong mense kamp in n klein tent. Geen plek binne die tent om uit en aan te trek nie. Geen probleem, het sommer so laangs die tent onslae geraak van haar klere om n twee stuk baaibroek aan te trek.
Die Europese sien dinge anders as ons. Ons het in Weene, Oostenryk gesien hoe lê talle sonbaaiers bostukloos oor die etenspouse in 'n openbare parkie langs die Donau rond. Pragtige gesig, ek meen natuurlik nou die parkie! Ek kan nie onthou of daar ook mans was nie- het nie juis opgelet nie.

Laat my dink aan ons eerste besoek aan ons kinders in Roemenië. Ons was saam met hulle langs die Swartsee by 'n vakansie-oord, Mamaia. Dit is baie gewild onder die Wes-Europeërs wat 'n seevakansie wil kom hou. Baie goedkoper as die Franse Riviera - en mooi met fantastiese weer.
Daar't ek gesien dat die Wes-Europese vrouens (meestal Duitsers) hou nie van bostukke as hulle by die see is nie. Ek plaas 'n paar foto's - maar nie van genoemde vroue nie. Net-nou word ek verban vanaf die forum.
Nie goed vir 'n ouman se hart nie - of dalk is dit juis goed.
Nou waarom nie fotos van die dames nie? Ons wil tog ook sien hoe die Roemeense Riviera in al sy aspekte lyk! Jy kan tog nie oor vakansiefotos in die ban gedoen word nie, of hoe?
Wat vir my onmiddelik opvallend is is hoe georganiseerd dit daar is (of lyk). Dit lyk soos die weermag wat ek geken het. Kyk hoe presies in n ry is die gras afdakke byvoorbeeld, so baie mense, maar hulle vertrap mekaar nie.
Dis natuurlik vooraf opgeslane sambrele waarvoor jy huur vir die dag betaal. Ek wonder of verdere baaiers weggewys word as die beskikbare plekke almal beset is.
Steel hulle daar...... ?
Ek sal 'n nuwe draad oor Roemenië begin - ten einde hierdie draad nie verder te kaap nie. In die September-uitgawe is daar juis 'n artikel oor Roemenië - 'n relatief onbekende toerisme-bestemming vir Suid-Afrikaners.