English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 608
Total Replies: 253 852
Total Views: 83 282 620
topics: 11 622
replies: 139 871
views: 39 361 093
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

KNP - Hoeveel dae staan julle per kamp?

replies: 30
views: 365
15 Jun 2020 @ 08:24:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17520
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Julle kampeerders wat paar kampe besoek tydens n enkele KNP trip.....hoeveel dae staan julle per kamp voordat julle aanbeweeg na volgende een?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 08:46:09 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1209
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Geert, normaalweg hoogstens 5 dae.  Dan is mens uitgekuier in die omgewing en dan soek ons nuwe velde om te besigtig.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 08:53:22 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Toe ons vir 'n maand gedurende 2010 in Kruger gekamp het, het ons ook gemiddeld 5 dae per kamp vertoef.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 10:17:07 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1312
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Dit hang af van kamp tot kamp - hoe ek die kamp self of die omgewing ervaar. Verlede jaar was ons byvoorbeeld 8 nagte in Punda, 10 in Shingwedzi, 7 elk in Tsendze, Letaba en Satara en 5 in Maroela.

Vir volgende Mei is ons vir 6 nagte elk in Punda, Shingwedzi en Satara bespreek. Maar 9 nagte in Tzendze - ons gunsteling. Dan is ek tans nog slegs vir 2 nagte (30 & 31 Mei) in Onder-Sabie bespreek, maar hoop om teen 22 Julie (wanneer die besprekings vir Junie 2021 oopmaak) nog 'n verdere 6 nagte (m.a.w. 'n totaal van 8) in Onder-Sabie te bekom.

Maar gemiddeld staan ons vir sowat 7 nagte per kamp. Wat ek daarvan hou, is dat ek dan poog om byvoorbeeld elke Maandag (selfs Dinsdae, Woensdae en Donderdae) te skuif. My rede daarvoor is om verskuiwing oor naweke te vermy. Kom jy enigsins 'n bietjie laterig by jou volgende bestemming aan, is daar die kans dat naweekgangers wat naby die wildtuin woon, reeds die beste staanplekke opgeneem het.

Daarom het ek ook vir my 'n maksimum limiet van 125km (verkieslik korter) tussen my vertrek-kamp en my volgende bestemming geplaas. Ek ry baie stadig in die wildtuin - maksimum 30 kph. As ek dus langer afstande ry, neem dit my te lank en staan ek 'n minder goeie kans om 'n lekkerder staanplek te kry. Ek poog (waar moontlik) om nie later as 11:00 by my volgende kamp te arriveer nie - verkieslik vroeër.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 10:57:14 am

Ek hoor wat jy sê oor die naweek gangers. My bespreking begin op n Saterdag....miskien is dit dan beter om Vrydag ook te neem en dan baie vroeg in te gaan....naweek gangers van omgewing kom seker eers die middag in?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 11:35:51 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9891
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dit hang af van kamp tot kamp - hoe ek die kamp self of die omgewing ervaar. Verlede jaar was ons byvoorbeeld 8 nagte in Punda, 10 in Shingwedzi, 7 elk in Tsendze, Letaba en Satara en 5 in Maroela.

Vir volgende Mei is ons vir 6 nagte elk in Punda, Shingwedzi en Satara bespreek. Maar 9 nagte in Tzendze - ons gunsteling. Dan is ek tans nog slegs vir 2 nagte (30 & 31 Mei) in Onder-Sabie bespreek, maar hoop om teen 22 Julie (wanneer die besprekings vir Junie 2021 oopmaak) nog 'n verdere 6 nagte (m.a.w. 'n totaal van 8) in Onder-Sabie te bekom.

Maar gemiddeld staan ons vir sowat 7 nagte per kamp. Wat ek daarvan hou, is dat ek dan poog om byvoorbeeld elke Maandag (selfs Dinsdae, Woensdae en Donderdae) te skuif. My rede daarvoor is om verskuiwing oor naweke te vermy. Kom jy enigsins 'n bietjie laterig by jou volgende bestemming aan, is daar die kans dat naweekgangers wat naby die wildtuin woon, reeds die beste staanplekke opgeneem het.

Daarom het ek ook vir my 'n maksimum limiet van 125km (verkieslik korter) tussen my vertrek-kamp en my volgende bestemming geplaas. Ek ry baie stadig in die wildtuin - maksimum 30 kph. As ek dus langer afstande ry, neem dit my te lank en staan ek 'n minder goeie kans om 'n lekkerder staanplek te kry. Ek poog (waar moontlik) om nie later as 11:00 by my volgende kamp te arriveer nie - verkieslik vroeër.

Ons het him ook so gewerk, nie oor naweek ingegaan nie, self op n Maandag by Letaba in gekom van Phalaborwa af waar ons die naweek gestaan het by die hek.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 12:59:31 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1073
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Votive jare  het ons tussen  drie en vyf aande gestaan, maar nou probeer ons ten minste vyf of sewe aande staan. Probeer om vroeg op ‘n vrydagoggend by die kamp aan te kom - na my mening het jy dan die beste kaans om lekker staanplek te kry. Ons is Mei/Junie volgende jaar sewe aande Punda, sewe aand Shingwedzi en vyf aande Balule (hoop my solar sisteem hou)

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 13:57:04 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3554
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons staan gewoonlik vyf aande in totaal en dan kom ons huistoe.  Ons staan ook net in een kamp.  'n Mens raak rustig in die wildtuin en dit is net te veel van 'n ontwrigting van ons rus om te verskuif.  Ons vind ook geen rede om soveel as moontlik van die wildtuin met een besoek te sien nie, daar is altyd 'n volgende keer en elke deel van die plek bied genoeg om te sien.  Ons ry ook nie lang afstande per dag nie.  Soms is ons gelukkig en kry ons 'n trop olifante of ander interessante diere wat wei, en dan parkeer ons en hou hulle dop tot hulle skuif of tot ons verveeld raak, wat nie juis gebeur nie.  Dis ook lekker om dan sommer ook 'n klein piekniek in die voertuig te hou.

Ek moet ook net byvoeg dat ons nie sommer in die suidelike kampe staan nie, hulle is net te besig on rustig te raak en so ook die paaie in hulle,omgewing.  Ek dan is meeste paaie in die suide ook geteer wat afbreuk doen aan die gevoel van in die natuur wees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 14:23:29 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ons gebruik is om 5 aande per kamp by 6 kampe te kampeer.  Die koste vanaf die Kaap tot in die Wildtuin is net te veel om korter as 'n maand daar te wees.  Die ouderdom stap aan maar ek kry dit nog redelik gemaklik reg om binne een maand vyf keer my rally op en af te slaan.  Vorentoe kan dit dalk lol en ek sal die aantal kampe 'n bietjie moet inkort, maar 'n maand se kuier daar sal dit bly !

Ons verkies ook die meer noordelike kampe, maar sluit tog een of twee suidelike kampe in tydens elke besoek.  Daar is egter geen vaste reël nie en ons pas by omstandighede aan.  Ons het byvoorbeeld in 2017 vir 12 dae net by Skukuza gestaan en dit was hemels.  Ons drie kinders, hulle gesinne met hulle eie karavane het saam gekamp.  Dit was 'n wonderlike voorreg en die 12 dae, net by Skukuza en dit nogal in die Julie-skoolvakansie, het geensins gepla nie  -  ons ingesteldheid was seker maar in die kol !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 16:07:57 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Geert due to pensioner discount, during our retirement tour we stood for 12 nights (Sunday to Thursday) when entering or leaving the park or leaving a more expensive stand (Shingwedzi fence). When we were staying in the park 14 nights, each moving on a Sunday, which worked for us. Crocodile Bridge was only 5 nights on our way out. I always left as early as possible arriving at the next camp before most of the new arrivals. Worked other than Crocodile Bridge where my targeted site was occupied with no one around. They returned, packed up in 10 minutes and left at 11h00 sharp.

We did not drive each day. Never got bored of a camp and never in a hurry to move.

All the stays more than 5 nights we set up full tent. 5 nights we only put up tent roof, alla a rally. 3 night stay unpacked tipper next to van and covered as best as I could. (emptied for shopping) 

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 17:50:41 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2247
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons staan ook so 4-5 nagte by 'n kamp. Begin gewoonlik noord by Punda en werk dan af na Satara/Maroela en Laer Sabie vir die laaste paar dae om dan nader aan die huis te wees vir die terugtog. 

Vermy gewoonlik Letaba want alhoewel dit 'n pragtige kamp is verkies ons Maroela of Satara.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 12:48:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17520
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons staan ook so 4-5 nagte by 'n kamp. Begin gewoonlik noord by Punda en werk dan af na Satara/Maroela en Laer Sabie vir die laaste paar dae om dan nader aan die huis te wees vir die terugtog. 

Vermy gewoonlik Letaba want alhoewel dit 'n pragtige kamp is verkies ons Maroela of Satara.

Watter kamp is jou keuse....Satara of Maroela?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 13:21:52 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1312
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Die vraag is aan Jan gerig, maar ek gee graag ook my opinie oor die twee genoemde kampe.

Maroela is 'n lekkerder kampie om in te kamp - netjieser ablusies en meer boomryk. Maar jy is baie beperk t.o.v. roetes om te ry - veral vir 'n ou soos ek wat kort ritte doen.

Satara het een van die 'simpelste' kampeerterreine. Maar dit bied 'n wye verskeidenheid van moontlike roetes om te ry - en baie goeie wildbesigtiging. Ek hou maar moeilik verby Satara.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 13:30:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17520
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die vraag is aan Jan gerig, maar ek gee graag ook my opinie oor die twee genoemde kampe.

Maroela is 'n lekkerder kampie om in te kamp - netjieser ablusies en meer boomryk. Maar jy is baie beperk t.o.v. roetes om te ry - veral vir 'n ou soos ek wat kort ritte doen.

Satara het een van die 'simpelste' kampeerterreine. Maar dit bied 'n wye verskeidenheid van moontlike roetes om te ry - en baie goeie wildbesigtiging. Ek hou maar moeilik verby Satara.

Baie dankie, dieselfde rede hoekom ons gewoonlik Lower Sabie in die suide verkies.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 14:28:57 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1312
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Baie dankie, dieselfde rede hoekom ons gewoonlik Lower Sabie in die suide verkies.

Onder-Sabie is ook een van my gunsteling-areas t.o.v. wild-waarnemings, maar nie een van my gunsteling kampe as kampeerder nie. Die kampeerterrein is netjies, maar die ou wat verantwoordelik was vir die uitleg daarvan het seker nooit in sy lewe self gekamp nie - onpraktiese klein kampeerplekkies. En die ablusies, veral die storte, is van die swaks-beplande wat ek nog teengekom het. Maar tog kamp ek nog gereeld daar - reeds vir volgende Mei weer bespreek.

Wanneer ons op 'n kort wildtuin-besoek is (en nie kamp nie) bly ek graag in Onder-Sabie se chalet-akkommodasie. Dit is uiters netjies. Daar sit jy lekker op jou stoep en uitkyk oor die opgedamde Sabierivier wat groot getalle wild lok.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 14:34:59 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9891
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Met al julle fotos en geselsies verlang ek darm nou erg Na die wildtuin.

Sal 2019 bespreek vir 2022 vir n maand se kuier daar.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 14:38:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17520
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Met al julle fotos en geselsies verlang ek darm nou erg Na die wildtuin.

Sal 2019 bespreek vir 2022 vir n maand se kuier daar.

Jy het mos gewoonlik Augustes maande daar gekuier?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 14:56:20 pm
Maurits
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 85
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 50 years

Chris, Hoe kry jy dit reg om so lank by Tzendze te kamp met jou karavaan? Ek het laasjaar ook daar gekamp maar kon ongelukkig net drie dae staan omdat ek net n battery vir ligte het en nie die vrieskas koud sou hou nie! Ek ry met n Gypsey Romany wat ongelukkig nie ingerig is om so lank sonder krag te funksioneer nie. Omdat Thendze ook een van my gunsteling kampe is ,wil ek weer n draai daar gaan maak.  Ek het al gedink om n klein paneel te kry om dit beter te maak. Ek wil egter nie baie verander nie aangesien ek meestal kamp waar krag is. Groete. Maurits. Sandbaai

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 15:16:55 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2247
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Chris, as hulle Letaba se kampterrein met  Satara kan ruil sal dit vir my een van die beste kampe wees. Daar is soveel paaie om te ry by Satara en wild is altyd volop veral leeus. Satara se kamp is gerieflik vir wild besigtiging, so sal hom kies.

Mis ook nie Satara nie maar staan ook so 2-3 nagte by Maroela vir redes soos jy genoem het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 16:02:26 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17520
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Onder-Sabie is ook een van my gunsteling-areas t.o.v. wild-waarnemings, maar nie een van my gunsteling kampe as kampeerder nie. Die kampeerterrein is netjies, maar die ou wat verantwoordelik was vir die uitleg daarvan het seker nooit in sy lewe self gekamp nie - onpraktiese klein kampeerplekkies. En die ablusies, veral die storte, is van die swaks-beplande wat ek nog teengekom het. Maar tog kamp ek nog gereeld daar - reeds vir volgende Mei weer bespreek.

Wanneer ons op 'n kort wildtuin-besoek is (en nie kamp nie) bly ek graag in Onder-Sabie se chalet-akkommodasie. Dit is uiters netjies. Daar sit jy lekker op jou stoep en uitkyk oor die opgedamde Sabierivier wat groot getalle wild lok.

Ja....baie mense kla oor die klein staanplekke. My set-up in die wildtuin is nie groot nie, so my Expo behoort darem mooi in te pas met slegs die awning uit. Ek het al gesien dat n ou met sy exclusive sukkel om in te pas....dan het hy nog nie eers tent opgeslaan nie. Ons het ook al in huisies daar geslaap, maar dan in daai waar mens gemeenskaplike badkamers gebruik....nie daai voorstes waar julle gebly het nie. Ons het ook al n paar middae op daai tuin bankies voor daai chalets op jou foto gesit en diere gekyk. Een jaar het ons net 1x leeus gekry...en dit was vanaf daai uitsig van die bankies voor die chalets af oor die rivier. 

Ons is oor die algemeen suid mense....daarom die vrae oor Satara en omgewing. Ek was nog net 1x in Satara gewees...dit was tydens wordcup soccer tyd in 2010

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 16:38:45 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1312
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Chris, Hoe kry jy dit reg om so lank by Tzendze te kamp met jou karavaan? Ek het laasjaar ook daar gekamp maar kon ongelukkig net drie dae staan omdat ek net n battery vir ligte het en nie die vrieskas koud sou hou nie! Ek ry met n Gypsey Romany wat ongelukkig nie ingerig is om so lank sonder krag te funksioneer nie. Omdat Thendze ook een van my gunsteling kampe is ,wil ek weer n draai daar gaan maak.  Ek het al gedink om n klein paneel te kry om dit beter te maak. Ek wil egter nie baie verander nie aangesien ek meestal kamp waar krag is. Groete. Maurits. Sandbaai

Maurits - Lekker om 'n slag weer van jou te hoor. Ons woon hier om die draai van mekaar, maar het mekaar in 2017 laas by Eiland gesien.

My vorige drie besoeke by Tsendze was elke keer vir 7 nagte. Ek is soos jy, wat die karavaan aanbetref, ook maar net toegerus vir 220 volt met die yskas. My yskas word by Tsendze heeltemal afgeskakel (uiteraard). Ek het 'n 82.5 liter Snomaster vrieskas wat agter in my bakkie bly staan. Daarin hou ek al my bevrore benodigdhede. Dit loop vanaf my bakkie se battery. Ek stel die vrieskas op "high battery protection" ten einde te voorkom dat dit my bakkie se battery te pap trek. In my eerste jaar in Tsendze het ek nog my seun se Waeco kas gebruik wat beslis minder krag van die battery trek as die Snomaster.

Maar in kort kom dit daarop neer dat die battery bedags, wanneer ons ry, weer vol gelaai word en die kas natuurlik ook sy krag vanaf die alternator kry. Ek stel die kas, vir wanneer ons ry, op -18. Saans, wanneer stel ek dit op -8 vir die nag. Die Waeco het regdeur die nag geloop van die bakkie se battery af. Die Snomaster Trek die battery sodanig dat dit gedurende die nagtelike ure die battery se minimum lading bereik wat nodig is om die voertuig aan te skakel. En ongelukkig gaan daar dan 'n alarmpie in die kas af, wat nogal hinderlik in die nagtelike ure kan wees en jou bure ook mag pla. Dus ontkoppel ek die kas net voor ons gaan slaap. Die volgende oggend is die teperatuur steeds tussen -3 en -5. Sodra ons gaan ry, koppel ek weer die kas en stel dit na -18.

Vir my koue goedjies neem ek 'n Coleman koelboks en vier groot "ice bricks" saam. Ek ruil elke oggend en aand die "ice bricks". Soggens sit ek die twee wat oornag in die kas gevries het in die Coleman en plaas die twee wat oornag in laasgenoemde was op hulle beurt weer in die vrieskas. Saans ruil ek weer om.

Dan koop ons ook maar gereeld ys by Mopani, wa maar skaars 7 km vanaf Tsendze is. 'n Ou het mos darem 'n bietjie ys nodig vir 'n koue Skotse drankie in die aand. Ralie hou selfs van 'n ysblokkie in haar witwyntjie.

Ek het by wa se buitelig en een binnelig met LED's vervang. Ons werk maar spaarsamig met die ligte en maak ook gebruik van 'n gaslamp buite as ons braai.

Op hierdie manier het nog al drie kere met gemak die gebrek aan krag in Tsendze oorkom vir die volle 7 nagte. Volgende jaar sal die eerste keer wees ons dit wil rek na 9 aande.

My seun het Sondag vir my 'n stelsel van solarpanele, "inverter" en 2 "deep cycle" batterye voorgestel. Volgens sy beraming sal dit my al's en al's sowat R10 000+ kos. Volgens hom sal ek ook my yskas aangeskakel kan hou. Ek dink nie dit is die moeite werd vir eenkeer 'n jaar vir 'n week+ sonder elektrisiteit kamp nie. Dan gaan ek maar eerder aan op die manier soos hierbo beskryf.

Maar Tsendze sal ek Tsendze. Die laaste drie keer wat ons in die wildtuin gekamp het, was Tsendze elke keer ons hoogtepunt.

Groete aan Martie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 16:41:19 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1312
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Chris, as hulle Letaba se kampterrein met  Satara kan ruil sal dit vir my een van die beste kampe wees. Daar is soveel paaie om te ry by Satara en wild is altyd volop veral leeus. Satara se kamp is gerieflik vir wild besigtiging, so sal hom kies.

Mis ook nie Satara nie maar staan ook so 2-3 nagte by Maroela vir redes soos jy genoem het. 

Jan - ek kan nie meer saamstem met jou eerste sin nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 17:10:14 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Mauritz, ek stem met jou en Chris dat Tsendze darem net 'n besonderse kampie is en 'n moet is op ons jaarlikse besoek aan KNP.  Chris oorbrug sy krag-probleem op 'n oulike manier wat jy gerus ook kan oorweeg.  'n Alternatief is om van die gemeenskaplike vrieskas gebruik te maak, maar ek het al hier en daar gehoor van vleis wat verdwyn het, miskien net omdat dit nie behoorlik gemerk was nie.

Ek geniet dit dat ons pad-karavaan ouens ook "off-grid" kan kamp in Kruger.  In my geval kom ons ook vir lang tye reg by Tsendze en Balule omdat ons wa ook gas-aangedrewe is.  Ons het ook 'n losstaande vrieskassie wat ook met gas, 12v of 220V aangedryf kan word.  Ons LED-ligte en waterpomp word deur 'n 12V-battery in die karavaan van krag voorsien wat ek daagliks "op-top" van ons sleepvoertuig se battery.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2020 @ 10:30:27 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9891
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jy het mos gewoonlik Augustes maande daar gekuier?

Dis reg,  middle Junie tot middel Augustus het ons gewoonlik gegaan. 

Maar met die afsterwe van twee kamp vriende wat ook elke jaar gegaan het, het die Girl laat ons dit n bietjie op ys sit.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2020 @ 10:33:18 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9891
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die afgelope paar jare het ons in Marlof Park gestaan.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2020 @ 17:31:06 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Toe ek nog beperk was tot verlof tye het ons net vir so 13 dae Wildtuin toe gegaan. Toe het ons vir niks minder as twee nagte by n' kamp gestaan nie en dan maximum 5 nagte by ons voorkeur kampe. Een keer het ons vir 10 nagte oor kerfees/nuwe jaar by Balule gestaan. Toe het ons n' drie weg yskas gehaad en baia kleiner woonwa.

Nou dat ons afgetree is kamp ons omtrent permanent en die tydperk is vir die duur van die pensioen afslag. Party keer vir n' maand en n' half. Ook ons slaan dan ten volle kamp op. Sit all die tente dakke en skadu nette op en all die tafels en stoelle uit. Dit is n' groot klomp dinge om op te pak. Dus het ons twee scenarios. By party kampe doen ons nog die minimale ding en dan bly ons vir so 2 tot 5 dae. Dit is by Punda Maria en Shingwedzi. By Satara en Onder Sabie bly ons lank, sommer 15 dae op n' slag elk. Nou is die probleem by Tsenze en Balule. Toe ons gewerk het en korter gekamp het het ons daar vir lang tye gebly want ons het nie baia bevrore goed saam gehaad nie. Die park winkels is te duur om op te stock. So ons bly net twee nagte of glad nie daar nie. Die kampe is ook my gunsteling maar hulle is ook mooilik met n' Exclusive (747).

Ons bespreeking vir mid Augustus tot einde September is soos volg:

Punda Maria 5 nagte - hoof tent dak en 2 tafels en stoele

Shingwedzi 2 nagte - net tafels en stoele

Letaba 2 nagte -  net tafels en stoele

Satara 12 nagte - slaan alles op

Onder Sabie 12 nagte - slaan alles op

Crokodil Brug 2 nagte. - net tafels en stoele

Mabalingwe

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2020 @ 17:46:00 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Paul how do you get your 747 into Lower Sabie with tents and all?

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2020 @ 17:57:41 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Paul how do you get your 747 into Lower Sabie with tents and all?

The extension tent had to be left out. Sorry.

The nose wheel is off the stand.

Second picture from bottom. Just above Mabalingwe.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2020 @ 17:59:21 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

It could fit but then you will have to walk side ways to get to the car.

That picture was during a 6 night stay last year September.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2020 @ 18:12:28 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

It could fit but then you will have to walk side ways to get to the car.

That picture was during a 6 night stay last year September.

Are you comfortable enough that there are enough stands that you can squeeze into?

We had booked 14 nights there last November and on advice from our neighbours in Satara changed to Skukuza, which turned out to be an acceptable swop. When we did a drive through of the Lower Sabie camp site we were happy that we had changed. It looked frightening small and cramped.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2020 @ 18:23:09 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Are you comfortable enough that there are enough stands that you can squeeze into?

We had booked 14 nights there last November and on advice from our neighbours in Satara changed to Skukuza, which turned out to be an acceptable swop. When we did a drive through of the Lower Sabie camp site we were happy that we had changed. It looked frightening small and cramped.

Richard, there are ~10 stands that are "convensional", that dont have paved edges...demarkating the stand edges with dense bushes around them. They can easily accomodate the 747 with all the desired parafanalia. They are less popular...for obvious reasons...

If you are prepared to be a bit squashed around the caravan, then the other stands can fit our 747. In my opinion, you have to have movers to position the caravan precisely on the stand....or 5 helpers.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za